Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 4 » Finansiele probleme en die opstel van 'n begroting

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

Finansiele probleme en die opstel van 'n begroting

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

WISKUNDE

Graad 4

HEELGETALLE EN HUL VERWANTSKAPPE

Module 4

finansiële probleme en die opstel van eenvoudige begrotings

Aktiwiteit 1:

Probleemoplossing in konteks, insluitend ekonomiese en omgewingsake soos finansiële probleme en die opstel van eenvoudige begrotings [LU 1.6.1]

1. GELDSAKE

Jy het gedurende die Grondslagfase ontdek hoeveel 1-sente, 2-sente, 5-sente, ens. daar in R1 is. Wys nou hoe knap jy is!

Table 1
Vraag Antwoord
1.1 Hoeveel sente in R5? ________________sent
1.2 Hoeveel sente in R50? _______________sent
1.3 Hoeveel 5-sentstukke in R1? ____________vyfsentstukke
1.4 Hoeveel 5-sentstukke in 10? ______________vyfsentstukke
1.5 Hoeveel 5-sentstukke in R100? ____________vyfsentstukke
1.6 Hoeveel 10-sentstukke in R1? ____________tiensentstukke
1.7 Hoeveel 10-sentstukke in R100? ___________tiensentstukke
1.8 Hoeveel 50-sentstukke in R1? ____________vyftigsentstukke
1.9 Hoeveel 50-sentstukke in R10? ____________vyftigsentstukke
1.10 Hoeveel 50-sentstukke in R20? ____________vyftigsentstukke

Baie winkels maak nie meer gebruik van 1c-stukke nie.

2. AANKOOP VAN SKRYFBEHOEFTES

Voor die skole aan die begin van die jaar begin het, moes jy by die supermark inkopies doen. Hier volg die pryse van verskillende items:

Potloodskerpmaker R5 Filtpenne (Kleur) R10

Gomstafie R4 Meetkundestel R20

Skryfboek R3 "Flip file" R10

Potloodkryt (klein dosie) R14 2 potlode R8

Pen (rolpunt) R15 Skryfblok R6

Sakrekenaar R49 Skêr R7

Dagboek R15 Liniaal R5

Uitveër R6

2.1 Hoeveel altesaam sou elke kind die kassier moes betaal, indien hulle die volgende items gekoop het:

  1. Jani het ‘n dagboek en ‘n liniaal gekoop.
  2. Andries het ‘n sakrekenaar, ‘n skryfblok en twee potlode gekoop.
  3. Hettie het ‘n stel potloodkryt en ‘n gomstokkie gekoop.
  4. Mandi het ‘n pen, ‘n liniaal, ‘n uitveër en ‘n potloodskerpmaker gekoop.
  5. Brian het ‘n skryfboek, ‘n dagboek, ‘n skryfblok en ‘n pen gekoop.
  6. 2.2 Hoeveel het al die kinders saam op skryfbehoeftes spandeer?

3. GELD IN WINKELS

3.1 In groot winkels sluit die pryse van items ook sente in. Die kassiere vergeet nieteenstaande maar van die een- en tweesente. Die kassiere bereken altyd jou kleingeld na die volgende vyfsent. Indien jy dus 17 sent behoort te kry, gee hulle vir jou 20 sent. Kleingeld word altyd “op bereken”, dit is anders as afronding. Hoekom dink jy dat winkels hierdie reëling het? Verloor winkels baie geld hierdeur? Bespreek dit eers met jou maats en skryf daarna jou antwoord neer.

3.2 Maak asof jy as ‘n kassier in ‘n winkel werk. Die kasregister sê vir jou hoeveel geld jy vir elke klant moet gee, maar jy moet besluit watter banknote en muntstukke jy uitkeer. Jy moet die kleinste hoeveelheid moontlik in banknote en muntstukke uitkeer.

Voltooi nou die volgende tabel (die eerste een is reeds vir jou gedoen):

Table 2
Banknote en muntstukke Hoeveelheid kleingeld wat uitgekeer word:R78,76 - R 30,45 - R 43,62 - R 21,94 - R120,13 - R0,55
R100            
R50 1          
R20 1          
R10            
R5 1          
R2 1          
R1 1          
50c 1          
20c 1          
10c 1          
5c            

3.3 Onthou dat die kleingeld boontoe afgerond word; dis nie altyd die bedrag wat die klant betaal nie. Wat kry die klant werklik as die kleingeld op R78,76 te staan kom?

4. BY DIE SKOOL: OMGEWING: GROEPBESPREKING EN PROBLEEMOPLOSSING

Die “Verlore Eiendom”-houer was vol toerusting! Die opvoeder was moeg van goed orals op lessenaars en op die vloer optel en bêre. Toe sê sy vir die klas dat sy die leerder met die beste maniere die geleentheid sou gee om twee verskillende goed te kies, indien alles nie voor die einde van die week opgeëis word nie. 'n Kombinasie van twee goed kon byvoorbeeld 'n potlood en 'n potloodskerpmaker of 'n gomstokkie en 'n potlood wees. Daar het groot opgewondenheid geheers terwyl die leerders besig was om te besluit watter twee items hulle sou kies.

4.1 Hoeveel verskillende kombinasies van twee verskillende items kon hulle bymekaar sit as daar potlode, liniale, uitveërs, skerpmakers, gomstafies en skêre in die doos was? Probeer om 'n sistematiese manier te vind om die antwoord uit te werk. Vergelyk dan jou manier met dié van 'n maat.

5. BEGROTINGS:

Behoort Graad 4-leerders hulle oor ‘n eenvoudige begroting te bekommer? Ja, hulle behoort bewus gemaak te word dat dit nodig is om geldsake te beplan.

Wat is ‘n begroting? Dit is ‘n manier om aan te dui hoeveel geld ons ontvang en hoeveel ons spandeer.

5.1 GROEPWERK: ‘N ONDERSOEK

Hoe stel ek ‘n begroting op? Kyk na die uiteensetting van 'n begroting hieronder. Bespreek dit eers en vul daarna die moontlike bedrae in.

‘N BEGROTING VIR EEN MAAND VIR ‘N GESIN WAT UIT VIER MENSE BESTAAN

Table 3
  BEGROOT (Beplan) Werklike uitgawe
INKOMSTE (geld wat inkom)    
SalarisseAnder inkomste (verkoop van groente; motors was; koerante aflewer; kunsmarkverkope)Totaal    
UITGAWES (Gespandeer)    
Elke maand se uitgawes:HuishuurElektrisiteit en waterTelefoonVersekeringMediese hulpskemaSkoolgeldVervoerKos / huishoudingMediese uitgawesKlerasieTotaal    

Trek die totale uitgawes van die totale inkomste af. Wat bly vir vermaaklikheid of ‘n vakansie oor? (Nou kan jy sien dat daar niks

oorbly vir die video of vir die duur “tekkies” nie.)

  • Ons gaan nou ‘n bietjie praktiese navorsing doen om die projek af te handel.

PROJEK: BEGROTINGS: GEBRUIK JOU KENNIS

Ons moet al die items waarvan ons praat tot die naaste heel rand afrond. (Indien ‘n bottel Coca Cola R15,99 kos, sal ons van R16 praat.)

Jy en ‘n paar vriende gaan die aandete vir Moedersdag maak. Altesame gaan daar 12 mense by hierdie ete wees. Jou ouer sussie sal jou met die stoof help en jou pa is bereid om vir die vuur te sorg, indien daar ‘n braai gaan wees. Jy werk en verdien geld om die kos te koop. Jy het nou altesame R150. Dit is nou tyd om ‘n begroting op te stel om jou beplande uitgawes uiteen te sit.

a. Eerstens moet jy besluit of jy binne gaan kos maak of buite gaan braai. Kom ons kyk na die geld wat ons het. Toe hierdie projek beplan is, kon twaalf lamtjops en ‘n bietjie wors maklik R100 kos. Indien jy egter gekruide maalvleis, herderspastei, spaghetti bolognaise of bobotie sou maak, sou een-en-‘n-half kilogram maalvleis slegs R25 kos. ‘n Lys van alles wat jy moet koop, sal nou baie nuttig wees.

  1. Jy moet besluit hoeveelvan elke item jy nodig het. Skryf die hoeveelheid in die kolom langs die item neer.

c. Jy kan kyk na die supermarkadvertensies wat ons daagliks in ons posbusse kry, of jy kan na die naaste supermark gaan om pryse van die verskillende items vas te stel. Probeer om vas te stel of bottels of blikke koeldrank die goedkoopste is. Dink aan die grootte wat jy benodig. Onthou dat jy nie meer geld as wat jy het, kan spandeer nie.

Besluit watter items absoluut noodsaaklik is en maak ‘n aparte lys van hierdie goed. Skryf die hoeveelheid en die prys van elke item neer. (Dalk wil jy 'n ouer persoon raadpleeg.)

Table 4
Item Hoeveelheid benodig Prys per eenheid Totale Prys
       
       
       
       
       
       

d. Gebruik die volgende tabel om jou begroting op te stel. Skryf heel eerste R150 onder "Werklike Inkomste". Dis al wat jy kan spandeer! Onder "Uitgawes" skryf jy alles wat jy wil koop. Begin met die belangrikste items. Onder "Koste in R" skryf jy die totale prys van elke item.

BEGROTING VIR ‘N GRAAD 4 BRAAI

Table 5
INKOMSTE WERKLIKE INKOMSTE
Geld verdien  
   
   
   
UITGAWES Koste in R
   
   
   
   
   
   
   
   
FINALE TOTAAL  

Trek nou die totale uitgawes van die inkomste af. Het jy genoeg geld – ook vir die

papierbordjies en die koppies?

TOETS JOU VORDERING

Kom ons kyk weer na hoe jy regkom.

1. Afronding tot die naaste:

Table 6
  Tien Honderd Duisend
1 387      
925      
4 813      
6 492      
9 509      

2. In elkeen van hierdie somme moet jy skat wat die antwoord is deur die afronding van die getalle tot die naaste duisend. Dis nie nodig om die presiese antwoord te bereken nie:

  • 7 462 + 2 948
  • 9 476 - 4 508

3. Geld

  • Hoeveel 1c-stukke is daar in R50?
  • Hoeveel 5c-stukke is daar in R50?

4. Bereken en skryf al jou stappe duidelik neer:

  • 5 907 + 3 754
  • 6 098 - 3 274
  • 1 234  768  630  266

SAKREKENAARS EN WOORDSOMME

In hierdie afdeling kan jy jou sakrekenaar gebruik om antwoorde te vind.

5. Lees hierdie som aandagtig en beantwoord die vrae: Lewer bewyse van hoe jy te werk gegaan het om by die antwoorde uit te kom.

Mnr. Gouws, ‘n professionele tuinier, snoei 765 roosbome in Julie. Mnr. Greg snoei 648 roosbome in dieselfde maand. In die eerste week van die volgende maand snoei mnr. Gouws ‘n verdere 165 roosbome, terwyl mnr. Greg ‘n verdere 261 roosbome snoei. In die tweede week van Augustus snoei mnr. Greg 87 meer roosbome en mnr. Gouws snoei ‘n verdere 184 roosbome.

  • Hoeveel meer roosbome as mnr. Greg het mnr. Gouws in Julie gesnoei?
  • Was mnr. Greg besig om mnr. Gouws teen die einde van die eerste week van Augustus in te haal? Gee redes om jou antwoord te staaf.
  • Wie het altesaam die meeste roosbome gesnoei?
  • Altesaam hoeveel roosbome het die twee mans gesnoei?

Assessering

Table 7
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 aan- en terugtel in ‘n verskeidenheid intervalle (insluitend 2’s, 3’e, 5’e, 10’e, 25’s, 50’s en 100’e) tussen 0 en minstens 10 000;
1.2 verskeie maniere van tel deur die geskiedenis heen in verskillende kulture (insluitend plaaslik) beskryf en illustreer;
1.3 die volgende getalle kan herken en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:
1.3.1 heelgetalle tot minstens 4-syfergetalle;
1.4 die plekwaarde van syfers in heelgetalle tot minstens 4-syfergetalle herken;
1.6 probleme in konteks oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder, soos:1.6.1 finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, en eenvoudige begrotings);

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. GELDSAKE

  • 500 sente

1.2 5 000 sente

1.3 20 vyfsentstukke

1.4 200 vyfsentstukke1.5 2 000 vyfsentstukke

1.6 10 tiensentstukke

1.7 1 000 tiensentstukke 1.8 2 vyftigsentstukke

1.9 20 vyftigsentstukke

1.10 40 vyftigsentstukke

2. AANKOOP VAN SKRYFBEHOEFTES

2.1(a) R20

(b) R63

(c) R18

(d) R33

(e) R39

2.2 R173

3.1 Dit spaar tyd; ja.

3.2

Table 8
Banknote en munte R78,76 - BedragR30,45 - in kleingeldR43,62 - Sal wees?R21,94 - R120,13 - R0,55
R100         1  
R50 1          
R20 1 1 2 1 1  
R10   1        
R5 1          
R2 1   1      
R1 1   1 1    
50c 1   1 1   1
20c 1 2   2    
10c 1   1   1  
5c   1 1 1 1 1

3.3 Onthou dat kleingeld opwaarts afgerond word, dus sal die klant R78,80 kry indien die eintlike bedrag in kleingeld wat gegee moet word R78,76 is

4. BY DIE SKOOL

4.1 15

5. BEGROTINGS

5.1 GROEPWERK – 'n ONDERSOEK - eie antwoorde

5.2 (a) eie antwoorde (b) eie antwoorde (c) eie antwoorde (d) eie antwoorde

TOETS JOU VORDERING

1. Afronding tot die naaste:

Table 9
  10 100 1 000
1 387 1 390 1 400 1 000
925 930 900 1 000
4 813 4 810 4 800 5 000
6 492 6490 6 500 6 000
9 509 9 510 9 500 10 000

2.1 10 400

2.2 3 900

3.1 5 000

3.2 1 000

4.1 9 661

4.2 2 824

4.3 2 898

5MET BEHULP VAN SAKREKENAARS – WOORDSOMME

5.1 17 meer

5.2 Ja; 910 – 909

5.3 Mnr. Gouws

5.4 2 090

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.