Aktiwiteit 1:
Beskrywing en illustrasie van verskeie maniere van tel in plaaslike tale en verskillende kulture dwarsdeur die geskiedenis [LU 1.2]
Nou gaan ons die wêreld van getalname en simbole ondersoek om te sien hoe ons getallestelsel ontwikkel het
1. GETALNAME
1.1 Julle het getalle gebruik om aan en terug te tel. Kyk of jy die name van verskillende getalle in party van ons plaaslike Suid-Afrikaanse tale kan onthou. Skryf die naam van ‘n taal wat gereeld in julle area gebruik word in die tabel hieronder neer. Gebruik daardie taal om die getalle van 1 – 10 te skryf.
| Getalle | Engels | Afrikaans | |
| 1 | One | Een | |
| 2 | Two | Twee | |
| 3 | Three | Drie | |
| 4 | Four | Vier | |
| 5 | Five | Vyf | |
| 6 | Six | Ses | |
| 7 | Seven | Sewe | |
| 8 | Eight | Ag | |
| 9 | Nine | Nege | |
| 10 | Ten | Tien |
1.2 GROEPWERK
Wanneer ons nog leer om te tel, sing-praat ons dikwels die getalle en beweeg ritmies op die maat van musiek. Maak 'n "rap"-lied wat van 11 tot 20 tel saam met 'n paar maats in enige Suid-Afrikaanse taal op. Wys dan vir julle klasmaats wat julle kan doen.
1.3 Skryf nou die getalname in nog ‘n taal wat in julle area gebruik word. Skryf die naam van hierdie taal in die tweede kolom.
| Getalle | Ander plaaslike taal | Getalle | Ander plaaslike taal |
| 11 | 16 | ||
| 12 | 17 | ||
| 13 | 18 | ||
| 14 | 19 | ||
| 15 | 20 |
1.4 Skryf die name van die volgende getalle in die korrekte kolom neer.
| Getal | Ander plaaslike taal | English | Afrikaans |
| 100 | |||
| 1 000 | |||
| 10 000 |
OPDRAG
Julle kan hierdie opdrag in julle eie tyd uitvoer, by die skool óf by die huis, soos jou opvoeder besluit.
GETALSIMBOLE: LEES EN NAVORSING
(Ons praat van Navorsing wanneer dit nodig is om inligting op te soek om vrae te kan beantwoord. Vra julle opvoeder om julle na die biblioteek te neem om die navorsing vir hierdie afdeling te doen, of gebruik die rekenaar om inligting deur die Internet in die hande te kry.)
LEES: Die volgende inligting het met telstelsels te doen. Toets jou vaardighede deur die vrae wat volg, te beantwoord.
2. Voorgeskiedenis: Mense in antieke tye
Duisende jare gelede, voor mense kon skryf, het hulle geen kennis van getalle of syfers gehad nie en moes maniere vind om aan te dui hoeveel diere of watter besittings hulle gehad het. Vir elke dier wat hulle besit het, het hulle ‘n klippie in ‘n sak gesit of hulle het kepies in ‘n houtstokkie gekerf.
2.3 Watter ander metodes, behalwe die kerf van kepies op ‘n stok, het mense gebruik om aan te dui hoeveelheid diere hulle besit het?
Antieke beskawings
3. Die Babiloniërs
Baie jare later het mense tekens en simbole begin gebruik om getalle voor te stel. Die Babiloniërs wat in Mesopotamië gewoon het, het wigvormige kepies in hout gemaak of sulke merke in klam kleitablette ingedruk.
NAVORSING: By die biblioteek moet jy die bibliotekaris of bibliotekaresse vra om jou te help om boeke met prente en inligting oor die Babiloniërs en hulle wigvormige skrif te vind.
3.1 Kyk nou of jy ‘n kleitablet kan teken waarop die volgende getalle in die wigvormige skrif verskyn: 1; 5; 10; 100; 1 000. Onder elke Babiloniese getal moet jy die getal skryf soos ons dit gebruik. (Jy moet jou navorsing hiervoor gebruik.)
3.2 Watter naam is aan hierdie wigvormige skrif gegee? Die bibliotekaris kan jou help om die naam in een van die biblioteekboeke te kry.
4. Die Romeine
As ons dink aan hoe ons op ons vingers tel, herinner dit ons aan hoe die Romeinse stelsel gewerk het. Een vinger verteenwoordig, byvoorbeeld, die getal een. Die V tussen ons duim en die vingers van ons oop hand verteenwoordig 5. Hulle het dus letters gebruik om hulle getalle te skryf.
4.1 Kyk of jy die ontbrekende verduidelikings vir sommige Romeinse getalle kan invul:
| Romeinse getalle | Verduideliking | Ons getalle |
| I | 1 | |
| II | 2 | |
| III | 3 | |
| IV | Een minder as vyf | 4 |
| V | Hoe die spasie tussen die duim en die vingers van ‘n oop hand lyk. | 5 |
| VI | Een meer as vyf | 6 |
| VII | Twee meer as vyf | 7 |
| VIII | Drie meer as vyf | 8 |
| IX | Een minder as tien | 9 |
| X | Hande of arms wat gekruis word | 10 |
Die Romeine het baie van "meer as" en "minder as" gebruik gemaak.
4.2 Probeer om die volgende tabel met behulp van die vorige een te voltooi:
| Romeinse getalle | Verduideliking | Ons getalle |
| Een meer as tien | 11 | |
| Twee meer as tien | 12 | |
| Drie meer as tien | 13 | |
| Een minder as vyftien | 14 | |
| Tien en vyf | 15 | |
| Een meer as vyftien | 16 | |
| Twee meer as vyftien | 17 | |
| Tien en agt | 18 | |
| Een minder as twintig | 19 | |
| Twee keer tien | 20 |
Ander spesifieke letters verteenwoordig groter getalle:
| 50 | 60 | 90 | 100 | 500 | 1 000 |
| L | LX | XC | C | D | M |
4.3 Watter getal is deur die Romeinse “C” verteenwoordig?
(Let wel: Wanneer ons meet, is 100 cm = 1 meter)
4.4 Watter getal is deur die Romeinse “M” verteenwoordig?
(Let wel: Wanneer ons meet, is 1 000 mm = 1 meter)
5. Die antieke Egiptenare
Die antieke Egiptenare het ‘n stelsel van prenteskrif of piktografie gebruik. Die Egiptiese getalle het soos volg gelyk:
![]() |
5.1 Bestudeer dit met aandag. Die Romeine het dikwels van V en X gebruik gemaak. Watter getal is deur die Egiptenare gebruik om baie van hulle getalle te skryf?
(Miskien is ons getallestelsel nie so sleg nie!)
Ons getalle lyk glad nie soos dié van die Babiloniërs, die Romeine of die antieke Egiptenare nie. Waarvandaan kom ons getallestelsel dan?
6. Die Hindoe-Arabiese simbole
Daar was ‘n tyd toe hulle so gelyk het:
![]() |
Ons het ons 1; 2; 3; 4; 5; 6; 7; 8; 9 vanaf die Arabiere gekry. Ons “0” kom vanaf die Hindoes van Indië, via die Arabiere wat dit oorgeneem het. Kan jy dink hoe ons sonder die “0” kon regkom? Dink net hoe onmoontlik sou dit wees om die getal tweeduisend en tien sonder die “0” te skryf!
HOOFREKENE-TOETS 1
Ken jy hierdie getalkombinasies wat kleiner as 20 is?
| 1 | 9 +3 = | 11 | 7 - 4 = |
| 2 | 7 + 5 = | 12 | 8 - 3 = |
| 3 | 8 + 7 = | 13 | 11 - 5 = |
| 4 | 0 + 5 = | 14 | 17 - 8 = |
| 5 | 7 + 9 = | 15 | 1 - 0 = |
| 6 | 6 + 8 = | 16 | 13 - 8 = |
| 7 | 4 + 8 = | 17 | 14 - 9 = |
| 8 | 6 + 5 = | 18 | 17 - 9 = |
| 9 | 6 + 7 = | 19 | 13 - 4 = |
| 10 | 4 + 7 = | 20 | 16 - 7 = |
HOOFREKENE-TOETS 2
Hersiening van kombinasies wat groter is:
| 1 | 48+ 9 = | 11 | 37 - 4 = |
| 2 | 68 + 7 = | 12 | 1 001- 3 = |
| 3 | 87 + 9 = | 13 | 43 - 5 = |
| 4 | 55 + 9 = | 14 | 66 - 8 = |
| 5 | 90 + 90 = | 15 | 1 - 0 = |
| 6 | 50 + 60 = | 16 | 83 - 8 = |
| 7 | 80 + 50 = | 17 | 35 - 9 = |
| 8 | 17 + 8 + 6 = | 18 | 170 - 90 = |
| 9 | 54 + 8 + 7 = | 19 | 130 - 40 = |
| 10 | 94 + 4 + 7 = | 20 | 160 - 70 = |
HOOFREKENE-TOETS 3
Vervang die met die korrekte verwantskapsteken: = ; ; <
| 1 | 9 + 6 7+ 8 | 11 | 9 – 5 4 + 0 |
| 2 | 2 + 9 6 + 6 | 12 | 6 + 7 9 + 4 |
| 3 | 13 – 9 11 – 8 | 13 | 11 – 7 14 – 8 |
| 4 | 15 – 7 13 – 5 | 14 | 12 – 8 4 + 2 |
| 5 | 5 + 8 6 + 7 | 15 | 9 + 5 6 + 8 |
| 6 | 13 – 6 11 – 4 | 16 | 6 + 9 7 + 7 |
| 7 | 2 – 0 2 + 3 | 17 | 15 – 6 17 – 9 |
| 8 | 9 + 7 8 + 7 | 18 | 7 + 8 8 + 6 |
| 9 | 17 – 8 15 – 7 | 19 | 6 + 14 36 – 16 |
| 10 | 1 – 0 1 + 0 | 20 | 15 – 6 34 – 25 |
HOOFREKENE-TOETS 4
1. Skryf die ontbrekende getalle neer:
1.1 468 = _____ honderde + _____tiene + _____ene
1.2 2 350 = _____ duisende + _____honderde +_____ tiene + 0 _____
1.3 8 642 = _____duisende + _____honderde + _____tiene + _____ene
2. Skryf die getal neer wat:
2.1 een meer as 999 is _____
2.2 vyf minder as 101 is _____
2.3. tussen 48 en 50 is _____
3. Skryf die ontbrekende getalle neer:
4. Trek 'n sirkel om die grootste getal: 1 010; 1 001; 1 100
5. Watter getal is 99 meer as 9 901? ______
6. Wat is die waarde van die 3 in die getal 3 456? _____
7. Watter getal is 2 minder as 1 001?_____
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 aan- en terugtel in ‘n verskeidenheid intervalle (insluitend 2’s, 3’e, 5’e, 10’e, 25’s, 50’s en 100’e) tussen 0 en minstens 10 000; |
| 1.2 verskeie maniere van tel deur die geskiedenis heen in verskillende kulture (insluitend plaaslik) beskryf en illustreer; |
AKTIWITEIT 1 – verskeie manier van tel
1. GETALSPELETJIES
2.1 Hulle moes hulle diere en besittings tel.
2.2 Teken
2.3 Hulle het 'n klippie in 'n sak gesit vir elke dier of besitting.
3. Babiloniërs
3.1 Teken
3.2 wigskrif
4.1 een; dubbel een; drie
4.2 XI; XII; XIII; XIV; XV; XVI; XVII; XVIII; XIX; XX
4.3 100
4.4 1 000
5. Die Egiptenare van die Antieke tyd
5.1 I
5.2 kyk na die diagram
5.3 kyk na die diagram
6 Die Hindoe-Arabiese simbole
Bespreking