Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 4
Aktiwiteit 1:
Om breuke te vergelyk [LU 1.5.1]
1. Elk van die volgende drie stawe verteenwoordig een geheel.
Die boonste staaf toon derdes. Die middelste staaf toon twaalfdes. Die laaste staaf toon sesdes. Jy kan hulle raadpleeg om te besluit met watter teken ( < of ) jy die
1.1
1.2
1.3
1.4
2. Hier stel elke staaf weer een hele voor.
Die boonste staaf toon________. Die onderste staaf toon _____ .
Raadpleeg hierdie stawe om die onderstaande te voltooi:
3. Hier stel elke staaf weer een hele voor.
Beskou die stawe hierbo goed en voltooi dan die volgende:
Aktiwiteit 2:
Om aan en terug te tel in breuke [LU 1.3]
1. Groepbespreking
Lees die volgende en bespreek dit om te besluit wie reg was:
Die opvoeder sê, “Tel in halwes van 0 tot 10.”
![]() |
Wie was reg?
Eintlik was altwee maniere van tel korrek. Kom ons kyk na hoe Pieter dit gedoen het.
Ja, na die eerste twee is die boonste gedeelte van die breuk groter as die onderste gedeelte.
Wat beteken dit? Bespreek.
Ja, dit beteken dat daar ten minste een hele in die getal versteek is.
Wanneer die boonste deel van 'n breuk (teller) groter is as die onderste deel (noemer) praat ons van 'n ONEGTE BREUK.
Soms is dit nodig om onegte breuke in berekeninge te gebruik. Die meeste opvoeders verkies egter dat jy die finale antwoord in 'n berekening as 'n gemengde getal skryf.
2. MONDELINGE WERK: Doen nou die volgende teloefeninge. Jy mag onegte breuke of gemengde getalle gebruik. Vra 'n maat om jou antwoorde te kontroleer.
2.1 (a) Tel in halwes van 0 tot 10.
(b) Tel terug in halwes van 100 tot 90.
2.2 (a) Tel in derdes van 6 tot 10.
(b) Tel terug in derdes van 30 tot 25.
2.3 (a) Tel in kwarte van 12 tot 16.
(b) Tel terug in kwarte van 100 tot 96.
2.4 (a) Tel in vyfdes van 50 tot 55.
(b) Tel terug in vyfdes van 10 tot 6.
2.5 (a) Tel in sesdes van 24 tot 26.
(b) Tel terug in sesdes van 36 tot 30.
2.6 (a) Tel in sewendes van 0 tot 4.
(b) Tel terug in sewendes van 21 tot 17.
2.7 (a) Tel in agstes van 0 tot 3.
(b) Tel terug in agstes van 10 tot
2.8 (a) Tel in tiendes van 3 tot 8.
(b) Tel terug in tiendes van 100 tot 97.
Aktiwiteit 3:
Om ekwivalente breuke te herken [LU 1.5.1]
Om numeriese patrone te ondersoek om verwantskappe of reëls te vind [LU 2.1]
Twee seuns bestudeer ‘n meetbeker wat halfvol is.
![]() |
Wie is korrek? Ja, beide is korrek. Daar is net een beker en een hoeveelheid Coca Cola, maar ons kan van
hoeveelheid.
Ons sê
Die duisendstes is kleiner deeltjies, maar daar is 500 van hulle; genoeg vir die helfte.
1. Kyk of julle die ekwivalente breuke van die volgende kan uitwerk (Gebruik die stawe in die diagram, indien nodig):
Kan jy insien hoekom dit nie maar 'n = teken is nie? Ekwivalensie kom voor wanneer die geheel miskien in verskillende dele verdeel is, maar daar genoeg van die dele is om dieselfde hoeveelheid te lewer as watdaar in die ander breuk is.Ons skryf dit in woorde of met syfers, bv.
1.2 'n Halwe worsbroodjie is ekwivalent aan _______ sesdes van 'n
identiese worsbroodjie.
1.3 'n Halwe worsbroodjie is ekwivalent aan _____ agstes van 'n identiese
worsbroodjie. Skryf nou jou eie stelling oor ekwivalensie:
1.4 'n Halwe worsbroodjie is ekwivalent aan ________ van 'n identiese
worsbroodjie.
2. Halwes.
3. Derdes.
Probeer om 'n patroon in jou antwoorde op te spoor. Bespreek dit met 'n maat.
3.3 Vind al die breuke wat ekwivalent is aan twee derdes. Skryf hulle hieronder neer.
4. Vyfdes.
Kyk of jy 'n patroon in jou antwoorde kan opspoor. Bespreek dit met 'n maat.
4.3 Kyk nou of jy breuke in die ander stawe kan opspoor wat ekwivalent is aan twee vyfdes. Skryf almal neer.
Kyk of jy 'n patroon in jou antwoorde kan opspoor. Bespreek dit met 'n maat.
4.4 Kyk nou of jy breuke in die ander stawe kan opspoor wat ekwivalent is aan drie vyfdes. Skryf almal neer.
Kyk of jy 'n patroon in jou antwoorde kan opspoor. Bespreek dit met 'n maat.
4.5 Kyk nou of jy breuke in die ander stawe kan opspoor wat ekwivalent is aan vier vyfdes. Skryf almal neer.
Kyk of jy 'n patroon in jou antwoorde kan opspoor. Bespreek dit met 'n maat.
Aktiwiteit 4:
Om gebruik te maak van ekwivalente breuke [LU 1.5.1, 1.7.1]
en haar broer, Willie, het vyf agstes van dieselfde vakansie tuis deurgebring. Wie van hulle het gedurende daardie vakansie die meeste tyd by die huis deurgebring?
2. Dawid se hasies het
3. Len se ma het drie identiese panne brosbeskuit gebak. Sy het die eerste een in drie stukke gesny; die tweede een het sy in ses stukke gesny en die derde in twaalf stukke. Len het een stuk uit die eerste pan geëet. Sy broer, Bruce, het drie stukke uit die tweede pan en hulle pa het vier stukke uit die derde pan geëet.
3.1 Wie het die meeste brosbeskuit geëet?
3.2 Wie van hulle het dieselfde hoeveelheid brosbeskuit geëet?
4. Amos het vir die wingerd aan die onderkant van sy oupa se groentetuin gesorg. Toe die druiwe ryp was, het Amos 15 kilogram heerlike Hanepootdruiwe gepluk. Toe sê sy oupa hy kan dit in pakkies wat elk
4.1 Hoeveel pakkies sou Amos nodig hê as hy die pakkies gekies het?
4.2 Hoeveel kissies sou hy nodig gehad het as hy kissies gekies het?
4.3 Sou hy meer geld maak met pakkies of kissies, en hoeveel sou hy maak? Verduidelik jou antwoord.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Getalle, Verwerkings en VerwantskappeDie leerder kan getalle en hulle verwantskappe herken, beskryf en voorstel en kan in die oplossing van probleme met bekwaamheid en selfvertroue tel, skat, bereken en kontroleer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 aan en terugtel in ‘n verskeidenheid van intervalle; |
1.3 die volgende getalle herken en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:
|
1.5 ekwivalente vorms van die bogenoemde getalle herken en gebruik, insluitend;
|
| 1.7 probleme oplos wat die volgende behels:1.7.1 vergelyking van twee of meer hoeveelhede van dieselfde soort(verhouding); |
1.8 skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende kies en te gebruik:
|
| 1.9 hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:1 |
| 1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 10 x 10; |
| 1.12 herken, beskryf en gebruik: |
| 1.12.1 die omgekeerde verwantskap tussen vermenigvuldiging en deling (bv. as 5 x 3 = 15 , dan is 15 ÷ 3 = 5 en 15 ÷ 5 = 3; |
| 1.12.2 die ekwivalensie van deling en breuke (bv. 1 ÷ 8 =
|
| 1.12.3 die kommutatiewe, assosiatiewe en distributiewe eienskappe van heelgetalle. |
| LU 2 |
| Patrone, Funksies en AlgebraDie leerder kan patrone en verwantskappe herken, beskryf en voorstel en kan probleme oplos deur gebruik te maak van algebraïese taal en vaardighede. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
2.1 numeriese en meetkundige patrone ondersoek en uitbrei om verwantskap of reëls te vind, insluitend patrone soos die volgende:
|
AKTIWITEIT 1: herkenning en voorstelling van desimale Breuke
1.1 Ontbrekende getalle: 10; 1; een tiende
1.2 Sakrekenaar-antwoorde: 10; 1; 0,1
0,1 beteken een tiende
2.1
| x 1 000 | x 100 | x 10 | x 1 | x 0,1 | |
| (a) | 1 | 4 | 5 | 6 | 3 |
| (b) | 4 | 6 | 0 | 1 | 9 |
| (c) | 8 | 5 | |||
| (d) | 3 | 1 | 7 | ||
| (e) | 4 | 5 | 6 | 2 |
2.2 (b) 4 x 1 000 + 6 x 100 + 0 x 10 + 1 x 1 + 9 x 0,1
(c) 0 x 1 000 + 0 x 100 + 0 x 10 + 8 x 1 + 5 x 0,1 of net: 8 x 1 + 5 x 0,1
(d) 0 x 1 000 + 0 x 100 + 3 x 10 + 1 x 1 + 7 x 0,1 of net: 3 x 10 + 1 x 1 + 7 x 0,1
(e) 0 x 1 000 + 4 x 100 + 5 x 10 + 6 x 1 + 2 x 0,1 of net: 4 x 100 + 5 x 10 + 6 x 1 + 2 x 0,1
AKTIWITEIT 2: vergelyking van desimale breuke
1.1 < 1.2 1.3 < 1.4 < 1.5 1.6 <
2. Omkringde getal: 49,1
3.1 10,9
3.2 5,4
3.3 5,9
3.4 8,2
3.5 7
3.6 99,1
3.7 5,9
3.8 9,9