Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax CNX

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 4 » Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

WISKUNDE

Graad 4

METING, RUIMTE EN VORMS (MEETKUNDE)

Module 10

LEER OM TYD VANAF ANALOOGHORLOSIES TE LEES EN TE SÊ

Aktiwiteit 1:

Om te leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees, te sê en te skryf [LU 4.1]

Om meetinstrumente vir tyd, insluitend horlosies, te gebruik [LU 4.3]

TYD

  • Ons weet dat daar 3651436514 size 12{"365" { {1} over {4} } } {}. dae in 'n jaar is. Vir die berekeninge in hierdie module mag julle egter 365 dae vir 'n gewone jaar en 366 dae vir 'n skrikkeljaar gebruik. 'n skrikkeljaar kom al om die vier jaar voor (4 kwart dae = 1 hele dag). Julle kan 'n skrikkeljaar uitken deur die laaste twee syfers van die jaartal deur 4 te deel. As daar nie 'n res oorbly nie, is daardie jaar 'n skrikkeljaar. Die jaar 2004 was 'n skrikkeljaar. Die ekstra dag word altyd by Februarie bygereken.

Daar is 24 ure in een dag. Daar is 7 dae in 'n week

Daar is 60 minute in 'n uur. Daar is 12 maande in 'n jaar

Daar is 60 sekondes in 'n minuut.

KORT SKRYFVORMS:

jaar = a

dag = d

uur = h

minute = min. (onthou dat: m = meters!)

sekondes = s

maand = md

week = w

Ons sal ook van tiendes en honderdstes van 'n sekonde in hierdie module te hore kom!

Analoog-horlosies toon slegs 12 ure. Hulle toon nie aan of dit oggend of middag is nie.

Die lang wyser beweeg elke uur reg rondom die sirkel. Dit dui die minute aan.

Figure 1
Figure 1 (Picture 2.png)

Die kort wyser neem twaalf ure om een keer om die sirkel te beweeg. Dit wys vir ons watter uur dit is.

  1. Skryf die tyd wat deur elke horlosie aangedui word:

1.1

Figure 2
Figure 2 (graphics1.png)

1.2

Figure 3
Figure 3 (graphics2.png)

1.3

Figure 4
Figure 4 (graphics3.png)

Selfdoen

Op die volgende bladsy is twee sirkels. Knip die eerste een uit. Vou dit in die helfte. Vou dit oop en kleur een helfte in. Skryf OOR by die regterkantste helfte en VOOR by die helfte aan die linkerkant. Plak nou jou uitgeknipte sirkel hier onder.

Table 1
VOOR Picture 4.png OOR

Wanneer ons die minute lees, toon die eerste helfte (die een aan die linkerkant) die minute voor die wyser by die uur kom. Wanneer die lang minuutwyser op pad is na halfpad om die sirkel, sê ons dit wys minute oor die uur totdat dit klaar deur die halwe sirkel beweeg het. Nadat die lang minuutwyser halfpad om die sirkel gekom het, sê ons dit wys minute voor die volgende uur.

Knip nou die tweede sirkel op die “uitknip”-blad uit. Vou dit in die helfte en dan weer in die helfte. Vou dit oop en teken stippellyne al langs die voue. Nou het ons die uur in 4 kwarte verdeel. Dus kry ons nou 'n kwart oor die uur en 'n kwart voor die volgende uur. Skryf KWART OOR aan die regterkant en KWART VOOR aan die linkerkant en plak die uitgeknipte sirkel bo-op die sirkel hier onder.

Table 2
KWART VOOR Picture 6.png KWART OOR

Om uit te knip

Table 3
  Picture 7.png  
  Picture 8.png  

Lees die aanwysings aandagtig; maak seker dat jy elke stap verstaan voordat jy dit uitvoer.

Ons gaan nou die ure op die horlosie se wyserplaat skryf. Op die volgende bladsy sal jy nog twee sirkels kry om uit te knip. Knip die eerste een uit. Vou dit in die helfte. Vou dit weer in die helfte. Jy moet dit nie oopvou nie. Maak nou twee voue op die kwart wat jy deur die vouwerk geskep het, sodat dit in drie gevou is en soos 'n roomyshorinkie lyk. Kan jy voorspel hoeveel dele daar sal wees wanneer jy dit oopvou? Maak 'n merkie aan die kant van die sirkel by elke vou en skryf die nommer van die uur by die merkie. (Die eerste een word aangedui.) Plak die sirkel op die een op hierdie blad.

Figure 5
Figure 5 (Picture 10.png)

Ja, daar moet 12 merkies wees. Begin by die boonste merkie en plaas die byskrif binne die sirkel: 12. Gaan dan kloksgewys verder en nommer elke vou in die sirkel. (Die spasies tussen die nommers behoort dieselfde te wees omdat jy dit gevou het om die posisies aan te dui.) Nou het jy die ure neergeskryf.

Figure 6
Figure 6 (Picture 12.png)

Knip nou die tweede sirkel (op die uitknipvel) uit. Merk die ure soos jy dit so pas vir die vorige sirkel gedoen het. Hierop gaan jy nou die minute merk. Daar is 60 minute in 'n uur. Hoeveel minute sal daar dus tussen die merke vir die nommers moet wees? Ja: 5, d.w.s. 5 spasies. Maak vier klein merkies om die 5 minute af te merk en plak dan die sirkel bo-op sirkel nommer 4. Nou het jy 'n analoog- horlosiewyserplaat gemaak.

Om uit te knip

Table 4
  Picture 14.png  
  Picture 15.png  

TOETS JOU VAARDIGHEID MET ANALOOG-HORLOSIES

  1. Skryf die tyd wat aangedui word onder elk van die horlosiewyserplate:
Table 5
Picture 16.png
1.1 __________________
Table 6
Picture 17.png
1.2 _______________
  1. Teken die lang en kort wysers in op die volgende horlosiewyserplate om die tyd wat onderaan gegee word, aan te dui:
Table 7
Picture 18.png
2.1 22 minute oor 2__________
Table 8
Picture 18.png
2.1 22 minute oor 2___________

(Onthou jy dat die uurwyser ook stadigaan beweeg?)

Table 9
Picture 19.png
2.2 17 minute voor 10

(Onthou jy dat die uurwyser ook stadigaan beweeg?)

Table 10
Picture 20.png
2.3 kwart voor vier
Table 11
Picture 21.png
2.4 twaalfuur

Analoog-horlosies kan nie vir ons aandui of dit oggend (voormiddag) of namiddag is nie. Ons moet self byvoeg of dit 9-uur in die oggend is, of 4-uur in die middag. Wanneer ons dit skryf, gebruik ons die volgende afkortings:

vm. = voormiddag

nm. = namiddag

Voorbeeld:

'n Kort manier om 42 minute oor 10 uur in die oggend te skryf is: 10.42 vm. 'n Kort manier om 36 oor 6 uur in die aand te skryf is: 6.36 nm.

Aktiwiteit 2:

  • Om te leer om die tyd vanaf digitale en 24-uur horlosies en stophorlosies te lees [4.1]
  • Om instrumente vir die meet van tyd, met inbegrip van horlosies, te gebruik [LU 4.3]
  • Digitale horlosies sê vir ons hoeveel ure en minute reeds na middernag verby is. Hulle werk van middernag tot middernag; oor 24 uur. Dit is nuttig omdat ons kan sien dat dit na (oor) die middel van die dag is sodra ons sien dat meer as 12 ure aangedui word, bv.:

Die eerste twee syfers, die 08, sê vir ons wat die uur is; let op die 0 wat verskyn as die ure minder as 10 is.

Die laaste twee syfers sê vir ons hoeveel minute oor die uur dit is.

08:35

Hierdie horlosiewyserplaat sê dat dit 35 minute oor 8-uur in die oggend is (die 08 is minder as 12).

22:05

Hierdie horlosiewyserplaat sê vir ons dat dit 5 minute oor 10-uur in die aand is (die eerste 2 syfers is meer as 12).

Middernag sal as 24:00 aangedui word.

Een minuut oor middernag kan as 00:01 of as 24:01 aangedui word.

Die middel van die dag sal 12:00 wees.

Een minuut oor die middel van die dag sal as 12:01 aangedui word.. Skryf volgens digitale tyd:

  • tien oor vyf in die oggend: _____________
  • twintig oor vier in die namiddag: ____________
  • kwart voor tien in die aand: ______________
  • drie minute voor een in die oggend: ________________
  • 8 nm. ___________
  • een minuut voor tien vm.: _______________

Bestudeer hierdie voorbeeld van 'n digitale horlosie:

16:15

Dit toon die tyd as 4.15 nm.

  1. Lees nou die tyd op 'n analoog-horlosie en skryf dit korrek op die digitale horlosie (binne die raam op regs):
Table 12
2.1 Picture 22.png(in die oggend / voormiddag)
Table 13
2.2 Picture 23.png(namiddag)
  1. Teken die wysers op die analoog-horlosiewyserplaat om dieselfde tyd as op die digitale horlosie aan te dui. Skryf dan die tyd onder die analoog-horlosie om aan te dui of dit voormiddag of namiddag is. (Gebruik die kort skryfwyse.)
Table 14
graphics4.png3.1 13:50
Table 15
graphics5.png3.2 09:10

Die vier-en-twintig-uur horlosie / internasionale horlosie

Die internasionale horlosie is op dieselfde idee as 'n digitale horlosie gebaseer. Hierdie horlosie werk ook vanaf middernag tot middernag. Die helfte van die horlosiewyserplaat op regs toon die tyd voor twaalfuur in die middag (noen). Die linkerkantste helfte toon die tyd vanaf twaalfuur in die middag tot middernag.

Figure 7
Figure 7 (Picture 24.png)

4. Hoe kan jy weet dat die tyd wat op hierdie horlosie aangedui word, in die oggend is?

'n Stophorlosie.

Dit is wat ons by swemgalas, atletiek en ander sportbyeenkomste gebruik wanneer ons desimale breuke van 'n sekonde moet meet! Bestudeer die diagram. Dit dui die minute, sekondes en breuke van ‘n sekonde tot twee desimale posisies!

01:45,63

5. Skryf die tyd wat binne die raam aangedui word op die stippellyn:

5.1 Swem: vryslag aflos: 4 x 25 m:

Table 16
1:17,53  

5.2 Atletiek: 1500 m:

5:56,01

Aktiwiteit 3:

Om probleme wat berekening en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, op te los [LU4.2]

1. Die jaarlikse Atletiekbyeenkoms is by die skool gehou. Die meisies se tye vir die 100m naelloop was as volg:

Joy 14,9 sekondes

Doreen 15,2 sekondes

Petra 14,7 sekondes

Kathleen 14,6 sekondes

Marie 14,8 sekondes

Barbara 15,5 sekondes

1.1 Wie het die wedren gewen?

1.2 Verduidelik hoekom jy dié antwoord gee.

1.3 Wat was die verskil tussen Kathleen en Barbara se tye?

2. Mamma steek 'n hoender om 11:50 in die oond om dit te bak. Dit neem 'n uur en tien minute om gaar te word. Hoe laat sal sy dit uit die oond uit haal?

Onthou: daar is 24 uur in 'n dag.

Daar is 60 minute in 'n uur.

Daar is 60 sekondes in 'n minuut.

3. Vlug 502 vertrek om 13:10 uit Oos-Londen en land om 15:30 by Johannesburg. Vlug 504 vertrek om 19:35 uit Oos-Londen en land om 21:50 by Johannesburg.

3.1 Het die vliegtuie in die oggend of in die namiddag of aand aangekom?

Vlug 502 ______________ Vlug 504 ___________ .

3.2 Water vlug was die vinnigste, en hoeveel vinniger was dit as die ander een? Skryf jou berekeninge duidelik en stap-vir-stap uit.

4. Die werkers by 'n motorfabriek begin om 8 vm. werk. Hulle werk tot 5 nm., maar kry 'n uur vir etenstyd en twee pouses van tien minute elk vir tee. Vir hoe lank werk hulle elke dag?

Maande van die jaar – hier vertel 'n ou Engelse rympie vir ons van hulle:

Thirty days have September, April, June and November;

All the rest have thirty-one,

Excepting February alone, which has twenty-eight days clear,

And twenty-nine in each Leap Year!

5. Wanneer ons die kort skryfwyse vir datums gebruik, skryf ons eers die jaar, dan die maand en laastens die dag, bv: 2003: 01: 24 (24 Januarie 2003)

Die skooljaar sien só daar uit:

Table 17
Kwartaal Termyn begin Termyn eindig
1 2003:01:22 2003:03:28
2 2003:04:08 2003:06:27
3 2003:07:22 2003:09:26
4 2003:10:06 2003:12:05

5.1 Skryf die datum van die eerste dag van die tweede kwartaal voluit (volgens die lang skryfwyse).

5.2 Skryf die datum van die laaste dag van die vierde kwartaal voluit (volgens die lang skryfwyse).

5.3 Hoe lank was die vakansie tussen die eerste en die tweede kwartale? Gee die antwoord in weke en dae.

5.4 Hoe lank was die vakansie tussen die tweede en derde kwartale? Skryf stellings om te verduidelik hoe jy dit bereken het en gee die antwoord in weke en dae.

5.5 Hoe lank was die vakansie tussen die derde en vierde kwartale? Gee die antwoord in weke en dae.

6. Hannes is 'n geesdriftige visserman. Hy het die hoogwatertye bestudeer omdat hy van plan was om gedurende die Junie-vakansie van die rotse af te gaan hengel. Bestudeer self hierdie uittreksel uit die Tabel van Hoogwatertye in Kaapstad en beantwoord die vrae wat volg.

Table 18
Datum Junie Julie
  vm. nm. vm. nm.
1     0407 1630
2     0443 1707
3     0523 1748
sekere datums is hier weggelaat
28 0222 1448    
29 0256 1521    
30 0331 1555    

6.1 Kyk na die oggend se hoogwatertye. Beskryf die patroon. Is dit altyd dieselfde?

  • Volg die namiddag se hoogwatertye 'n soortgelyke patroon? Skryf ja of nee.

By Knysna is dit 43 min. later hoogwater. Hoe laat in die oggend sal dit op 30 Junie by Knysna hoogwater wees?

  • Hoeveel tyd verloop tussen die oggend en namiddag se hoogwatertye op 28 Junie?

Wanneer ons tyd optel of aftrek, moet ons onthou dat ons met ure, minute en sekondes werk.

60 sekondes = 1 minuut

60 minute = 1 uur

Voorbeeld: 1 h 45 min. + 2 h 36 min. Kies jou eie manier om dit te doen

Een manier om die berekening te doen is as volg:

1 h 45 min. +2 h 36 min. = 3 h 81 min. (Let op dat daar 1 h in hierdie minute weggesteek is.)

= 4 h 21min.

7. Bereken die antwoorde en skryf jou berekeninge neer:

7.1 53 min. en 48 sek. + 14 min. en 34 sek.

7.2 14 h 25 min. - 7 h 36 min.

Aktiwiteit 4:

Om verskillende maniere om tyd voor te stel wat deur verskillende kulture deur die geskiedenis heen gebruik is, te beskryf en te illustreer [LU 4.4]

OPDRAG (GEBASEER OP NAVORSING)

Jou opvoeder sal jou help om naslaanboeke met toepaslike inligting te kry of sal jou na die biblioteek neem wanneer jy inligting vir hierdie opdrag nodig het.

1. Lees die volgende inligting.

Mense van die Antieke Wêreld het nie horlosies soos ons s'n gehad nie, maar hulle het wel probeer om tyd te meet. Sommige van die instrumente wat hulle hiervoor gebruik het, was die sonwyser, die wateruurwerk (water clock), 'n kers wat as uurwyser (candle clock) gedien het; brandende olie en 'n uurglas (hourglass). Sommige van hierdie uurwerke was nie uiters akkuraat nie.

2. Soek inligting in naslaanboeke of op die Internet om uit te vind hoe hierdie instrumente gelyk het en hoe hulle gewerk het. Probeer ook om uit te vind deur watter mense die verskillende uurwerke gebruik is en waar hulle gewoon het.

  1. Kies vier van die instrumente wat onder nommer 1 genoem word. Teken hulle en voorsien jou tekening van duidelike byskrifte.

4. Verduidelik hoe enige twee van hierdie instrumente gewerk het.

5. Maak self 'n wateruurwerk of 'n kersuurwerk (of een van die ander) en wys dit vir die klas. Verduidelik aan die klas hoe dit werk.

6. Werk in die onderstaande tabel en skryf neer wie elk van die uurwerke wat jy geteken het, gebruik het en waar hulle gewoon het:

Table 19
Naam van uurwerk Mense deur wie dit gebruik is Waar hulle gewoon het
     
     
     

7. Verduidelik hoekom hierdie antieke instrumente nie altyd baie akkuraat was nie. Skryf jou antwoord hier onder neer.

8. Probeer om aan 'n skakel tussen een van hulle en 'n moderne instrument wat deur ons gebruik word, te dink. Skryf jou antwoord hier neer:

Assessering

Table 20
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 4
MetingDie leerder is in staat om toepaslike meeteenhede, meetinstrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die laaste minuut en sekonde lees, sê en skryf;
4.2 probleme oplos wat berekeninge met en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, insluitend sekondes, minute, ure, dae, weke, maande en jare;
4.3 meetinstrumente gebruik wat tyd meet tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend polshorlosies en klokhorlosies;
4.4 maniere beskryf en illustreer om tyd deur die geskiedenis heen in verskillende kulture te meet en voor te stel;
4.5 tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe skat, meet, aanteken, vergelyk en orden deur S.I.-eenhede met die geskikte noukeurigheid te gebruik vir:
  • massa m.b.v. gram (g) en kilogram (kg);
  • kapasiteit m.b.v. milliliters (ml) en liters (l);
  • lengte m.b.v. millimeters (mm), sentimeters (cm), meters (m) en kilometers (km);
4.6 probleme oplos wat die kies van, berekening met en herleiding tussen geskikte S.I.-eenhede soos hierbo genoem, behels, terwyl geskikte kontekste vir Tegnologie en die Natuurwetenskappe geïntegreer word;
4.7 gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
  • badkamerskale, kombuisskale en balanse om massa te meet;
  • maatbekers om volume te meet;
  • liniale, meterstokke, maatbande en klikwiele om lengte te meet;
  • ondersoek en bepaal (alleen en / of as lid van 'n groep of span):
4.8.1 omtrek met behulp van liniale of maatbande.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.1 2

1.2 5

1.3 7

Praktiese werk

TOETS JOU VAARDIGHEDE

1.1 20 voor 11 of 10.40

1.2 9.25 of 25 oor 9

2 Teken wysers op afbeeldings van horlosies

AKTIWITEIT 2

1.1 05:10

1.2 16:20

1.3 21:45

1.4 00:57 of 24:57

  • 20:00
  • 09:59

2.1 06:45

2.2 16:10

3.1 Tekening op afbeelding van horlosie: tien voor twee in die namiddag

3.2 Tekening op afbeelding van horlosie: tien oor nege in die oggend

4. Oggend; die uurwyser is aan die regterkant van die afbeelding van die horlosie; in die namiddag sal dit aan die linkerkant van hierdie afbeelding wees.

5.1 1 min. 17,53s

5.2 5 min. 56,01s

AKTIWITEIT 3 probleme rondom tyd

1.1 Kathleen

1.2 Haar naam is die kortste

1.3 0,9s

2. 13:00 of 1nm.

3.1 Vlug 502: namiddag; Vlug 504: aand

  • Vlug 504 was 5 min. vinniger.

4. 7 h 40 min.

5.1 8 April 2003

5.2 5 Desember 2003

5.3 10 dae

5.4 3 weke 3 dae

5.5 1 week 2 dae

  • Die tyd van die oggend hooggety wissel van een oggend na die volgende; dit is een tot vier minute later
  • Die tyd van die namiddag hooggety wissel van een middag na die volgende; dit is een tot drie minute later.

( Let wel : Dit tydsduur tussen die oggend se hooggety en die namiddag se hooggety op 'n enkele dag verminder klaarblyklik met een minuut elke dag, maar nie op 3 Julie nie.)

  • 04:14
  • 12 h 26 min.

7.1 1h 8 min. 22 s.

7.2 6 h 49 min.

AKTIWITEIT 4 opdrag

1. Lees

2. Soek inligting

3.1 Tekeninge

3.2 Praktiese werk en mondeling

3.3 Eie – Praktiese werk en mondeling

3.4 Eie – voltooi tabel

4. Hulle was nie in staat om sekondes en gedeeltes van sekondes te meet nie; Buitenshuise toestande (bv. wind) het die instrumente geaffekteer.

5. uurglas; sandlopertjie

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks