Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 4
Aktiwiteit 1:
Om te leer om tyd vanaf analoog-horlosies te lees, te sê en te skryf [LU 4.1]
Om meetinstrumente vir tyd, insluitend horlosies, te gebruik [LU 4.3]
TYD
Daar is 24 ure in een dag. Daar is 7 dae in 'n week
Daar is 60 minute in 'n uur. Daar is 12 maande in 'n jaar
Daar is 60 sekondes in 'n minuut.
KORT SKRYFVORMS:
jaar = a
dag = d
uur = h
minute = min. (onthou dat: m = meters!)
sekondes = s
maand = md
week = w
Ons sal ook van tiendes en honderdstes van 'n sekonde in hierdie module te hore kom!
Analoog-horlosies toon slegs 12 ure. Hulle toon nie aan of dit oggend of middag is nie.
Die lang wyser beweeg elke uur reg rondom die sirkel. Dit dui die minute aan.
![]() |
Die kort wyser neem twaalf ure om een keer om die sirkel te beweeg. Dit wys vir ons watter uur dit is.
1.1
![]() |
1.2
![]() |
1.3
![]() |
Selfdoen
Op die volgende bladsy is twee sirkels. Knip die eerste een uit. Vou dit in die helfte. Vou dit oop en kleur een helfte in. Skryf OOR by die regterkantste helfte en VOOR by die helfte aan die linkerkant. Plak nou jou uitgeknipte sirkel hier onder.
| VOOR |
|
OOR |
Wanneer ons die minute lees, toon die eerste helfte (die een aan die linkerkant) die minute voor die wyser by die uur kom. Wanneer die lang minuutwyser op pad is na halfpad om die sirkel, sê ons dit wys minute oor die uur totdat dit klaar deur die halwe sirkel beweeg het. Nadat die lang minuutwyser halfpad om die sirkel gekom het, sê ons dit wys minute voor die volgende uur.
Knip nou die tweede sirkel op die “uitknip”-blad uit. Vou dit in die helfte en dan weer in die helfte. Vou dit oop en teken stippellyne al langs die voue. Nou het ons die uur in 4 kwarte verdeel. Dus kry ons nou 'n kwart oor die uur en 'n kwart voor die volgende uur. Skryf KWART OOR aan die regterkant en KWART VOOR aan die linkerkant en plak die uitgeknipte sirkel bo-op die sirkel hier onder.
| KWART VOOR |
|
KWART OOR |
Om uit te knip
|
||
|
Lees die aanwysings aandagtig; maak seker dat jy elke stap verstaan voordat jy dit uitvoer.
Ons gaan nou die ure op die horlosie se wyserplaat skryf. Op die volgende bladsy sal jy nog twee sirkels kry om uit te knip. Knip die eerste een uit. Vou dit in die helfte. Vou dit weer in die helfte. Jy moet dit nie oopvou nie. Maak nou twee voue op die kwart wat jy deur die vouwerk geskep het, sodat dit in drie gevou is en soos 'n roomyshorinkie lyk. Kan jy voorspel hoeveel dele daar sal wees wanneer jy dit oopvou? Maak 'n merkie aan die kant van die sirkel by elke vou en skryf die nommer van die uur by die merkie. (Die eerste een word aangedui.) Plak die sirkel op die een op hierdie blad.
![]() |
Ja, daar moet 12 merkies wees. Begin by die boonste merkie en plaas die byskrif binne die sirkel: 12. Gaan dan kloksgewys verder en nommer elke vou in die sirkel. (Die spasies tussen die nommers behoort dieselfde te wees omdat jy dit gevou het om die posisies aan te dui.) Nou het jy die ure neergeskryf.
![]() |
Knip nou die tweede sirkel (op die uitknipvel) uit. Merk die ure soos jy dit so pas vir die vorige sirkel gedoen het. Hierop gaan jy nou die minute merk. Daar is 60 minute in 'n uur. Hoeveel minute sal daar dus tussen die merke vir die nommers moet wees? Ja: 5, d.w.s. 5 spasies. Maak vier klein merkies om die 5 minute af te merk en plak dan die sirkel bo-op sirkel nommer 4. Nou het jy 'n analoog- horlosiewyserplaat gemaak.
Om uit te knip
|
||
|
TOETS JOU VAARDIGHEID MET ANALOOG-HORLOSIES
|
| 1.1 __________________ |
|
| 1.2 _______________ |
|
| 2.1 22 minute oor 2__________ |
|
| 2.1 22 minute oor 2___________ |
(Onthou jy dat die uurwyser ook stadigaan beweeg?)
|
| 2.2 17 minute voor 10 |
(Onthou jy dat die uurwyser ook stadigaan beweeg?)
|
| 2.3 kwart voor vier |
|
| 2.4 twaalfuur |
Analoog-horlosies kan nie vir ons aandui of dit oggend (voormiddag) of namiddag is nie. Ons moet self byvoeg of dit 9-uur in die oggend is, of 4-uur in die middag. Wanneer ons dit skryf, gebruik ons die volgende afkortings:
vm. = voormiddag
nm. = namiddag
Voorbeeld:
'n Kort manier om 42 minute oor 10 uur in die oggend te skryf is: 10.42 vm. 'n Kort manier om 36 oor 6 uur in die aand te skryf is: 6.36 nm.
Aktiwiteit 2:
Die eerste twee syfers, die 08, sê vir ons wat die uur is; let op die 0 wat verskyn as die ure minder as 10 is.
Die laaste twee syfers sê vir ons hoeveel minute oor die uur dit is.
08:35
Hierdie horlosiewyserplaat sê dat dit 35 minute oor 8-uur in die oggend is (die 08 is minder as 12).
22:05
Hierdie horlosiewyserplaat sê vir ons dat dit 5 minute oor 10-uur in die aand is (die eerste 2 syfers is meer as 12).
Middernag sal as 24:00 aangedui word.
Een minuut oor middernag kan as 00:01 of as 24:01 aangedui word.
Die middel van die dag sal 12:00 wees.
Een minuut oor die middel van die dag sal as 12:01 aangedui word.. Skryf volgens digitale tyd:
Bestudeer hierdie voorbeeld van 'n digitale horlosie:
16:15
Dit toon die tyd as 4.15 nm.
| 2.1 | (in die oggend / voormiddag) |
| 2.2 | (namiddag) |
3.1 |
13:50 |
3.2 |
09:10 |
Die vier-en-twintig-uur horlosie / internasionale horlosie
Die internasionale horlosie is op dieselfde idee as 'n digitale horlosie gebaseer. Hierdie horlosie werk ook vanaf middernag tot middernag. Die helfte van die horlosiewyserplaat op regs toon die tyd voor twaalfuur in die middag (noen). Die linkerkantste helfte toon die tyd vanaf twaalfuur in die middag tot middernag.
![]() |
4. Hoe kan jy weet dat die tyd wat op hierdie horlosie aangedui word, in die oggend is?
'n Stophorlosie.
Dit is wat ons by swemgalas, atletiek en ander sportbyeenkomste gebruik wanneer ons desimale breuke van 'n sekonde moet meet! Bestudeer die diagram. Dit dui die minute, sekondes en breuke van ‘n sekonde tot twee desimale posisies!
01:45,63
5. Skryf die tyd wat binne die raam aangedui word op die stippellyn:
5.1 Swem: vryslag aflos: 4 x 25 m:
| 1:17,53 |
5.2 Atletiek: 1500 m:
5:56,01
Aktiwiteit 3:
Om probleme wat berekening en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, op te los [LU4.2]
1. Die jaarlikse Atletiekbyeenkoms is by die skool gehou. Die meisies se tye vir die 100m naelloop was as volg:
Joy 14,9 sekondes
Doreen 15,2 sekondes
Petra 14,7 sekondes
Kathleen 14,6 sekondes
Marie 14,8 sekondes
Barbara 15,5 sekondes
1.1 Wie het die wedren gewen?
1.2 Verduidelik hoekom jy dié antwoord gee.
1.3 Wat was die verskil tussen Kathleen en Barbara se tye?
2. Mamma steek 'n hoender om 11:50 in die oond om dit te bak. Dit neem 'n uur en tien minute om gaar te word. Hoe laat sal sy dit uit die oond uit haal?
Onthou: daar is 24 uur in 'n dag.
Daar is 60 minute in 'n uur.
Daar is 60 sekondes in 'n minuut.
3. Vlug 502 vertrek om 13:10 uit Oos-Londen en land om 15:30 by Johannesburg. Vlug 504 vertrek om 19:35 uit Oos-Londen en land om 21:50 by Johannesburg.
3.1 Het die vliegtuie in die oggend of in die namiddag of aand aangekom?
Vlug 502 ______________ Vlug 504 ___________ .
3.2 Water vlug was die vinnigste, en hoeveel vinniger was dit as die ander een? Skryf jou berekeninge duidelik en stap-vir-stap uit.
4. Die werkers by 'n motorfabriek begin om 8 vm. werk. Hulle werk tot 5 nm., maar kry 'n uur vir etenstyd en twee pouses van tien minute elk vir tee. Vir hoe lank werk hulle elke dag?
Maande van die jaar – hier vertel 'n ou Engelse rympie vir ons van hulle:
Thirty days have September, April, June and November;
All the rest have thirty-one,
Excepting February alone, which has twenty-eight days clear,
And twenty-nine in each Leap Year!
5. Wanneer ons die kort skryfwyse vir datums gebruik, skryf ons eers die jaar, dan die maand en laastens die dag, bv: 2003: 01: 24 (24 Januarie 2003)
Die skooljaar sien só daar uit:
| Kwartaal | Termyn begin | Termyn eindig |
| 1 | 2003:01:22 | 2003:03:28 |
| 2 | 2003:04:08 | 2003:06:27 |
| 3 | 2003:07:22 | 2003:09:26 |
| 4 | 2003:10:06 | 2003:12:05 |
5.1 Skryf die datum van die eerste dag van die tweede kwartaal voluit (volgens die lang skryfwyse).
5.2 Skryf die datum van die laaste dag van die vierde kwartaal voluit (volgens die lang skryfwyse).
5.3 Hoe lank was die vakansie tussen die eerste en die tweede kwartale? Gee die antwoord in weke en dae.
5.4 Hoe lank was die vakansie tussen die tweede en derde kwartale? Skryf stellings om te verduidelik hoe jy dit bereken het en gee die antwoord in weke en dae.
5.5 Hoe lank was die vakansie tussen die derde en vierde kwartale? Gee die antwoord in weke en dae.
6. Hannes is 'n geesdriftige visserman. Hy het die hoogwatertye bestudeer omdat hy van plan was om gedurende die Junie-vakansie van die rotse af te gaan hengel. Bestudeer self hierdie uittreksel uit die Tabel van Hoogwatertye in Kaapstad en beantwoord die vrae wat volg.
| Datum | Junie | Julie | ||
| vm. | nm. | vm. | nm. | |
| 1 | 0407 | 1630 | ||
| 2 | 0443 | 1707 | ||
| 3 | 0523 | 1748 | ||
| sekere | datums | is | hier | weggelaat |
| 28 | 0222 | 1448 | ||
| 29 | 0256 | 1521 | ||
| 30 | 0331 | 1555 | ||
6.1 Kyk na die oggend se hoogwatertye. Beskryf die patroon. Is dit altyd dieselfde?
By Knysna is dit 43 min. later hoogwater. Hoe laat in die oggend sal dit op 30 Junie by Knysna hoogwater wees?
Wanneer ons tyd optel of aftrek, moet ons onthou dat ons met ure, minute en sekondes werk.
60 sekondes = 1 minuut
60 minute = 1 uur
Voorbeeld: 1 h 45 min. + 2 h 36 min. Kies jou eie manier om dit te doen
Een manier om die berekening te doen is as volg:
1 h 45 min. +2 h 36 min. = 3 h 81 min. (Let op dat daar 1 h in hierdie minute weggesteek is.)
= 4 h 21min.
7. Bereken die antwoorde en skryf jou berekeninge neer:
7.1 53 min. en 48 sek. + 14 min. en 34 sek.
7.2 14 h 25 min. - 7 h 36 min.
Aktiwiteit 4:
Om verskillende maniere om tyd voor te stel wat deur verskillende kulture deur die geskiedenis heen gebruik is, te beskryf en te illustreer [LU 4.4]
OPDRAG (GEBASEER OP NAVORSING)
Jou opvoeder sal jou help om naslaanboeke met toepaslike inligting te kry of sal jou na die biblioteek neem wanneer jy inligting vir hierdie opdrag nodig het.
1. Lees die volgende inligting.
Mense van die Antieke Wêreld het nie horlosies soos ons s'n gehad nie, maar hulle het wel probeer om tyd te meet. Sommige van die instrumente wat hulle hiervoor gebruik het, was die sonwyser, die wateruurwerk (water clock), 'n kers wat as uurwyser (candle clock) gedien het; brandende olie en 'n uurglas (hourglass). Sommige van hierdie uurwerke was nie uiters akkuraat nie.
2. Soek inligting in naslaanboeke of op die Internet om uit te vind hoe hierdie instrumente gelyk het en hoe hulle gewerk het. Probeer ook om uit te vind deur watter mense die verskillende uurwerke gebruik is en waar hulle gewoon het.
4. Verduidelik hoe enige twee van hierdie instrumente gewerk het.
5. Maak self 'n wateruurwerk of 'n kersuurwerk (of een van die ander) en wys dit vir die klas. Verduidelik aan die klas hoe dit werk.
6. Werk in die onderstaande tabel en skryf neer wie elk van die uurwerke wat jy geteken het, gebruik het en waar hulle gewoon het:
| Naam van uurwerk | Mense deur wie dit gebruik is | Waar hulle gewoon het |
7. Verduidelik hoekom hierdie antieke instrumente nie altyd baie akkuraat was nie. Skryf jou antwoord hier onder neer.
8. Probeer om aan 'n skakel tussen een van hulle en 'n moderne instrument wat deur ons gebruik word, te dink. Skryf jou antwoord hier neer:
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 4 |
| MetingDie leerder is in staat om toepaslike meeteenhede, meetinstrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die laaste minuut en sekonde lees, sê en skryf; |
| 4.2 probleme oplos wat berekeninge met en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, insluitend sekondes, minute, ure, dae, weke, maande en jare; |
| 4.3 meetinstrumente gebruik wat tyd meet tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend polshorlosies en klokhorlosies; |
| 4.4 maniere beskryf en illustreer om tyd deur die geskiedenis heen in verskillende kulture te meet en voor te stel; |
4.5 tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe skat, meet, aanteken, vergelyk en orden deur S.I.-eenhede met die geskikte noukeurigheid te gebruik vir:
|
| 4.6 probleme oplos wat die kies van, berekening met en herleiding tussen geskikte S.I.-eenhede soos hierbo genoem, behels, terwyl geskikte kontekste vir Tegnologie en die Natuurwetenskappe geïntegreer word; |
4.7 gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
|
|
AKTIWITEIT 1
1.1 2
1.2 5
1.3 7
1.1 20 voor 11 of 10.40
1.2 9.25 of 25 oor 9
2 Teken wysers op afbeeldings van horlosies
AKTIWITEIT 2
1.1 05:10
1.2 16:20
1.3 21:45
1.4 00:57 of 24:57
2.1 06:45
2.2 16:10
3.1 Tekening op afbeelding van horlosie: tien voor twee in die namiddag
3.2 Tekening op afbeelding van horlosie: tien oor nege in die oggend
4. Oggend; die uurwyser is aan die regterkant van die afbeelding van die horlosie; in die namiddag sal dit aan die linkerkant van hierdie afbeelding wees.
5.1 1 min. 17,53s
5.2 5 min. 56,01s
AKTIWITEIT 3 probleme rondom tyd
1.1 Kathleen
1.2 Haar naam is die kortste
1.3 0,9s
2. 13:00 of 1nm.
3.1 Vlug 502: namiddag; Vlug 504: aand
4. 7 h 40 min.
5.1 8 April 2003
5.2 5 Desember 2003
5.3 10 dae
5.4 3 weke 3 dae
5.5 1 week 2 dae
( Let wel : Dit tydsduur tussen die oggend se hooggety en die namiddag se hooggety op 'n enkele dag verminder klaarblyklik met een minuut elke dag, maar nie op 3 Julie nie.)
7.1 1h 8 min. 22 s.
7.2 6 h 49 min.
AKTIWITEIT 4 opdrag
1. Lees
2. Soek inligting
3.1 Tekeninge
3.2 Praktiese werk en mondeling
3.3 Eie – Praktiese werk en mondeling
3.4 Eie – voltooi tabel
4. Hulle was nie in staat om sekondes en gedeeltes van sekondes te meet nie; Buitenshuise toestande (bv. wind) het die instrumente geaffekteer.
5. uurglas; sandlopertjie