AKTIWITEIT 1:
Om driedimensionele voorwerpe uit die omgewing met betrekking tot geometriese eienskappe te ondersoek en vergelyk en deur driedimensionele modelle met uitgeknipte veelhoeke te maak
[LU 2.2, 3.2, 3.3, 3.5, 4.8]
1. Ondersoek van ruitnette: kartondose.
Jy het die volgende kartondose nodig: graanvlokkiedoos; 'n kartondosie waarin tee verpak was, en nog meer. Maak die dele waar die kartondose geplak is, versigtig los sodat jy die kartondoos plat op die tafel kan neerlê. Bestudeer die plan of ruitnet van die kartondoos.
2. Voordat jy die ruitnet hieronder uitknip, moet jy kolletjies soos vir 'n dobbelsteentjie op die verskillende vlakke invul. Knip dan die net uit, vou dit op die lyne langs om 'n kubus te vorm en plak dit met kleeflint. Kyk na 'n werklike dobbelsteentjie om te sien of jy die getalle kolletjies korrek aangedui het.
3. Knip die vorm onder die tabel hier onder uit en vou dit langs die lyne om 'n piramiede (viervlak of tetraëder) met drie kante en 'n driehoekige basis te vorm.
4. Kyk nou na die ruitnette van die graanvlokkiedoos ('n reghoekige prisma); die kubus wat jy self uitgeknip het en die tetraëder om hierdie tabel te kan voltooi:
| Voorwerp | Aantal vlakke | Plat of geronde vlakke | Aantal hoekpunte | Aantal kante |
| Reghoekige prisma | ||||
| Kubus | ||||
| Tetraëder |
![]() |
Aktiwiteit 2:
Om simmetriese-lyne in tweedimensionele vorms, insluitend natuurlike en kulturele kunsvorms, te herken en te beskryf [LU 3.4]
1. PROJEK.
2. Vorms.
2.1 Knip die vorms op die volgende bladsy uit. Kyk of elkeen van hulle presies in die helfte gevou kan word. Dié vou is ook 'n simmetrie-lyn. Gebruik 'n liniaal en trek 'n stippellyn op die vou langs. Sommige vorms het meer as een simmetrie-lyn. Onthou dat die helftes identies moet wees. Teken al die symmetrie-lyne en plak die vorms op die figure hier onder. Gebruik byskrifte om die simmetrie-lyne aan te dui.
2.2 Maak ook ander vorms, byvoorbeeld 'n sirkel, en vou dit om te sien of daar simmetrie-lyne is. Plak hulle ook op 'n skoon vel papier. Gebruik byskrifte om die simmetrie-lyne aan te dui.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Aktiwiteit 3:
Om die verandering van aansig van 'n voorwerp wat vanuit verskillende posisies gesien word te beskryf [LU 3.7]
Wanneer ons 'n groot gebou van die voorkant af sien, weet ons dat dit nie dieselfde sal lyk as ons agter of aan die kant van die gebou staan nie. Dit sal ook nie dieselfde lyk as ons by 'n hoek van die gebou staan nie.
1.
1.1 Gaan gou buitentoe en kyk van die voorkant af na die skool.
1.2 Stap om die gebou na agter en kyk weer daarna.
Wanneer ons die skoolgebou so bekyk, sien ons dat dit nogal baie verskillend lyk vanaf elkeen van hierdie posisies.
2. Bou die voorwerpe wat hier onder geteken is uit suikerblokkies en kyk dan vanuit verskillende hoeke na hulle.
3. Bou nog 'n paar voorwerpe met suikerblokkies en ondersoek hulle van die voorkant, van agter, van die kante en van die hoeke af.
4. Nou moet julle die voorwerpe wat volg, teken. Teken hulle soos julle hulle sien as julle volgens die instruksies hier onder na hulle kyk:
4.1 van agter
|
| Voor |
![]() |
Voor
4.3 vanaf die regterhoek
![]() |
Voor
Aktiwiteit 4:
Om die volume van driedimensionele voorwerpe te ondersoek en te skat [LU 4.8]
1. Pak die vuurhoutjiedosie vol suikerblokkies. Hoeveel blokkies het jy nodig gehad?
2. Doen nou dieselfde met die ander kartondose en voltooi die tabel hier onder:
| Voorwerp (kartondoos) | Aantal suikerblokkies wat nodig was om die kartondosie te vul |
| Vuurhoutjiedosie | |
3. Meet die suikerblokkie en skryf jou bevindings neer:
4. Die vuurhoutjiedosie kan ………… kubusse hou; dus sê ons dat die kartondosie se volume nagenoeg …… kubieke sentimeters is.
5. Wanneer ons meet hoeveel van iets in die spasie in 'n houer kan pas, meet ons die houer se VOLUME; daarvoor het ons drie mate nodig: lengte; breedte en hoogte.
6. Kan jy aan 'n vinniger manier dink as om elke suikerblokkie te meet wanneer jy die volume van 'n houer wil bereken? Bespreek dit met 'n maat en skryf dan jou antwoord op die stippellyn.
7. Hoeveel suikerblokkies sal jy nodig hê om 'n kartondoos wat 20 cm lank; 15 cm breed en 7 cm hoog is (soos 'n 2-liter roomysbak) vol te maak? Skryf jou berekeninge neer en vergelyk hulle dan met dié van 'n maat.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 2 |
| Patrone, Funksies en AlgebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 meetkundige patrone ondersoek en uitbrei om verwantskappe of reëls te vind, insluitend patrone soos die volgende: |
|
|
| LU 3 |
| Ruimte en VormDie leerder is in staat om eienskappe en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.2 tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe uit die omgewing volgens meetkundige eienskappe beskryf, sorteer en vergelyk, insluitend:
|
| 3.3 tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe wat in hierdie graad bestudeer word ondersoek en vergelyk (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span) volgens die bostaande eienskappe deur die volgende te doen: |
|
|
| 3.4 die simmetrie-lyne in tweedimensionele vorms, insluitend dié wat in die natuur en in kulturele kunsvorms voorkom, herken en beskryf; |
| 3.5 tweedimensionele vorms, driedimensionele voorwerpe en patrone van meetkundige voorwerpe en vorms (bv. tangramme) met die klem op teëling (tessellasie) en lynsimmetrie skep; |
| 3.6 natuurlike en kulturele tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe en patrone na aanleiding van meetkundige eienskappe herken en beskryf; |
| 3.7 die verskille in die voorkoms van 'n voorwerp wat in verskillende posisies gehou word, beskryf; |
| LU 4 |
| MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.8 ondersoek instel en bepaal by benadering (alleen en/of as lid van 'n groep of span) met betrekking tot: |
4.8.2 oppervlakte van veelhoeke (m.b.v. vierkantroosters en teëling) ten einde ‘n begrip van vierkante eenhede te ontwikkel;
|
AKTIWITEIT 1: 3D voorwerpe
1. Ondersoek - prakties
2. Gebruik 'n ruitenet - prakties
3. Prakties – Tetraëder / viervlak (tetra – Grieks = 4)
4. Gebruik van ondersoeke
| Voorwerp | Vlakke | Plat of gerond | Hoeke | Kante |
| Reghoekige prisma | 6 | Plat | 8 | 12 |
| Kubus | 6 | Plat | 8 | 12 |
| Tetraëder | 4 | Plat | 5 | 7 |
AKTIWITEIT 2: simmetrie
1. PROJEK – eie – prakties
2. Fatsoene
2.1 en 2.2 en 2.3 Knip, vou en trek van simmetrielyne
bv.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
(Let wel: skuinslyne (diagonale) in 'n reghoek word nie net vir vou gebruik nie.)
AKTIWITEIT 3: voorwerpe wat vanuit verskillende hoeke gesien word
1.1 tot 1.4 Prakties – bestudeer 'n gebou vanaf verskillende hoeke
2. en 3. Prakties – werk met kubusse
4.1 tot 4.3 Teken – Moeilik!
2.2 (b)
AKTIWITEIT 4: volume
1. eie
2. eie ondersoek
3. 1 cm; 1 cm; 1 cm
4. eie
5. -
6. Bespreking (lengte x breedte x hoogte)
7. 2 100 suikerblokkies