Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 6
INLEIDING
Daar is 5 modules:
1. Getalbegrip, Optelling en Aftrekking
2. Vermenigvuldiging en Deling
3. Breuke en Desimale Breuke
4. Meting en Tyd
5. Meetkunde; Datahantering en Waarskynlikheid
4 Dit is belangrik dat opvoeders die modules in volgorde (soos hierbo genoem) sal doen, aangesien die leerders die vorige module se kennis en vaardighede benodig vir die daaropvolgende module.
3. GEWONE EN DESIMALE BREUKE (LU 1; 2 EN 5)
LEEREENHEID 1 FOKUS OP GEWONE BREUKE
LEEREENHEID 2 FOKUS OP DESIMALE BREUKE
1.1
1.2
1.3
1.4
As jy weet hoe om te vereenvoudig en dit korrek kan toepas, sal jy gou besef wat ‘n handige “hulpmiddel” dit is om bewerkings met breuke te doen. Dit kan jou help om makliker (en vinniger) op te tel, af te trek, te vermenigvuldig en te deel. Jy sal ook verwantskapstekens makliker kan invul. Kom ons kyk hoe vaar jy!
1. Vereenvoudig die volgende:
1.1
1.2
1.3
1.4
2. KOM ONS SPEEL ‘N SPELETJIE!
Jy benodig ‘n maat en twee dobbelstene.
As ons breuke wil optel, moet ons eers die noemers dieselfde maak.
Bv.
![]() |
Jou kennis van hoe om ekwivalente breuke te bepaal, kom hier handig te pas.
As ons die som van twee ekwivalente breuke bereken, tel ons net die tellers bymekaar. Die noemer word net so behou.
Indien die antwoorde ‘n onegte breuk is, moet jy dit herlei na ‘n gemengde getal.
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.5: ekwivalente vorms van die bogenoemde getalle herken en gebruik, insluitend:
1.5.1 gewone breuke met 1- of 2-syfernoemers.