Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 5
In hierdie leereenheid gaan ons kyk na verskillende eenhede om lengte mee te meet, asook na die belangrikheid daarvan om akkuraat te meet.
1. Kom ons spring sommer dadelik weg! Hoe goed ken jy jouself? Meet die volgende so akkuraat moontlik – ‘n maat mag jou help:
1.1 die lengte van jou duimnael
1.2 die lengte van jou pinkie
1.3 die lengte van jou regtervoet
1.4 die lengte van jou linkerarm van jou skouer tot by die punt van jou middelvinger
1.5 Hoe lank is jy?
1.6 Hoe hoog kan jy bykom as jy spring van die grond af?
1.7 Hoeveel hoër is dit as jyself?
2. Wat het jy gebruik om bogenoemde te meet?
3. Watter ander meetinstrumente kan ons nog gebruik om lengtes mee te meet?
Onthou jy nog?
1 cm = 10 mm
1 m = 100 cm
1 m = 1 000 mm
1 km = 1 000 m
Het jy geweet?
4. Werk saam met ’n maat en voltooi die volgende tabel.
| Meet | Skatting | Ware afmeting | Verskil | |
| a) | die lengte van jou opvoeder | |||
| b) | die breedte van jul klaskamer | |||
| c) | die hoogte van jou bank / tafel | |||
| d) | die totale lengte van die skryfbord in die klas |
1. Dit is belangrik dat ons sal weet watter meeteenhede vir spesifieke lengtes gebruik word. Om dit korrek te kan doen, is dit noodsaaklik dat ons sal weet presies hoe lank die verskillende meeteenhede is. Kom ons kyk hoe vaar jy! Kies ‘n geskikte eenheid om die volgende te meet:
1.1 Die borsmaat van Pa se pak klere is 102 ....................
1.2 Die hoogte van my kamermuur is 4 ....................
1.3 Die breedte van die stoep van die plaashuis is 2,5 ....................
1.4 Die dikte van my woordeboek is 40 ....................
1.5 Die afstand tussen Johannesburg en Kaapstad is meer as 1 000 ....................
1.6 Die diepte van die water in ons swembad is 1,500 ....................
2. Omkring die afmeting wat die naaste aan die werklikheid is:
2.1 Die deur van ons klas is ongeveer . . . . . . . . hoog.
(a) 20 m (b) 200 mm (c) 2 km (d) 2 m
2.2 My voet is omtrent . . . . . . . . lank.
(a) 26 cm (b) 26 mm (c) 26 km (d) 26 m
2.3 Die afstand van Durban na Oos-Londen is . . . . . . . . . . .
(a) 674 mm (b) 674 km (c) 674 m (d) 674 cm
3. Kom ons kyk na die desimale skryfwyse van lengte:
Ons weet reeds 10 mm = 1 cm
Dus: 25 mm = 10 + 10 + 5 mm
= 1cm + 1 cm + 5 mm
= 2 cm + 5 mm
= 2,5 cm of 2
Voltooi die tabel:
| Aantal mm | 10 | 85 | ............ | 245 | ............ | 1 026 | ............ |
| Aantal cm | 1 | ............ | 4,2 | ............ | 17,9 | ............ | 146,3 |
4. Ons weet daar is 1 000 mm in 1 m
Dus: 2 347 mm = 2 m 347 mm
= 2,347 m
Voltooi die tabel:
| mm | m |
| 4 328 | 4,328 |
| ..................... | 3 |
| 367 | ..................... |
| ..................... | 4,7 |
| 28 | ..................... |
| ..................... | 0,067 |
| 6 | ..................... |
5. Net so is 1 000 m = 1 km
Dus: 1 407 m = 1 km 407 m
= 1,407 km
Voltooi die tabel:
| Lengte in m | 2 368 | ............ | 426 | ............ | 38 | ............ | 9 |
| Lengte in km | 2,368 | 7 | ............ | 0,6 | ............ | 1,48 | ............ |
Het jy geweet?
Wanneer ons iets teken, bv. ’n huis, teken ons dit nie lewensgroot nie.
Ons teken dit op skaal. Die vorm bly dus dieselfde, maar nie die grootte nie. Die mes is bv. op ’n skaal 1 tot 4 geteken.
Dink ook aan kaarte. ’n Plek word gewoonlik daarop kleiner geteken as wat dit in werklikheid is. ’n Skaal sê vir ons hoe om afstande op ’n kaart te kry. Gewoonlik dui die skaal aan dat 1 cm op die kaart 500 km is, soos in die geval van die kaart hieronder.
1. Beantwoord die volgende vrae:
1.1 Hoe lank is die mes hierbo regtig? ..................................................
1.2
![]() |
2. Bepaal die skaal van elke item hieronder.
2.1 Die lengte van die potloodkryt is 15 cm.
Skaal: .........................................
![]() |
2.2 Die lengte van die bottel is 80 cm.
Skaal: .........................................
![]() |
2.3 Die lengte van die vis is 45 cm.
Skaal: .........................................
Meet nou die afstand.
in mm.
| LU 4 |
| MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die naaste minuut en sekonde lees, sê en skryf; |
| 4.2 probleme oplos wat berekeninge met en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, insluitend dekades, eeue en millennia; |
| 4.3 instrumente gebruik wat tyd meet tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend polshorlosies en stophorlosies; |
| 4.4 maniere in verskillende kulture beskryf en illustreer om tyd deur die geskiedenis heen te meet en voor te stel; |
4.5 SI-eenhede gebruik om voorwerpe en vorms te skat, te meet, aan te teken, te vergelyk en te orden met geskikte akkuraatheid vir:
|
| 4.6 probleme oplos wat die kies van, berekening met en herleiding tussen geskikte S.I.-eenhede (sien hierbo) behels, terwyl geskikte kontekste vir Tegnologie en Natuurwetenskappe geïntegreer word; |
4.7 gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
|
AKTIWITEIT 1
3. maatband / meterstok / meterwiel (klikwiel) / liniaal / tou / wol
1. 1.1: cm
1.2: m
1.3: m
1.4: mm
1.5: km
1.6: m
2. 2.1: 2 m
2.2: 26 cm
2.3; 674 km
3.
| 42 | 179 | 1463 | |||||
| 8,5 | 24,5 | 102,6 |
4.
| mm | m |
| 3 000 | |
| 0,367 | |
| 4 700 | |
| 0,028 | |
| 67 | |
| 0,006 |
5.
| 7 000 | 600 | 1 480 | |||||
| 0,426 | 0,038 | 0,009 |
AKTIWITEIT 3
1. 20 cm
1.1: 1 250 km
1.2: 1 500 km
2. 2.1: 1:5
2.2: 1:20
2.3: 1:15