Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 5
Massa
Aktiwiteit 1:
Om probleme op te los wat die kies van standaardeenhede insluit [LU 4.6]
1. Net soos by lengte, is dit noodsaaklik dat ons sal weet wanneer om gram, kg en ton as eenheid te gebruik.
Werk saam met ’n maat en maak beurte. Neem enige drie voorwerpe in jou klas. Hou elkeen apart vas en rangskik hulle dan van die ligste tot die swaarste. In watter eenheid sal jy jou items weeg: gram? kg? ton?
Voltooi die tabel:
| Item | Van lig tot swaar | Eenheid | |
| 1. | .......................................... | .......................................... | .......................................... |
| 2. | .......................................... | .......................................... | .......................................... |
| 3. | .......................................... | .......................................... | .......................................... |
Onthou jy nog?
1 000 g = 1 kg
1 000 kg = 1 ton
Soms is items / artikels so lig dat jy nie kan sien hoeveel hulle weeg op ’n gewone skaal nie. Maak ’n regmerkie by dié wat jy dink ’n massa van minder as 1 gram het.
| ’n veer | |
| ’n krammetjie | |
| ’n haarrekkie | |
| ’n uitveër | |
| ’n lemoen | |
| ’n pen | |
| ’n koppiespeld | |
| ’n sandkorrel | |
| ’n haar |
Aktiwiteit 2:
Om te meet en op te teken [LU 4.5.1]
Om met toepaslike meetinstrumente presies te meet [LU 4.7.1]
Het jy geweet?
Om die massa van ’n item te bepaal, beteken dat ons wil weet hoe swaar die item is of hoeveel dit weeg. Om dit te kan doen, benodig ons ’n skaal. Aan hoeveel verskillende soorte skale kan jy dink?
Skryf hul name hier neer.
1. Kyk goed na die volgende voorbeelde van skale. Werk saam met ’n maat en skryf die lesing op elke skaal neer.
1.1
![]() |
1.2
![]() |
1.3
![]() |
1.4
![]() |
1.5
![]() |
1.6
![]() |
2. Kyk na die volgende tekeninge en skryf die massa van die voorwerpe neer.
2.1
![]() |
2.2
![]() |
2.3
![]() |
2.4
![]() |
Aktiwiteit 3:
Om te skat, te meet en op te teken [LU 4.5.1]
Om met toepaslike meetinstrumente presies te meet [LU 4.7.1]
Werk in groepe van drie. Bring die volgende items van die huis af saam:
’n skaal ; 1 koppie rou rys ; 1 koppie suiker ; 1 koppie koekmeel ; 1 koppie sout ; 1 koppie graanvlokkies en 1 koppie rosyntjies.(Onthou om dieselfde koppie te gebruik wanneer julle afmeet!)
1. Bepaal nou die massa van bogenoemde en voltooi die tabel.
| Item | Massa in g geskat | Gemeet | Verskil |
| .............................................. | ......................... | ..................... | ..................... |
| .............................................. | ......................... | ..................... | ..................... |
| .............................................. | ......................... | ..................... | ..................... |
| .............................................. | ......................... | ..................... | ..................... |
| .............................................. | ......................... | ..................... | ..................... |
| .............................................. | ......................... | ..................... | ..................... |
2. Wat weeg die swaarste?
3. Wat weeg die ligste?
Aktiwiteit 4:
Om probleme op te los wat die kies van berekening met en herlei van standaardeenhede insluit [LU 4.6]
KOM ONS HERSIEN
Hoe sal ons die antwoorde in gram hierbo in die tabel as kg kan skryf?
Ek weet 1 000 g = 1 kg
Dus: 1 g =
= 0,001 kg
Net so sal 17 g 17 duisendstes van ’n kg wees.
17 g = 0,017 kg
en 234 g = 0,234 kg
4 387 g = 4 kg 387 g = 4,387 kg
1. Skryf die volgende as kg.
a) 9 g
b) 26 g
c) 89 g
d) 436 g
e) 2 309 g
f) 5 006 g
![]() |
| Massa | Stukke benodig |
| 1,010 kg | 1 kg ; 10 g |
| 1,023 kg | |
| 1,023 kg | |
| 1,007 kg | |
| 1,056 kg | |
| 983 g | |
| 724 g |
4. Afronding
4.1 Kan jy die volgende afrond tot die naaste kg?
(a) 7,6 kg .........................
(b) 0,5 kg .........................
(c) 4,2 kg .........................
(d) 2,5 kg .........................
4.2 Rond die volgende af tot die naaste ton:
(a) 20,8 t .........................
(b) 29,4 t .........................
(c) 1,5 t .........................
(d) 34,9 t .........................
Kopkrapper!
Jy wil weet wat die massa van ’n stoel is. Jy het ’n badkamerskaal, maar die stoel is te groot daarvoor en val af. Hoe kan jy die massa van die stoel bepaal sonder ’n groter skaal?
| LU 4 |
| MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 analoog-, digitale en 24-uur-tyd tot minstens die naaste minuut en sekonde lees, sê en skryf; |
| 4.2 probleme oplos wat berekeninge met en herleiding tussen geskikte tydeenhede behels, insluitend dekades, eeue en millennia; |
| 4.3 instrumente gebruik wat tyd meet tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend polshorlosies en stophorlosies; |
| 4.4 maniere in verskillende kulture beskryf en illustreer om tyd deur die geskiedenis heen te meet en voor te stel; |
4.5 SI-eenhede gebruik om voorwerpe en vorms te skat, te meet, aan te teken, te vergelyk en te orden met geskikte akkuraatheid vir:
|
| 4.6 probleme oplos wat die kies van, berekening met en herleiding tussen geskikte S.I.-eenhede (sien hierbo) behels, terwyl geskikte kontekste vir Tegnologie en Natuurwetenskappe geïntegreer word; |
4.7 gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
|
AKTIWITEIT 1
| √ | √ | ||||
| √ | √ | ||||
| √ |
AKTIWITEIT 2
Badkamer-; trekskaal; kombuis-; weeg
1. 1.1 6,25 kg
1.2 88,5 kg
1.3 3 kg
1.4 17,68 kg
1.5 210 g
1.6 172 kg
2.
2.1 3,050 kg
2.2 5,71 kg
2.3 1,215 kg
2.4 0,604 kg
AKTIWITEIT 4
1. 1.1 0,0091.4
1.2 0,026
1.3 0,089
1.4 0,436
1.5 2,309
1.6 5,006
3.
| MASSA | STUKKE BENODIG |
| 1 kg; 20 g; 2 g; 1 g | |
| 1 kg; 20 g; 5 g; 2 g; 1 g | |
| 1 kg; 5 g; 2 g | |
| 1 kg; 50 g; 5 g; 1 g | |
| 20 g; 10 g; 2 g; 1 g500 g; 200 g; 200 g; 50 g | |
| 500 g; 200 g; 20 g; 2 g; 2 g |
4. 4.1
a) 8
b) 1
c) 4
d) 3
4.2
a) 21
b) 29
c) 2
d) 35
KOPKRAPPER
Klim self alleen op en weeg; hou stoel bo kop, klim weer op en weeg (of omgekeerd); die verskil in die lesings is die massa van die stoel.