1. Kom ons hersien die werk wat jy in graad 4 gedoen het. Kyk sommer hoe goed jou geheue is. Vir die volgende aktiwiteit moet jy jou pa se hamer en spykers gebruik. Pasop net vir jou duim!
Jy benodig:
‘n Houtplankie - 30 cm × 30 cm
Spykers
Rekkies
Slaan die spykers ongeveer 1,5 cm van mekaar af in.
Onthou jy nog?
’n Vierhoek is enige figuur met 4 sye en 4 hoeke.
’n Vierkant het vier ewe lang sye en vier 90° hoeke.
’n Reghoek se teenoorstaande sye is ewe lank en al 4 die hoeke is 90°.
’n Driehoek is enige figuur met 3 hoeke en 3 sye.
1.1 Vorm die volgende figure met die rekkies op die spykerbord.
1.2 Teken twee van elke figuur op ‘n kolletjiesblad.
Vierhoek
Vierkant
Reghoek
Driehoek
1.3 Hou ‘n klasbespreking. Maak ‘n lys van al die ooreenkomste tussen jou figure op die spykerbord.
1.4 Teken en kyk nou hoeveel verskille julle as klas tussen die figure op ‘n kolletjiesblad kan raaksien.
1. Blaai nou deur ou koerante en tydskrifte en knip voorbeelde uit van vierhoeke, vierkante, reghoeke en driehoeke. Plak hulle op ‘n vel papier. Laat ‘n maat kontroleer of jy reg gewerk het. (Wenk: Kyk of die eienskappe van die figuur pas by dit wat jou maat geplak het!)
Kom ons kyk hoe fyn jy kan kyk. Hieronder is vierkante, driehoeke en sirkels bo-op mekaar neergesit. Kyk goed daarna en voltooi dan die opdragte wat volg.
![]() |
1. Kleur die deel van al die driehoeke wat jy kan sien pers in. Hoeveel driehoeke is daar?
2. Kleur al die sirkels pienk in. Hoeveel sirkels is daar?
3. Kleur al die vierkante rooi in. Hoeveel vierkante is daar?
4. Kleur al die reghoeke groen in. Hoeveel reghoeke is daar?
4. Rangskik die getalle in die sirkel van groot na klein.
5. Watter getal is in die vierkant en as dit verdubbel word, is dit 34 minder as 100?
Hoewel dit baie eenvoudig klink, is dit tog belangrik dat jy weet hoeveel sye en hoeke ‘n figuur het, omdat dit ons kan help om veelhoeke maklik te klassifiseer. Gebruik die tekeninge hieronder en voltooi dan die tabel.
![]() |
Driehoek , Vierhoek en Vyfhoek
![]() |
Seshoek, Sewehoek en Agthoek
| Getal sye in die veelhoek | 3 | 4 | 5 | ......... | ......... | 8 | 12 | 100 | 220 |
| Getal driehoeke in die veelhoek | 1 | ......... | ......... | 4 | 5 | ......... | ......... | ......... | ......... |
Hierdie aktiwiteit is ‘n taak vir jou portefeulje. Lees die opdragte sowel as die kriteria vir die assessering goed deur voordat jy begin. Vra jou opvoeder om te verduidelik waar nodig.
Toets eers jou geheue. Kan jy aan jou maat verduidelik wat “simmetrie” beteken?
1. Gebruik tydskrifte en soek prente van vorms / figure wat simmetries is.
2. Voer die volgende opdragte uit:
Ons het nou baie met 2-dimensionele vorms gewerk. Nou gaan ons 3-dimensionele figure van naderby bekyk.
1. Hou ‘n klasbespreking oor wat die verskil is tussen 2-dimensionele vorms en 3-dimensionele voorwerpe.
2. Hoe sal jy daarvan hou om ‘n argitek en bouer te wees? Jy en ‘n maat het nou die geleentheid om die skool van jul drome te bou! Julle benodig
Hierdie skool moet klaskamers hê en daar moet ’n ronde swembad wees. Natuurlik wil julle ’n rekenaarsentrum en ’n saal ook hê. Die kleedkamers en die rugbyveld moet sommer naby aan mekaar geleë wees.
Hier volg bruikbare inligting. Bestudeer dit eers voordat julle begin werk.
’n Struktuur soos ’n vuurhoutjiedosie word ’n REGHOEKIGE PRISMA genoem, want al die platvlakke is reghoeke.
’n KUBUS is ’n spesiale soort prisma, omdat die sye van ’n kubus ewe lank is en die syvlakke ewe groot is.
3. Wanneer julle model klaar is, moet julle die onderstaande tabel voltooi. Kyk na die figure wat julle gemaak het. As die saal bv. ’n reghoekige prisma is, kom dit in daardie kolom.
| Reghoekige prismas | Kubusse | Ander 3D-vorm | 2D-vorm |
| bv. Saal | ............................... | ............................... | ............................... |
| ...................................... | ............................... | ............................... | ............................... |

Dink ’n bietjie hoe teëls teen ’n muur of op die vloer van ’n badkamer gelê word. Die teëls pas presies teen mekaar. Die spasies wat jy sien, is net daar vir die sement of gom sodat die teëls stewig vasgeheg kan word en nie los kan kom nie.
Die teëls lyk gewoonlik só as dit gelê word:
Ons sê die teëls TESSELEER omdat hulle PRESIES, sonder tussenruimtes, inmekaar pas.
1. Gaan kyk vanmiddag by die huis na die teëls in jul badkamer, kombuis of enige ander vertrek in die huis. Jy kan ook na die teëls op die vloer of teen die mure van enige winkel in jou omgewing gaan kyk. Maak ‘n skets daarvan in die blok hieronder
2. Kyk nou weer na die skets van die teëls hierbo. Sien jy dat die binneste teëls reghoeke is en dat die buitenste teëls driehoeke is.
Maak nou jou eie patrone met ’n kombinasie van
Gebruik die kolletjiespapier
| LU 3 |
| Ruimte en Vorm (Meetkunde)Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen 2D-vorms en 3D-voorwerpe in ’n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 2D-vorms en 3D-voorwerpe herken, visualiseer en benoem in natuurlike en kulturele vorms en ‘n meetkundige agtergrond, insluitend dié wat vroeër behandel is, met die klem op:3.1.1 ooreenkomste en verskille tussen kubusse en reghoekige prismas;
|
3.2 2D-vorms en 3D-voorwerpe beskryf, sorteer en vergelyk uit die omgewing en uit tekeninge of prente volgens eienskappe, insluitend:
|
3.3 2D-vorms en 3D-voorwerpe wat in hierdie graad bestudeer word, ondersoek en vergelyk (alleen en/of as ‘n lid van ’n groep of span) volgens die bostaande eienskappe deur die volgende te doen:
|
3.5 2D-vorms en 3D-voorwerpe en patrone van meetkundige vorms maak en dit beskryf na aanleiding van:
|
| 3.6 natuurlike en kulturele 2D-vorms, 3D-voor-werpe en patrone in terme van geometriese eienskappe herken en beskryf. |
AKTIWITEIT 3
1. 6
2. 5
3. 6
4. 4
AKTIWITEIT 4
6 ; 7
3 ; 6 ; 10 ; 98 ; 218