Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 9
ONDERSOEK
1.1 Werk in ’n groep, maar begin eers alleen. Trek drie reghoekige driehoeke van verskillende vorms en groottes. Werk so akkuraat moontlik. As jy op blokkiespapier werk, is dit baie makliker. Werk nou nog meer akkuraat en meet die drie sye van elke driehoek. Werk tot die naaste millimeter. Vul die eerste drie rye van die tabel in. Gebruik nou ’n sakrekenaar om die tabel te voltooi.
| SIMBOOL | DRIEHOEK A | DRIEHOEK B | DRIEHOEK C | |
| Lengte van die kortste sy | a | .................... | .................... | .................... |
| Lengte van middelste sy | b | .................... | .................... | .................... |
| Lengte van die langste sy | c | .................... | .................... | .................... |
| Kwadraat van lengte van kortste sy | a 2 | .................... | .................... | .................... |
| Kwadraat van lengte van middelste sy | b 2 | .................... | .................... | .................... |
| Som van die boonste twee kwadrate | a2 + b2 | .................... | .................... | .................... |
| Kwadraat van lengte van langste sy | c 2 | .................... | .................... | .................... |
1.2 Daar behoort iets aan te gaan met die waardes in die gemerkte blokkies. In die groep, skryf neer presies wat julle waarneem en (as julle kan) wat die rede is.
![]() |
Uitknipwerk:
2.1 Kan ’n mens die drie gegewe vierhoeke ook gebruik om ’n driehoek te vorm?
3. Som die uitslag van hierdie ondersoek netjies op.
einde van ONDERSOEK
Die Stelling van Pythagoras lui:
Die belangrikheid van die Stelling van Pythagoras is dat ons dit op twee maniere gebruik: Eerstens, as ons weet dat ’n driehoek reghoekig is, dan kan ons iets belangriks sê oor die lengtes van die sye. Tweedens, as ons weet dat die drie sye van ’n driehoek die gegewe verband met mekaar het, dan moet die driehoek reghoekig wees.
KLASWERK
1. Ons benoem driehoeke soos volg:
![]() |
![]() |
ONTHOU om altyd ’n liniaal te gebruik vir mooi sketse!
2. Probleem: Driehoek AEH het ’n regte hoek by H.AH = 6 cm en EH = 8 cm.Maak ’n skets (nie akkuraat nie) van die driehoek engebruik die Stelling van Pythagoras om die lengte vansy AE te bereken.
Oplossing: Omdat ons weet dat die driehoek ’nregte hoek het, mag ons sê dat AE2 = AH2 + EH2 (of: h2 = e2 + a2 )
![]() |
Substitusie:AH2 + EH2 = (6)2 + (8)2 = 36 + 64 = 100 cm2 As, dus, AE2 = 100 cm2 , dan is AE 10 cm.
2.1 Bereken die derde sy van die volgende driehoeke:
2.1.1 ΔDEF met D ’n regte hoek en e = 5 mm en f = 12 mm
2.1.2 ΔXYZ met Y ’n regte hoek en x = 3 cm en y = 5 cm.
3. Probleem: Wat is die lengte van die kortste sy (b) van die reghoekige driehoek ABC as die ander twee sye 6 cm en 9 cm is? C is die regte hoek.
Oplossing: In ’n reghoekige driehoek is die langste sy altyd die skuissy, naamlik die sy oorkant die regte hoek. Ons moet dus die Stelling van Pythagoras in sy ander vorm gebruik.
b2 = c2 – a2 (let op waar b2 is, en dat ons aftrek)
b2 = (9)2 – (6)2 = 81 – 36 = 45 cm2 Sakrekenaar tyd!
b2 = 45. Gebruik die
3.1.1 Bereken die skuissy van ’n driehoek met die lengtes van die ander twee sye albei gelyk aan 9 cm. (Benoem die driehoek self.)
3.1.2 ΔPQR is reghoeking en gelykbenig. Bereken die lengte van PR, as die skuinssy 13,5 cm is.
4. Probleem: Is ΔGHK reghoekig as GK = 24 cm, GH = 26 cm en HK = 10 cm is?
Oplossing: In hierdie probleem weet ons wat al drie die sylengtes is. As ons wil weet of dit ’n reghoekige driehoek is, moet ons bevestig dat (skuinssy)2 = (een sy)2 + (ander sy)2 .
Die skuinssy is altyd die langste. Ons gebruik ’n spesifieke metode as ons ’n antwoord moet bevestig. Ons werk die linkerkant van die vergelyking en die regterkant apart uit. So:
4.1 Is die driehoeke met die volgende sylengtes reghoekig? Watter hoek is die regte hoek?
4.1.1 a = 30 mm, b = 40 mm en c = 50 mm.
4.1.2 p = 8 cm, q = 13 cm en r = 15 cm.
4.1.3 MN = 15,56 cm, en NP = MP = 11 cm.
einde van KLASWERK
HUISWERKOPDRAG
1. Bereken die derde sy van die volgende driehoeke:
1.1 ΔABC met C = 90° en b = 5 mm en c = 13 mm
1.2 ΔMNO met O die regte hoek en m = 6 cm en n = 8 cm.
2. Vind uit of die volgende driehoeke reghoekig is, en watter hoek 90° is.
2.1 a = 9 mm, b = 11 mm en c 13 cm
2.2 XZ = 85 mm, XY = 13 mm en YX = 86 mm.
einde van HUISWERKOPDRAG
Die verband tussen wortels en eksponente
KLASWERK
1. Agt van die vergelykings in hierdie lys moet in die tweede ry van die tabel onder die vergelyking in die boonste ry wat die beste pas, ingevul word.
| Eksponentvorm |
|
|
|
|
|
|
|
|
| Wortelvorm | ........... | .......... | ............ | ............. | ............ | ............... | ............. | .................... |
2. Hoe om wortelvorme te vereenvoudig. Voorbeeld:
Let op dat ons dit net kan doen as ons faktore in die wortel het; m.a.w. ons kan dit nie doen as ons ’n somuitdrukking het nie.
2.1
einde van KLASWERK
VERRYKINGSOPDRAG
1. Soos jy gesien het, het die meeste reghoekige driehoeke nie sye met natuurlike getalle as lengtes nie. Daardie reghoekige driehoeke wat wel natuurlike getalle as sylengtes het, is egter baie interessant. Die bekende (3 ; 4 ; 5)-driehoek is een van hulle. Ons noem hierdie groepe van drie getalle Drietalle van Pythagoras.
1.1 Neem groepe van drie getalle uit die volgende lys en probeer om al die drietalle van Pythagoras te kry.
3 ; 4 ; 5 ; 12 ; 13 ; 35 ; 36 ; 37 ; 77 ; 84 ; 85
einde van VERRYKINGSOPDRAG
Daar is baie verskillende maniere om die Stelling van Pythagoras te bewys.
| LU 4 |
| MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, -instrumente en formules in ’n verskeidenheid kontekste te gebruik. |
| Ons weet dit as die leerder: |
| 4.1 verhoudings en koersprobleme wat tyd, afstand en spoed behels, oplos; |
| 4.2 probleme oplos – insluitende probleme in kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van menseregte, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingsake te bevorder – wat bekende meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid meetkontekste behels, deur die volgende te doen: |
| 4.2.1 meet noukeurig en kies meetinstrumente wat geskik vir die probleem is; |
| 4.2.2 skat en bereken noukeurig; |
| 4.2.3 kies en gebruik geskikte formules en meeteenhede; |
| 4.3 die ontwikkeling van meetinstrumente en konvensies deur die geskiedenis heen in verskillende kulture beskryf en illustreer; |
| 4.4 die stelling van Pythagoras gebruik om probleme op te los wat ontbrekende lengtes in bekende meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe behels. |
TOETS
Waar toepaslik, gee antwoorde benaderd tot 1 desimale plek.
1. Skryf die Stelling van Pythagoras volledig in woorde neer.
2. Bereken die skuinssy van ΔABC as hoek A ‘n regte hoek is en b = 15 mm en c = 20 mm.
3. ΔPQR het ‘n regte hoek by R. PR = QR. Bereken die lengte van sye PR en QR as QP = 15 cm.
4. Is ΔDEF reghoekig as DF = 16 cm, DE = 14 cm en EF = 12 cm?
5. Watter soort driehoek is ΔXYZ as YZ = 24 cm, XY = 10 cm en XZ = 26 cm? Gee volledige redes.
Memorandum
1. In ‘n reghoekige driehoek is die kwadraat van die skuinssy se lengte gelyk aan die som van die kwadrate van die lengtes van die ander twee sye.
2. Skuinssy = a. a2 = 152 + 202 = 225 + 400 = 625 a = 25 Skuinssy is 25 mm
3. PR2 + QR2 = QP2 2(PR)2 = 152 2(PR)2 = 225 PR2 = 112,5 PR ≈ 10,6 cm
4. LK = 162 = 256
RK = 142 + 122 = 196 + 144 = 340
LK ≠ RK, dus is ΔDEF nie reghoekig nie.
5 LK = 262 = 676
RK = 242 + 102 = 576 + 100 = 676
LK = RK, dus is ΔXYZ reghoekig met hoek Y ‘n regte hoek.
6 Skryf die volgende wortelvorme in eenvoudigste vorm:
6.1
6.2
6.3
Memoranda
ONDERSOEK
2.1 Hier is die baie bekende “bewys” van die Stelling van Pythagoras. Hierdie werk word weer aangespreek waar gelykvormigheid behandel word.
KLASWERK
Dit is baie belangrik dat leerders die gewoonte ontwikkel om realistiese sketse te maak.
2.1.1 EF = dd2 = 122 + 52 = 144 + 25 = 169 = 132d = 13
2.1.2 XY = 4
3.1.1 skuinssy2 = 81 + 81 = 162 skuinssy ≈ 12,73 cm
3.1.2 PR2 + RQ2 = 2 (PR)2 – gelykbenig 2(PR)2 = 13,52PR ≈ 9,55 cm
4. Om dat GH die langste sy is, moet dit dus die skuinssy wees – dus is K ‘n regte hoek.
4.1.1 LK = c2 = 502 = 2 500 mm2
RK = a2 + b2 = 302 + 402 = 2500 mm2
LK = RK dus is driehoek reghoekig; C is die regte hoek.
4.1.2 LK = 225 cm2RK = 64 + 169 = 233 cm2
LK ≠ RK dus is driehoek nie reghoekig nie.
4.1.3 LK = 242,11 cm2RK = 121 + 121 = 242 cm2
LK ≠ RK maar hulle is amper gelyk; hoek P is baie naby aan 90°.
HUISWERKOPDRAG
1.1 a = 12 mm
1.2 o = 10 cm
2.1 Nee
2.2 Baie naby – hoek Z ≈ 90°
KLASWERK
Memorandum
1
| c |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2.1
2.2
2.3 4(a+b)
VERRYKINGSOPDRAG