Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 9 » Hoe lank is 'n stukkie tou?

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Hoe lank is 'n stukkie tou?

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

WISKUNDE

Graad 9

GETALLE

Module 4

HOE LANK IS ‘N STUKKIE TOU?

KLASWERK

1. Werk in ’n groep en beantwoord die volgende vrae:

1.1 Hoeveel meter is ’n duisend millimeter?

1.2 In watter eenhede word die volgende hoeveelhede die beste aangedui? Party is moeilik, en julle sal moet naslaanwerk doen en die antwoord later verbeter.

1.2.1 Jou lengte.

1.2.2 Die afstand tussen ons eie son en die naaste ster.

1.2.3 Hoe lank dit neem om van Kaapstad na Kaïro te stap.

1.2.4 Die hoeveelheid melk wat jy in ’n jaar drink.

1.2.5 Die hoeveelheid vitamine C wat ’n mens daagliks behoort in te neem.

1.2.6 Die koors van ’n pasiënt in ’n hospitaal in New York.

1.2.7 Die oppervlakte van Groenland.

1.2.8 Die spoed van ’n motor wat op die oop pad ry.

1.2.9 Die hoeveelheid hout wat ’n skrynwerker op een slag bestel.

1.2.10 Die totale hoeveelheid geld wat die regering deur belasting ontvang.

einde van KLASWERK

PROJEK

Die verloop van tyd

  • Ons gebruik horlosies om die verloop van tyd aan te dui.
  • Doen die volgende opdragte as ’n projek. Moenie plagiaat pleeg nie.

1. Verduidelik die verskil tussen analoë en digitale horlosies.

2. Maak ’n lys van al die horlosies wat in jou huis gebruik word, en sê of hulle analoog of digitaal is.

3. Soek ten minste een ander metode wat gebruik word om tyd te meet of tyd aan te dui – een wat nie algemeen in Westerse kulture voorkom nie. Dit kan iets uit die antieke tyd wees, of iets wat in ander lande voorkom. Probeer veral om iets na te vors oor tydmeting in Afrika. Verduidelik mooi hoe dit werk.

  • Die projek moet ingehandig word op: ..................................................

einde van PROJEK

HUISWERKOPDRAG

1. Voltooi enige onvoltooide gedeeltes van die klasopdrag hierbo.

2. Met watter instrumente word die volgende metings gedoen?

2.1 Jou lengte.

2.2 ’n Pasgebore baba se massa.

2.3 Die hoeveelheid melk wat by ’n dis gevoeg word as deel van die resep.

2.4 Die verf wat gebruik word om die buitekant van ’n huis te verf.

2.5 Die humiditeit in die lug.

2.6 Die spoed waarteen ’n motor beweeg.

2.7 Ons het ’n baie ingewikkelde manier om skrikkeljare te bereken. Vind uit:

2.7.1 Hoekom ons skrikkeljare nodig het, en

2.7.2 Watter jare skrikkeljare is.

einde van HUISWERKOPDRAG

Aansluiting by die wêreld – OPDRAG

  • Kies een van hierdie twee vrae.

1. Jy het so pas op jou ouma se ou resepteboek afgekom. Daar is ’n paar resepte wat jy onthou, en jy wil hulle ook probeer. Ongelukkig bevat dit outydse eenhede wat moeite is om elke keer om te skakel. Besluit hoe jy ’n hulpmiddel soos ’n tabel of ’n grafiek of ’n formule kan maak om jou werk te bespoedig elke keer as jy een van Ouma se resepte probeer. Die eenhede wat dikwels voorkom is: die temperatuur van die oond wat in °F aangegee word; die massamate in onse en ponde en die vloeistofmates in pinte.

2. Jou pa het so pas ’n tweedehandse motor vir jou gekoop – maar dit is uit Amerika ingevoer en al die instrumentasie is in eenhede wat vir jou onbekend is en dus nie sin maak nie. Besluit hoe jy ’n hulpmiddel soos ’n tabel of ’n grafiek of ’n formule kan maak om beter te kan verstaan presies wat myle, gellings, myl per gelling (petrolverbruik) en myl per uur (spoed) in ons eie eenhede beteken.

einde van OPDRAG

Daar is al verskeie pogings aangewend om die Westerse kalender, met maande van verskillende lengtes, te verander. Dis egter nie so eenvoudig nie, omdat daar nie ’n heeltallige aantal dae in ’n jaar is nie (daarom het ons ’n eienaardige skrikkejaarstelsel nodig). Sou dit nie goed werk as al die maande dieselfde aantal dae het nie? Of as die jaar in vier ewe groot kwartale verdeel word nie? Baie mense het al probeer om sake te verander, maar ongelukkig het al hierdie slim pogings gefaal, omdat die ou stelsel alreeds so diep ingeburger is. Indien jy meer wil lees hieroor, kan jy gerus onder “calender” in die Encyclopaedia Brittanica soek. Daar is oorvloedige materiaal oor hoe verskillende beskawings se kalenders werk. Probeer iets uitvind van die “World Calender”.

KLASWERK

  • As jy begin met ’n lynstuk met lengte x cm, kan ’n vierkant gevorm word met vier van hierdie lyne. Deur ses sulke vierkante te gebruik, kan ’n kubus gevorm word.

1. Skryf neer wat die formules is vir die berekening van (a) die oppervlakte van ’n vierkant en (b) die volume van ’n kubus. Gebruik x as die veranderlike.

2. Voltooi nou die volgende tabel.

Table 1
Lengte van lynstuk Oppervlakte van vierkant Volume van kubus
x x 2 x 3
7 cm ................................ .........................
7,1 cm ................................ .........................
6,9 cm ................................ .........................
3 cm ................................ .........................
3,3 cm ................................ .........................
2,7 cm ................................ .........................

3. Sê nou jy het ’n kubus wat elkeen in die klas moet meet. Al die kubus se sylengtes is veronderstel om 7 cm te wees, maar nie al jou maats meet ewe akkuraat nie. Elkeen gebruik nou sy eie mates om die volume van die kubus te bereken. Sal dié wat 1 mm méér as 7 cm gemeet het, ’n groter fout maak met die volume as dié wat 1 mm mínder as 7 cm gemeet het?

  1. Nou het julle ’n vierkant wat elkeen moet meet. Die vierkant se sye is veronderstel om almal 3 cm te wees, maar jou maats se metings verskil weer. Elkeen gebruik nou sy eie mates om die oppervlakte van die vierkant te bereken. Sal dié wat 3 mm méér as 3 cm gemeet het, ’n groter fout maak met die oppervlakte as dié wat 3 mm mínder as 3 cm gemeet het?

DIE GESIG WAT ’n DUISEND SKEPE TE WATER GELAAT HET

  • Vraag: Wat word gemeet in millihelenas?
  • Antwoord: Dit is die hoeveelheid skoonheid wat nodig is om een boot te water te laat.
  • Agtergrond: In die Griekse geskiedenis, ongeveer drieduisend jaar gelede, is Helena van Troje ontvoer. Sy was egter so mooi dat haar landgenote met een duisend skepe uitgevaar het om haar te gaan haal. Onlangs het ’n wetenskaplike grapjas, na aanleiding van hierdie verhaal, een Helena gedefinieer as die hoeveelheid skoonheid wat benodig word om ’n duisend skepe te laat seil.

Assessering

Table 2
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
Getalle, Bewerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Ons weet dit as die leerder:
1.1 die historiese ontwikkeling van getallestelsels in ’n verskeidenheid historiese en kulturele kontekste (insluitend plaaslik) kan beskryf en illustreer;
1.2 rasionale getalle (insluitend baie klein getalle in wetenskaplike notasie) herken, gebruik en kan voorstel en gemaklik tussen ekwivalente vorms in geskikte kontekste kan beweeg;
1.3 probleme in konteks kan oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om bewustheid by leerders te onwikkel van ander leerareas sowel as van menseregte, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies soos:
1.3.1 finansiële kontekste (insluitend wins en verlies, begrotings, rekeninge, lenings, enkelvoudige en saamgestelde rente, huurkoop, wisselkoers, kommissie, verhuring en die bankwese);
1.3.2 metings in die konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie;
1.4 probleme oor verhouding, koers en eweredigheid (direkte en omgekeerde) oplos;
1.5 skat en bereken deur geskikte bewerkings vir probleme te kies en te gebruik en die redelikheid van resultate te beoordeel (insluitend meetprobleme wat rasionale benaderings van irrasionale getalle behels).
LU 4
MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, -instrumente en formules in ’n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Ons weet dit as die leerder:
4.1 verhoudings en koersprobleme wat tyd, afstand en spoed behels, oplos;
4.2 probleme oplos – insluitende probleme in kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van menseregte, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingsake te bevorder – wat bekende meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid meetkontekste behels, deur die volgende te doen:
4.2.1 meet noukeurig en kies meetinstrumente wat geskik vir die probleem is;
4.2.2 skat en bereken noukeurig;
4.2.3 kies en gebruik geskikte formules en meeteenhede.

Memorandum

KLASWERK

1.1 Een

1.2.1 cm of m

1.2.2 ligjare

1.2.3 maande

1.2.4 liters

1.2.5 milligram

1.2.6 grade Fahrenheit

1.2.7 km2 of hektaar

1.2.8 kilometer per uur

1.2.9 m3

1.2.10 Rand of miljoene of biljoene rande

PROJEK

Probeer om oorspronklikheid aan te moedig.

HUISWERKOPDRAG

2.1 maatliniaal of maatband

2.2 skaal

2.3 milliliters

2.4 liters

2.5 higrometer

2.6 spoedmeter

OPDRAG

  • Aanvaar enige redelik bruikbare antwoorde. Hierdie oefening kan weer bekyk word wanneer die leerders grafieke, formules en tabelle goed verstaan. Dan behoort die meeste ‘n goeie poging te kan aanwend.

KLASWERK

  • Hierdie oefening is bedoel om die gevolge van onakkurate berekenings te illustreer. As daar tyd is, kan die leerders ‘n fotokopie van ‘n vierkant gegee word om te meet. Hulle kan dan ‘n soortgelyke tabel voltooi en die antwoorde vergelyk.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks