Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 9
KLASWERK
1. Werk in ’n groep en beantwoord die volgende vrae:
1.1 Hoeveel meter is ’n duisend millimeter?
1.2 In watter eenhede word die volgende hoeveelhede die beste aangedui? Party is moeilik, en julle sal moet naslaanwerk doen en die antwoord later verbeter.
1.2.1 Jou lengte.
1.2.2 Die afstand tussen ons eie son en die naaste ster.
1.2.3 Hoe lank dit neem om van Kaapstad na Kaïro te stap.
1.2.4 Die hoeveelheid melk wat jy in ’n jaar drink.
1.2.5 Die hoeveelheid vitamine C wat ’n mens daagliks behoort in te neem.
1.2.6 Die koors van ’n pasiënt in ’n hospitaal in New York.
1.2.7 Die oppervlakte van Groenland.
1.2.8 Die spoed van ’n motor wat op die oop pad ry.
1.2.9 Die hoeveelheid hout wat ’n skrynwerker op een slag bestel.
1.2.10 Die totale hoeveelheid geld wat die regering deur belasting ontvang.
einde van KLASWERK
PROJEK
Die verloop van tyd
1. Verduidelik die verskil tussen analoë en digitale horlosies.
2. Maak ’n lys van al die horlosies wat in jou huis gebruik word, en sê of hulle analoog of digitaal is.
3. Soek ten minste een ander metode wat gebruik word om tyd te meet of tyd aan te dui – een wat nie algemeen in Westerse kulture voorkom nie. Dit kan iets uit die antieke tyd wees, of iets wat in ander lande voorkom. Probeer veral om iets na te vors oor tydmeting in Afrika. Verduidelik mooi hoe dit werk.
einde van PROJEK
HUISWERKOPDRAG
1. Voltooi enige onvoltooide gedeeltes van die klasopdrag hierbo.
2. Met watter instrumente word die volgende metings gedoen?
2.1 Jou lengte.
2.2 ’n Pasgebore baba se massa.
2.3 Die hoeveelheid melk wat by ’n dis gevoeg word as deel van die resep.
2.4 Die verf wat gebruik word om die buitekant van ’n huis te verf.
2.5 Die humiditeit in die lug.
2.6 Die spoed waarteen ’n motor beweeg.
2.7 Ons het ’n baie ingewikkelde manier om skrikkeljare te bereken. Vind uit:
2.7.1 Hoekom ons skrikkeljare nodig het, en
2.7.2 Watter jare skrikkeljare is.
einde van HUISWERKOPDRAG
Aansluiting by die wêreld – OPDRAG
1. Jy het so pas op jou ouma se ou resepteboek afgekom. Daar is ’n paar resepte wat jy onthou, en jy wil hulle ook probeer. Ongelukkig bevat dit outydse eenhede wat moeite is om elke keer om te skakel. Besluit hoe jy ’n hulpmiddel soos ’n tabel of ’n grafiek of ’n formule kan maak om jou werk te bespoedig elke keer as jy een van Ouma se resepte probeer. Die eenhede wat dikwels voorkom is: die temperatuur van die oond wat in °F aangegee word; die massamate in onse en ponde en die vloeistofmates in pinte.
2. Jou pa het so pas ’n tweedehandse motor vir jou gekoop – maar dit is uit Amerika ingevoer en al die instrumentasie is in eenhede wat vir jou onbekend is en dus nie sin maak nie. Besluit hoe jy ’n hulpmiddel soos ’n tabel of ’n grafiek of ’n formule kan maak om beter te kan verstaan presies wat myle, gellings, myl per gelling (petrolverbruik) en myl per uur (spoed) in ons eie eenhede beteken.
einde van OPDRAG
Daar is al verskeie pogings aangewend om die Westerse kalender, met maande van verskillende lengtes, te verander. Dis egter nie so eenvoudig nie, omdat daar nie ’n heeltallige aantal dae in ’n jaar is nie (daarom het ons ’n eienaardige skrikkejaarstelsel nodig). Sou dit nie goed werk as al die maande dieselfde aantal dae het nie? Of as die jaar in vier ewe groot kwartale verdeel word nie? Baie mense het al probeer om sake te verander, maar ongelukkig het al hierdie slim pogings gefaal, omdat die ou stelsel alreeds so diep ingeburger is. Indien jy meer wil lees hieroor, kan jy gerus onder “calender” in die Encyclopaedia Brittanica soek. Daar is oorvloedige materiaal oor hoe verskillende beskawings se kalenders werk. Probeer iets uitvind van die “World Calender”.
KLASWERK
1. Skryf neer wat die formules is vir die berekening van (a) die oppervlakte van ’n vierkant en (b) die volume van ’n kubus. Gebruik x as die veranderlike.
2. Voltooi nou die volgende tabel.
| Lengte van lynstuk | Oppervlakte van vierkant | Volume van kubus |
| x | x 2 | x 3 |
| 7 cm | ................................ | ......................... |
| 7,1 cm | ................................ | ......................... |
| 6,9 cm | ................................ | ......................... |
| 3 cm | ................................ | ......................... |
| 3,3 cm | ................................ | ......................... |
| 2,7 cm | ................................ | ......................... |
3. Sê nou jy het ’n kubus wat elkeen in die klas moet meet. Al die kubus se sylengtes is veronderstel om 7 cm te wees, maar nie al jou maats meet ewe akkuraat nie. Elkeen gebruik nou sy eie mates om die volume van die kubus te bereken. Sal dié wat 1 mm méér as 7 cm gemeet het, ’n groter fout maak met die volume as dié wat 1 mm mínder as 7 cm gemeet het?
DIE GESIG WAT ’n DUISEND SKEPE TE WATER GELAAT HET
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Getalle, Bewerkings en VerwantskappeDie leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Ons weet dit as die leerder: |
| 1.1 die historiese ontwikkeling van getallestelsels in ’n verskeidenheid historiese en kulturele kontekste (insluitend plaaslik) kan beskryf en illustreer; |
| 1.2 rasionale getalle (insluitend baie klein getalle in wetenskaplike notasie) herken, gebruik en kan voorstel en gemaklik tussen ekwivalente vorms in geskikte kontekste kan beweeg; |
| 1.3 probleme in konteks kan oplos, insluitend kontekste wat gebruik kan word om bewustheid by leerders te onwikkel van ander leerareas sowel as van menseregte, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies soos: |
| 1.3.1 finansiële kontekste (insluitend wins en verlies, begrotings, rekeninge, lenings, enkelvoudige en saamgestelde rente, huurkoop, wisselkoers, kommissie, verhuring en die bankwese); |
| 1.3.2 metings in die konteks van Natuurwetenskappe en Tegnologie; |
| 1.4 probleme oor verhouding, koers en eweredigheid (direkte en omgekeerde) oplos; |
| 1.5 skat en bereken deur geskikte bewerkings vir probleme te kies en te gebruik en die redelikheid van resultate te beoordeel (insluitend meetprobleme wat rasionale benaderings van irrasionale getalle behels). |
| LU 4 |
| MetingDie leerder is in staat om gepaste meeteenhede, -instrumente en formules in ’n verskeidenheid kontekste te gebruik. |
| Ons weet dit as die leerder: |
| 4.1 verhoudings en koersprobleme wat tyd, afstand en spoed behels, oplos; |
| 4.2 probleme oplos – insluitende probleme in kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van menseregte, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingsake te bevorder – wat bekende meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid meetkontekste behels, deur die volgende te doen: |
| 4.2.1 meet noukeurig en kies meetinstrumente wat geskik vir die probleem is; |
| 4.2.2 skat en bereken noukeurig; |
| 4.2.3 kies en gebruik geskikte formules en meeteenhede. |
KLASWERK
1.1 Een
1.2.1 cm of m
1.2.2 ligjare
1.2.3 maande
1.2.4 liters
1.2.5 milligram
1.2.6 grade Fahrenheit
1.2.7 km2 of hektaar
1.2.8 kilometer per uur
1.2.9 m3
1.2.10 Rand of miljoene of biljoene rande
PROJEK
Probeer om oorspronklikheid aan te moedig.
HUISWERKOPDRAG
2.1 maatliniaal of maatband
2.2 skaal
2.3 milliliters
2.4 liters
2.5 higrometer
2.6 spoedmeter
OPDRAG
KLASWERK