Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 9
Aktiwiteit 1
Om die struktuur van sommige regte prismas te verstaan
[LU 3.3, 3.4]
A. Bou houers
Daar sal aan jou ‘n vel papier met vorms gegee word. Jy benodig ‘n liniaal waarmee jy kan meet, ‘n skêr en gom of kleefband. Kleurpotlode sal ook help. Doen die volgende:
Byvoorbeeld, vir die laaste figuur sou dit so lyk:
Totale oppervlakte = klein reghoek + klein reghoek + groot reghoek
= (l × b) + (l × b) + (l × b)
ensovoorts . . . (Onthou om altyd geskikte eenhede te gebruik.)
B. Regte prismas
![]() |
C. Formules
TBO = 2 × basisoppervlakte + sy-oppervlakte en V = basisoppervlakte × prismahoogte
Die volgende voorbeelde is belangrik. Dit is die vier houers wat jy uitgesny en gevou het. Let op dat elke afdeling van die berekening apart gedoen word en dan uiteindelik in die formule ingestel word.
TBO = 2 basisoppervlakte + sy-oppervlakte = (2 × s2) + (H × basisomtrek)
![]() |
s = 28mm
Stap 1: Bepaal waar die basis is en skets dit saam met die afmetings.
Stap 2: Bereken die basisoppervlakte.
Basisoppervlakte = s2 = 282 = 784 mm2
Stap 3: Bereken die basisomtrek.
Basisomtrek = 4 × s = 112mm
Stap 4: Skryf die prismahoogte neer
H = 52mm
Stap 5: Bereken die TBO en V.
V = 784 × 52 = 40 768 mm3 ≈ 40,7 cm3
TBO = (2 × 784) + (52 × 112) = 7 392 mm2 ≈ 73,9 cm2
![]() |
1 = 41mm; b = 14mm
Stap 1: Bepaal waar die basis is en skets dit saam met die afmetings.
Stap 2: Bereken die basisoppervlakte.
Basisoppervlakte = l × b = 41 × 14 = 574 mm2
Stap 3: Bereken die basisomtrek.
Basisomtrek = 2 (14 + 41) = 110mm
Stap 4: Skryf die prismahoogte neer
H = 54mm
Stap 5: Bereken die TBO en V.
V = 574 × 54 = 30 996 mm3 ≈ 31 cm3
TBO = (2 × 574) + (54 × 110) = 7 088 mm2 ≈ 70,1 cm2
TBO = 2 basisoppervlakte + sy-oppervlakte = 2 (π r2) + (H × basisomtrek)
![]() |
r = 17,5mm
Stap 1: Bepaal waar die basis is en skets dit saam met die afmetings.
Stap 2: Bereken die basisoppervlakte.
Basisoppervlakte = π r2 = 3,14159 × (17,5)2 ≈ 962,1mm2
Stap 3: Bereken die basisomtrek.
Basisomtrek = 2 π r = 109,956mm
Stap 4: Skryf die prismahoogte neer
H = 60,5mm
Stap 5: Bereken die TBO en V.
V = 962,1 × 60,5 ≈ 58 207,8 mm3 ≈ 58 cm3
TBO = (2 × 962,1) + (60.5 × 109,956) ≈ 8 576,55 mm2 ≈ 85,8 cm2
TBO = 2 basisoppervlakte + sy-oppervlakte = 2 (½ × b × h) + (H × basisomtrek)
b = 43,5mm; h = 31,5mm skuinssy = 53,7mm (Pyth.)
Stap 1: Bepaal waar die basis is en skets dit saam met die afmetings.
Stap 2: Bereken die basisoppervlakte.
Basisoppervlakte = ½ b × h = 685,125 ≈ 685,1mm2
Stap 3: Bereken die basisomtrek.
Basisomtrek = b + h + skuinssy ≈ 128,7mm
Stap 4: Skryf die prismahoogte neer
H = 60,5mm
Stap 5: Bereken die TBO en V.
V = 685,1 × 60,5 ≈ 41 450,1 mm3 ≈ 41 cm3
TBO = (2 × 685,1) + (60.5 × 128,7) ≈ 9 157,06 mm2 ≈ 91,6 cm2
Oefening:
Bereken die totale buite-oppervlakte en die volume van die volgende drie prismas.
![]() |
Opdrag om in pare te doen:
Aktiwiteit 2
Om vertroud te raak met verskeie twee- en driedimensionele figure
[LU 3.1, 3.5]
A. Tweedimensionele figure
Dit is figure wat op ‘n vel papier geteken kan word. Hulle is dus plat figure. Daar is natuurlik ontelbaar baie sulke figure.
Veelhoeke (poligone) is geslote figure met drie of meer reguit sye. As al die sye ewe lank is en al die binnehoeke ewe groot, praat ons van reëlmatige veelhoeke. Driehoeke is driesydige veelhoeke, en ‘n gelyksydige driehoek is ‘n reëlmatige driesydige veelhoek. ‘n Vierkant is ‘n reëlmatige viersydige veelhoek. Pentagone (vyfhoeke) het vyf sye, heksagone het ses sye en heptagone het sewe. Maak ‘n lys van al hierdie spesiale name wat jy kan opspoor.
Hier is ‘n klompie geslote plat figure; kleur hulle in, en skryf die naam van elk op die vorm.
![]() |
B. Ondersoek
Kies vier veelhoeke uit die boonste oefening; almal reëlmatig, maar met verskillende aantal sye. Meet nou die binnehoeke van elk. Probeer uitvind of daar dalk ‘n formule bepaal kan word wat kan voorspel hoe groot die hoeke is, en wat die som van die hoeke sal wees.
Die volgende tabel sal help. Soos jy kan aflei, is daar oneindig veel poligone.
| Aantal sye | a = binnehoek-grootte | b = 360 – a | c = b – 180 | Totaal van a | Totaal van c |
| Drie | 3×a = | 3×c = | |||
| Vier | 4×a = | 4×c = | |||
| Vyf | 5×a = | 5×c = | |||
| Ses | 6×a = | 6×c = | |||
| Sewe | 7×a = | 7×c = | |||
| Twaalf | 12×a = | 12×c = |
C. Driedimensionele geslote figure.
D. Projek
Vors die vyf Platoniese ruimtefigure na om hulle name en eienskappe op te spoor, asook ander interessante feite en verhale oor hulle. Maak ‘n aantreklike plakkaat of modelle van die figure wat die feite van elk aantoon. Hieronder is diagramme van die figure.
![]() |
| LU 3 |
| Ruimte en Vorm (Meetkunde)Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel. |
| Ons weet dit as die leerder: |
| 3.1 meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe in natuurlike en kulturele vorms en meetkundige agtergrond herken, visualiseer en benoem, insluitend: |
| 3.1.1 reëlmatige en onreëlmatige veelhoeke en veelvlakke; |
| 3.1.2 sfere; |
| 3.1.3 silinders; |
| 3.2 die onderlinge verwantskappe van meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe se eienskappe met bewyse in kontekste, insluitend dié wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van sosiale, kulturele en omgewingsake te bevorder beskryf, insluitend:3.2.1 kongruensie en reguitlynmeetkunde; |
| 3.3 die meetkunde van reguitlyne en driehoeke gebruik om probleme op te los en verwantskappe in meetkundige figure te bewys; |
| 3.4 meetkundige figure teken en/of konstrueer en modelle maak van driedimensionele voorwerpe om die eienskappe daarvan en van modelsituasies in die omgewing te ondersoek en vergelyk; |
| 3.5 transformasies, kongruensie en gelykvormigheid gebruik om die eienskappe van meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe te ondersoek (alleen en/of as ‘n lid van ‘n span of groep), insluitend toetse vir die gelykvormigheid en kongruensie van driehoeke. |
Bespreking
Oefening: Oplossings:
Reghoekige prisma: TBO = 412 cm2 Vol = 480 cm3
Driehoekige prisma: TBO = 307,71 cm2 Vol = 360 cm3
Silinder: TBO = 402,12 cm2 Vol = 603,19 cm3
Ouma se Konfyt: Kastrol: Vol = 8 595,40 cm2
11 Vierkantige bottels: Vol = 8 096 cm2
11 Reghoekige bottels: Vol =8 633,63 cm2
As ouma al die konfyt wil inkry moet sy die reghoekige botteltjies gebruik!
![]() |
3 = driehoek; 4 = vierhoek; 5 = vyfhoek; 6 = seshoek; 7 = sewehoek; 8 = agthoek; * = nie veelhoek
| Aantal sye | a = binnehoekgrootte | b = 360° – a | c = b – 180° | Totaal van a | Totaal van c |
| Drie | 60° | 300° | 120° | 3×a = 180° | 3×c = 360° |
| Vier | 90° | 270° | 90° | 4×a = 360° | 4×c = 360° |
| Vyf | 108° | 252° | 72° | 5×a = 540° | 5×c = 360° |
| Ses | 120° | 240° | 60° | 6×a = 720° | 6×c = 360° |
| Sewe | 308,57° | 51,43° | –128,57° | 7×a = 2160° | 7×c = –360° |
| Twaalf | 330° | 30° | –150° | 12×a = 3960° | 12×c = –360° |
Die
TOETS 1
1. Verduidelik hoe om ‘n regte prisma te herken.
2. Verduidelik hoe om die basis van ‘n regte prisma te bepaal.
3. Bereken die totale buiteoppervlakte en volume van elk van die volgende drie prismas. Gee jou antwoord akkuraat tot twee desimale plekke.
![]() |
Memorandum
1. Belangrike punte in verduideliking: driedimensioneel; bokant en onderkant kongruente plat- vlakke; sye reghoekig tot basis.
2. Enige redelike verduideliking, bv. as die gekose basis onder is, pas dit die beskrywing van ‘n regte prisma.
3. Reghoekige regte prisma: TBO = 1 939,68 cm2 Volume = 5 769,72 cm3
Driehoekige regte prisma: TBO = 1 507,74 mm2 Volume = 2 312 mm3
Silinder: TBO = 8 022,37 m2 Volume = 41 593,67 m3