Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 9
AKTIWITEIT 1
Om die vergelyking van ’n reguitlyn-grafiek vanuit ’n diagram te bepaal
[LU 2.5]
![]() |
Dis maklik om c te bepaal, aangesien dit dié waarde (positief of negatief) is waar die lyn die y-as sny. Substitueer hierdie waarde (dis –1) vir c.
Nou is die vergelyking y = mх – 1. Om die gradiënt (die waarde van m) te bepaal, konstrueer ons die reghoekige driehoek tussen twee geskikte punte op die lyn, waar die grafiek presies deur twee hoekpunte van die grafiekpapier gaan.
|
|
2 Wat van horisontale en vertikale lyne? Hulle is die maklikste!
Die antwoorde is:y = 1 en y = –1,5 is die horisontale lyne, en х = –1 en х = –2,5 is die twee vertikale lyne.
![]() |
4 Het jy opgelet dat die gradiënte (m) van lyne G en H dieselfde is? Waarom?
AKTIWITEIT 2
Om die gradiënt van ’n reguit lyn vanuit twee gegewe punte te bereken
[LU 2.5]
1 Op blokkiespapier, stip die twee punte (3 ; –1) en (4 ; 2), en trek die lyn. Gebruik nou die grafiese metode om die gradiënt te bereken, en bevestig dat jy dieselfde antwoord kry as met die algebraïese metode.
2 Hier is vyf paar koördinate. Bereken die vyf gradiënte tussen elke paar punte.
2.1 (2 ; 6) en (4 ; 4)
2.2 (1 ; 2) en (–2 ; –1)
2.3 (0 ; 0) en (1 ; 5)
2.4 (–1 ; 4) en (5 ; 4)
2.5 (7 ; 0) en (7 ; –3)
AKTIWITEIT 3
Om twee gelyktydige vergelykings grafies op te los
[LU 2.5]
1 Los die volgende stelsels vergelykings gelyktydig op (verwys gerus terug na die hoofstuk waar jy geleer het om dit te doen).
1.1 y = ½х + 2 en y = 3
1.2 y= х en y = –3
1.3 y = х – 2 en y = –3
1.4 y = –х + 4 en y = 0
1.5 y= ½х – 2 en y= 0
2 Verwys na die diagramme in die vorige oefening en skryf die koördinate neer van die punte waar die volgende pare lyne mekaar sny:
2.1 A en C 2.2 E en G 2.3 E en H 2.4 J en L 2.5 K en J
3 Bekyk hierdie antwoorde tesame met die vergelykings van die lyne A tot L wat jy reeds in probleem 3 bepaal het .
Dus, х + 8(0) = 4 х + 0 = 4 х = 4
Die oplossing is (4 ; 0). As dit met die grafiek vergelyk word, sien ons dat die twee lyne I en J mekaar in die punt ( 4 ; 0 ) sny.
Bron:
New Scientist, 27 April 2002 vir Grafieke A en B.
| LU 2 |
| Patrone, Funksies en AlgebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel, en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 op verskillende maniere ‘n verskeidenheid numeriese en meetkundige patrone en verwantskappe ondersoek deur dit voor te stel en te veralgemeen, en deur die reëls onderliggend daaraan te verduidelik en te bewys (insluitend patrone in natuurlike en kulturele vorms, en patrone wat die leerder self geskep het); |
| 2.2 voorstellings maak van verwantskappe tussen veranderlikes en dit gebruik sodat invoer– en/of uitvoerwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word deur die gebruik van: |
| 2.2.1 woordelikse beskrywings;2.2.2 vloeidiagramme;2.2.3 tabelle;2.2.4 formules en vergelykings; |
| 2.3 wiskundige modelle saamstel wat oplossings vir probleemsituasies voorstel, beskryf en voorsien, en verantwoordelikheid toon teenoor die omgewing en die gesondheid van ander (insluitend probleme binne menseregte-, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingskontekste); |
| 2.4 vergelykings oplos deur inspeksie, deur ‘n proses van probeer–en–verbeter of algebraïese prosesse (optellings- en vermenigvuldigngsomgekeerdes, asook faktorisering) en die oplossings kontroleer deur vervanging; |
| 2.5 grafieke op die Cartesiese vlak teken vir gegewe vergelykings (met twee veranderlikes), of die vergelykings of formules bepaal van gegewe grafieke, deur, waar nodig, van tabelle gebruik te maak; |
2.1 m = –1; c = 1 y = –x + 1 2.2 m = –1,5; c = –1,5 y = –1½x – 1½
2.3 m =
2.5 m = –1; c = 0 y = –x 2.6 m =
2.7 m =
3. A: y = 3 B: y = –½ x C: y = ½x + 2 D: x = –1
E: y = –3 F: x = 2 G: y = x H: y = x – 2
I: y = –¼ x + ½ J: y = 0 K: y = ½ x – 2 L: y = –½ x + 4
4. Die lyne is parallel. Op hierdie stadium, afhanklik van die klas, sou die opvoeder kon praat oor m1 = m2 (parallel), en m1 × m2 = –1 (loodreg).
Gradiënte bereken uit twee punte
2.1
2.2
2.3
2.4
2.5
Leerders verwar dikwels die betekenis van die nul in die teller en die nul in die noemer. Beklemtoon gerus dat ons eerste die nul in die noemer moet soek. Dit beteken dat
As daar tyd is, laat leerders die lyne hierbo skets en sodoende bevestig dat hul antwoorde redelik is.
1.1 (2 ; 3)
1.2 (–3 ; –3)
1.3 (–1 ; –3)
1.4 (4 ; 0)
1.5 (4 ; 0)
2.1 (2 ; 3)
2.2 (–3 ; –3)
2.3 (–1 ; –3)
2.4 (4 ; 0)
2.5 (4 ; 0)