Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 9
Hoe word hierdie probleem gedoen?
Jamie se pa is vier keer so oud as Jamie. Sy pa is 40; hoe oud is Jamie?
a) Miskien moet ons baie hard dink en ‘n paar raaiskote waag, soos: As Jamie 1 is, is sy pa 4. Nie reg nie. Wat van 2 jaar oud? Ensovoorts.
b) Maak ‘n tabel en voltooi die spasies. Help dit?
| Ouderdom | 1 | 2 | 3 | 4 | ||
| Ouderdom х 4 | 4 | 8 | 12 | 28 | 40 |
c) Teken ‘n vloeidiagram. Help dit?
![]() |
Jamie se pa is vier keer so oud as Jamie. Sy pa is 40; hoe oud is Jamie?
‘n Probleem vir jou: Leon het 48 albasters. Amy het slegs ‘n derde soveel as Leon; hoeveel het sy? Gebruik die vorige metode.
Sit jou antwoord op hierdie manier uiteen:
Wat stel die veranderlike voor?.
Let op dat die eerste stap en laaste stap in woorde is, en die middelste stappe, algebra.
Oefening:
Vind die antwoorde op die volgende probleme:
1. Mnr. Jacobs het R295,45 in sy sak. Mev. Jacobs het R55,30 minder as haar man in haar handsak. Wat is die bedrag in haar handsak?
2. Ek dink aan ‘n getal. Ek vermenigvuldig dit met 7 en deel die antwoord deur 3. Die resultaat is 49. Wat is die getal waaraan ek gedink het? Onthou om jou antwoord te kontroleer.
3. In Amerika koop Joanie ‘n item wat $5,75 kos. Sy bereken dat dit R41,69 is as sy dollars na rande omskakel. Wat is die dollar–rand wisselkoers wat sy gebruik het?
1. As ek die prys van die CD wat ek gekoop het, verdriedubbel en dan R90 by die antwoord tel, kom ek uit by die prys van die R495 draagbare CD-speler wat ek dieselfde tyd gekoop het. Hoeveel het ek vir die CD betaal? Hoeveel geld het ek altesaam uitgegee?
Gestel x is die CD se prys.
x × 3 + 90 = 495 Vertaal woorde in algebra
3x + 90 = 495 Vereenvoudig
3x = 495 – 90 Trek 90 af van beide kante van die =
3x = 405 Vereenvoudig
x = 405 3 Deel deur 3 aan beide kante van die =
x = 135 Vereenvoudig
Die CD het R135 gekos.
Ek het R135 + R495 = R630 uitgegee.
2. Mev. Williams is ‘n toesighouer in ‘n fabriek. Devon Jones is so pas aangestel as ‘n toesighouer teen ‘n weeklikse loon van R900. Sy verstaan dat as R535 van haar weeklikse loon afgetrek word, die oorblywende deel presies die hefte van Devon s’n is. Mev. Williams is bekommerd dat sy nie soveel verdien as die onervare jong man nie. Het sy rede tot kommer? Wenk: Gestel yis Mev. Williams se loon.
3. ‘n Sekere getal is 6 groter as ‘n ander getal. Die som van die twee getalle is 28. Wat is die getal?
(‘n Getal) + (die getal – 6) = 28
Gestel x is die getal; dan is die ander getal x – 6
x + (x –6) = 28 Vertaal in algebra
x + x – 6 = 28 Verwyder hakies
2 – 6 = 28 Vereenvoudig
2x = 28 + 6 Tel 6 by aan elke kant
2x = 34 Vereenvoudig
x = 34 2 Deel elke term deur 2
x = 17 Vereenvoudig
Die getal is 17
Bevestig jou antwoord!
4. Alan en sy suster loop elke oggend reguit skool toe. Elke middag loop Alan weer reguit huis toe, maar sy suster loop altyd by haar vriendin se huis verby op pad huis toe; hierdie roete is twee keer so lank as Alan se roete. Tesame is die oggend- en aandroetes 1½ kilometer. Hoe ver is hulle huis van die skool af?
Dit is belangrik om die probleem om te skakel na algebra, maar dit is ook belangrik om die algebra te kan gebruik om die vergelyking op te los en sodoende die vraag te beantwoord. Dit word nou hier aangespreek. Dit is die stappe wat ons hierbo gevolg het:
Ons gebruik hier al die vaardighede wat ons geleer het by vereenvoudiging van uitdrukkings.
Oefen hierdie vaardighede by die oplos van hierdie vergelykings:
5. (a) 5х = 35 (b) 4х= 22 (c) 3х – 90 = 0 (d) ½ х = 21
6 (a) 5х + 15 = 35 (b) 8 + 4х = 22 (c) 3х – 90 = –60 (d) ½ х + 3 = 15
7 (a) 5х+ 15 = 2х (b) 8 + 4х = 22 – 2х (c) 3х – 90 = х (d) ½ х + 3 = 4 – ½ х
8 (a) 5(х + 1) = 20 (b) 8 + 4(х – 1) = 0 (c) х(х + 3) = х2 + 6 (d) ½ (4х+ 6) = 1
9 (a) 2(х + 1) = х + 2 (b) 2(х + 3) = 2х + 6 (c) 3 – 2х = –2(1 + х)
Laat ons ‘n paar van hierdie oplossings ontleed.
Hier is sommige antwoorde:
8 (a) х= 3
(b) х = –1
(c) х = 2
(d) х = –1
9. (a) х = 0 Dit is ook ‘n aanvaarbare antwoord.
(b) 2х+ 6 = 2х + 6
2х– 2х = 6 – 6
0 = 0
(c) 3 – 2х = –2 – 2х
–2х+ 2х = –2 – 3
0 = –5
Van nou af moet jy jou oë oophou vir hierdie spesiale gevalle (jy sal hulle nie veel sien nie) en ‘n geskikte antwoord gee
Dis hoe: Ons kyk weer na vraag 8 hierbo.
(a) 5(х + 1) = 20 gee die oplossing: х = 3
Begin met die oorspronklike vergelyking.
Kontroleer die linkerkant (LK) en regterkant (RK) apart.
Substitueer die oplossing vir х en vereenvoudig:
LK = 5(х + 1) = 5[(3) + 1] = 5(3 + 1) = 5(4) = 20
Soos gewoonlik by substitusie is hakies baie handig.
RK = 20
Omdat die RK en die LK gelyk is, weet ons die oplossing is korrek.
(b) 8 + 4(х – 1) = 0 Veronderstel ons antwoord was х = 2. Toets die antwoord:
LK = 8 + 4(х – 1) = 8 + 4[(2) – 1] = 8 + 4(2 – 1) = 8 + 4(1) = 8 + 4 = 12
RK = 0
Omdat LK ≠ RK weet ons dat 2 nie ‘n oplossing vir die vergelyking is nie.
Natuurlik is die regte antwoord: х = –1. Gaan dit na:
LK = 8 + 4(х – 1) = 8 + 4[(–1) – 1] = 8 + 4(–1 – 1) = 8 + 4(–2) = 8 – 8 = 0
LK = RK, en ons het bevestig dat х = –1 die korrekte oplossing is.
(c) х(х + 3) = х2 + 6 oplossing: х = 2
LK = х(х + 3) = (2)((2) + 3) = 2(2 + 3) = 2(5) = 10
RK = х2 + 6 = (2)2 + 6 = 4 + 6 = 10
LK = RK, dus is х = 2 die korrekte oplossing.
(d) ½ (4х + 6) = 1 oplossing: х= –1
LK = ½ (4х + 6) = ½ (4(–1) + 6) = ½ (–4 + 6) = ½ (2) = 1
RK = 1
LK = RK, dus is х = –1 die korrekte oplossing.
Gaan nou terug na 5, 6 en 7 en kontroleer jou oplossing op dieselfde manier.
As ons terug gaan na die spesiale gevalle in 9, kan ons hulle ook kontroleer:
(a) 2(х + 1) = х+ 2 gee die oplossing: х = 0
LK = 2(х + 1) = 2((0) + 1) = 2(0 + 1) = 2(1) = 2
RK = х + 2 = (0) + 2 = 2
LK = RK, dus is х = 0 die korrekte oplossing.
(b) 2(х + 3) = 2х + 6 Enige getal is ‘n oplossing! Toets bv. 5; of enige ander getal.
LK = 2(х + 3) = 2((5) + 3) = 2(5 + 3) = 2(8) = 16
RK = 2х + 6 = 2(5) + 6 = 10 + 6 = 16
LK = RK as х = 5. Inderdaad, LK sal gelyk wees aan RK vir enige waarde.
(c) 3 – 2х= –2(1 + х) Daar is geen oplossing nie; probeer 12. Jy kan ander getalle probeer.
LK = 3 – 2х = 3 – 2(12) = 3 – 24 = – 21
RK = –2(1 + х) = –2(1 + (12)) = –2(1 + 12) = –2(13) = –26
LK ≠ RK en hulle sal ongelyk wees vir enige getal.
![]() |
1. Die lyn in diagram 1 het definisie-vergelyking y = 2.
Vraag: Lê die punt (1 ; 1) op die lyn?
Antwoord: Ons kan die antwoord grafies (deur die grafiek te bekyk) oplos. Dis duidelik dat die punt nie op die lyn lê nie, en dus is die antwoord nee.
Ons kan die antwoord algebraïes oplos, soos volg: Substitueer die punt (1 ; 1) vir (х;y) in die vergelyking. Doen LK en RK apart soos voorheen.
LK: y = (1) = 2 RK: 2 LK ≠ RK – die punt (1 ; 1) lê nie op y = 2 nie.
Vraag: Lê die punt (–2 ; 2) op die lyn?
Grafies: Ja.
Algebraïes: LK: y = (2) = 2 RK: 2 LK = RK; Ja.
Vraag: Lê die punt (1½ ; 2) op die lyn? Bepaal die antwoord beide grafies en algebraïes.
2. Die lyn in diagram 2 word gedefinieer deur die vergelyking y = 2х – 1.
Vrae: Lê die punt (0 ; 0) op die lyn?
Lê die punt (1 ; 1) op y = 2х – 1?
Lê die punt (1½ ; 2) op die lyn?
3. In diagram 3 is dieselfde twee lyne saam op een stel asse getrek.
Bepaal grafies: Watter punt lê op beide lyne? Die antwoorde op vrae 1 en 2 hierbo sal help.
Dit is ooglopend uit diagram 3 dat die enigste punt op beide lyne (1½ ; 2) is.
Die vergelyking y = 2 gee y die waarde 2. Substitueer nou hierdie waarde in y = 2х– 1.
As ons dan die vergelyking oplos, kry ons die waarde van х. So:
Substitueer: (2) = 2х – 1 en los op vir х:
2 = 2х – 1 х-terme na links
–2х + 2 = –1 konstante terme na regs
–2х = –2 – 1 vereenvoudig
–2х= –3 deel beide kante deur –2
х = –3 –2 vereenvoudig
х = 1½
Dit toon die punt waar die lyne mekaar sny: (х ; y) = (1½ ; 2).
Probleme:
1 Los algebraïes op vir a en b: 2a – 3b = 0 en a= 6
2 Waar sny die lyne y = –х + 5 en y = –1? Bepaal die antwoord algebraïes.
3 Lê die punt (3 ; 4) op beide lyn y = 4 en lyn y= –х + 1? Doen algebraïes.
4 Sny die lyne y= –2 en y = 2? Bepaal die antwoord algebraïes.
Probleme en sommige antwoorde.
1 Ek dink aan ‘n getal waarvan die kwadraat 100 is. Wat is die getal?
Die getal kan 10 wees, want 102 = 100. Maar is –10 nie ook ‘n korrekte antwoord nie?
Ja, hierdie probleem het twee geldige antwoorde!
Maak ‘n vergelyking uit hierdie stelling: Gestel die getal is х.
х2 = 100
х2 = 102 of х2 = (–10)2 Die hakies is noodsaaklik – sien jy dit?
х = 10 of х = –10 Beide antwoorde is geldig.
2 Ek dink aan ‘n negatiewe getal waarvan die kwadraat 25 is. Wat is dit?
Laat die getal y wees
y2 = 25
y2 = (5)2 of y2 = (–5)2
y = 5 of y = –5 is die twee oplossings verskaf deur die vergelyking.
Die probleemstelling bevestig egter dat y= –5 die enigste geldige antwoord is.
3 Vind daardie getal wat ‘n derdemag van 27 het.
Laat die getal х wees
х3 = 27 х3 = 33 х = 3.
Hoekom kan х nie –3 wees nie?
4 Die derdemag van ‘n sekere getal is –8. Wat is die getal?
5 Los op vir х, en bevestig jou antwoord met die LK/RK metode:
a) х2 = 64
b) х2 = 36
c) х2 = –100
d) х2 – 49 = 0
e) х2 = 12,25
f) 3х2 = 12
g) 2х2 – 10,58 = 0
6 Los op vir a en kontroleer jou antwoord:
a) a3 = 64
b) a3 + 1 = 0
c) 2a2 = 16
d) a4 = 81