Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 9
Vir wie is statistieke nou eintlik belangrik?
AKTIWITEIT 4.1
Om te besef dat ons inligting moet insamel om algemene vrae te kan beantwoord
LU 5.1]
Dis dikwels noodsaaklik om inligting oor mense te hê. Byvoorbeeld, as die regering moet besluit hoeveel nuwe skole waar gebou moet word, moet hulle weet hoeveel kinders daar in elke streek van die land woon, veral kinders wat nog nie skoolgaan nie. Dieselfde geld vir besluite oor nuwe klinieke, hospitale, ensovoorts.
Mense wat ’n nuwe produk wil bemark, wil graag weet hoeveel mense sou belangstel om die produk te koop. Om ’n antwoord te kry, moet hulle vrae vra en statistieke bekom.
Statistici is die professionele mense wat hierdie werk doen. Hulle sien toe dat die inligting wat ingesamel word, die beste moontlik is (ons sal later meer hieroor leer). Dan bestudeer en bewerk hulle die data sodat betroubare besluite daarop gebaseer kan word.
Die regering hou ’n sensus op ’n gereelde grondslag om inligting oor die land se bevolking te bekom. Dan word heelwat ekstra mense in diens geneem om die besonderhede van elke persoon in die land in te samel. Dit neem dan nog ’n paar jaar om al die inligting te organiseer en te publiseer. Die inligting word dan vrygestel vir gebruik deur diegene wat beplanning op grond van betroubare syfers moet doen.
Die grondslag van die statistiek is syfers, en dié word verkry deur vrae. Kom ons doen gou ’n bietjie navorsing.
Belangrik: Hou al die inligting waaraan ons werk in hierdie deel – ons gaan dit later weer gebruik. Soos jy meer leer van statistiek, sal jy meer inligting uit die data kan aflei.
| Aantal mense | Besit selfoon | Selfoon al gesteel | Selfoon al verloor | |
| Leerder | ||||
| Klas |
2 Werk drie of vier saam in groepies om die volgende tabel te voltooi. Elkeen skryf neer aan watter twee sportsoorte hy/sy besonder graag sou wou deelneem. Dit hoef nie skoolsport te wees nie. Vir elke sport vul jy in of jy dit alreeds speel, of jy in ’n span speel en of jy dit nie kan speel nie weens ’n gebrek aan fasiliteite en toerusting of omdat daar nie ’n afrigter is nie.
![]() |
3 Hier is nog ’n paar van die soort vrae waarmee statistici hulle besig hou:
3.1 Hoe verteenwoordigend is die leerders in ’n skool van die bevolking van die streek waar die skool geleë is?
3.2 Wat is die houding van mense wat in ’n sekere area woon jeens die verklaring van ’n deel van die area as ’n natuurbewaringsomgewing?
3.3 Hoeveel mense in ’n sekere provinsie is HIV-positief?
3.4 Hoe vergelyk die gevangenisbevolking van twee gegewe provinsies?
3.5 Suid-Afrika het heelwat vrouens in die parlement. Hoe vergelyk dit met ander demokratiese lande?
3.6 Hoe lyk die verspreiding van rykdom in die wêreld – m.a.w. watter breuk van die wêreldbevolking besit, sê, die helfte van die wêreldrykdom?
AKTIWITEIT 2
Om verskeie metodes van data-insameling te verken
[LU 2.2, 5.2]
Dit was maklik om inligting te bekom in ons navorsing oor die selfone en sport-deelname. Maar partykeer moet ’n mens effens harder werk.
1 As iets getel moet word (byvoorbeeld, die aantal linkshandiges in die skool), is die maklikste om ’n tabel met merkies te maak.
| Ouderdom | <1 | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | >13 |
| Susters | //// /// | //// / | //// //// | //// //// | /// | //// // | //// //// | //// | //// / | // | //// / | //// | //// //// | //// // | //// //// |
| Broers | //// / | /// | //// //// | //// // | // | //// | //// //// | //// | //// / | //// /// | //// / | //// // | //// | //// // | //// / |
| Totaal susters | 8 | 6 | 10 | 9 | 3 | 7 | 9 | 4 | 6 | 2 | 6 | 5 | 9 | 7 | 10 |
| Totaal broers | 6 | 3 | 9 | 7 | 2 | 4 | 9 | 5 | 6 | 8 | 6 | 7 | 4 | 7 | 6 |
| Ouderdom | <1 | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | >24 |
| Susters | ||||||||||||||||||||||||||
| Broers | ||||||||||||||||||||||||||
| Totaal susters | ||||||||||||||||||||||||||
| Totaal broers |
2 Vraelyste word gebruik vir die insameling van inligting wat te kompleks is vir merkies en frekwensietabelle.
3 Eksperimente is nog ’n manier om inligting te bekom.
4 Dis nie altyd nodig om mense te vra vir inligting nie; baie vrae kan beantwoord word deur net self ’n bietjie navorsing te doen. Byvoorbeeld:
4.1 Is die Engelse storieboeke in die biblioteek langer as die storieboeke in ander tale? Om hierdie vraag te beantwoord, kyk jy na die laaste bladsy van elke boek, en maak ’n paar somme.
4.2 As jy ’n storie vir ’n tydskrif wil skryf, hoe lank moet die storie wees? Kyk na verskeie uitgawes van die betrokke tydskrif en tel die woorde in hulle kortverhale. As jy dan die gemiddelde lengte van hulle kortverhale kan bereken (jy sal later meer hiervan leer), dan weet jy hoe lank joune moet wees.
5 Hoe gewild is jou gunsteling-akteurs? Tik hul name in op ’n internet-soekprogram en tel hoeveel “hits” (artikels met die naam in) jy kry.
6 Jy kan ’n eksperiment saam met jou klasmaats doen. Lees die beskrywing hieronder en beplan versigtig hoe om dit uit te voer, wie wat gaan doen en hoe jy die resultate gaan aanteken. As alles beplan is, gaan voort met die eksperiment.
EKSPERIMENT
AKTIWITEIT 3
Om die geldigheid van die inligtingsinsamelingsproses te ondersoek
[LU 5.2]
| LU 2 |
| Patrone, Funksies en AlgebraDie leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel, en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 op verskillende maniere ‘n verskeidenheid numeriese en meetkundige patrone en verwantskappe ondersoek deur dit voor te stel en te veralgemeen, en deur die reëls onderliggend daaraan te verduidelik en te bewys (insluitend patrone in natuurlike en kulturele vorms, en patrone wat die leerder self geskep het); |
| 2.2 voorstellings maak van verwantskappe tussen veranderlikes en dit gebruik sodat invoer– en/of uitvoerwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word deur die gebruik van: |
| 2.2.1 woordelikse beskrywings;2.2.2 vloeidiagramme;2.2.3 tabelle;2.2.4 formules en vergelykings; |
| 2.3 wiskundige modelle saamstel wat oplossings vir probleemsituasies voorstel, beskryf en voorsien, en verantwoordelikheid toon teenoor die omgewing en die gesondheid van ander (insluitend probleme binne menseregte-, sosiale, ekonomiese, kulturele en omgewingskontekste); |
| 2.4 vergelykings oplos deur inspeksie, deur ‘n proses van probeer–en–verbeter of algebraïese prosesse (optellings- en vermenigvuldigngsomgekeerdes, asook faktorisering) en die oplossings kontroleer deur vervanging; |
| 2.5 grafieke op die Cartesiese vlak teken vir gegewe vergelykings (met twee veranderlikes), of die vergelykings of formules bepaal van gegewe grafieke, deur, waar nodig, van tabelle gebruik te maak; |
| 2.6 die ekwivalensie van verskillende beskrywings van dieselfde verwantskap of reël bepaal, ontleed en interpreteer, wat soos volg voorgestel word: |
2.6.1 woordeliks;2.6.2 in vloeidiagramme;2.6.3 in tabelle;2.6.4 deur vergelykings of uitdrukkings;
|
| LU 5 |
| DatahanteringDie leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.1 vrae stel oor menseregte-, sosiale, politieke, omgewings– en ekonomiese sake in Suid–Afrika; |