Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 1
INLEIDING
Die Graad 1-opvoeder moet vasstel of die leerders ‘n preprimêre klas bygewoon het. Vir dié wat nie in ‘n preprimêre klas was nie, is dit nodig om Modules 1 en 2 aan te pas om meer aktiwiteite in te sluit ten einde die woordeskat en konsepte in hierdie modules te versterk. Vir dié wat wel in ‘n preprimêre klas was, sal Modules 1 en 2 as hersiening dien en sal aan die opvoeder ‘n duidelike beeld gee van hoeveel hulle weet.
TYDTOEWYSING
Daar is twee modules vir elke kwartaal. Dit kan egter gebeur dat vinnige werkers die modules in ‘n korter tyd sal voltooi as dié wat stadiger werk. Dit staan die opvoeder vry om die getalgebied uit te brei volgens die leerders se vermoë. Modules 1 - 7 is die minimum vereiste vir die stadige leerders.
Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Aktiwiteite handel oor vakansietyd. Dit bestaan uit die volgende:
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
| LU 1.8 |
![]() |
| LU 1.9 |
![]() |
| LU 2.1 | LU 2.3 |
Kaapstad 20°º
Vredendal 24°ºº
Bloemfontein 1 8°ºº
Durban 22°ºº
Stilbaai 1 5°ºº
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
sonnig sneeu
reën bewolk
| LU 1.4 |
![]() |
1. Spring 3 blokkies af.
2. Spring 4 blokkies regs.
3. Spring 4 blokkies af.
4. Spring 6 blokkies links.
5. Spring 2 blokkies op.
6. Spring 4 blokkies regs.
7. Spring 4 blokkies af.
8. Spring 1 blokkie links.
9. Spring 1 blokkie af.
10. Spring …… blokkies …… om in die dam te duik.
| LU 3.6 |
![]() |
| LU 4.5 |
![]() |
| LU 1.4 | LU 1.6 | LU 1.9 | LU 3.1 |
Leeruitkomste 1:GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en heelgetalle vergelyk tot minstens 2-syfergetalle;
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering met heelgetalle tot minstens 34 behels en verduidelik die antwoorde, wat reste kan insluit;
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat optelling en aftrekking van getalle tot minstens 10 behels;
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder tegnieke gebruik.
Leeruitkomste 2:PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige patrone kopieer en uitbrei deur fisiese voorwerpe en tekeninge te gebruik (bv. deur kleure en vorms te gebruik);
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eie patrone skep.
Leeruitkomste 3:RUIMTE EN VORM (MEETKUNDE): Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die klaskamer en in prente herken, identifiseer en benoem;
Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder rigtingaanwysings volg (alleen en/of as lid van ’n groep of span) om self binne die klaskamer te verplaas of te posisioneer of om driedimensionele voorwerpe in verhouding tot mekaar te posisioneer.
Leeruitkomste 4:METING: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder volgens nie-standaardmate skat, meet, vergelyk en orden driedimensionele voorwerpe.