Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 9
AKTIWITEIT 1
Om vierhoeke te vergelyk ten opsigte van ooreenkomste en verskille
[LU 3.4]
1. Vergelykings
Werk saam in klein groepies aan die volgende oefening. Vergelyk die pare vierhoeke wat hieronder aangegee word. Skryf neer in watter opsigte hulle eenders is en hoe hulle verskil. Probeer om te sê hoe om die een in die ander te verander – as jy dit kan doen, dan verstaan jy hul eienskappe werklik. As ‘n voorbeeld, kyk na die vraag aan die einde van deel 3 hierbo oor ewewydige sye.
Elke groep moet met ten minste een paar vierhoeke werk. As jy met ‘n vlieër werk, ondersoek beide soorte vlieërs.
As jy hierby nóg ‘n paar vierhoeke wil vergelyk, doen dit gerus!
1. Definisies
‘n Kort en akkurate beskrywing van ‘n vierhoek volgens hierdie eienskappe word ‘n definisie genoem. ‘n Definisie is ondubbelsinnig, sodat dit slegs op een vierhoek van toepassing is, en sodat ons dit kan gebruik om tussen soorte vierhoeke te onderskei.
Die definisies word in ‘n sekere orde aangegee, want die latere definisies verwys na vorige definisies om hulle korter en makliker verstaanbaar te maak. Daar bestaan meer as een stel definisies; hier volg een so ‘n stel.
AKTIWITEIT 2
Om informeel formules vir die oppervlaktes van vierhoeke te ontwikkel
[LU 3.4]
Bereken oppervlaktes van plat figure
![]() |
![]() |
Kies een van die driehoeke en bereken sy oppervlakte drie keer. Meet die lengtes met jou liniaal en gebruik elke slag ‘n ander basis/hoogte-paar vir jou berekening. Stem die antwoorde grootliks ooreen? Indien nie, meet weer versigtig en doen weer die som.
Die hoogtelyn lê gewoonlik binne die driehoek. Dit is die geval in vier van die ses driehoeke hierbo, maar in die geval van ‘n reghoekige driehoek is die hoogtelyn een van die sye, soos in die vierde driehoek. In die sesde driehoek is dit nodig om die hoogtelyn buite die driehoek te trek.
Opsommend:
As jy die oppervlakte-formule wil gebruik, moet jy ‘n basis en ‘n hoogte hê wat saam hoort en jy moet hulle lengte ken of kan bereken. In sommige van die probleme wat volg, sal jy dalk die oppervlakte van ‘n driehoek moet bereken as deel van die werk.
Kyk weer na die Stelling van Pythagoras; onthou dat dit net op reghoekige driehoeke van toepassing is – maar jy kan van nou af baie van hulle te wagte wees.
I
In ‘n reghoekige driehoek is die vierkant op die skuinssy gelyk aan die som van die vierkante op die ander twee sye.
As jy al vergeet het hoe om die stelling toe te pas, moet jy teruggaan na die oefeninge wat jy alreeds gedoen het om jou geheue te verfris.
![]() |
A = 2 × oppervlakte van 1 driehoek = 2 (½ × basis × hoogte) = 2 × ½ × s × s = s2 = sy kwadraat.
Jy weet dit sekerlik alreeds!
![]() |
A = eerste driehoek + tweede driehoek
= (½ × basis × hoogte) + (½ × basis × hoogte)
= (½ × b ×
= breedte maal lengte.
Dus: nog ‘n bekende formule.
![]() |
![]() |
A = driehoek1 + driehoek2 = ½ × Ps1 × h + ½ × Ps2 × h
= ½ h (Ps1 + Ps2) = half hoogte maal som van ewewydige sye.
(Het jy die faktorisering raakgesien?)
![]() |
![]() |
Oppervlakte = 2 identiese driehoeke
= 2( ½ × sl × h) = 2 × ½ × kl × ½ × kl
= sl × ½ × kl = ½ × sl × kl
= halflang hoeklyn maal kort hoeklyn.
Die vrae in die volgende oefening begin maklik, maar word moeiliker – moenie van die Stelling van Pythagoras vergeet wanneer jy met regte hoeke werk nie.
Bereken die oppervlaktes van die volgende vierhoeke:
1 Vierkant met sylengte 13 cm
2 Vierkant met hoeklyn 13 cm (gebruik eerstens Pythagoras)
3 Reghoek met lengte 5 cm en breedte 6,5 cm
4 Reghoek met lengte 12 cm en hoeklyn 13 cm (Pythagoras)
5 Parallelogram met hoogte 4 cm en basislengte 9 cm
6 Parallelogram met hoogte 2,3 cm en basislengte 7,2 cm
7 Ruit met sye 5 cm en hoogte 3,5 cm
8 Ruit met hoeklyne 11 cm en 12 cm
(Noem ‘n belangrike feit i.v.m. die hoeklyne van ruite.)
9 Trapesium met die twee ewewydig sye 18 cm en 23 cm wat 7,5 cm van mekaar is.
10 Vlieër met hoeklyne 25 cm en 17 cm
| LU 3 |
| Ruimte en Vorm (meetkunde)Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.2 die onderlinge verwantskappe van meetkundige figure en driedimensionele voorwerpe se eienskappe beskryf met bewyse in kontekste, insluitend dié wat gebruik kan word om ’n bewustheid van sosiale, kulturele en omgewingsake te bevorder, insluitend: |
| 3.2.2 transformasies; |
| 3.3 die meetkunde van reguitlyne en driehoeke gebruik om probleme op te los en verwantskappe in meetkundige figure te bewys;te beskryf, insluitend: |
| 3.4 meetkundige figure teken en/of konstrueer en modelle van driedimensionele voorwerpe maak om die eienskappe daarvan en van modelsituasies in die omgewing te ondersoek en te vergelyk. |
Oppervlakte–berekenings
Daar word eerstens aandag gegee aan driehoek-oppervlaktes omdat dit so ‘n belangrike rol speel in die oppervlaktes van meer komplekse vorms, soos vierhoeke. Dis ook ‘n goeie aansluitingspunt tussen die bekende en die onbekende. Belangrike voorafkennis is weer die Stelling van Pythagoras.
‘n Algemene probleem by oppervlakte-berekenings is dat die hoogte en basis nie ooreenstem nie. Aangesien dit later weer probleme kan skep, sal dit die moeite loon om nou seker te maak dat almal dit hier bemeester. Die oefening waar leerders gevra word om basisse en hoogtes te meet en driekeer die oppervlakte uit te werk, sal help om die beginsel vas te lê; veral as hulle sien dat verkeerde groepering verkeerde antwoorde gee.
Die memorisering van die formules is minder belangrik as die verstaan van die proses wat gevolg word om by die antwoord uit te kom. Hierdie vaardigheid word benodig by die algemene oplossing van meetkunde probleme.
Die oefening is eenvoudig en behels hoofsaaklik die substitusie van waardes in formules, en die noukeurige en akkurate bepaling van die antwoord.
1. 169 cm2 (maak altyd seker dat leerders die regte eenhede gebruik)
2. 84,5 cm2 (dis nie nodig om die sylengte te bereken nie)
3. 32,4 cm2 4 60 cm2
4. 36 cm2 6 16,56 cm2
5. 17,5 cm2
6. 66 cm2 (hoeklyne is loodreg; gebruik Pythagoras)
7. 153,75 cm2 10 212,5 cm2