Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 8
Die RSA topografiese kaarte word geteken aan die hand van graadvierkante.
Elke graadvierkant word aangedui deur ’n getal wat uit vier syfers bestaan. Hierdie syfers word saamgestel uit die waardes van die breedte- en lengtegrade by die kaart se noordwestelike hoek.
![]() |
Elke graadvierkant word dus in sestien 1:50 000 topografiese velle verdeel.
AKTIWITEIT 1
[LU 1.2]
1. Deur gebruik te maak van ’n voorstelling, dui die ligging van die volgende 1:50 000 topografiese kaartvelle aan.
2. Watter kaartvel lê direk noord van 2822 DA?
3. Watter kaartvel lê direk oos van 3528 BC? .
4. Watter kaartvel lê wes van 2822 DA? .
5. Watter kaartvel lê suid van 3528 BC?
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Aardrykskundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 ‘n verskeidenheid geografiese en omgewingsbronne identifiseer en selekteer wat relevant tot die navorsing is;1.2 inligting vanaf kaarte en atlasse, asook grafiese en statistiese bronne, interpreteer;1.3 afstandberekening doen op kaarte en dit vergelyk met werklike afstand;1.4 fisiese en mensgemaakte eienskappe op lugfoto’s en kaarte identifiseer. |
Aktiwiteit 1:
![]() |