Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 8
Skaal en afstandsberekening
1.1 Skaal
Skaal is die mate waarin ’n kaart kleiner is as die werklike aardoppervlakte. Julle het al vroeër geleer dat daar verskillende soorte skale is:
a) Die woordskaal druk die skaal in woorde uit, byvoorbeeld “Een sentimeter op die kaart verteenwoordig ’n halwe kilometer”.
b) Die breukskaal word as ’n verhouding of ’n breuk geskryf, byvoorbeeld 1:50 000 of
c) Die lynskaal is ’n lyn wat in sentimeter afgemerk is, wat die ooreenkomstige afstand op die grond in kilometer aandui.
![]() |
1.2 Die meet van afstand op ’n kaart
Daar gaan deurgaans van die topografiese kaartreeks gebruik gemaak word waar die skaal 1:50 000 is.
Gaan soos volg te werk om werklike afstand te bepaal:
Voorbeeld:
![]() |
|
|
| 10 cm × 50 000500 000 cm ÷ 100 000= 5 km | 10 cm × 50 000500 000 cm ÷ 100= 5 000 m |
Hoekom word daar met 100 000 en 100 gedeel?
![]() |
Jy kan dus ’n korter metode gebruik as jy onthou dat jou skaal van 1:50 000 dieselfde is as:
1 cm = 50 000 cm1 cm = 500 m (÷ 100)1 cm = 0,5 km (÷ 100 000)
Bereken dan die afstand soos volg:
10 cm × 0,5 10 cm × 500= 5 km = 500 m
![]() |
AKTIWITEIT 1
[LU 1.3]
1. Bereken die werklike afstand in meter as die afstand op ’n 1:50 000 topografiese kaart die volgende is:
a) 2,3 cm
b) 6,8 cm
c) 5,5 cm
2. Bereken die werklike afstand in kilometer as die afstand op ’n 1:50 000 topografiese kaart die volgende is:
a) 90,4 cm
b) 56,3 cm
c) 103,6 cm
| AssesseringLeeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| Aardrykskundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 ‘n verskeidenheid geografiese en omgewingsbronne identifiseer en selekteer wat relevant tot die navorsing is;1.2 inligting vanaf kaarte en atlasse, asook grafiese en statistiese bronne, interpreteer;1.3 afstandberekening doen op kaarte en dit vergelyk met werklike afstand;1.4 fisiese en mensgemaakte eienskappe op lugfoto’s en kaarte identifiseer. |
AKTIWITEIT 1:
1(a) 1150 m
1( b) 3400 m
1(c) 2750 m
2(a) 45,2 km
2(b) 28,25 km
2(c) 51,8 km