AKTIWITEIT 1:
Om die werking van ’n hidrouliese stelsel te beskryf
[LU 1.3, 2.3]
Pneumatiese en hidrouliese stelsels is sisteme wat beheer uitoefen sodat die inset-uitsetverhouding so verander dat take, met minder krag, vinniger verrig kan word.
![]() |
![]() |
Beskryf in jou eie woorde hoe ’n hidrouliese stelsel werk. Noem ook twee voorbeelde van hidrouliese stelsels wat algemeen gebruik word.
AKTIWITEIT 2:
Om die verspreiding van druk in ’n hidrouliese stelsel te ondersoek en te beskryf
[LU 1.3, 2.3]
![]() |
1. Druk die suier van silinder A, 2 cm in. Noteer jou waarneming van die afstandlewering by silinder B.
2. Druk die suier van silinder B, 2 cm in. Noteer jou waarneming van die afstandlewering by spuit A.
3. Is daar enige meganiese voordeel waargeneem?
4. Samevatting: Die verspreiding van druk in ’n hidrouliese stelsel.
AKTIWITEIT 3:
Om die werking van ’n pneumatiese stelsel te ondersoek en met dié van ’n hidrouliese stelsel te vergelyk
[LU 1.3, 2.3]
1. Watter ooreenkoms is daar tussen hidrouliese en pneumatiese stelsels?
2. Watter verskil is daar tussen die stelsels ten opsigte van die effektiewe voortplanting van die druk?
AKTIWITEIT 4:
Om die uitwerking van die deursnee van die suierskyf op afstand- en kraglewering te ondersoek en te bespreek
[LU 1.3, 2.3]
Jy benodig die volgende items vir hierdie ondersoek:
![]() |
1. Druk die suier van silinder A, 2 cm in. Noteer jou waarneming van die afstandlewering by silinder C.
2. Druk die suier van silinder C, 2 cm in. Noteer jou waarneming van die afstandlewering by spuit A.
3. Wat dink jy sal gebeur wanneer die hidrouliese stelsel met ’n pneumatiese stelsel vervang word?
4. Vervang die water met olie en noteer die verskil/ooreenkoms in die werking van die sisteem.
5. Verduidelik watter voordele die gebruik van olie bo water inhou.
6. Samevatting van die resultate van ondersoek:
AKTIWITEIT 5:
Om die verband tussen leweringsafstand, leweringskrag en deursnee van die silinder vir hidrouliese en pneumatiese stelsels, bestaande uit drie silinders, te ondersoek
[LU 1.3, 2.3]
Jy benodig die volgende items vir hierdie ondersoek:
![]() |
1. Druk die suier van spuit C, 2 cm in en dui die afstandlewering van spuite A en B aan.
2. Skryf jou gevolgtrekking neer.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| ondersoek:1.1 ’n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ’n gegewe lewensgetroue konteks identifiseer en verduidelik, en die konteks, aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat geraak word, ondersoek; |
| 1.2 ontleed bestaande produkte wat toepaslik vir ‘n geïdentifiseerde probleem, behoefte of geleentheid is, gebaseer op: |
| veiligheid; |
| geskiktheid vir doel; |
| koste; |
| vervaardigingsmetode; |
| 1.3 praktiese toetsprosedures ontwikkel en uitvoer om die gepastheid of geskiktheid vir die doel van toepaslike eienskappe van materiaal, elektriese of meganiese stelsels, strukture, prosesse of eindprodukte te bepaal of te vergelyk; |
| LU 2 |
| Tegnologiese Kennis en BegripDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| stelsels en beheer:2.3 deur praktiese analise, kennis en begrip van interaktiewe meganiese sisteme en subsisteme demonstreer en sulke sisteme en subsisteme met diagrammatiese sisteemdiagramme voorstel: |
| ratstelsels; |
| bandaangedrewe of katrolstelsels met meer as een stadium; |
| pneumatiese of hidroliese stelsels wat beperkers gebruik; |
| eenrigtingkleppe; |
| stelsels waar meganiese, elektriese, pneumatiese of hidroliese stelsels gekombineer word. |
AKTIWITEIT 1
AKTIWITEIT 2
1. afstandlewering van suier B is 2 cm
2. dieselfde
3. nee, die krag is met gelyke voordeel oorgedra (voordeel=1)
4. Die druk in silinder A word oorgedra na silinder B.
AKTIWITEIT 3
1. Die druk word van die silinder A na B voortgeplant.
2. Die vloeistof plant die druk beter voort as die lug en lewer ‘n groter weerstand.
AKTIWITEIT 4
1. 1 cm
2. 4 cm
3. k sal moeiliker voortgeplant word en die afstandlewering sal nie presies 1 en 4 cm onderskeidelik wees nie, want lug is saampersbaar
4. & 5. Sien samevatting
6. SAMEVATTING
AKTIWITEIT 5
1. 2 cm by A en B onderskeidelik
2. Die uitset by twee 10 ml spuite gevul met 5 ml water elk is dieselfde as die uitset by een 20 ml spuit gevul met 10 ml water. Die groter 20 ml suier kan twee 10ml suiers beheer, indien dit dubbel (2 x 10 ml) die hoeveelheid water bevat.
SAMEVATTING: AKTIWITEIT 1 – 5