Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Om 'n hidrouliese stelsel te bou

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseTech display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Technology (Gr. 7-9)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Tegnologie Graad 9"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseTech" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om 'n hidrouliese stelsel te bou

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 9

HIDROULIESE EN PNEUMATIESE STELSELS

Module 13

OM ’n HIDROULIESE STELSEL TE BOU

FOKUSTAAK1:

OM ’n HIDROULIESE STELSEL TE BOU

[LU 2.3 – 1.13]

  • Gebruik die werkstekening en bou ’n model van ’n hidrouliese stelsel wat aan ’n hefboom gekoppel is.

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

  • Jy benodig:
  • 1 x 10 mℓ-plastiekspuit
  • 1 x 20 mℓ-plastiekspuit
  • plastiekbuisie (lengte soos benodig)
  • lang spyker
  • geriffelde karton (onthou al die beginsels van versterking)
  • skêr, gom, maskeerband, kleeflint

PROJEK:

DIE TEGNOLOGIESE PROSES

[LU 1.1, 3.2]

  • Gebruik jou kennis van strukture en/of elektronika en/of meganismes en integreer dit met jou kennis en ondervinding van hidrouliese of pneumatiese stelsels om EEN van die volgende situasies op te los. Die probleem moet in terme van ’n TEGNOLOGIESE PROSES opgelos word en in ’n PORTEFEULJE voorgestel word.
  • Vir die PRAKTIESE WERK moet ’n prototipe, so goedkoop as moontlik, gebou word. Hierdie prototipe moet kan funksioneer.
  • Gebruik die assesseringsskale/matrikse om seker te maak of jy aan die vereistes van die proses voldoen.

Situasie I

Jou woonbuurt word geteister deur ’n brommerplaag. In verskeie koerantberigte is die mense van die omgewing gevra om die probleem hok te slaan deur die asblikke toe te hou. Dit is nie so maklik nie. Rondloperkatte wat gedurig die asblikke oopmaak, is een van die groot frustrasies. Die ander groot probleem is die verspreiding van kieme wat hand aan hand met die plaag gaan.

’n Inwoner het tot die slotsom gekom dat hy iets moet ontwerp wat hom in staat stel om die asblik oor ’n afstand oop te maak en wat hom waarsku wanneer die blik oop is.

Situasie II

In die kleedkamers vir gestremdes is die oopmaak van die deur altyd ’n groot probleem. Die gestremdes kan net ’n druk-aksie met hul hand, kierie of rolstoel se wiel uitvoer. Hierdie aksie moet hulle dan in staat stel om die deur oop te maak.

Situasie III

Die plak van posseëls kan baie tydrowend en vermoeiend wees wanneer dit op groot skaal gedoen word. ’n Toestel wat die posseël plak deur die druk van ’n knoppie en aandui dat dit suksesvol voltooi is, kan die probleem oplos.

Stappe van die Tegnologiese Proses wat gevolg moet word:

1. ONDERSOEK

1.1 ANALISE VAN ONTWERPVOORSTEL

  • Kern van die probleem
  • WAT sal ek doen?
  • WIE gaan dit gebruik?
  • WANNEER sal dit gebruik word?
  • WAAR sal dit gebruik word?
  • WAAROM sal dit gebruik word? [LU 1.1]

1.2 ONTWERPVOORSTEL

  • Ontwerp en maak……..wat, vir wie, waar, waarom en wanneer.

1.3 BEPERKINGS EN SPESIFIKASIES

  • Beperkings: Vereistes wat die keuse van die oplossing beperk.
  • Spesifikasies: Sluit beperkings in en word deur leerder self bepaal. Dit is ’n lys van faktore wat bepaal hoe die eindproduk gaan lyk en funksioneer.

2. ONTWIKKELING VAN IDEES

2.1 NAVORSING

  • Navorsing gaan oor die vaardigheid om data te versamel, data te noteer, data te analiseer en besluite volgens verwerkte data te neem.
  • Maak ’n lys van alle inligting wat jy benodig om jou idees te ontwikkel.
  • Hier is ’n paar voorstelle om jou te help.

STRUKTURE:

  • Materiale wat beskikbaar is.
  • Hoe kan die materiale versterk word?
  • Hoe word verskillende materiale gebruik?

ELEKTRONIKA

  • Watter funksies kan elektronies verrig word?
  • Watter elektroniese komponente word benodig?

MEGANIESE STELSELS

  • Watter meganiese voordeel word verlang en hoe kan jy dit skep?
  • Ondersoeke na die uitwerking van verskillende veranderlikes bv. ratverhoudings: voer ’n ondersoek uit met verskillende grootte ratte, ens. en bepaal die meganiese voordeel.

PNEUMATIESE EN HIDROULIESE STELSELS

  • Watter voor- en nadele hou elke stelsel in?
  • Hoe maklik is die stelsel kombineerbaar met die struktuur of elektroniese stelsel in gedagte?
  • Watter funksie gaan die hidrouliese of pneumatiese stelsel verrig?[LU 1.2, 1.3, 1.4]

2.2 ONTWIKKELING VAN DRIE IDEES

  • Ontwikkel drie idees wat ’n moontlike oplossing vir die probleem kan wees. Die idees moet kreatief wees en in die raamwerk van die situasie, beperkings en spesifikasies val.
  • Stel dit grafies voor. Alle notas en byskrifte moet voorsien word. ’n Skaal 3D- sketse en skaduering word vereis.[LU 1.5]

B

2.3 EVALUERING VAN IDEES

  • Evalueer bogenoemde drie idees deur terug te gaan na die situasie, beperkings en spesifikasies.
  • Gee aandag aan die manier waarop die data gehanteer word.
  • Doen dit in tabelvorm.

2.4 KEUSE EN MOTIVERING

  • Maak ’n ingeligte keuse en verskaf redes vir die keuse.
  • Skryf in paragrawe.[LU 1.6]

3. REALISEER

3.1 Teken ’n finale ontwerp van die gekose idee.

3.2 Teken ’n vloeidiagram om die volgorde waarin die finale idee gebou gaan word, aan te dui.

3.3 Voeg ’n tydskedule by bogenoemde.

3.4 Maak ’n lys van die materiaal en die gereedskap wat benodig word.

3.5 Bepaal die koste deur uit te vind hoeveel materiaal vir die model benodig word. Bepaal dan die prys van die materiaal en lê ’n beraming voor.

3.6 Teken baie duidelike werkstekeninge. Alle notas en byskrifte moet voorsien word. 3D-sketse en skaduering word vereis

3.7 Bou die prototype.

[LU 1.7, 1.8, 1.9, 1.10, 1.12]

4. EVALUERING

4.1 Bespreek breedvoerig die ontwerpprestasies van die prototipe.

4.2 Bespreek die tekortkominge van die prototype.

4.3 Doen aanbevelings vir die verbetering van die prototipe en ontwerp.

[LU 1.3]

5. WAARDES EN HOUDINGS

5.1 Bespreek die voordele wat so ’n toestel vir die gemeenskap inhou.

5.2 Bespreek die nadele wat so ’n toestel vir die omgewing inhou.(Dink aan besoedeling, ens.)

[LU 3.2]

Assessering

Tabel 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:1.1 ’n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ’n gegewe lewensgetroue konteks identifiseer en verduidelik, en die konteks, aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat geraak word, ondersoek;
1.2 ontleed bestaande produkte wat toepaslik vir ‘n geïdentifiseerde probleem, behoefte of geleentheid is, gebaseer op:
veiligheid;
geskiktheid vir doel;
koste;
vervaardigingsmetode;
1.3 praktiese toetsprosedures ontwikkel en uitvoer om die gepastheid of geskiktheid vir die doel van toepaslike eienskappe van materiaal, elektriese of meganiese stelsels, strukture, prosesse of eindprodukte te bepaal of te vergelyk;
1.4 ‘n verskeidenheid beskikbare soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
vind (gebruik bv. Biblioteeknaslaanstelsel, ‘n databasissoektog, indekse);
versamel (bv. Vraelyste, datainsamelingsvorms, versoeke vir inligting, ‘n inligtingsoektog, literatuuropnames);
vergelyk;
sorteer;
verifieer;
evalueer (bv. kruiskontrole tussen verskillende bronne of hulpbronne);
berg inligting (bv. liasseerstelsels, indekse);
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk of met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer;
1.6 produk- en ontwerpspesifikasies en beperkings vir ‘n oplossing vir ‘n geïdentifiseerde of gegewe probleem, behoefte of geleentheid met betrekking tot meeste van die ontwerp-kernwoorde, lys:
doel: funksie, wat die produk sal doen;
voorkoms en estetika: kleur, vorm, gevoel;
1.7 ’n reeks moontlike oplossings wat beduidend van mekaar verskil en duidelik met die ontwerpstelling en die spesifikasies en beperkinge verband hou, genereer;
1.8 moontlike oplossings wat op goed-beredeneerde argumente wat met die spesifikasies en persoonlike mening verband hou, kies en ‘n gekose idee met behulp van grafieke ontwikkel;
maak:1.9 ‘n plan vir die maak van ‘n produk ontwikkel wat die volgende insluit:
lyste hulpbronne en hulpmiddels;
formele tekeninge wat die nodige afmetings of hoeveelhede toon;
vervaardigingsvolgorde;
1.10 geskikte gereedskap en materiaal kies vir die maak van ontwerpte produkte met akkuraatheid en kontrole, deur te meet, te sny, te skei, te vorm, te heg of te kombineer, en die akkurate en doeltreffende afwerking van ‘n reeks materiale;
1.11 tydens die maak van ‘n produk, meet- en kontroleprosedures gebruik om kwaliteit en veranderinge te monitor, en ook ontwerpe aanpas in reaksie op praktiese probleme wat met die maak ervaar mag word;
1.12 kennis en begrip van veilige werkspraktyke en doeltreffende gebruik van materiale demonstreer;

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks