Inside Collection: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 9
AKTIWITEIT 1:
Om oorboeking van die hulpjoernale na die grootboek te doen
[LU 3.3]
Nadat die hulpjoernale se inskrywings voltooi is, word al die inligting in die hulpjoernale na die grootboek oorgedra. Dit staan bekend as oorboeking.
Die KOJ se kolomtotale word oorgeboek op die laaste dag van die maand en die diverse kolom se inskrywings word individueel op die datum van die inskrywing oorgeboek.
Kontantontvangste by ’n diensonderneming word soos volg van die KOJ oorgeboek:
1. Bankrekening – debiteer met die totale kontantontvangste (Bate vermeerder aan die debietkant).
2. Lopende Inkomsterekening – krediteer met die totaal van die maand (Eienaarsbelang vermeerder aan die kredietkant).
3. Kapitaalrekening – Krediteer met die kapitaalbedrag wat inbetaal is (Eienaarsbelang vermeerder aan die kredietkant).
In die besonderhede-kolom van die grootboek kom die naam van die ander rekeninge wat betrokke is.
By bankrekening – kapitaal en lopende inkomste (totale ontvangste)By kapitaalrekening – bankBy lopende inkomsterekening – Bank
OPDRAG1: Oorboeking van die KOJ by ’n diensonderneming
OPDRAG 2: Oorboeking van die KOJ by ’n handelsonderneming
1. Bankrekening – debiteer met die totale ontvangste van die maand (Bate vermeerder aan die debietkant)
2. Kapitaalrekening – krediteer met alle kapitaal wat inbetaal is gedurende die maand(Eienaarsbelang vermeerder aan die kredietkant)
3. Verkoperekening – krediteer met die maand se verkope(Eienaarsbelang vermeerder aan die kredietkant)
4. Koste van verkope – debiteer met bedrag vir die maand(Eienaarsbelang verminder aan die debietkant)
5. Handelsvoorraad – krediteer met kosprys van verkope se bedrag(Bate verminder aan kredietkant)
Bankrekening – Dubbelinskrywing is totale ontvangste
Kapitaal – Dubbelinskrywing is bankrekeningVerkope – Dubbelinskrywing is bankrekening
Koste van verkope – Dubbelinskrywing is handelsvoorraad
OPDRAG 3: Oorboeking van die KBJ
1. Bankrekening – krediteer met die totale betalings vir die maand(Bate verminder aan die kredietkant)
2. Bates wat aangekoop word vir kontant – debiteer elke bate afsonderlik met die betrokke bedrag(Bates vermeerder aan die debietkant)
3. Uitgawes wat per tjek betaal word – debiteer elke uitgawe afsonderlik met die betrokke bedrag(Eienaarsbelang verminder aan die debietkant)
Bankrekening – Dubbelinskrywing is totale betalings
Bates – Dubbelinskrywing is bankrekeningUitgawes – Dubbelinskrywing is bankrekening
OPDARG 4: Oorboeking van KOJ met kosprys van verkope
OPDRAG 5: Oorboeking van die Debiteurejoernaal
Verkopekolom
1. Debiteurekontrolerekening – debiteer met die totaal van kredietverkope vir die maand(Bate vermeerder aan die debietkant)
2. Verkoperekening – krediteer met die totaal van die kredietverkope vir die maand(Eienaarsbelang vermeerder aan die kredietkant)
Die dubbelinskrywing vir verkope is dus debiteurekontrole en die dubbelinskrywing vir debiteurekontrole is verkope.
Koste van verkopekolom
1. Koste van verkoperekening – debiteer met die totale koste van verkope vir die maand (Eienaarsbelang verminder aan die debietkant)
2. Handelsvoorraadrekening – krediteer met die bedrag van koste van verkope vir die maand(Bate verminder aan kredietkant)
Dubbelinskrywing vir koste van verkope is handelsvoorraad en dubbelinskrywing vir handelsvoorraad is koste van verkope
OPDRAG 6: Oorboeking van die krediteurejoernaal
1. Krediteurekontrole – krediteer met al die kredietaankope vir die maand (Las vermeerder aan die kredietkant)
2. Alle bates wat aangekoop word, word elkeen afsonderlik gedebiteer met die bedrag van aankope(Bate vermeerder aan debietkant)
3 Alle uitgawes wat op krediet aangegaan is, word gedebiteer met die spesifieke bedrag(Eienaarsbelang verminder aan die debietkant)
Die dubbelinskrywing vir krediteurekontrole is diverse aankope. Die dubbelinskrywing vir elke bate of uitgawe wat op krediet aangegaan is, is krediteurekontrole.
OPDRAG 7: Ontvangstes vanaf debiteure: oorboeking van die DJ en KOJ
1. Bank – debiteer met die kontantontvangste(Bate vermeerder aan die debietkant)
2. Debiteurekontrole – krediteer met die bedrag wat deur debiteure betaal is(Bate verminder aan die kredietkant)
Die dubbelinskrywing by bank is debiteurekontrole en by debiteurekontrole is dit bank.
OPDRAG 8: Betalings aan krediteure: oorboeking van die KJ en KBJ
1. Krediteurekontrole – debiteer met alle betalings aan krediteure vir die maand(Las wat verminder word gedebiteer)
2. Bank – krediteer met kontantbetalings(Bate wat verminder word gekrediteer)
OPDRAG 9: Oorboeking van al die hulpjoernale – KOJ, KBJ, DJ en KJ
| LU 3 |
| Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Ons weet dit as die leerder: |
| 3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel; |
| 3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid; |
| 3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen; |
| 3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer; |
| 3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak; |
| 3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei. |
OPDRAG 1
Algemene Grootboek van Mzondi Loodgieters
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Kapitaal | B1 | ||||||||||
| Sept. | 1 | Bank | KOJ | 50 000 | - | ||||||
| Bank | B2 | ||||||||||
| Sept. | 30 | Totale ontvangste | KOJ | 56 286 | |||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Lopende Inkomste | N1 | ||||||||||
| Sept. | 30 | Bank | KOJ | 6 286 | - | ||||||
OPDRAG 3
Algemene Grootboek van Levubu Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Kapitaal | B1 | ||||||||||
| Jul. | 1 | Bank | KOJ8 | 130 000 | - | ||||||
| Handelsvoorraad | B2 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Kosprys van verkope | KOJ8 | 8 720 | - | ||||||
| Bank | B3 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Totale ontvangste | KOJ8 | 140 900 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Verkope | N1 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Bank | KOJ8 | 10 900 | - | ||||||
| Koste van Verkope | N2 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Handelsvoorraad | KOJ8 | 8 720 | - | ||||||
OPDRAG 3
Algemene Grootboek van Levubu Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Toerusting | B1 | ||||||||||
| Jul. | 6 | Bank | KBJ8 | 6 000 | - | ||||||
| Voertuig | B2 | ||||||||||
| Jul. | 15 | Bank | KBJ8 | 23 300 | - | ||||||
| Handelsvoorraad | B3 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Bank | KBJ8 | 14 500 | - | ||||||
| Bank | B4 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Totale Betalings | KBJ8 | 49 809 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Skryfbehoeftes | N1 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Bank | KBJ8 | 220 | - | ||||||
| Huuruitgawe | N2 | ||||||||||
| Jul. | 2 | Bank | KBJ8 | 1 400 | - | ||||||
| Handelslisensie | N3 | ||||||||||
| Jul. | 8 | Bank | KBJ8 | 150 | - | ||||||
| Telefoon | N4 | ||||||||||
| Jul. | 18 | Bank | KBJ8 | 125 | - | ||||||
| Salaris | N5 | ||||||||||
| Jul. | 26 | Bank | KBJ8 | 2 650 | - | ||||||
| Brandstof | N6 | ||||||||||
| Jul. | 28 | Bank | KBJ8 | 78 | - | ||||||
| Water en Elektrisiteit | N7 | ||||||||||
| Jul. | 30 | Bank | KBJ8 | 56 | - | ||||||
| Lone | N8 | ||||||||||
| Jul. | 31 | Bank | KBJ8 | 1 330 | - | ||||||
OPDRAG 4
Algemene Grootboek van Lubbe Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Kapitaal | B1 | ||||||||||
| Mei | 31 | Bank | KOJ9 | 80 000 | - | ||||||
| Handelsvoorraad | B2 | ||||||||||
| Mei | 31 | Koste van verkope | KOJ9 | 2 220 | - | ||||||
| Bank | B3 | ||||||||||
| Mei | 31 | Totale Ontvangste | KOJ9 | 82 960 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Verkope | N1 | ||||||||||
| Mei | 31 | Bank | KOJ9 | 2 960 | - | ||||||
| Koste van Verkope | N2 | ||||||||||
| Mei | 31 | Handelsvoorraad | KOJ9 | 2 220 | - | ||||||
OPDRAG 5
Algemene Grootboek van Gesina Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Handelsvoorraad | B1 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Koste van Verkope | DJ11 | 1 641 | - | ||||||
| Debiteurekontrole | B2 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Verkope | DJ | 2 188 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Verkope | N1 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Debiteurekontrole | DJ11 | 2 188 | - | ||||||
| Kosprys van verkope | N2 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Handelsvoorraad | DJ11 | 1 641 | - | ||||||
OPDRAG 6
Algemene Grootboek van Toledo Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Toerusting | B1 | ||||||||||
| Mei | 1 | Krediteurekontrole | KJ12 | 380 | - | ||||||
| Handelsvoorraad | B2 | ||||||||||
| Mei | 31 | Krediteurekontrole | KJ12 | 2 783 | - | ||||||
| Krediteurekontrole | B3 | ||||||||||
| Mei | 31 | Diverse Aankope | KJ12 | 4 958 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Skryfbehoeftes | N1 | ||||||||||
| Mei | 31 | Krediteurekontrole | KJ12 | 405 | - | ||||||
| Verpakkingsmateriaal | N2 | ||||||||||
| Mei | 31 | Krediteurekontrole | KJ12 | 605 | - | ||||||
| Herstelwerk | N3 | ||||||||||
| Mei | 2 | Krediteurekontrole | KJ12 | 500 | |||||||
| Advertensie | N4 | ||||||||||
| Mei | 25 | Krediteurekontrole | KJ12 | 285 | - | ||||||
OPDRAG 7
Algemene Grootboek van Highway Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Handelsvoorraad | B1 | ||||||||||
| Mei | 31 | Koste van verkope | DJ13 | 896 | - | ||||||
| Jun | 30 | Koste van verkope | DJ14 | 192 | - | ||||||
| Jun | 30 | Koste van verkope | KOJ13 | 9 280 | - | ||||||
| Debiteurekontrole | B2 | ||||||||||
| Mei | 31 | Verkope | DJ13 | 1 120 | - | Jun. | 30 | Bank | KOJ13 | 760 | - |
| Jun. | 30 | Verkope | DJ14 | 240 | - | ||||||
| Bank | B3 | ||||||||||
| Jun. | 30 | Totale ontvangste | KOJ13 | 12 360 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Verkope | N1 | ||||||||||
| Mei | 31 | Debiteurekontrole | DJ13 | 1 120 | - | ||||||
| Jun. | 30 | Debiteurekontrole | DJ14 | 240 | - | ||||||
| Jun. | 30 | Bank | KOJ13 | 11 600 | - | ||||||
| Koste van verkope | N2 | ||||||||||
| Mei | 31 | Handelsvoorraad | DJ13 | 896 | - | ||||||
| Jun. | 30 | Handelsvoorraad | DJ14 | 192 | - | ||||||
| 30 | Handelsvoorraad | KOJ13 | 9 280 | - | |||||||
OPDRAG 8
Algemene Grootboek van Marais Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Onttrekkings | B1 | ||||||||||
| Apr. | 15 | Bank | KBJ14 | 500 | - | ||||||
| Meubels en Toerusting | B2 | ||||||||||
| Apr. | 18 | Bank | KBJ14 | 400 | - | ||||||
| Voertuie | B3 | ||||||||||
| Apr. | 8 | Krediteurekontrole | KJ14 | 7 500 | - | ||||||
| Handelsvoorraad | B4 | ||||||||||
| Mrt. | 31 | Krediteurekontrole | KJ13 | 2 340 | - | ||||||
| Apr. | 30 | Krediteurekontrole | KJ14 | 1 317 | - | ||||||
| Apr. | 30 | Bank | KBJ14 | 1 550 | - | ||||||
| Bank | B5 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Totale Betalings | KBJ14 | 7 823 | - | ||||||
| Krediteurekontrole | B6 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Bank | KBJ14 | 3 568 | - | Mrt. | 31 | Diverse Aankope | KJ13 | 3 948 | - |
| Apr. | 30 | Diverse Aankope | KJ14 | 9 427 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Lone | N1 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Bank | KBJ14 | 210 | - | ||||||
| Advertensies | N2 | ||||||||||
| Mrt. | 10 | Krediteurekontrole | KJ13 | 258 | - | ||||||
| Apr. | 30 | Bank | KBJ14 | 235 | - | ||||||
| Salaris | N3 | ||||||||||
| Apr. | 30 | Bank | KBJ14 | 1 250 | - | ||||||
| Skryfbehoeftes | N4 | ||||||||||
| Mrt. | 31 | Krediteurekontrole | KJ13 | 345 | - | ||||||
| Apr. | 30 | Krediteurekontrole | KJ14 | 280 | - | ||||||
| Voertuigonkoste | N5 | ||||||||||
| Mrt. | 31 | Krediteurekontrole | KJ13 | 380 | - | ||||||
| Apr. | 30 | Krediteurekontrole | KJ14 | 330 | - | ||||||
| Verpakkingsmateriaal | N6 | ||||||||||
| Mrt. | 31 | Krediteurekontrole | KJ13 | 625 | - | ||||||
| Water en Elektrisiteit | N7 | ||||||||||
| Apr. | 6 | Bank | KBJ14 | 110 | - | ||||||
OPDRAG 9
Algemene Grootboek van Enslin Handelaars
| Balansstaatafdeling | |||||||||||
| Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | Datum | Besonderhede | Fol | Bedrag | ||||
| Kapitaal | B1 | ||||||||||
| Nov. | 1 | Bank | KOJ15 | 20 000 | - | ||||||
| 10 | Bank | KOJ15 | 10 000 | - | |||||||
| 30 000 | - | ||||||||||
| Onttrekkings | B2 | ||||||||||
| Nov. | 21 | Bank | KBJ15 | 100 | - | ||||||
| Voertuie | B3 | ||||||||||
| Nov. | 2 | Bank | KBJ15 | 7 800 | - | ||||||
| Toerusting | B4 | ||||||||||
| Nov. | 1 | Krediteurekontrole | KJ15 | 2 630 | - | ||||||
| 10 | Bank | KBJ15 | 1 310 | - | |||||||
| 30 | Bank | KBJ15 | 700 | - | |||||||
| 4 640 | - | ||||||||||
| Handelsvoorraad | B5 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Bank | KBJ15 | 1 720 | - | Nov. | 30 | Koste van verkope | DJ15 | 1 960 | - |
| 30 | Krediteurekontrole | KJ15 | 5 950 | - | 30 | Koste van verkope | KOJ15 | 3 000 | - | ||
| 30 | Saldo | o/b | 2 710 | - | |||||||
| 7 670 | - | 7 670 | - | ||||||||
| Des. | 1 | Saldo | a/b | 2 710 | - | ||||||
| Debiteurekontrole | B6 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Verkope | DJ15 | 2 750 | - | ||||||
| Bank | B7 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Totale Ontvangste | KOJ15 | 33 750 | - | Nov. | 30 | Totale Betalings | KBJ15 | 12 405 | - |
| 30 | Saldo | o/d | 21 345 | - | |||||||
| 33 750 | - | 33 750 | |||||||||
| Des. | 1 | Saldo | a/b | 21 345 | - | - | |||||
| Krediteurekontrole | B8 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Diverse Aankope | KJ15 | 11 253 | - | ||||||
| Nominale Rekeninge-afdeling | |||||||||||
| Verkope | N1 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Bank | KOJ15 | 3 750 | - | ||||||
| 30 | Debiteurekontrole | DJ15 | 2 750 | - | |||||||
| 6 500 | |||||||||||
| Kosprys van verkope | N2 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Handelsvoorraad | KOJ15 | 3 000 | - | ||||||
| 30 | Handelsvoorraad | DJ15 | 1 960 | - | |||||||
| 4 960 | - | ||||||||||
| Lone | N3 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Bank | KBJ15 | 300 | - | ||||||
| Skryfbehoeftes | N4 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Bank | KBJ15 | 340 | - | ||||||
| 30 | Krediteurekontrole | KJ15 | 312 | - | |||||||
| 652 | - | ||||||||||
| Telefoon | N5 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Bank | KBJ15 | 135 | - | ||||||
| Verpakkingsmateriaal | N6 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Krediteurekontrole | KJ15 | 1 740 | - | ||||||
| Herstelwerk | N7 | ||||||||||
| Nov. | 30 | Krediteurekontrole | KJ15 | 621 | - | ||||||