Vanaf Module 3 gaan die leerders geleidelik oor na die meer gevorderde werk van Graad 3. Dit mag soms nodig wees om terug te gaan na vorige werk om die oorgang na die gevorderde werk te vergemaklik.
Dit is belangrik dat die leerders sal besef dat optel - en aftrekkombinasies en die tafels, vermenigvuldig en deel, net eenvoudig gereeld herhaal en geleer moet word totdat hulle dit ken! Dit is van die basiese werk wat nie afgeskeep kan word nie.
Aangeheg is 'n papier met die tafels in 'n spesifieke volgorde geskryf. U kan dit dupliseer en aan die leerders gee om by hulle te hou.
Hierdie werkvelle kan met die hele klas gelyktydig gedoen word. Hulle moet self die datums op die kalender aanbring, daarom is dit van die allergrootste belang dat u baie seker sal maak dat almal by die regte dag in Januarie begin. Ek stel egter voor dat u 1 Januarie self invul voordat die werkvel gedupliseer word. U kan dit selfs verder ook doen, afhangende van die vermoëns van die leerders.
Dit is belangrik dat die leerders die verskil tussen dae van die week (7) en werksdae, skooldae of weeksdae (5) moet begryp anders kan hulle talle foute met berekenings begaan.
Die leerders moet bewus wees van patrone wat gebruik word met die voltooiing van tabelle en daarom moet hulle eers die patroon identifiseer voordat hulle probeer om
die tabel te voltooi.
Hierdie is 'n vertikale getallelyn. Die negatiewe getalle is wel ook ingevul sodat die leerders kan besef daar is getalle kleiner as 0. Dit is nie nodig dat daar in hierdie stadium veel aandag aan gegee word nie. Noem dit net toevallig, want daar is tog altyd dié leerder wat na iets meer soek en vra.
Verduidelik aan die leerders dat dít wat hulle sien, slegs diagramme is en dat elke simbool die waarde van die plek waar dit staan, verteenwoordig.
Meer gevorderde werk word gedoen, maar dit sal die opvoeder baie help as bl. 1 en 2 (die voltooiing van die kalender) met al die leerders gelyktydig gedoen word. Daarna kan groepe 2 en 3 weer terugkeer na die werk waarmee hulle besig is.
Getalbegrip tot 400
Bewerkings:
Optel – tweesyfergetalle by tweesyfergetalle, met hergroepering van ‘n tien;
Aftrek – tweesyfergetalle van tweesyfergetalle, met hergroepering van ‘n tien;
Vermenigvuldig - 2×, 4×, 5× en 10× tot 10de veelvoud; (tafels)
Deel - ÷2, ÷4, ÷5 en ÷10 tot die 10de veelvoud. (tafels)
Integreer die ontwerp van die hoedjie (p. 16) en die geskenkpapier (bl. 24) met Tegnologie. Dit kan ook met die hele klas gelyktydig gedoen word.
Met die talle berekeninge met geld en ander hoeveelhede wat die leerders moet doen, behoort hulle bewus te wees van die feit dat Wiskunde ons daagliks omring.
Die volmaak van die tien word nou gedoen. Die leerders moet dit eers konkreet op die mat uitpak, sodat hulle self kan sien dat daar 12 ene is en hulle dus nog ‘n tien kan volmaak. Hierdie tien word dan by die tiene gegroepeer.
Dit hang van die opvoeder en die vermoëns van die leerders af of hulle hulpsyfers by die vertikale bewerkings gaan gebruik, bv.
Die ontbinding van die tien word ook nou aangeleer. Dit is noodsaaklik dat die leerders eers konkreet op die mat moet werk om self te ervaar dat daar nie genoeg ene is nie en ‘n tien ontbind moet word om genoeg ene te kry. Hulle moet die ontbinding (hergroepering) van die tien baie goed verstaan voordat hulle dit skriftelik doen.
Dit hang weer van die opvoeder en die vermoëns van die leerders af of hulle hulpsyfers by vertikale bewerkings gaan gebruik, bv.
| 2 x 0 = 02 x 1 = 22 x 2 = 42 x 3 = 62 x 4 = 82 x 5 = 102 x 6 = 122 x 7 = 142 x 8 = 162 x 9 = 182 x 10 = 20 | 4 x 0 = 04 x 1 = 44 x 2 = 84 x 3 = 124 x 4 = 164 x 5 = 204 x 6 = 244 x 7 = 284 x 8 = 324 x 9 = 364 x 10 = 40 | 0 ÷ 2 = 02 ÷ 2 = 14 ÷ 2 = 26 ÷ 2 = 38 ÷ 2 = 410 ÷ 2 = 512 ÷ 2 = 614 ÷ 2 = 716 ÷ 2 = 818 ÷ 2 = 920 ÷ 2 = 10 | 0 ÷ 4 = 04 ÷ 4 = 18 ÷ 4 = 212 ÷ 4 = 316 ÷ 4 = 420 ÷ 4 = 524 ÷ 4 = 628 ÷ 4 = 732 ÷ 4 = 836 ÷ 4 = 940 ÷ 4 = 10 | |
| 5 x 0 = 05 x 1 = 55 x 2 = 105 x 3 = 155 x 4 = 205 x 5 = 255 x 6 = 305 x 7 = 355 x 8 = 405 x 9 = 455 x 10 = 50 | 10 x 0 = 010 x 1 = 1010 x 2 = 2010 x 3 = 3010 x 4 = 4010 x 5 = 5010 x 6 = 6010 x 7 = 7010 x 8 = 8010 x 9 = 9010 x 10 = 100 | 0 ÷ 5 = 05 ÷ 5 = 110 ÷ 5 = 215 ÷ 5 = 320 ÷ 5 = 425 ÷ 5 = 530 ÷ 5 = 635 ÷ 5 = 740 ÷ 5 = 845 ÷ 5 = 950 ÷ 5 = 10 | 0 ÷ 10 = 010 ÷ 10 = 120 ÷ 10 = 230 ÷ 10 = 340 ÷ 10 = 450 ÷ 10 = 560 ÷ 10 = 670 ÷ 10 = 780 ÷ 10 = 890 ÷ 10 = 9100 ÷ 10 = 10 | |
| 3 x 0 = 03 x 1 = 33 x 2 = 63 x 3 = 93 x 4 = 123 x 5 = 153 x 6 = 183 x 7 = 213 x 8 = 243 x 9 = 273 x 10 = 30 | 6 x 0 = 06 x 1 = 66 x 2 = 126 x 3 = 186 x 4 = 246 x 5 = 306 x 6 = 366 x 7 = 426 x 8 = 486 x 9 = 546 x 10 = 60 | 0 ÷ 3 = 03 ÷ 3 = 16 ÷ 3 = 29 ÷ 3 = 312 ÷ 3 = 415 ÷ 3 = 518 ÷ 3 = 621 ÷ 3 = 724 ÷ 3 = 827 ÷ 3 = 930 ÷ 3 = 10 | 0 ÷ 6 = 06 ÷ 6 = 112 ÷ 6 = 218 ÷ 6 = 324 ÷ 6 = 430 ÷ 6 = 536 ÷ 6 = 642 ÷ 6 = 748 ÷ 6 = 854 ÷ 6 = 960 ÷ 6 = 10 |
Hier gaan dit hoofsaaklik oor die gelykwaardigheid van verskillende munte. Soms is daar leerders wat 7c as 4c 3c in munte sal aandui en nie eens besef daar is nie sulke munte in ons muntstelsel nie.
Dit is ook 'n ideale geleentheid om 5 x en ÷ nou aan te leer as hulle dit nie reeds gedoen het nie.
Wys die leerders daarop dat R en c in die bewerkings weggelaat word, maar weer by die voltooide getalsin ingeskryf moet word.
Moedig die leerders aan om steeds te teken wat hulle lees en dan die getalsin te skryf om die probleem op te los.
Maak baie seker dat al die leerders besef daar gaan 10 kinders by die partytjie wees. (8 + Bonnie + Tommie) As hierdie inligting foutief is, sal al die daarop volgende berekeninge baie moeilik wees.
Die ontwerp en maak van die verjaardaghoedjie kan as deel van Tegnologie gedoen word.
Wys en bespreek die 3 maniere om die sirkels te trek met die leerders.
Doen baie praktiese werk.
Maak seker dat hulle verstaan en weet wat die middelpunt, middellyn en straal van die sirkel is en dat 2x straal = middellyn. Verduidelik ook aan die leerders wat die omtrek van die sirkel is.
Laat die leerders van die begin af alle punte met letters aandui. Wys vir hulle dat dit die verduideliking en bespreking vergemaklik. Hulle moet besef dat hulle enige letter kan gebruik, solank dieselfde letter net nie 2 keer in dieselfde konstruksie gebruik word nie.
Bespreek weer met die leerders die verskillende maniere om vierkante en reghoeke te halveer en in kwarte te verdeel.
Baie konkrete en semi-konkrete werk moet gedoen word wanneer die leerders getalle in kwarte moet verdeel, veral wanneer die getal nie 'n veelvoud van 4 is nie. Maak gebruik van voorwerpe soos vrugte en sagte lekkers wat werklik opgebreek kan word en nie albasters, doppies , klippe, ens. nie.
Later moet dit aan die leerders verduidelik word dat dit van die probleem sal afhang of ons dit in breuke kan opbreek of nie.
Kyk hierna: Pappa het 25 skape en moet hulle in 4 krale jaag. Hoeveel skape moet in elke kraal kom? (Die skaap wat oorbly kan nie opgedeel word nie.)
Pappa slag 25 skape en gaan dit by 4 slaghuise aflaai. Hoeveel sal elke slaghuis kry?
(Die skaap wat oorbly sal beslis in 4 verdeel word.) Bespreek nog voorbeelde hiervan.
Sodra die leerders 4x as 2 keer verdubbel en ÷4 as 2 keer halveer verstaan, kan dit maar gedril word, want hulle moet die tafels ken.
Hierdie is 'n wonderlike manier om leerders meer vertroud te maak met probleemstellings, maar dit verg baie en gereelde oefening. Sodra hulle dit heeltemal snap en met vertroue kan doen, kom hulle met wonderlike idees na vore.
Begin met met 'n baie eenvoudige getalsin, bv. 3 + 4 = □. Laat die leerders eers voorwerpe noem waarmee hulle moontlik kan werk en skryf dit op die bord: bome, blomme, lekkers, skape, honde, ens.
Almal moet probeer. Hou 'n kompetisie tussen die rye en laat hulle dan vir mekaar die probleme stel.
Die vertikale optel - en aftrekbewerkings is gegradeer van eenvoudig tot moeilik sodat dit vir u maklik sal wees om vas te stel waar 'n leerder se probleem lê. U kan dan slegs op die probleem areas konsentreer en soortgelyke oefeninge kan gegee word.
Dit moet 'n patroon wees wat elke 2 blokke herhaal en daarom moet dit dwarsdeur presies dieselfde wees. Hierdie kan ook saam met Tegnologie aangebied word en die leerders kan dan hul eie blokke trek op 'n groter papier.
Verduidelik die afronding tot die naaste R aan die leerders. Laat die leerders ou katalogusse bring en oefen dan die afronding totdat hulle dit verstaan.
Hierdie werkvel sal vir u 'n goeie aanduiding gee van watter leerders instruksies kan volg en uitvoer.
Enige leerder wat in hierdie stadium 'n goeie getalbegrip van honderde, tiene en ene het, behoort hierdie werkvel met gemak te voltooi. Wys vir die leerders daarop dat as hulle nie vertikaal en horisontaal dieselfde antwoord in die ballon kry nie , dan is daar iewers 'n fout en moet hulle die antwoorde vertikaal en horisontaal weer kontroleer.
Nog voorbeelde met kleiner getalle kan ook gegee word:
| 241620 | 301026 | 502948 | 1045594 |
| 60 | 66 | 127 | 253 |
Meer gevorderde werk word gedoen, maar dit sal die opvoeder baie help as bl. 1 en 2 (die voltooiing van die kalender) met al die leerders gelyktydig gedoen word. Daarna kan groepe 2 en 3 weer terugkeer na die werk waarmee hulle besig is.
Getalbegrip tot 400
Bewerkings:
Optel – tweesyfergetalle by tweesyfergetalle, met hergroepering van ‘n tien;
Aftrek – tweesyfergetalle van tweesyfergetalle, met hergroepering van ‘n tien;
Vermenigvuldig - 2×, 4×, 5× en 10× tot 10de veelvoud; (tafels)
Deel - ÷2, ÷4, ÷5 en ÷10 tot die 10de veelvoud. (tafels)
Integreer die ontwerp van die hoedjie (p. 16) en die geskenkpapier (bl. 24) met Tegnologie. Dit kan ook met die hele klas gelyktydig gedoen word.
Met die talle berekeninge met geld en ander hoeveelhede wat die leerders moet doen, behoort hulle bewus te wees van die feit dat Wiskunde ons daagliks omring.
![]() |
Skryf: Daar is nog __________________________________________"slapies" oor.
Skryf: Ek ____________________________________________________________
![]() |
Sondag, Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag,
Saterdag.
1. Daar is ____________________________________________ dae in 'n week.
2. Daar is ___________________ skooldae (weeksdae of werksdae) ) in 'n week.
3. Die eerste dag van die week is ______________________________________
4. Die laaste dag van die week is ______________________________________
5. Hierdie twee dae saam word 'n ______________________________ genoem.
| Sondag | Maandag | Dinsdag | Woensdag | Donderdag | Vrydag | Saterdag | |
| Sport | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ |
| Tuiswerk | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ |
| Speel | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ |
| T.V. kyk | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ |
| Kerk toe | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ | ______ |
Vandag is dit ________________ _____ _________________.
Gister was dit ________________ _____ _________________.
Die skool sluit hierdie kwartaal op _______________ ____ __________.
Kersfees is hierdie jaar op _______________ _____ _______________.
In Januarie is daar vanjaar ________________________________ Vrydae.
In die hele jaar is daar ____________________________________ Sondae.
Die jaar het _____________________________________________ dae.
Is dit vanjaar 'n skrikkeljaar? _______________________________
Hoe weet jy dit? _________________________________________
1. Ons was vir 3 weke by Ouma en Oupa op die plaas. Hoeveel
dae was ons altesaam daar?
Ons was _________________________________________________
2. Marie was vir 2 weke in die bed met waterpokkies. Hoeveel
dae se skoolwerk moet sy nou inhaal?
Sy moet _________________________________________________.
3. Pappa ry elke dag 6 km om tot by sy werk te kom. Hoeveel
km ry hy in 1 week as hy elke werksdag werk toe gaan?
Hy ry _________________________________________________
4. Bonnie en Tommie gaan elke dag van die naweek vir 1 uur met
hulle hondjie speel. Hoeveel uur het hulle dan na 5 weke met
hom gespeel?
Hulle het _________________________________________________
| Voltooi: | weke | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
| skooldae | 5 |
of afklim tot by -100.
![]() |
100 200 _____ _____ _____ _____ _____ _____ _____ 1 000
1 000 900 _____ _____ _____ _____ _____ _____ _____ 100
![]() |
_____ + 100 = _____ _____ + 100 = _____ _____ + 100 = _____
| 200 | 315 | 178 | 612 | 144 | 447 | 162 | 333 | 554 | 128 | 419 | 304 | 109 |
| 155 | 301 | 290 | 422 | 515 | 167 | 298 | 303 | 818 | 422 | 191 | 320 | 715 |
| 524 | 321 | 188 | 661 | 176 | 325 | 327 | 329 | 336 | 340 | 222 | 348 | 199 |
| 432 | 350 | 569 | 351 | 208 | 184 | 529 | 357 | 177 | 282 | 555 | 363 | 999 |
| 191 | 362 | 365 | 369 | 370 | 171 | 284 | 375 | 286 | 612 | 444 | 377 | 813 |
| 946 | 914 | 755 | 384 | 123 | 456 | 678 | 789 | 800 | 876 | 753 | 531 | 179 |
1. Het jy dit gekry? Skryf en doen dit hier: ______________________________
_____________________________________________________________________
2. Las nou twee nulle by elke getal aan en skryf die nuwe getalsin.
_____________________________________________________________________
3. Soek al die getalle in die blok wat 2 honderde het en skryf hulle hier
neer:
_______ _______ _______ ______ ______ ______ ______ ______
4. Rangskik hulle van groot na klein:
_______ _______ _______ ______ ______ ______ ______ ______
5. Vul die getalle in wat weggelaat is:
205 206 207 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 214
221 223 225 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 239
230 235 240 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 275
203 213 223 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 293
275 274 273 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 266
258 256 254 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 240
265 260 255 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 220
297 287 277 _____ _____ _____ _____ _____ _____ 207
![]() |
Mamma bak 52 koekies en hulle eet 16 op. Hoeveel koekies is oor?
![]() |
Daar is nie genoeg ene om die 6 weg te neem nie. Ontbind ‘n tien.
![]() |
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel in:
1.1.1 die intervalle aangedui vir graad 2 met toenemende getalomvang;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ken, lees en skryf getalsimbole en -name van 1 tot minstens 1 000;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;
Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder die plekwaarde van syfers in heelgetalle herken tot minstens 3-syfergetalle;
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.10.1 opbou en afbreek van getalle;
1.10.2 verdubbeling en halvering;
1.10.3 getallelyne;
1.10.4 afronding in tiene.
Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos wat berekeninge met en herleiding behels;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder belangrike datums op kalenders identifiseer;
Leeruitkomste 5:Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder data versamel (alleen en/of as ’n lid van ’n groep of span) in die klaskamer en skoolomgewing om vrae wat die onderwyser en die klas stel, te beantwoord (bv. “hoeveel leerders stap skool toe?”).