Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Aardrykskunde Graad 8 » Konvensionele kaarttekens op 1:50 000 kaarte

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseSS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Konvensionele kaarttekens op 1:50 000 kaarte

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

Sosiale Wetenskappe

AARDRYKSKUNDE

Graad 8

KAARTWERK

Module 15

KONVENSIONELE KAARTTEKENS OP 1:50 000 KAARTE

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

1. Konvensionele kaarttekens op 1:50 000 kaarte

Hierdie kaartekens is deel van die “taal” van topografiese kaarte. Hulle word in die sleutel onderaan die kaart verklaar en word wêreldwyd gebruik. Ken en verstaan dit deeglik.

1.1 Kaartsimbole vir kultuurverskynsels (mensgemaakte verskynsels)

Kaarttekens word so gekies dat dit gewoonlik dadelik duidelik is wat dit voorstel. Kultuurverskynsels soos geboue, dorpe, kraglyne (swart kleur) damme, kanale (blou kleur), bome, bosse en landerye (groen kleur) word aangedui. Hierdie simbole word op die kaart oordryf in grootte anders sou dit te klein gewees het om te teken.

1.2 Kaartsimbole vir natuurverskynsels

Die belangrikste natuurverskynsels is berge, heuwels, valleie en vlaktes. Hierdie verskynsels moet egter van die kontoerlyne op die kaart afgelei word en het nie spesifieke simbole nie. Ons gaan eersdaags kontoerlyne bestudeer.

Nog ’n baie belangrike natuurverskynsel wat op topografiese kaarte voorkom, is die area se dreinering. Dit word verkry deur na al die riviere en hul sytakke te kyk, wat in blou op ’n topografiese kaart aangedui word.

As dit standhoudende riviere is, sal dit aaneenlopende blou lyne wees, terwyl ’n gebied met lae of seisoenale reënval se riviere met blou stippellyne voorgestel word (nie-standhoudend).

Die rigting waarin die rivier vloei, gee ook belangrike inligting oor die hoër en laer dele van die area:

  • Water vloei ALTYD van hoog na laag.
  • Sytakaansluitings vloei in die hoofstroom in, in die rigting van riviervloei.

byvoorbeeld:

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)
  • Kyk ook hoe damme in die rivierloop gebou is. Die damwal lê altyd stroomaf.

byvoorbeeld:

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

1.3 Hoogtevoorstelling op topografiese kaarte

Hoogte word op meer as een manier op ’n kaart voorgestel.

  • Die driehoeksbaken of trigometriese baken word deur ’n driehoekie voorgestel met sy nommer regs van die driehoek en die baken se presiese hoogte in meter onder die driehoek. Dit kom gewoonlik bo-op die hoogste dele van ’n kaart voor.

Figure 4
Figure 4 (Picture 9.png)

  • Die KOLHOOGTES word met ’n swart punt en ’n hoogtewaarde daarnaas voorgestel.

● 1419byvoorbeeld

  • Die vertikale verskil in hoogte tussen twee hoogtepunte word verkry deur die kleinste hoogte van die grootste af te trek, byvoorbeeld: A = 800 m; B = 200 m; Hoogteverskil = 600 m.
  • Kontoerlyne is bruin ononderbroke lyne met syferwaardes wat op die lyne aangebring word.
  • Kontoerlyne verbind alle plekke met dieselfde hoogte bo seevlak met mekaar. Die syfer bo-op die lyn dui die werklike hoogte in meter aan.
  • Die hoogteverskil tussen twee opeenvolgende kontoerlyne word die kontoerinterval of die vertikale tussenruimte genoem en is altyd 20 m. Elke 100 m word met ’n dikker lyn aangedui.
  • Hoe verder kontoerlyne van mekaar geleë is, hoe meer gelyk (plat) is die landskap.
  • Hoe nader kontoerlyne aan mekaar geleë is, hoe steiler en bergagtig is die landskap.
  • Waar loodregte kranse voorkom, raak die kontoerlyne aan mekaar, maar onthou: Kontoere kan mekaar nooit kruis nie.
  • Deur na die kontoere te kyk, kan vasgestel word in watter rigting ’n rivier vloei en sekere landvorme kan geïdentifiseer word.

AKTIWITEIT 1

[LU 1.4]

  1. Wat stel die volgende kaartsimbole voor?
Figure 5
Figure 5 (Picture 10.png)

2. Bestudeer die meegaande 1:50 000 topografiese kaart van Beaufort-Wes. Kyk noukeurig na die gebied tussen die N1 en die R81 (suid-oostelike hoek van die kaart). Noem ten minste ses kaartsimbole wat in die gebied voorkom.

3. Is daar enige aanduiding dat die spoorlyn geëlektrifiseer is?

4. Watter tipe kommunikasielyne verbind Beaufort-Wes met die buitewêreld?

5. Watter kaartsimbole word by die volgende graadnetverwysings (koördinate) aangetref?

a) 32 17’06”S ; 22 37’15”O

b) 32 19’11”S ; 22 34’04”O

c) 32 20’49”S ; 22 34’09”O

d) 32 19’26”S ; 22 37’28”O

6. Wat is die gemiddelde hoogte bo seevlak in die omgewing van die skietbaan (32 19’06”S ; 22 35’37”O)?

7. Wat is die hoogte van die hoogste driehoeksbaken op die topografiese kaart?

8. Wat is die kontoerinterval (vertikale tussenruimte) van die kaart?

9. Bepaal die vertikale verskil in hoogte tussen Lammertjiesleegte (32 19’50”S ; 22 32’50”O) ) en driehoeksbaken 148 (32 20’52”S ; 2233’37”O).

10. Sien jy enige verwantskap tussen die spoorlyne en die reliëf van die omgewing?

11. Wat is die naam van die standhoudende rivier in hierdie gebied?

12. In watter rigting vloei hierdie rivier wat jy by nommer 11 benoem het?

13. Dink jy daar bestaan ’n vloedgevaar in die gebied? Verduidelik.

14. Watter bewyse is daar op die kaart dat daar met vee in hierdie gebied geboer word?

15. Wat dink jy is die doel van die vore (furrows) wat op die kaart voorkom?

16. Watter afleiding kan jy oor die reënval van die streek maak?

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
Aardrykskundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid geografiese en omgewingsbronne identifiseer en selekteer wat relevant tot die navorsing is;1.2 inligting vanaf kaarte en atlasse, asook grafiese en statistiese bronne, interpreteer;1.3 afstandberekening doen op kaarte en dit vergelyk met werklike afstand;1.4 fisiese en mensgemaakte eienskappe op lugfoto’s en kaarte identifiseer.

Memorandum

AKTIWITEIT 8:

  1. 1. (a) Grafte.
  1. (a) Uitgrawings.
  2. (b) Provinsiale grens.
  3. (c) Kraglyne.
  4. (d) Driehoeksbaken.
  1. Dowwe paaie, riviere, geboue, spoorlyne, kraglyne, damme, windpomp, beboste gebied, bewerkte lande, driehoeksbakens, kolhoogte, rye bome.
  2. Geen.
  3. Paaie, treinspoor.
  1. 1. (a) Spoorlyn.
  1. (b)1. Dowwe voetpaaie.
  1. (c)1. Bewerkte lande.

Beboude gebied. (Mgquba).

  • ±550 – 600 m.
  • ρ 318 (32°45'50"S, 26°52'0"O) is 653,6 m hoog.
  • 20 meter.
  • Hillcrest = 540 m.

ρ 84 = 624,2.

624,2 – 540 = 84,2 meter.

  • Oor die algemeen volg die spoorlyne die kontoerlyn meer as paaie.
  • Ryme.
  • Kom uit die noorde en verlaat die kaart in suidweste.
  • Ja, as dit baie reën kan die gebiede waar die 2 hoofstrome bymekaar kom, oorstroom.
  • Besproeiingsdamme en landerye naby rivierlope.
  • Bome en bosse.
  • Matig tot redelike hoë reënval.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)