Skip to content Skip to navigation

OpenStax CNX

You are here: Home » Content » Om vas te stel watter eienskappe materiale besit

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseNS display tagshide tags

    This module is approved and included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 4-6)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Natuurwetenskappe Graad 6"

    Collection Review Status: Approved

    Click the "GETIntPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Module:

Add to a lens
x

Add module to:

Add to Favorites
x

Add module to:

Om vas te stel watter eienskappe materiale besit

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Materie en Stowwe

Eienskappe en gebruike van materie

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Opdrag 2: (groepwerk)

Table 1
MAGNETIESESTOWWE NIE-MAGNETIESESTOWWE
skuifspeld vuurhoutjie
speld knoop
R2-stuk  
spyker  
drukspyker  
lemmetjie  
  • (Daar kan nog baie ander voorbeelde ook wees – leerders kan die lys aanvul).

ASSESSERING

  • Lys die stowwe waaruit die volgende voorwerpe hoofsaaklik bestaan en dui aan of dit magneties (M) of nie-magneties (NM) is:
Table 2
VOORWERP STOF WAARUIT DITBESTAAN MAGNETIES /NIE-MAGNETIES
R2-stuk nikkel magneties
skuifspeld yster/staal magneties
vuurhoutjie hout nie-magneties
brood graan nie-magneties
Table 3
motor staal magneties
skeermeslemmetjie vlekvrye staal/yster magneties
potlood hout nie-magneties
R50-noot papier nie-magneties
kosblik plastiek nie-magneties
skoolhemp katoen nie-magneties
trui wol nie-magneties
mieliepap graan nie-magneties
mes vlekvrye staal magneties
skoen leer nie-magneties
sakdoek katoen nie-magneties
Table 4
SLEUTEL: SELFASSESSERING
Alles korrek 4
Slegs twee verkeerd 3
Vyf verkeerd 2
Minder as vyf korrek 1

Opdrag 3:

Table 5
  WAARNEMINGS
Proefbuis 1 Die spyker begin roes.
Proefbuis 2 Die spyker roes nie, want die suurstof kan nie in die water ingaan nie omdat die olie die proefbuis seël.
Proefbuis 3 Die spyker roes vinniger, want daar is sout in die water.
Proefbuis 4 Die spyker kan nie roes nie, want daar is geen water in die proefbuis nie.
Proefbuis 5 Die kalsiumchloried maak die lug droog, m.a.w. daar is nie vog in die lug nie. Die spyker roes nie.
Proefbuis 6 Die spyker kan nie roes nie, want dit is met ‘n lagie olie bedek.
Proefbuis 7 Die spyker word met ‘n lagie sink bedek. Dit beskerm ‘n deel van die spyker – daardie deel sal nie roes nie. Die deel van die spyker wat nie bedek is nie, sal roes in die water.

Gevolgtrekking:

  • Water en suurstof is noodsaaklik vir yster om te roes. Sout bespoedig die proses.

ASSESSERING

  • (Summatief)

Gebruik nou die kennis wat jy opgedoen het en maak die volgende afleidings:

1. Hoekom is daar ‘n lagie olie bo-op die water in proefbuis 2?

Om die suurstof uit die water te hou sodat die spyker nie roes nie.

2. Die spykers in proefbuise 1 en 3 roes wel. Hoekom?

Daar is in proefbuise 1 en 3 suurstof en sout in die water opgelos.

3. Hoekom het proefbuis 5 ‘n rubberprop op?

Om die suurstof uit die proefbuis te hou sodat die spyker nie kan roes nie.

4. Watter vorm van roesbeskerming word voorgestel deur proefbuis 7?

Die spyker word met sink bedek.

Opdrag 4:

  • (Individueel)
Table 6
  Voorwerp 1 Voorwerp 2 Voorwerp 3
Voorwerp wat geroes het Hark    
Plek waar voorwerp voorgekom het (binne/buite) Buite    
Voorkoms van voorwerp (nat/droog) Nat    
Is daar dele van die voorwerp wat meer geroes het as ander dele? Die handvatsel wat van plastiek gemaak is, roes nie.Die res van die hark roes, want dit is van yster gemaak.    
Waarom het roes voorgekom? Dit het buite in die reën gestaan.Water laat yster roes.    
  • (Daar kan nog baie ander voorbeelde wees.) Opdrag 5:
  • (Individueel)

1. Watter faktore sal jy in aanmerking neem wanneer jy ‘n nuwe stelsel moet aanbring?

  • Hoe lank gaan ek nog met die motor ry voordat ek dit verkoop?
  • Hoe oud is die motor?
  • Hoeveel geld het ek?
  • ens.

2. Watter uitlaatstelsel, dink jy, is goedkoper in die langtermyn?

  • Vlekvrye staal uitlaatstelsel. Dit is vir ‘n leeftyd en word gewoonlik ook so
  • gewaarborg. Jy kan dit terugneem as daar probleme kom.
  1. Hoekom koop net slegs ‘n klein persentasie van motoreienaars die vlekvrye staal uitlaatstelsel?
  • Nie almal kan bekostig om dit te koop nie, want dit is baie duur.

4. Hoekom roes die uitlaatstelsel van ‘n motor so vinnig?

  • Waterdamp kondenseer in die uitlaatstelsel. Die waterdruppels kom met die yster in aanraking en dan roes dit.

5. Uitlaatstelsels van motors kan nie beskerm word deur dit te verf nie. Hoekom nie?

  • Die uitlaatstelsels raak ontsettend warm en die verf sal afdop.

6. Hoekom roes vlekvrye staal stadiger as gewone staal?

  • Vlekvrye staal is ‘n allooi, m.a.w. ‘n mengsel van staal en ‘n ander metaal wat nie so vinnig roes nie.

Opdrag 6:

1. Wat is die kleur van die kristal?

  • Pers

2. Wat gebeur met die gekleurde water rondom die kristal sodra die verhitting begin?

  • Sodra die water verhit word, styg dit.

3. Wat gebeur met die gekleurde water naby die oppervlak van die water?

  • Die gekleurde water naby die oppervlak begin om in ‘n sirkel in die Pyrex–beker te beweeg. Dit daal weer af by die deel waar dit nie deur die brander verwarm word nie.

Opdrag 7:

  • (Groepwerk)
  • As ‘n seewind deur stroming ontstaan, behoort julle as groep nou self te kan uitwerk hoe ‘n landwind ontstaan. Maak ‘n skets en skryf jul verduideliking hier neer:

Hoe ontstaan ‘n landwind?

Gedurende die nag koel die land vinniger af as die see. Die see bly langer warm as die land. Die warmer lug bo die see styg op. Koeler lug van die land kom na die see aangewaai.

Opdrag 8:

1. Wat gebeur nadat jy die stuk ruitglas voor die verwarmer geplaas het?

  • Jy voel onmiddellik minder hitte.
  • (Die verwarmer/bron is nie warm genoeg nie. Glas keer stralende hitte van die verwarmer af – net soos hout of karton)

Opdrag 9:

1. Voel jou hand dadelik die warmte?

  • Ja.

2. Hoe bereik die warmte jou hand?

  • Deur straling.

3. Keer die glas van die gloeilamp straling?

  • Nee, want die stralende warmte van ‘n baie warm (witwarm) voorwerp kan deur glas gaan.
  • Verduideliking: water gelei elektrisiteit en as mens aan elektriese apparaat vat terwyl jy op die grond staan, vloei die stroom deur die liggaam na die grond. Dit kan mens doodskok.

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om vas te stel watter eienskappe materiale besit [LU 1.2, LU 2.1, LU 2.3]

Ons gaan na die volgende eienskappe kyk:

(1) Materiale kan oplosbaar wees

(2) Materiale kan magnetiseerbaar wees

(3) Materiale kan roes

(4) Materiale kan warmte oordra d.m.v.

  • geleiding
  • stroming
  • straling
  1. (1) Materiale kan elektrisiteit gelei.

1. MATERIALE KAN OPLOSBAAR WEES

(Sien in leereenheid 2 meer hieroor)

2. MATERIALE KAN GEMAGNETISEER WORD

Stowwe wat magneties is, is stowwe wat deur magnete aangetrek word.

Stowwe wat nie-magneties is, word nie deur magnete aangetrek nie.

Opdrag 2 (Groepwerk)

  • Werk in groepies van drie of vier en onderskei tussen stowwe wat nie-magneties is en stowwe wat magneties is wat hieronder geïllustreer word (probeer gerus die lysie aanvul):
Table 7
MAGNETIESESTOWWE NIE-MAGNETIESE STOWWE
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________

ASSESSERING

  • Lys die stowwe waaruit die volgende voorwerpe hoofsaaklik bestaan en dui aan of dit magneties (M) of nie-magneties (NM) is:
Table 8
Voorwerp Stof waaruit dit bestaan Magneties / nie-magneties
R2-stuk    
Skuifspeld    
Vuurhoutjie    
Brood    
Motor    
Skeermeslemmetjie    
Potlood    
R50-noot    
Kosblik    
Skoolhemp    
Trui    
Mieliepap    
Mes    
Skoen    
Sakdoek    
Table 9
  SELFASSESSERING        
    1 2 3 4
  Alles korrek        
  Slegs twee verkeerd        
  Vyf verkeerd        
  Minder as vyf korrek        
           
3. MATERIALE KAN ROES

Wanneer yster of staal stelselmatig afgetakel word, word dit roes genoem. Roes is ‘n vorm van korrosie.

In die drie of vier sekondes wat dit jou neem om ‘n sin te

lees, verloor Brittanje 40 kg yster of staal.

Die rede:

Dit het verander in roes. Veertig kilogram

yster is genoeg om vier fietse van te maak.

Dit is m.a.w. ‘n chemiese reaksie. Wanneer ‘n metaal roes, verander dit na ‘n nuwe stof. Dit is moeilik om dit weer terug te verander na wat dit was. Die metaal verloor sy glans en kan selfs breek.

Metale (yster en staal) roes makliker wanneer dit nat is of wanneer dit buitekant in nat weer gelaat word. Wanneer metale naby soutwater gelaat word, roes dit selfs nog makliker.

Wanneer yster roes, reageer dit met suurstof en vorm ‘n bruin ysteroksied:

yster + suurstof = bruin ysteroksied

ysteroksied + water = roes

Yster sal net roes as dit aan

suurstof en water

blootgestel word.

Alhoewel yster en staal makliker roes as ander metale, word staal gebruik om skepe, motors, brûe en ander strukture te bou, want dit is goedkoper en sterker as ander boumateriale.

Roes kos maatskappye miljoene rande, want yster- en staalvoorwerpe moet beskerm word teen roes en dit wat reeds geroes het, moet vervang word.

OPDRAG 3

  • Doen die volgende eksperiment om vas te stel wanneer roes plaasvind. Stel 7 proefbuise op (soos aangedui):

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

  • Bekyk die proefbuise na 4 dae en skryf jou waarnemings in die tabel hieronder neer:
Table 10
  WAARNEMINGS
Proefbuis 1 ___________________________________________
Proefbuis 2 ___________________________________________
Proefbuis 3 ___________________________________________
Proefbuis 4 ___________________________________________
Proefbuis 5 ___________________________________________
Proefbuis 6 ___________________________________________
Proefbuis 7 ___________________________________________

Gevolgtrekking: _______________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

ASSESSERING

Gebruik nou die kennis wat jy opgedoen het en maak die volgende afleidings:

1. Hoekom is daar ‘n lagie olie bo-op die water in proefbuis 2?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Die spykers in proefbuise 1 en 3 roes wel. Hoekom?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Hoekom het proefbuis 5 ‘n rubberprop op?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. Watter vorm van roesbeskerming word voorgestel deur proefbuis 7?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Maniere waarop ek kan keer dat yster en staal roes:

Table 11
METODE(Behandel die voorwerp met...) VOORBEELDE
VERF Skepe, motors, brûeMy voorbeeld:
OLIE / GHRIES Bewegende dele van masjinerieMy voorbeeld:
ALLOOI(Wanneer yster en staal met ander metale gemeng word, vorm dit ‘n allooi) Vlekvrye staal, bv. eetgerei, uitlaat-stelselsMy voorbeeld:
ANTI-ROES MATERIAAL(Word met ‘n lagie sink/chroom bedek – gegalvaniseer) Vuilgoeddromme, krane, ketels, buffers van motorsMy voorbeeld:
PLASTIEK Tuinstoele, fietse se mandjies, rakke by wasbakke, ens.My voorbeeld:
TIN(Blikkies word met ‘n fyn lagie tin bedek) Ingemaakte vrugte/groenteMy voorbeeld:
MAGNESIUM/SINK(Dit word as ‘n laag bo-oor yster geplaas en wanneer dit roes, word dit net weer vervang) Die kante van ‘n skipMy voorbeeld:

Opdrag 4 (Individueel)

  • Doen ‘n opname om te sien wat alles deur roes aangetas word. Hou dinge by die huis, skool, in die tuin of strate dop.
  • Stel dan ‘n soortgelyke tabel op met die volgende inligting:
Table 12
  Voorwerp 1: Voorwerp 2: Voorwerp 3
Voorwerp wat geroes het      
Plek waar voorwerp voorgekom het (binne/ buite)      
Voorkoms van voorwerp (nat/droog)      
Is daar dele van die voorwerp wat meer geroes het as ander dele?      
Waarom het roes voorgekom?      

Opdrag 5 (Individueel)

  • Jou motor se uitlaatstelsel het geroes. Dit het ‘n groot gat in en maak ‘n vreeslike geraas. Jy is nou genoodsaak om ‘n ander uitlaatstelsel aan te bring.

Jy vind uit dat daar twee tipes uitlaatstelsels is waaruit jy kan kies, nl:

  • ‘n Gewone staal uitlaatstelsel: Dit is gewaarborg om vir twee jaar te hou voordat dit weer deurrroes. Koste: R750.

OF

  • ‘n Vlekvrye staal uitlaatstelsel: Dit is gewaarborg om te hou so lank as wat die motor hou. Koste: R1 250.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Watter faktore sal jy in aanmerking neem wanneer jy ‘n nuwe stelsel moet aanbring?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Watter uitlaatstelsel, dink jy, is goedkoper in die langtermyn?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Hoekom koop slegs ‘n klein persentasie van motoreienaars die vlekvrye staal uitlaatstelsel?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. Hoekom roes die uitlaatstelsel van ‘n motor so vinnig?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5. Uitlaatstelsels van motors kan nie beskerm word deur dit te verf nie.

Hoekom nie?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

6. Hoekom roes vlekvrye staal stadiger as gewone staal?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. MATERIALE KAN WARMTE OORDRA

As jy ‘n koue teelepel vir ‘n tydjie in kookwater hou, word dit warm wanneer jy daaraan raak. Warmte is dus oorgedra van die water na die teelepel. (Hierdie oordrag van warmte sal net plaasvind totdat die temperatuur van beide stowwe dieselfde is).

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Oordrag van warmte vind op drie maniere plaas, nl. geleiding, stroming, straling:

4.1 Geleiding:

Dit is die oordrag van warmte van een deel van ‘n stof na ‘n ander, terwyl elke deel op sy eie plek bly.

  • Geleiding vind veral plaas in vaste stowwe.
  • Die meeste metale is goeie geleiers van warmte.
  • Nie-metale soos glas, hout, rubber, kurk, papier, plastiek en asbes is swak geleiers van warmte.
  • Alle vaste stowwe gelei nie warmte ewe goed nie.
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

Interessante gebruike van swak geleiers:

  • Handvatsels van panne, strykysters, ens. word van hout, plastiek of ander swak geleiers gemaak. Dit verhoed dat die hand brand.
  • Ons kledingstowwe (wol, katoen, ens.), die hare/pels van diere, die vere van voëls is almal swak geleiers van warmte. Die lug tussen die hare/pels/klere/ vere is ook ‘n swak warmte-geleier. Só behou die liggaam sy warmte.
  • ‘n Glasblad op ‘n tafel en tafelmatjies wat van hout/kurk/plastiek/katoen gemaak is, verhoed dat warmte van ‘n skottel na die gepoleerde blad gelei en skade aangerig word.
  • Koue vleis, blikkies of botteltjies koeldrank kan op ‘n lang reis koel gehou word deur hulle in koerantpapier of ‘n wolkombers toe te draai. Papier en wol is swak geleiers.
  • Ys kan lank bewaar word deur dit in saagsels te hou of in ‘n handdoek toe te draai.
  • Huise met grasdakke is koel op warm dae en warm op koue dae.
  • Huise met plat dakke het lae glasvesel bokant die plafon.
  • Eskimo’s bou hulle huise van sneeu om hulle teen koue te beskerm.

Noem nog VYF voorbeelde, elk met ‘n kort verduideliking:

1.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4.2 Stroming:

  • Stroming veroorsaak dat wanneer water verhit word, dit styg.
  • Stroming veroorsaak dat wanneer water afkoel, dit daal.

OPDRAG 6: OM WARMTE-OORDRAG DEUR STROMING TE ILLUSTREER

Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

Benodigdhede:Pyrex-beker (hittebestande glasbeker)

glasbuis

brander

koue water

kaliumpermanganaat kristalle

  • Vul ‘n wye Pyrex-beker met koue water.
  • Laat ‘n kaliumpermanganaat kristal deur ‘n droë glasbuis tot op die bodem sak – sorg dat die kristal naby die een kant van die beker lê.
  • Plaas jou vinger styf op die bo-ent van die glasbuis en lig die buis stadig op.
  • Verhit die beker effens – reg onder die kristal.

Wat neem jy waar?

1. Wat is die kleur van die kristal?

_____________________________________________________________________

2. Wat gebeur met die gekleurde water rondom die kristal sodra die verhitting begin?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Wat gebeur met die gekleurde water naby die oppervlak van die water?

_____________________________________________________________________

die toepassing van stroming in die alledaagse lewe

  • Ventilasie van ‘n vertrek
Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)

Wanneer vensters bo en onder oopgemaak word, verlaat die warm lug die vertrek bo deur die oop venster en vars koel lug kom onder in.

  • In koeleenhede
Figure 6
Figure 6 (graphics6.png)

In yskaste word die vriespype bo-in geplaas. Die koue lug daal af en verkoel die hele yskas

  • Verhitting van vloeistowwe.
Figure 7
Figure 7 (graphics7.png)

As ‘n ketel met water op ‘n warm plaat gesit word, word al die water in die ketel deur stroming (konveksie) verhit.

  • Afkoel van masjiene.
Figure 8
Figure 8 (graphics8.png)

‘n Motor se masjien word afgekoel met water wat om elke silinder sirkuleer. Deur stroming wat deur ‘n waterpomp aangehelp word, sirkuleer die warm water na die boonste tenk van die verkoeler. In die dun pypies van die verkoeler word warmte aan die lug afgegee. Die water in die onderste tenk is dan kouer as in die boonste tenk.

  • Land- en seewinde
Figure 9
Figure 9 (graphics9.png)

Gedurende die dag word die land warmer as die see. Die lug oor die land word dan warmer, sit uit en styg op. Koeler lug kom van die see af en neem die plek in van die warm lug – so ontstaan ‘n seewind.

Gee nog twee voorbeelde van stroming. Verduidelik wat plaasvind.

1.___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. ___________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

OPDRAG 7 (Groepwerk)

  • As ‘n seewind deur stroming ontstaan, behoort julle as groep nou self te kan uitwerk hoe ‘n landwind ontstaan. Maak ‘n skets en skryf jul verduideliking hier neer:

4.3 Straling:

Die warmte-oordrag van die son na die aarde vind plaas deur middel van straling.

Ons kry baie warmte van die son af. Tussen die son en die aarde se atmosfeer is daar ‘n lugleegte (vakuum). Warmte-oordrag tussen die son en die aarde kan nie sonder stroming/geleiding plaasvind nie.

Stralende warmte van die son bereik ons nadat dit deur die luglaag om die aarde gegaan het. Alle voorwerpe op die aarde waarop die sonstrale skyn, word verhit. As ons egter hoër in die atmosfeer gaan, word dit kouer.

Figure 10
Figure 10 (graphics10.png)

Opdrag 8: Om straling te demonstreer

Benodigdhede:

‘n elektriese verwarmer

‘n stuk ruitglas

  • Skakel ‘n elektriese verwarmer aan.
  • Hou jou hand so 30 cm voor die verwarmer totdat jy die hitte voel.
  • Plaas ‘n stuk ruitglas tussen jou hand en die verwarmer.

Wat neem jy waar?

1. Wat gebeur nadat jy die stuk ruitglas voor die verwarmer geplaas het?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Opdrag 9: Om straling met ‘n gloeilamp te demonstreer

Benodigdhede: elektriese gloeilamp

‘n stuk ruitglas

  • Hou jou hand 5 cm van die gloeilamp af. Skakel aan.
  • Plaas die ruitglas tussen jou hand en die gloeilamp wanneer jy die hitte voel.

Wat neem jy waar?

1. Voel jou hand dadelik die warmte?

_____________________________________________________________________

2. Hoe bereik die warmte jou hand?

_____________________________________________________________________

3. Keer die glas van die gloeilamp straling?

_____________________________________________________________________

Wat is jou gevolgtrekking?

5. MATERIALE KAN ELEKTRISITEIT OORDRA

Eksperimente het bewys dat die enigste vaste stowwe wat elektriese oordrag gelei, metale en grafiet is. Wanneer dit elektrisiteit gelei, vloei elektrone deur die materiaal, maar daar is geen chemiese reaksie nie, daar word geen nuwe stof gevorm nie en hul gewig bly dieselfde.

Suiwer water gelei elektrisiteit. Die geleidingsvermoë verhoog wanneer ‘n suur bygevoeg word.

Elektrisiteit is ‘n vorm van energie (soos hitte). Dit kan gebruik word om bv. water te kook en dit kan selfs chemiese reaksies laat plaasvind.

Die energie in ‘n elektriese stroom veroorsaak dat watermolekules opbreek.

Figure 11
Figure 11 (graphics11.png)

Hierdie opbreek van ‘n stof soos water deur elektrisiteit word elektrolise genoem.

  • Oop elektriese drade is gevaarlik, veral as daar water naby is. Moet nooit met nat hande aan elektriese apparaat vat nie.

Verduidelik:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2:Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;

Leeruitkomste 2:Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.1:Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou;

Assesseringstandaard 2.3:Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.