Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 6
NATUURWETENSKAPPE
Opdrag 2: (groepwerk)
| MAGNETIESESTOWWE | NIE-MAGNETIESESTOWWE |
| skuifspeld | vuurhoutjie |
| speld | knoop |
| R2-stuk | |
| spyker | |
| drukspyker | |
| lemmetjie |
ASSESSERING
| VOORWERP | STOF WAARUIT DITBESTAAN | MAGNETIES /NIE-MAGNETIES |
| R2-stuk | nikkel | magneties |
| skuifspeld | yster/staal | magneties |
| vuurhoutjie | hout | nie-magneties |
| brood | graan | nie-magneties |
| motor | staal | magneties |
| skeermeslemmetjie | vlekvrye staal/yster | magneties |
| potlood | hout | nie-magneties |
| R50-noot | papier | nie-magneties |
| kosblik | plastiek | nie-magneties |
| skoolhemp | katoen | nie-magneties |
| trui | wol | nie-magneties |
| mieliepap | graan | nie-magneties |
| mes | vlekvrye staal | magneties |
| skoen | leer | nie-magneties |
| sakdoek | katoen | nie-magneties |
| SLEUTEL: SELFASSESSERING | |
| Alles korrek | 4 |
| Slegs twee verkeerd | 3 |
| Vyf verkeerd | 2 |
| Minder as vyf korrek | 1 |
Opdrag 3:
| WAARNEMINGS | |
| Proefbuis 1 | Die spyker begin roes. |
| Proefbuis 2 | Die spyker roes nie, want die suurstof kan nie in die water ingaan nie omdat die olie die proefbuis seël. |
| Proefbuis 3 | Die spyker roes vinniger, want daar is sout in die water. |
| Proefbuis 4 | Die spyker kan nie roes nie, want daar is geen water in die proefbuis nie. |
| Proefbuis 5 | Die kalsiumchloried maak die lug droog, m.a.w. daar is nie vog in die lug nie. Die spyker roes nie. |
| Proefbuis 6 | Die spyker kan nie roes nie, want dit is met ‘n lagie olie bedek. |
| Proefbuis 7 | Die spyker word met ‘n lagie sink bedek. Dit beskerm ‘n deel van die spyker – daardie deel sal nie roes nie. Die deel van die spyker wat nie bedek is nie, sal roes in die water. |
Gevolgtrekking:
ASSESSERING
Gebruik nou die kennis wat jy opgedoen het en maak die volgende afleidings:
1. Hoekom is daar ‘n lagie olie bo-op die water in proefbuis 2?
Om die suurstof uit die water te hou sodat die spyker nie roes nie.
2. Die spykers in proefbuise 1 en 3 roes wel. Hoekom?
Daar is in proefbuise 1 en 3 suurstof en sout in die water opgelos.
3. Hoekom het proefbuis 5 ‘n rubberprop op?
Om die suurstof uit die proefbuis te hou sodat die spyker nie kan roes nie.
4. Watter vorm van roesbeskerming word voorgestel deur proefbuis 7?
Die spyker word met sink bedek.
Opdrag 4:
| Voorwerp 1 | Voorwerp 2 | Voorwerp 3 | |
| Voorwerp wat geroes het | Hark | ||
| Plek waar voorwerp voorgekom het (binne/buite) | Buite | ||
| Voorkoms van voorwerp (nat/droog) | Nat | ||
| Is daar dele van die voorwerp wat meer geroes het as ander dele? | Die handvatsel wat van plastiek gemaak is, roes nie.Die res van die hark roes, want dit is van yster gemaak. | ||
| Waarom het roes voorgekom? | Dit het buite in die reën gestaan.Water laat yster roes. |
1. Watter faktore sal jy in aanmerking neem wanneer jy ‘n nuwe stelsel moet aanbring?
2. Watter uitlaatstelsel, dink jy, is goedkoper in die langtermyn?
4. Hoekom roes die uitlaatstelsel van ‘n motor so vinnig?
5. Uitlaatstelsels van motors kan nie beskerm word deur dit te verf nie. Hoekom nie?
6. Hoekom roes vlekvrye staal stadiger as gewone staal?
Opdrag 6:
1. Wat is die kleur van die kristal?
2. Wat gebeur met die gekleurde water rondom die kristal sodra die verhitting begin?
3. Wat gebeur met die gekleurde water naby die oppervlak van die water?
Opdrag 7:
Hoe ontstaan ‘n landwind?
Gedurende die nag koel die land vinniger af as die see. Die see bly langer warm as die land. Die warmer lug bo die see styg op. Koeler lug van die land kom na die see aangewaai.
Opdrag 8:
1. Wat gebeur nadat jy die stuk ruitglas voor die verwarmer geplaas het?
Opdrag 9:
1. Voel jou hand dadelik die warmte?
2. Hoe bereik die warmte jou hand?
3. Keer die glas van die gloeilamp straling?
LEERDER AFDELING
AKTIWITEIT: Om vas te stel watter eienskappe materiale besit [LU 1.2, LU 2.1, LU 2.3]
Ons gaan na die volgende eienskappe kyk:
(1) Materiale kan oplosbaar wees
(2) Materiale kan magnetiseerbaar wees
(3) Materiale kan roes
(4) Materiale kan warmte oordra d.m.v.
1. MATERIALE KAN OPLOSBAAR WEES
(Sien in leereenheid 2 meer hieroor)
2. MATERIALE KAN GEMAGNETISEER WORD
Stowwe wat magneties is, is stowwe wat deur magnete aangetrek word.
Stowwe wat nie-magneties is, word nie deur magnete aangetrek nie.
Opdrag 2 (Groepwerk)
| MAGNETIESESTOWWE | NIE-MAGNETIESE STOWWE |
| _______________________ | _______________________ |

| Voorwerp | Stof waaruit dit bestaan | Magneties / nie-magneties | |
| R2-stuk | |||
| Skuifspeld | |||
| Vuurhoutjie | |||
| Brood | |||
| Motor | |||
| Skeermeslemmetjie | |||
| Potlood | |||
| R50-noot | |||
| Kosblik | |||
| Skoolhemp | |||
| Trui | |||
| Mieliepap | |||
| Mes | |||
| Skoen | |||
| Sakdoek | |||
| SELFASSESSERING | |||||
| 1 | 2 | 3 | 4 | ||
| Alles korrek | |||||
| Slegs twee verkeerd | |||||
| Vyf verkeerd | |||||
| Minder as vyf korrek | |||||
3. MATERIALE KAN ROES
Wanneer yster of staal stelselmatig afgetakel word, word dit roes genoem. Roes is ‘n vorm van korrosie.
In die drie of vier sekondes wat dit jou neem om ‘n sin te
lees, verloor Brittanje 40 kg yster of staal.
Die rede:
Dit het verander in roes. Veertig kilogram
yster is genoeg om vier fietse van te maak.
Dit is m.a.w. ‘n chemiese reaksie. Wanneer ‘n metaal roes, verander dit na ‘n nuwe stof. Dit is moeilik om dit weer terug te verander na wat dit was. Die metaal verloor sy glans en kan selfs breek.
Metale (yster en staal) roes makliker wanneer dit nat is of wanneer dit buitekant in nat weer gelaat word. Wanneer metale naby soutwater gelaat word, roes dit selfs nog makliker.
Wanneer yster roes, reageer dit met suurstof en vorm ‘n bruin ysteroksied:
yster + suurstof = bruin ysteroksied
ysteroksied + water = roes
Yster sal net roes as dit aan
suurstof en water
blootgestel word.
Alhoewel yster en staal makliker roes as ander metale, word staal gebruik om skepe, motors, brûe en ander strukture te bou, want dit is goedkoper en sterker as ander boumateriale.
Roes kos maatskappye miljoene rande, want yster- en staalvoorwerpe moet beskerm word teen roes en dit wat reeds geroes het, moet vervang word.
OPDRAG 3
![]() |
| WAARNEMINGS | |
| Proefbuis 1 | ___________________________________________ |
| Proefbuis 2 | ___________________________________________ |
| Proefbuis 3 | ___________________________________________ |
| Proefbuis 4 | ___________________________________________ |
| Proefbuis 5 | ___________________________________________ |
| Proefbuis 6 | ___________________________________________ |
| Proefbuis 7 | ___________________________________________ |
Gevolgtrekking: _______________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
ASSESSERING
Gebruik nou die kennis wat jy opgedoen het en maak die volgende afleidings:
1. Hoekom is daar ‘n lagie olie bo-op die water in proefbuis 2?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. Die spykers in proefbuise 1 en 3 roes wel. Hoekom?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Hoekom het proefbuis 5 ‘n rubberprop op?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. Watter vorm van roesbeskerming word voorgestel deur proefbuis 7?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Maniere waarop ek kan keer dat yster en staal roes:
| METODE(Behandel die voorwerp met...) | VOORBEELDE |
| VERF | Skepe, motors, brûeMy voorbeeld: |
| OLIE / GHRIES | Bewegende dele van masjinerieMy voorbeeld: |
| ALLOOI(Wanneer yster en staal met ander metale gemeng word, vorm dit ‘n allooi) | Vlekvrye staal, bv. eetgerei, uitlaat-stelselsMy voorbeeld: |
| ANTI-ROES MATERIAAL(Word met ‘n lagie sink/chroom bedek – gegalvaniseer) | Vuilgoeddromme, krane, ketels, buffers van motorsMy voorbeeld: |
| PLASTIEK | Tuinstoele, fietse se mandjies, rakke by wasbakke, ens.My voorbeeld: |
| TIN(Blikkies word met ‘n fyn lagie tin bedek) | Ingemaakte vrugte/groenteMy voorbeeld: |
| MAGNESIUM/SINK(Dit word as ‘n laag bo-oor yster geplaas en wanneer dit roes, word dit net weer vervang) | Die kante van ‘n skipMy voorbeeld: |
Opdrag 4 (Individueel)
| Voorwerp 1: | Voorwerp 2: | Voorwerp 3 | |
| Voorwerp wat geroes het | |||
| Plek waar voorwerp voorgekom het (binne/ buite) | |||
| Voorkoms van voorwerp (nat/droog) | |||
| Is daar dele van die voorwerp wat meer geroes het as ander dele? | |||
| Waarom het roes voorgekom? |
Opdrag 5 (Individueel)
Jy vind uit dat daar twee tipes uitlaatstelsels is waaruit jy kan kies, nl:
OF
Beantwoord die volgende vrae:
1. Watter faktore sal jy in aanmerking neem wanneer jy ‘n nuwe stelsel moet aanbring?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. Watter uitlaatstelsel, dink jy, is goedkoper in die langtermyn?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Hoekom koop slegs ‘n klein persentasie van motoreienaars die vlekvrye staal uitlaatstelsel?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. Hoekom roes die uitlaatstelsel van ‘n motor so vinnig?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
5. Uitlaatstelsels van motors kan nie beskerm word deur dit te verf nie.
Hoekom nie?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
6. Hoekom roes vlekvrye staal stadiger as gewone staal?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. MATERIALE KAN WARMTE OORDRA
As jy ‘n koue teelepel vir ‘n tydjie in kookwater hou, word dit warm wanneer jy daaraan raak. Warmte is dus oorgedra van die water na die teelepel. (Hierdie oordrag van warmte sal net plaasvind totdat die temperatuur van beide stowwe dieselfde is).
![]() |
Oordrag van warmte vind op drie maniere plaas, nl. geleiding, stroming, straling:
4.1 Geleiding:
Dit is die oordrag van warmte van een deel van ‘n stof na ‘n ander, terwyl elke deel op sy eie plek bly.
![]() |
Interessante gebruike van swak geleiers:
Noem nog VYF voorbeelde, elk met ‘n kort verduideliking:
1.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. ___________________________________________________________________

3. ___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. ___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
5. ___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4.2 Stroming:
OPDRAG 6: OM WARMTE-OORDRAG DEUR STROMING TE ILLUSTREER
![]() |
Benodigdhede:Pyrex-beker (hittebestande glasbeker)
glasbuis
brander
koue water
kaliumpermanganaat kristalle
Wat neem jy waar?
1. Wat is die kleur van die kristal?
_____________________________________________________________________
2. Wat gebeur met die gekleurde water rondom die kristal sodra die verhitting begin?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Wat gebeur met die gekleurde water naby die oppervlak van die water?
_____________________________________________________________________
die toepassing van stroming in die alledaagse lewe
![]() |
Wanneer vensters bo en onder oopgemaak word, verlaat die warm lug die vertrek bo deur die oop venster en vars koel lug kom onder in.
![]() |
In yskaste word die vriespype bo-in geplaas. Die koue lug daal af en verkoel die hele yskas
![]() |
As ‘n ketel met water op ‘n warm plaat gesit word, word al die water in die ketel deur stroming (konveksie) verhit.
![]() |
‘n Motor se masjien word afgekoel met water wat om elke silinder sirkuleer. Deur stroming wat deur ‘n waterpomp aangehelp word, sirkuleer die warm water na die boonste tenk van die verkoeler. In die dun pypies van die verkoeler word warmte aan die lug afgegee. Die water in die onderste tenk is dan kouer as in die boonste tenk.
![]() |
Gedurende die dag word die land warmer as die see. Die lug oor die land word dan warmer, sit uit en styg op. Koeler lug kom van die see af en neem die plek in van die warm lug – so ontstaan ‘n seewind.
Gee nog twee voorbeelde van stroming. Verduidelik wat plaasvind.
1.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. ___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
OPDRAG 7 (Groepwerk)
4.3 Straling:
Die warmte-oordrag van die son na die aarde vind plaas deur middel van straling.
Ons kry baie warmte van die son af. Tussen die son en die aarde se atmosfeer is daar ‘n lugleegte (vakuum). Warmte-oordrag tussen die son en die aarde kan nie sonder stroming/geleiding plaasvind nie.
Stralende warmte van die son bereik ons nadat dit deur die luglaag om die aarde gegaan het. Alle voorwerpe op die aarde waarop die sonstrale skyn, word verhit. As ons egter hoër in die atmosfeer gaan, word dit kouer.
![]() |
Opdrag 8: Om straling te demonstreer
Benodigdhede:
‘n elektriese verwarmer
‘n stuk ruitglas
Wat neem jy waar?
1. Wat gebeur nadat jy die stuk ruitglas voor die verwarmer geplaas het?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Opdrag 9: Om straling met ‘n gloeilamp te demonstreer
Benodigdhede: elektriese gloeilamp
‘n stuk ruitglas
Wat neem jy waar?
1. Voel jou hand dadelik die warmte?
_____________________________________________________________________
2. Hoe bereik die warmte jou hand?
_____________________________________________________________________
3. Keer die glas van die gloeilamp straling?
_____________________________________________________________________
Wat is jou gevolgtrekking?

5. MATERIALE KAN ELEKTRISITEIT OORDRA
Eksperimente het bewys dat die enigste vaste stowwe wat elektriese oordrag gelei, metale en grafiet is. Wanneer dit elektrisiteit gelei, vloei elektrone deur die materiaal, maar daar is geen chemiese reaksie nie, daar word geen nuwe stof gevorm nie en hul gewig bly dieselfde.
Suiwer water gelei elektrisiteit. Die geleidingsvermoë verhoog wanneer ‘n suur bygevoeg word.
Elektrisiteit is ‘n vorm van energie (soos hitte). Dit kan gebruik word om bv. water te kook en dit kan selfs chemiese reaksies laat plaasvind.
Die energie in ‘n elektriese stroom veroorsaak dat watermolekules opbreek.
![]() |
Hierdie opbreek van ‘n stof soos water deur elektrisiteit word elektrolise genoem.
Verduidelik:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2:Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;
Leeruitkomste 2:Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1:Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou;
Assesseringstandaard 2.3:Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.