Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 3
Getalbegrip tot 600
Bewerkings:
In Module 4 word getalbegrip uitgebrei tot 600. Optel- en aftrekbewerkings word met twee- en driesyfergetalle gedoen. Vermenigvuldig- en deelbewerkings word gedoen sonder hergroepering of ontbinding van tiene en slegs tot die getal 99.
Met die aanleer van 3 x en ÷ tot die 10de veelvoud, is die tafels wat in Graad 3 behoort aangeleer te word, afgehandel en is dit baie belangrik dat herhaling en toetsing gereeld sal plaasvind.
Dit word aanbeveel dat die lees van tyd klassikaal aangeleer word en dat elke leerder 'n kartonhorlosie sal hê sodat hulle dit kan hanteer soos die werk behandel word.
So 'n horlosie kan van 'n papierbord gemaak word of die leerders kan toegelaat
word om vir Tegnologie hul eie horlosies te ontwerp. Dit moet egter gereed wees voordat daar met die lees van tyd begin word. Baie praktiese oefening is nodig voordat die leerders hierdie werkvelle kan voltooi.
Getalbegrip word nou uitgebrei van 400 tot 600 en die getalblokke van honderde, tiene en ene, asook die spreikaarte (Aangeheg by Module 2), moet steeds gebruik word om getalbegrip te bevorder. Gee weer spesiale aandag aan die 100 wat hergroepeer moet word by die halvering van 300 en 500: 300 = 200 + 100 500 = 400 + 100
Tel in sesse word toevallig gedoen en kan ook op die veelvoudekaart (Module2) herhaal word. Leerders moet weet: 1 dosyn = 12.
Die leerders moet die geleentheid kry en aangemoedig word om te vertel wat hulle
van die grafiek kan aflei, wat kan verander en wat sal nie verander nie, voordat hulle daaroor moet skryf. So 'n bespreking sal vir u 'n goeie aanduiding gee van wat die leerders begryp en verstaan en waaraan nog meer aandag gegee moet word.
Die aanleer van 3 x en ÷ moet op die mat met konkrete apparaat gedoen word. Die werkvelle is slegs 'n toepassing van dít wat reeds aangeleer is.
Die leerders moet gereeld na die voltooiing van take die geleentheid kry om die liniaal, die meterstok en die klikwiel te gebruik vir praktiese meetwerk in die klas. Hoe meer oefening hulle kry, hoe meer akkuraat sal hulle meet. Moedig hulle gedurig aan om eers te skat.
Hierdie is verrykingswerk en as u dit te gevorderd vind, kan dit in 'n later stadium gedoen word. Daar mag wel leerders wees wat die uitdaging sal aanvaar.
Aangesien 3 x en ÷ pas voltooi is, is dit maklik om derdes nou aan te pak.
Gee aan die leerders los vorms van papier en laat hulle vou en meet en self ontdek hoe dit gedoen kan word. Sommige van die leerders sal self weet hoe om nou sesdes te kry. (Slegs verryking)
Die idee van die resep is om die leerders te laat besef dat die gebruik van standaard meeteenhede en houers noodsaaklik is.
Laat die leerders nog voorbeelde noem waar standaard meeteenhede om inhoud te meet daagliks gebruik word, bv. brandstof, melk, meng van bestanddele vir medisyne, voorskrifte vir toediening van medikasie, ens.
Dit is noodsaaklik dat al die verskillende standaard maathouers en skale, asook sand, water en ander voorwerpe om inhoud en massa te meet, in die klas beskikbaar moet wees. Die leerders moet daagliks kan eksperimenteer met hierdie standaard meeteenhede: liter en milliliter en gram en kilogram.
'n Badkamerskaal is nodig om die leerders se massas te bepaal.
Verskillende metodes word gebruik vir die vermenigvuldig- en deelbewerkings, maar indien u van 'n ander metode gebruik maak en die leerders dit beter verstaan, is dit hulle reg om die metode wat hulle verkies, te gebruik.
Dit is noodsaaklik dat baie soortgelyke voorbeelde van die betrokke getalsinne eers mondeling gedoen word, voordat van die leerders verwag kan word om hierdie werkvel te voltooi.
Die volmaak van 'n honderd en die ontbinding van 'n honderd word nou formeel aangeleer. Baie konkrete werk moet vooraf gedoen word. Meer gevorde werk waar 'n tien en 'n honderd gelyktydig oorgedra of ontbind word, moet nie op dieselfde tyd gedoen word nie. Dit sal van die groep se vermoëns afhang of dit net hierna of op 'n baie later stadium gedoen moet word.
Dit bly die opvoeder se keuse of die leerders hulpsyfers by die vertikale bewerkings gaan gebruik.
Leerders sal 'n skoon vel papier nodig hê om die korste pad te bereken. Sommige leerders mag dit moeilik vind, maar met 'n bietjie hulp, behoort hulle dit te kan doen.
'n Bespreking oor wat hulle sal sien, afhangende van die rigting waaruit hulle na die huis aangery kom, is nodig voordat die leerders dit kan teken.
Neem 'n papierbord of sny 'n sirkel uit karton en ontwerp jou eie horlosie waarmee jy kan leer om tyd te lees.
Onthou:
1 dag = 24 uur
1 uur = 60 minute
![]() |
![]() |
![]() |
Hulle was ____________________________________________________________
1 uur = 60 minute
'n halfuur = 30 minute
![]() |
![]() |
![]() |
Hoeveel somme sal hulle altesaam in 1 uur doen?
Hulle sal _____________________________________________________________
Sy sal _______________________________________________________________
1 uur = 60 minute
'n halfuur = 30 minute
‘n kwartier = 15 minute
![]() |
![]() |
![]() |
| kwartiere | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
| minute | 15 | 30 |
![]() |
![]() |
![]() |
oor 4 terug by die huis. Hoe lank was sy weg?
Sy was ______________________________________________________________
Sy kan _______________________________________________________________
Dit was ______________________________________________________________
Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder analoog- en digitale tyd in ure, halfure, kwartiere en minute lees;
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos wat berekeninge met en herleiding behels.