Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 3 » Meting

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

WISKUNDE

Bonnie en Tommie kuier op die plaas

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Getalbegrip tot 600

Bewerkings:

  • Optel – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van ‘n tien;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van ‘n tien;
  • Vermenigvuldig – tweesyfergetal met ‘n eensyfergetal, sonder hergroepering van tiene tot 99;
  • Deel – twee syfergetal deur ‘n eensyfergetal, sonder ‘n res of hergroepering van tiene tot 99.
  • Die 3× en ÷ tot die 10de veelvoud word aangeleer en daarmee is die tafels wat in Graad 3 aangeleer behoort te word, afgehandel. Herhaling en toetsing moet gereeld gedoen word.
  • Lesing van tyd (bl. 1 - 4) is baie belangrik en dit word aanbeveel dat dit met die hele klas gelyktydig gedoen word, aangesien dit baie tyd in beslag neem en baie deeglike beplanning vereis.
  • Die leerders moet elkeen ‘n horlosie hê om te hanteer en hulle kan vooraf so ‘n horlosie van karton maak, (sien die opvoedersbladsy 0 - 1, onder bl. 1 - 4, vir volledige besonderhede).

In Module 4 word getalbegrip uitgebrei tot 600. Optel- en aftrekbewerkings word met twee- en driesyfergetalle gedoen. Vermenigvuldig- en deelbewerkings word gedoen sonder hergroepering of ontbinding van tiene en slegs tot die getal 99.

Met die aanleer van 3 x en ÷ tot die 10de veelvoud, is die tafels wat in Graad 3 behoort aangeleer te word, afgehandel en is dit baie belangrik dat herhaling en toetsing gereeld sal plaasvind.

Dit word aanbeveel dat die lees van tyd klassikaal aangeleer word en dat elke leerder 'n kartonhorlosie sal hê sodat hulle dit kan hanteer soos die werk behandel word.

So 'n horlosie kan van 'n papierbord gemaak word of die leerders kan toegelaat

word om vir Tegnologie hul eie horlosies te ontwerp. Dit moet egter gereed wees voordat daar met die lees van tyd begin word. Baie praktiese oefening is nodig voordat die leerders hierdie werkvelle kan voltooi.

Getalbegrip word nou uitgebrei van 400 tot 600 en die getalblokke van honderde, tiene en ene, asook die spreikaarte (Aangeheg by Module 2), moet steeds gebruik word om getalbegrip te bevorder. Gee weer spesiale aandag aan die 100 wat hergroepeer moet word by die halvering van 300 en 500: 300 = 200 + 100 500 = 400 + 100

Tel in sesse word toevallig gedoen en kan ook op die veelvoudekaart (Module2) herhaal word. Leerders moet weet: 1 dosyn = 12.

Die leerders moet die geleentheid kry en aangemoedig word om te vertel wat hulle

van die grafiek kan aflei, wat kan verander en wat sal nie verander nie, voordat hulle daaroor moet skryf. So 'n bespreking sal vir u 'n goeie aanduiding gee van wat die leerders begryp en verstaan en waaraan nog meer aandag gegee moet word.

Die aanleer van 3 x en ÷ moet op die mat met konkrete apparaat gedoen word. Die werkvelle is slegs 'n toepassing van dít wat reeds aangeleer is.

Die leerders moet gereeld na die voltooiing van take die geleentheid kry om die liniaal, die meterstok en die klikwiel te gebruik vir praktiese meetwerk in die klas. Hoe meer oefening hulle kry, hoe meer akkuraat sal hulle meet. Moedig hulle gedurig aan om eers te skat.

Hierdie is verrykingswerk en as u dit te gevorderd vind, kan dit in 'n later stadium gedoen word. Daar mag wel leerders wees wat die uitdaging sal aanvaar.

Aangesien 3 x en ÷ pas voltooi is, is dit maklik om derdes nou aan te pak.

Gee aan die leerders los vorms van papier en laat hulle vou en meet en self ontdek hoe dit gedoen kan word. Sommige van die leerders sal self weet hoe om nou sesdes te kry. (Slegs verryking)

Die idee van die resep is om die leerders te laat besef dat die gebruik van standaard meeteenhede en houers noodsaaklik is.

Laat die leerders nog voorbeelde noem waar standaard meeteenhede om inhoud te meet daagliks gebruik word, bv. brandstof, melk, meng van bestanddele vir medisyne, voorskrifte vir toediening van medikasie, ens.

Dit is noodsaaklik dat al die verskillende standaard maathouers en skale, asook sand, water en ander voorwerpe om inhoud en massa te meet, in die klas beskikbaar moet wees. Die leerders moet daagliks kan eksperimenteer met hierdie standaard meeteenhede: liter en milliliter en gram en kilogram.

'n Badkamerskaal is nodig om die leerders se massas te bepaal.

Verskillende metodes word gebruik vir die vermenigvuldig- en deelbewerkings, maar indien u van 'n ander metode gebruik maak en die leerders dit beter verstaan, is dit hulle reg om die metode wat hulle verkies, te gebruik.

Dit is noodsaaklik dat baie soortgelyke voorbeelde van die betrokke getalsinne eers mondeling gedoen word, voordat van die leerders verwag kan word om hierdie werkvel te voltooi.

Die volmaak van 'n honderd en die ontbinding van 'n honderd word nou formeel aangeleer. Baie konkrete werk moet vooraf gedoen word. Meer gevorde werk waar 'n tien en 'n honderd gelyktydig oorgedra of ontbind word, moet nie op dieselfde tyd gedoen word nie. Dit sal van die groep se vermoëns afhang of dit net hierna of op 'n baie later stadium gedoen moet word.

Dit bly die opvoeder se keuse of die leerders hulpsyfers by die vertikale bewerkings gaan gebruik.

Leerders sal 'n skoon vel papier nodig hê om die korste pad te bereken. Sommige leerders mag dit moeilik vind, maar met 'n bietjie hulp, behoort hulle dit te kan doen.

'n Bespreking oor wat hulle sal sien, afhangende van die rigting waaruit hulle na die huis aangery kom, is nodig voordat die leerders dit kan teken.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Meting [LU 1.1, LU 1.3, LU 1.4, LU 1.5, LU 1.8, LU 1.10, LU 4.2, LU 4.3, LU 5.1]

  • Om akkuraat te meet, moet ons van standaardeenhede gebruik maak.

Korter lengtes word in sentimeter en millimeter gemeet. Hiervoor kan ons 'n liniaal gebruik. 10mm = 1 cm

Langer lengtes word in meter gemeet en hiervoor kan ons 'n meterstok, 'n maatband of 'n klikwiel (trundle wheel) gebruik. 100cm = 1 m

Table 1
meter 1 2 3 4 5 6 7 8 9
sentimeter 100                
  • Figure 1
    Figure 1 (graphics1.png)
    Gebruik jou liniaal en meet die lengtes:
  • Gebruik jou liniaal en trek 'n lyn wat 14cm lank is en halveer dit dan.
  • Trek 'n lyn wat 12cm lank is en deel dit in 4 kwarte.
  • Gebruik die meterstok en meet 2 voorwerpe in die klas wat langer as jou liniaal is, maar korter as die meterstok. Jy moet eers skat.
Table 2
Voorwerp Geskat Gemeet Te veel of te min
       
       
  • Gebruik die maatband en meet 2 van jou maats se lengte. Skat eers.
Table 3
Naam Geskat Gemeet Te veel of te min
       
       

  • Gebruik die klikwiel en meet die lengte van die stoep of die gang.
  • Skat eers. Ek skat dit is ___________________________________________
  • Meet dit. Dit is _____________________________________________ lank.
  • Ek was met __________________________________________________ uit.
  • Tommie gaan vir Oupa help om 'n nuwe kamp vir Ouma se hoenders te maak. Die nuwe kamp gaan reghoekig wees - 50m lank en 30m breed.
  • Meet die lengte van die 4 sye van hierdie reghoek
Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

AD = _____________________________________________

AB = _____________________________________________

BC = _____________________________________________

CD = _____________________________________________

Ons sien: AD = BC en AB = CD

Die twee teenoorstaande sye van die reghoek is ewe lank.

Dus: 2 keer die lengte plus 2 keerdie breedte is gelyk aan die omtrek van die reghoek. ( 2 x l ) + ( 2 x b ) = omtrek

Ons skryf dit: 2 l + 2 b = omtrek

  • 2 keer die lengte is _________ cm en 2 keer die breedte is ____________ cm.
  • Die omtrek van die reghoek is___________________________________ cm.

Nou weet Bonnie en Tommie hoe om uit te werk hoeveel ogiesdraad nodig sal wees om die kamp te maak. Hulle moet net die omtrek van die kamp bereken.

  • 2 keer die lengte is m en 2 keer die breedte is m.
  • 2 l + 2 b = omtrek

_____ + _____ =

  • Die omtrek van die kamp is ____________________________________ m.
  • Oupa gaan 'n houthekkie insit wat 1 m breed is. Dus moet hy net _______ m ogiesdraad koop.
  • Die reghoek is in drie gelyke dele gedeel. Kleur 1 van die 3 dele in.
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)
Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

  • Wys hoe jy die probleme sal oplos. Onthou, jy mag teken.

Ouma het 24 koekies gebak. Bonnie en Tommie het ¼ daarvan opgeëet.

Hoeveel koekies is nog oor?

Daar is nog ________________________________________________

  • Bonnie en Tommie het elkeen R12 by Oupa gekry. Bonnie het ½ van haar geld en Tommie ⅓ van sy geld uitgegee. Wie het die meeste uitgegee?

__________________________________________ het die meeste uitgegee.

  • Tommie is 1m 37cm lank en Freddie is 1m 43cm. Wat is die verskil tussen hulle lengtes?

Die verskil is _______________________________________________________

  • Oupa koop 'n tou wat 16m lank is. Hoeveel 2m-stukke kan hy afsny?

Hy kan ____________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder eie oplossings vir probleme verduidelik;

Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaard- en standaardmate.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks