Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 3 » Massa

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

WISKUNDE

Bonnie en Tommie kuier op die plaas

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Getalbegrip tot 600

Bewerkings:

  • Optel – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van ‘n tien;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van ‘n tien;
  • Vermenigvuldig – tweesyfergetal met ‘n eensyfergetal, sonder hergroepering van tiene tot 99;
  • Deel – twee syfergetal deur ‘n eensyfergetal, sonder ‘n res of hergroepering van tiene tot 99.
  • Die 3× en ÷ tot die 10de veelvoud word aangeleer en daarmee is die tafels wat in Graad 3 aangeleer behoort te word, afgehandel. Herhaling en toetsing moet gereeld gedoen word.
  • Lesing van tyd (bl. 1 - 4) is baie belangrik en dit word aanbeveel dat dit met die hele klas gelyktydig gedoen word, aangesien dit baie tyd in beslag neem en baie deeglike beplanning vereis.
  • Die leerders moet elkeen ‘n horlosie hê om te hanteer en hulle kan vooraf so ‘n horlosie van karton maak, (sien die opvoedersbladsy 0 - 1, onder bl. 1 - 4, vir volledige besonderhede).

In Module 4 word getalbegrip uitgebrei tot 600. Optel- en aftrekbewerkings word met twee- en driesyfergetalle gedoen. Vermenigvuldig- en deelbewerkings word gedoen sonder hergroepering of ontbinding van tiene en slegs tot die getal 99.

Met die aanleer van 3 x en ÷ tot die 10de veelvoud, is die tafels wat in Graad 3 behoort aangeleer te word, afgehandel en is dit baie belangrik dat herhaling en toetsing gereeld sal plaasvind.

Dit word aanbeveel dat die lees van tyd klassikaal aangeleer word en dat elke leerder 'n kartonhorlosie sal hê sodat hulle dit kan hanteer soos die werk behandel word.

So 'n horlosie kan van 'n papierbord gemaak word of die leerders kan toegelaat

word om vir Tegnologie hul eie horlosies te ontwerp. Dit moet egter gereed wees voordat daar met die lees van tyd begin word. Baie praktiese oefening is nodig voordat die leerders hierdie werkvelle kan voltooi.

Getalbegrip word nou uitgebrei van 400 tot 600 en die getalblokke van honderde, tiene en ene, asook die spreikaarte (Aangeheg by Module 2), moet steeds gebruik word om getalbegrip te bevorder. Gee weer spesiale aandag aan die 100 wat hergroepeer moet word by die halvering van 300 en 500: 300 = 200 + 100 500 = 400 + 100

Tel in sesse word toevallig gedoen en kan ook op die veelvoudekaart (Module2) herhaal word. Leerders moet weet: 1 dosyn = 12.

Die leerders moet die geleentheid kry en aangemoedig word om te vertel wat hulle

van die grafiek kan aflei, wat kan verander en wat sal nie verander nie, voordat hulle daaroor moet skryf. So 'n bespreking sal vir u 'n goeie aanduiding gee van wat die leerders begryp en verstaan en waaraan nog meer aandag gegee moet word.

Die aanleer van 3 x en ÷ moet op die mat met konkrete apparaat gedoen word. Die werkvelle is slegs 'n toepassing van dít wat reeds aangeleer is.

Die leerders moet gereeld na die voltooiing van take die geleentheid kry om die liniaal, die meterstok en die klikwiel te gebruik vir praktiese meetwerk in die klas. Hoe meer oefening hulle kry, hoe meer akkuraat sal hulle meet. Moedig hulle gedurig aan om eers te skat.

Hierdie is verrykingswerk en as u dit te gevorderd vind, kan dit in 'n later stadium gedoen word. Daar mag wel leerders wees wat die uitdaging sal aanvaar.

Aangesien 3 x en ÷ pas voltooi is, is dit maklik om derdes nou aan te pak.

Gee aan die leerders los vorms van papier en laat hulle vou en meet en self ontdek hoe dit gedoen kan word. Sommige van die leerders sal self weet hoe om nou sesdes te kry. (Slegs verryking)

Die idee van die resep is om die leerders te laat besef dat die gebruik van standaard meeteenhede en houers noodsaaklik is.

Laat die leerders nog voorbeelde noem waar standaard meeteenhede om inhoud te meet daagliks gebruik word, bv. brandstof, melk, meng van bestanddele vir medisyne, voorskrifte vir toediening van medikasie, ens.

Dit is noodsaaklik dat al die verskillende standaard maathouers en skale, asook sand, water en ander voorwerpe om inhoud en massa te meet, in die klas beskikbaar moet wees. Die leerders moet daagliks kan eksperimenteer met hierdie standaard meeteenhede: liter en milliliter en gram en kilogram.

'n Badkamerskaal is nodig om die leerders se massas te bepaal.

Verskillende metodes word gebruik vir die vermenigvuldig- en deelbewerkings, maar indien u van 'n ander metode gebruik maak en die leerders dit beter verstaan, is dit hulle reg om die metode wat hulle verkies, te gebruik.

Dit is noodsaaklik dat baie soortgelyke voorbeelde van die betrokke getalsinne eers mondeling gedoen word, voordat van die leerders verwag kan word om hierdie werkvel te voltooi.

Die volmaak van 'n honderd en die ontbinding van 'n honderd word nou formeel aangeleer. Baie konkrete werk moet vooraf gedoen word. Meer gevorde werk waar 'n tien en 'n honderd gelyktydig oorgedra of ontbind word, moet nie op dieselfde tyd gedoen word nie. Dit sal van die groep se vermoëns afhang of dit net hierna of op 'n baie later stadium gedoen moet word.

Dit bly die opvoeder se keuse of die leerders hulpsyfers by die vertikale bewerkings gaan gebruik.

Leerders sal 'n skoon vel papier nodig hê om die korste pad te bereken. Sommige leerders mag dit moeilik vind, maar met 'n bietjie hulp, behoort hulle dit te kan doen.

'n Bespreking oor wat hulle sal sien, afhangende van die rigting waaruit hulle na die huis aangery kom, is nodig voordat die leerders dit kan teken.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Massa [LU 1.8, LU 1.93, 2.2, 4.5]

  • Bonnie en Ouma wil graag pannekoek bak. Hulle moet die bestanddele akkuraat afmeet as hulle wil hê dit moet 'n sukses wees.

Droë bestanddele soos meel en die suiker word met 'n standaard maatkoppie en maatlepels in gram en kilogram afgemeet of ons kan 'n kombuisskaal gebruik om dit af te weeg. Onthou: 1 000 g = 1 kg

Vloeistowwe soos olie, melk en water word met 'n standaard maatbeker en maatlepels in milliliter en liter afgemeet. Onthou: 1 000 mℓ = 1ℓ

  • Hier is hulle resep. Julle kan dit in die skool of by die huis uittoets.

Bestanddele:

4 koppies (544g) koekmeel

4 eiers

1 koppie (250mℓ) olie

1 t (5mℓ) sout

koppie (63mℓ) asyn

1ℓ water

4 t. (20mℓ) bakpoeier

Metode:

1. Klits die eiers, olie, asyn en 'n bietjie van die water baie goed.

2. Sif die meel en die sout saam.

3. Voeg dit om die beurt met die res van die water by die eiermengsel en klits dit baie goed.

4. Voeg die bakpoeier laaste by.

5. Gooi bietjies-bietjies van die mengsel in 'n warm, gesmeerde pan en bak dit aan albei kante ligbruin. Gooi dit uit op 'n bord, strooi kaneelsuiker oor en rol dit op.

Die resep is genoeg vir 60 pannekoeke.

  • Hoeveel pannekoeke is daar vir elke leerder as daar 30 leerders in die klas

is? Daar is ___________________________________________________________

  • Bereken die bestanddele as julle die resep moet verdubbel:

koekmeel

_______________ asyn

_______________ eiers

_______________ water

_______________ olie

_______________ bakpoeier

_______________ sout

Skat watter 5 leerders in die klas het die kleinste massas en skryf hulle name in die tabel en vra vir Juffrou om hulle te weeg.

Table 1
Name Massa geskat Massa geweeg Te veel of te min
       
       
       
       
       

  • Wie van die 5 leerders het die grootste massa?__________________________
  • Wie van die 5 leerders het die kleinste massa? _________________________
  • Wat is die verskil tussen die twee se massas? ___________________________
  • Wat is die 5 leerders se totale massa? _________________________________
  • Gaan vind die massa, maar skat eers of dit meer of minder as 1 kg is:
Table 2
Voorwerp Meer/minder as 1 kg Geweeg Reg/Verkeerd
Jou skoene      
Skooltas      
Kosblik      
'n Baksteen      
10 Boeke      
  • Bereken die totale massa van elke artikel. Mamma koop :

3 x 2 kg rys _________________________________________

5 x 10 kg aartappels ____________________________________

6 x 100 g jellie ________________________________________

4 x 150 g lekkers_______________________________________

2 x 500 g margarien ____________________________________

1. Flinkdink!

2 x 7 = _____ 9 x 2 = _____ 16 ÷ 2 = _____

5 x 5 = _____ 10 x 3 = _____ 9 ÷ 3 = _____

3 x 9 = _____ 8 x 4 = _____ 20 ÷ 5 = _____

10 x 7 = _____ 6 x 10 = _____ 12 ÷ 4 = _____

4 x 6 = _____ 5 x 2 = _____ 24 ÷ 3 = _____

2 x 8 = _____ 7 x 4 = _____ 10 ÷ 2 = _____

5 x 6 = _____ 6 x 2 = _____ 40 ÷ 10 = _____

10 x 8 = _____ 9 x 4 = _____ 5 ÷ 5 = _____

3 x 0 = _____ 4 x 5 = _____ 16 ÷ 4 = _____

4 x 7 = _____ 6 x 3 = _____ 21 ÷ 3 = _____

2 x 9 = _____ 7 x 5 = _____ 14 ÷ 2 = _____

10 x 10 = _____ 4 x 4 = _____ 36 ÷ 4 = _____

5 x 3 = _____ 5 x 10 = _____ 27 ÷ 3 = _____

3 x 8 = _____ 6 x 5 = _____ 4 ÷ 2 = _____

4 x 9 = _____ 3 x 2 = _____ 45 ÷ 5 = _____

10 x 1 = _____ 8 x 5 = _____ 90 ÷ 10 = _____

2 x 5 = _____ 3 x 3 = _____ 30 ÷ 5 = _____

2. Kyk na die patroon wat Bonnie en Tommie ontdek het. Voltooi dit.

1 x 2 = 2 10 x 2 = 20 100 x 2 = 200

1 x 3 = _____ 10 x 3 = _____ 100 x 3 = _____

1 x 4 = _____ 10 x 4 = _____ 100 x 4 = _____

1 x 5 = _____ 10 x 5 = _____ 100 x 5 = _____

1 x 6 = _____ 10 x 6 = _____ 100 x 6 = _____

2 x 1 = _____ 20 x 1 = _____ 200 x 1 = _____

2 x 2 = _____ 20 x 2 = _____ 200 x 2 = _____

2 x 3 = _____ 20 x 3 = _____ 200 x 3 = _____

2 x 4 = _____ 20 x 4 = _____ 200 x 4 = _____

2 x 5 = _____ 20 x 5 = _____ 200 x 5 = _____

3 x 1 = _____ 30 x 1 = _____ 300 x 1 = _____

3 x 2 = _____ 30 x 2 = _____ 300 x 2 = _____

3 x 3 = _____ 30 x 3 = _____ 300 x 3 = _____

4 x 1 = _____ 40 x 1 = _____ 400 x 1 = _____

4 x 2 = _____ 40 x 2 = _____ 400 x 2 = _____

5 x 1 = _____ 50 x 1 = _____ 500 x 1 = _____

5 x 2 = _____ 50 x 2 = _____ 500 x 2 = _____

  • Kom ons kyk hoe Bonnie en Tommie hierdie probleem opgelos het.

Ouma het koekies gebak en dit in 3 blikke verpak. In elke blik is 23 koekies. Hoeveel koekies het sy altesaam gebak?

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
  • Kyk of jy hierdie probleem op dieselfde manier kan oplos.

Oupa het 4 rye bome geplant. In elke ry is 12 bome. Hoeveel bome het hy altesaam geplant?

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

  • Doen die bewerkings en gebruik die metode waarvan jy die meeste hou:

44 x 2 =

32 x 3 =

2 1 x 4 =

1 1 x 5 =

  • Gebruik jou eie metode om die probleme op te los. Wys hoe jy dit doen:

Die afgelope 4 dae het Ouma elke dag 22 eiers uit die neste gehaal. Hoeveel eiers het sy altesaam uitgehaal?

  • Sy het _________________________________________________________

Maandag het Ouma en Bonnie 120 koekies gebak, Dinsdag het hulle 48 gebak en Woensdag nog 100. Hoeveel koekies het hulle altesaam gebak?

  • Hulle het _______________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme op te los;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Leeruitkomste 2:Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 1 000;

Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaard- en standaardmate.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks