Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 3 » Afstand

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

WISKUNDE

Bonnie en Tommie is ook padgebruikers

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

In Module 5 word getalbegrip uitgebrei tot 800. Optelling en aftrekking word met twee- en driesyfergetalle gedoen. Vermenigvuldiging met die hergroepering van tiene word nou gedoen. Deling met 'n res, maar sonder die hergroepering of ontbinding van tiene word aangeleer. Aanvanklik word dit slegs in die tafelgebied gedoen. Die leerders moet 'n baie goeie begrip hiervan hê voordat dit na groter getalle uitgebrei word. Toetsing van tafels is steeds noodsaaklik.

Hier word die leerders blootgestel aan ander maniere om data op te som.

'n Mondelinge bespreking oor moontlike veranderinge en die gevolge daarvan is nodig.

Maak seker dat die leerders besef dat hulle die afstand wat hulle van die skool af woon minstens 2 keer per dag moet aflê: hulle gaan skool toe en weer terug huis toe.

Voordat die leerders hierdie bladsy doen, moet hulle die inligting omtrent die afstand wat hulle van die skool af woon, bekom.

Dit is die eerste keer in die Graad 3 modules dat die leerders sekere punte op 'n grafiek moet bepaal om dit te kan trek en ook met 2 stelle data op een grafiek moet werk, maak dus baie seker dat hulle verstaan hoe dit gedoen moet word. Eenvoudiger voorbeelde kan eers bespreek word.

Voer eers 'n gesprek oor hoe 'n bus van vooren van agter lyk voordat die leerders dit teken.

Tel in 8's moet gedoen word voor die voltooiing van die tabel onderaan hierdie bladsy.

Hulle moet die verwantskap (patroon) ontdek. Soortgelyke patrone is op p. 1 1.

Hierdie werkvel is bloot om die vlak van denke en begrip by optel- en aftrekbewerkings vas te stel en om te bepaal waar spesiale aandag nodig is. Dit is nie nodig dat die hele werkvel in een sessie voltooi word nie.

Konkrete werk is noodsaaklik om die oordrag van tiene met vermenigvuldiging te verduidelik.

Maak seker dat die leerders die patrone by die deling verstaan, voordat van hulle verwag word om dit te voltooi.

Hier gaan dit oor deling met ‘n res. Verduidelik aan die leerders dat dit soms uit die aard van die probleem onmoontlik is om dit wat oorbly na verdeling, in breuke op te breek en dan uit te deel. Bv. 1 gebakte of gekookte eier kan opgebreek word, maar nie 1 rou eier nie. Dit word dan as ‘n res geskryf.

Werk eers net in die tafelgebied. Baie konkrete werk en herhaling is nodig, want dit is baie belangrik dat die leerders dit eers moet verstaan voordat daar na groter getalle uitgebrei word.

Die leerders moet self soek vir boekies en pamflette met die verskillende verkeerstekens en dit bespreek voordat hulle die bladsy kan voltooi.

Baie prente en verskillende voorwerpe met die betrokke vorms is nodig om seker te maak dat die leerders al die 3 D-vorms herken.

Wys die leerders daarop dat daar geen maklike metode van vou of halveer is om vyfdes van 2 D-vorms te kry nie. Dit word deur meting bepaal.

Dit mag dalk nodig wees om die leerders te help om die ligging te bepaal van die eerste blokkie wat hulle moet inkleur. Moenie help as hulle dit self kan kry nie.

Moedig die leerders aan om te vertel waar hulle woon en hoe hulle die pad aan iemand sal verduidelik. Gee hulle die geleentheid om ‘n roete te verduidelik, al is dit net hoe om by ‘n sekere lokaal in die gebou uit te kom.

Table 1
Kritieke- en ontwikkelingsuitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan Bladsyverwysings
probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke; 1; 2; 5; 6; 15; 21; 24.
doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk; 1; 22.
hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur; 20; 25; 26.
inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer; 1; 3; 20.
doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme; 7 – 10; 13; 14; 16; 19; 21; 22; 23.
wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; 4.
begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie; 6.
nadink oor en ondersoek doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer; 5; 11; 12; 17; 18.
as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deelneem; 4.
in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensiteif wees. 4.

Integrasie van temas

Sosiale Geregtigheid

Is dit reg dat voetgangers ook by padgebruikers ingesluit word?

  • Bespreek.

Menseregte

Watter regte het voetgangers?

  • Elke leerder maak sy eie lys en vergelyk dit met dié van die ander leerders.

Inklusiwiteit

Wie is almal padgebruikers?

Wat word gedoen om die voetgangers se veiligheid te bevorder?

  • Bespreek en skryf ‘n koerantberig oor gevare wat voetgangers moet trotseer.

Integreer die werk met Geletterdheid en Lewensoriëntering.

  • Getalbegrip tot 800

Bewerkings:

  • Optel – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (volmaak) van tiene of honderde;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (ontbinding) van tiene of honderde;
  • Vermenigvuldig – tweesyfergetal met ‘n eensyfergetal, met hergroepering (volmaak) van tiene;
  • Deel – met ‘n res in tafelgebied;

Tweesyfergetal deur ‘n eensyfergetal met res, sonder hergroepering van tiene tot 99.

Deling met ‘n res, maar sonder die hergroepering (ontbinding) van tiene word aangeleer. Dit vra baie konkrete werk en aanvanklik word dit slegs in die tafelgebied gedoen. Die leerders moet ‘n baie goeie begrip hiervan hê voordat dit na groter getalle uitgebrei word. Toetsing van die tafels is noodsaaklik.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Afstand [LU 1.1, LU 1.3, LU 1.4, LU 1.8, LU 1.9, LU 1.10, LU 3.5, LU 5.1, LU 5.2, LU 5.3, LU 5.4, LU 5.5]

Ons is almal padgebruikers: voetgangers, fietsryers, voertuigbestuurders of slegs passasiers. Dit is noodsaaklik dat ons alle verkeersreëls en -tekens moet ken en gehoorsaam.

Vind uit by al die leerders in jou klas hoe hulle soggens by die skool kom. Maak 'n kolletjie in die betrokke sirkel om elke leerder aan te dui.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Gebruik jou inligting om die sinne te voltooi.

Die meeste leerders kom _______________________________________________

Die minste leerders kom________________________________________________

  • Skryf 3 dinge wat kan gebeur om die inligting wat jy gekry het te laat verander.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Gestel nou al die leerders in jou klas het met 'n fiets skool toe gekom.

Hoeveel fietse behoort dan aan hulle? ______________ fietse

Hoeveel wiele is daar altesaam? ______________ wiele

  • Buite die skool staan 10 fietsrakke en in elke fietsrak staan 25 fietse. Hoeveel fietse is daar altesaam? ______________ fietse

Hoeveel wiele is daar altesaam? ______________ wiele

Gestel nou dat in 1 van die fietsrakke net 13 fietse staan, hoeveel fietse en wiele is daar altesaam? ______________ fietse en ______________ wiele

Bonnie en Tommie woon 500m van die skool af en stap elke dag heen en weer. Hulle steek die straat by die skolierpatrollie oor.

  • Hoe ver loop hulle op 'n dag?

Hulle loop ____________________________________________________________

  • Hoe ver loop hulle in 4 weke?

Hulle loop ____________________________________________________________

  • Daar het vanoggend 418 voete by die skolierpatrollie oorgestap. Hoeveel leerders het oor die sebrastrepe geloop? _______________________ leerders.
  • Gaan vind uit:

1. Hoe ver woon jy van die skool af?

2. Hoe ver ry of loop jy elke dag?

3. Hoe ver ry of loop jy in 'n volle skoolweek?

4. Hoe ver woon die leerder wat die verste van die skool af woon?

5. Hoe ver woon die leerder wat die naaste aan die skool woon?

6. Bereken die verskil tussen die twee afstande?

  • Vra vir Juffrou om vir julle te help om die inligting hier op te som:

____________________ leerders nader as ½ km.

____________________ leerders verder as ½ tot 1km.

____________________ leerders verder as 1 tot 1½ km.

____________________ leerders verder as 1½ tot 2 km.

____________________ leerders verder as 2 km.

Hier is 'n grafiek van die afstande van die leerders in die tweeling se klas. Hulle grafiek is met swart getrek en met A gemerk. Vul nou jou eie klas se inligting op dieselfde grafiek in. Trek jou grafiek met 'n rooi potlood en merk dit met B.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Kom ons vergelyk die 2 klasse met mekaar. Vul net A of B in.

Bonnie en Tommie is baie opgewonde, want hulle gaan op 'n netbal- en rugbytoer vir Grade 3, 4 en 5.

Hier is die bus waarmee hulle gaan ry.

  • Teken dit oor op die blokke wat voorsien word.
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

  • Teken die bus soos van die voorkant en dan van die agterkant gesien.
Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

  • Bring leë kartonhouers en ander afvalmateriaal en bou jou eie bus.

Gebruik jou eie metode om die probleme op te los.

  • Daar is 120 spelers en 8 afrigters wat gaan toer. Elke bus mag net 35 passasiers vervoer. Teken die busse wat nodig is om almal te vervoer.
  • Deel die spelers en die afrigters so in dat al die busse ewe veel spelers en afrigters het. Skryf dit op die buss. Hoeveel sitplekke sal oop wees in elke bus?
  • Daar is 15 spelers in 'n rugbyspan. Hoeveel spelers is in die 5 rugby-spanne altesaam? Daar is ________________________________________________
  • Daar is 7 spelers in 'n netbalspan. Hoeveel spelers is daar in die 5 netbalspanne altesaam? Daar is _____________________________________
  • Die ander spelers is reserwes. Hoeveel reserwes is daar? Daar is __________
  • Hulle vertrek Donderdag en sal 3 nagte uitslaap. Watter dag sal hulle terugkom? ______________________________________________________
  • Elke speler moet R100 bydra om 'n gedeelte van die onkoste te dek. Bonnie en Tommie gaan elkeen R50 sakgeld saamneem.Hoeveel sal dit vir die tweeling se ouers kos, sakgeld ingesluit, om hulle op die toer te laat gaan?

_______________________________________________________________

Bonnie en Tommie en al die ander spelers het die toer baie geniet, maar nou is daar nog 'n paar berekeninge wat gedoen moet word.

  • Hier is 'n voorstelling van die roete van die toer wat jou kan help met die berekeninge.
Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)

Gedurende die toer het hulle 400 km altesaam gery. Die eerste dag het hulle 120 km gery, die tweede dag 102 km en die derde dag 103 km. Wat was die afstand wat hulle die laaste dag gery het tot by die skool?

  • Getalsin: ________________________________________
  • Die laaste dag ____________________________________

Vir elke 100 km wat die bus afgelê het, het die brandstof R150 gekos.

Hoeveel het die brandstof vir die hele toer per bus gekos?

  • Getalsin: ________________________________________
  • R ______________________________________________

Wie weet wat het die brandstof vir al die busse saam gekos?

  • R _____________________________________________
  • Gestel elke bus het 80 km in 1 uur afgelê, voltooi die tabel:
Table 2
ure 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
km 80                  
Figure 6
Figure 6 (graphics6.png)
  • Gebruik die getallelyn en skryf die getal wat halfpad is tussen:

100 ……………………… 300

400 ……………………… 500

150 ……………………… 250

300 ……………………… 350

250 ……………………… 300

200 ……………………… 600

700 ……………………… 800

550 ……………………… 650

400 ……………………… 450

750 ……………………… 800

Figure 7
Figure 7 (graphics7.png)

  • Hoe vinnig kan jy die antwoorde invul?
Figure 8
Figure 8 (graphics8.png)
  • Skryf neer al die 3-syfergetalle wat jy met die syfers 3, 7 en 8 kan maak.

_____________________________________________________________________

  • Rangskik die getalle van groot na klein en omkring die onewe getalle.

_____________________________________________________________________

  • Skryf die onewe getalle met hulle getalname:

_____________________________________________________________________

  • Rond die ewe getalle af tot die naaste tien.

_____________________________________________________________________

  • Halveer nou die afgeronde getalle.

_____________________________________________________________________

  • Nou is Bonnie en Tommie weer by die rekenaar:
Figure 9
Figure 9 (graphics9.png)

Flinkdink!

Figure 10
Figure 10 (graphics10.png)

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel in:

1.1.1 die intervalle aangedui vir graad 2 met toenemende getalomvang;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ken, lees en skryf getalsimbole en -name van 1 tot minstens 1 000;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 getallelyne;

1.10.4 afronding in tiene.

Leeruitkomste 3:Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder herken en beskryf driedimensionele voorwerpe vanuit verskillende posisies;

Leeruitkomste 5:Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder data versamel (alleen en/of as ’n lid van ’n groep of span) in die klaskamer en skoolomgewing om vrae wat die onderwyser en die klas stel, te beantwoord (bv. “hoeveel leerders stap skool toe?”);

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eie en gegewe data sorteer, orden en organiseer volgens een of meer spesifieke eienskappe om ’n spesifieke rede;

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder prente teken en stel prentdiagramme (piktogramme) en staafgrafieke saam met ’n 1-1- ooreenstemming tussen eie data en voorstellings;

Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder lees, interpreteer en verslag doen oor inligting in eie en ’n maat se voorstelling van data;

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder data lees en interpreteer wat in eenvoudige tabelle en lyste voorgestel word.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks