Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 3 » Deling met Res

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Deling met Res

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

WISKUNDE

Bonnie en Tommie is ook padgebruikers

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

In Module 5 word getalbegrip uitgebrei tot 800. Optelling en aftrekking word met twee- en driesyfergetalle gedoen. Vermenigvuldiging met die hergroepering van tiene word nou gedoen. Deling met 'n res, maar sonder die hergroepering of ontbinding van tiene word aangeleer. Aanvanklik word dit slegs in die tafelgebied gedoen. Die leerders moet 'n baie goeie begrip hiervan hê voordat dit na groter getalle uitgebrei word. Toetsing van tafels is steeds noodsaaklik.

Hier word die leerders blootgestel aan ander maniere om data op te som.

'n Mondelinge bespreking oor moontlike veranderinge en die gevolge daarvan is nodig.

Maak seker dat die leerders besef dat hulle die afstand wat hulle van die skool af woon minstens 2 keer per dag moet aflê: hulle gaan skool toe en weer terug huis toe.

Voordat die leerders hierdie bladsy doen, moet hulle die inligting omtrent die afstand wat hulle van die skool af woon, bekom.

Dit is die eerste keer in die Graad 3 modules dat die leerders sekere punte op 'n grafiek moet bepaal om dit te kan trek en ook met 2 stelle data op een grafiek moet werk, maak dus baie seker dat hulle verstaan hoe dit gedoen moet word. Eenvoudiger voorbeelde kan eers bespreek word.

Voer eers 'n gesprek oor hoe 'n bus van vooren van agter lyk voordat die leerders dit teken.

Tel in 8's moet gedoen word voor die voltooiing van die tabel onderaan hierdie bladsy.

Hulle moet die verwantskap (patroon) ontdek. Soortgelyke patrone is op p. 1 1.

Hierdie werkvel is bloot om die vlak van denke en begrip by optel- en aftrekbewerkings vas te stel en om te bepaal waar spesiale aandag nodig is. Dit is nie nodig dat die hele werkvel in een sessie voltooi word nie.

Konkrete werk is noodsaaklik om die oordrag van tiene met vermenigvuldiging te verduidelik.

Maak seker dat die leerders die patrone by die deling verstaan, voordat van hulle verwag word om dit te voltooi.

Hier gaan dit oor deling met ‘n res. Verduidelik aan die leerders dat dit soms uit die aard van die probleem onmoontlik is om dit wat oorbly na verdeling, in breuke op te breek en dan uit te deel. Bv. 1 gebakte of gekookte eier kan opgebreek word, maar nie 1 rou eier nie. Dit word dan as ‘n res geskryf.

Werk eers net in die tafelgebied. Baie konkrete werk en herhaling is nodig, want dit is baie belangrik dat die leerders dit eers moet verstaan voordat daar na groter getalle uitgebrei word.

Die leerders moet self soek vir boekies en pamflette met die verskillende verkeerstekens en dit bespreek voordat hulle die bladsy kan voltooi.

Baie prente en verskillende voorwerpe met die betrokke vorms is nodig om seker te maak dat die leerders al die 3 D-vorms herken.

Wys die leerders daarop dat daar geen maklike metode van vou of halveer is om vyfdes van 2 D-vorms te kry nie. Dit word deur meting bepaal.

Dit mag dalk nodig wees om die leerders te help om die ligging te bepaal van die eerste blokkie wat hulle moet inkleur. Moenie help as hulle dit self kan kry nie.

Moedig die leerders aan om te vertel waar hulle woon en hoe hulle die pad aan iemand sal verduidelik. Gee hulle die geleentheid om ‘n roete te verduidelik, al is dit net hoe om by ‘n sekere lokaal in die gebou uit te kom.

Table 1
Kritieke- en ontwikkelingsuitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan Bladsyverwysings
probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke; 1; 2; 5; 6; 15; 21; 24.
doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk; 1; 22.
hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur; 20; 25; 26.
inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer; 1; 3; 20.
doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme; 7 – 10; 13; 14; 16; 19; 21; 22; 23.
wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; 4.
begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie; 6.
nadink oor en ondersoek doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer; 5; 11; 12; 17; 18.
as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deelneem; 4.
in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensiteif wees. 4.

Integrasie van temas

Sosiale Geregtigheid

Is dit reg dat voetgangers ook by padgebruikers ingesluit word?

  • Bespreek.

Menseregte

Watter regte het voetgangers?

  • Elke leerder maak sy eie lys en vergelyk dit met dié van die ander leerders.

Inklusiwiteit

Wie is almal padgebruikers?

Wat word gedoen om die voetgangers se veiligheid te bevorder?

  • Bespreek en skryf ‘n koerantberig oor gevare wat voetgangers moet trotseer.

Integreer die werk met Geletterdheid en Lewensoriëntering.

  • Getalbegrip tot 800

Bewerkings:

  • Optel – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (volmaak) van tiene of honderde;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (ontbinding) van tiene of honderde;
  • Vermenigvuldig – tweesyfergetal met ‘n eensyfergetal, met hergroepering (volmaak) van tiene;
  • Deel – met ‘n res in tafelgebied;

Tweesyfergetal deur ‘n eensyfergetal met res, sonder hergroepering van tiene tot 99.

Deling met ‘n res, maar sonder die hergroepering (ontbinding) van tiene word aangeleer. Dit vra baie konkrete werk en aanvanklik word dit slegs in die tafelgebied gedoen. Die leerders moet ‘n baie goeie begrip hiervan hê voordat dit na groter getalle uitgebrei word. Toetsing van die tafels is noodsaaklik.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Deling met ‘n Res [LU 1.7, LU 1.8, LU 3.1]

  • Bonnie en Tommie het ontdek dat sekere getalle nie gelykop verdeel kan word nie. Dit is al die getalle wat nie veelvoude van die deler is nie. Soms kan dit wat oorbly in kleiner dele gedeel word, maar soms is dit nie moontlik nie.
  • Kyk mooi:

Bonnie moet 13 appels tussen haar en Tommie deel. Hoeveel sal elkeen kry?

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

13 ÷ 2 = 6½

  • Kyk nou hierna:

Tommie wil 13 albasters gelyk op deel tussen hom en Jaco. Hoeveel albasters gaan elkeen kry en hoeveel gaan oorbly?

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Elkeen kry 6 en 1 bly oor. (Hy kan nie die albaster halveer nie.)

  • Hy het so gedink:

Die naaste veelvoud van 2 wat kleiner is as 13, is 12. Hy het toe met

12 ÷ 2 gewerk en geweet dat daar 1 sal oorbly. (Hergroepeer: 12 + 1)

Die 1 wat oorbly, noem ons die res. 13 ÷ 2 6 res 1

Onthou, die res moet altyd kleiner wees as die deler.

Table 2
Getalsin Naaste veelvoud Bly oor Voltooi getalsin
1 3 ÷ 27 ÷ 21 1 ÷ 21 5 ÷ 21 9 ÷ 2 1 2 ÷ 2 = 6 1 1 3 ÷ 2 ¬ 6 res 1
  • Doen nou dieselfde met die veelvoude van 3, 4, 5 en 10.
Table 3
Getalsin Naaste veelvoud Bly oor Voltooi getalsin
13 ÷ 317 ÷ 422 ÷ 526 ÷ 336 ÷ 1038 ÷ 523 ÷ 37 ÷ 49 ÷ 524 ÷ 10      
  • Flinkdink!

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

  • Bonnie het 67 eensentstukke en wil dit gelykop deel tussen haar en Tommie. Hoeveel gaan elkeen kry en hoeveel sal oorbly?
Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

Elkeen gaan 33 eensentstukke kry en 1 bly oor.

  • Doen die bewerkings en gebruik die metode waarvan jy die meeste hou:
Table 4
46 ÷ 4 ¬ 68 ÷ 3 ¬
85 ÷ 2 ¬ 59 ÷ 5 ¬
  • Gebruik jou eie metode om die probleme op te los. Wys hoe jy dit doen.

Juffrou het 57 potlode gekoop. Hoeveel leerders kan elkeen 5 potlode kry en hoeveel potlode gaan sy oorhê?

  • Ouma het 95 eiers uitgehaal en sy wil graag vir 3 winkels ewe veel gee. Hoeveel eiers sal elke winkel kry en hoeveel sal sy oorhê?
  • Pappa het R87 en wil penne koop wat R4 elk kos. Hoeveel penne kan hy koop en hoeveel geld sal hy oorhê?
  • Vul die antwoorde so vinnig as moontlik in:

Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)

  • Voltooi die bus se wiele:
Figure 6
Figure 6 (graphics6.png)
  • Volg die syferpad om uit te vind hoe ver die bus gery het. Begin by die driehoek en eindig in die reghoek.
Figure 7
Figure 7 (graphics7.png)
  • Kyk hoeveel verskillende padtekens jy oppad skool toe sien. Daar is tekens wat jou waarsku, ander wat bevele gee en sommige gee slegs inligting. Gaan vind uit hoe die verskillende padtekens lyk.
  • Gebruik hierdie sirkels, reghoeke en driehoeke en teken jou eie padtekens.
Figure 8
Figure 8 (graphics8.png)

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering behels en verduidelik die antwoorde, wat sowel eenheidsbreuke as nie-eenheidsbreuke kan insluit (bv. ¼, ¾);

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Leeruitkomste 3:Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die omgewing en in prente herken, identifiseer en benoem.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks