Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Wiskunde Graad 3 » Tale, bewerkings en tyd

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseMaths display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Tale, bewerkings en tyd

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

WISKUNDE

Bonnie en Tommie se skool hou kermis

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Dit is van die allergrootste belang dat die opvoeder met die inhoud van die module vertroud moet wees voordat dit aan enige leerder uitgedeel word, want in hierdie module is heelwat gevorderde en verrykings werk, maar leerders van die eerste twee groepe behoort dit as ‘n uitdaging te beskou en te kan bemeester. Moenie leerders blootstel aan take wat bo hulle vermoëns is en hulle daardeur ontmoedig nie. (Selekteer volgens hulle vermoëns).

Die aktiwiteite van bl. 23 tot 27, die maak van die bewertjies, kan met die hele klas aangepak word. Dit kan saam met Tegnologie gedoen word.

Getalbegrip tot 1 500

Bewerkings:

Optel-, aftrek- en vermenigvuldig – twee- en driesyfergetalle, met en sonder hergroepering van tiene en honderde;

Deel – tweesyfergetal, met hergroepering van tiene en met ‘n res, bv. 66 ÷ 4 =

In Module 7 word getalbegrip uitgebrei tot 1500. Alle optel-, aftrek- en vermenigvuldigbewerkings word gedoen met twee- en driesyfergetalle, met en sonder hergroepering van honderde en tiene. Deling word slegs met tweesyfergetalle met hergroepering van tiene en met 'n resgedoen, bv. 66 ÷ 4 =

'n Bespreking oor die kermis is nodig sodat die leerders hul gedagtes kan orden en die prent vooraf kan beplan.

Die leerders moet die aantel vanaf eenduisend baie goed verstaan. Maak gebruik van soortgelyke getalleblokke van 1 101 tot 1200, 1201 tot 1300, 1301 tot 1400 en 1401 tot 1500 indien dit nodig blyk te wees.

Winkelspeletjies word aanbeveel om die leerders te help om kleingeld te kan bereken.

Gee spesiale aandag aan die gelyke waardes en mℓ.

Gebruik die plakkate vir nog berekeninge en gee vir die leerders geleentheid om vir mekaar te vra om sekere berekeninge te doen.

Dit is 'n aktiwiteit wat fisies iewers op die terrein uitgevoer kan word. Laat die leerders dit gaan afmeet met 'n klikwiel (trundle wheel).

Dit word van die leerders verwag om in 'n taal anders as die taal van onderrig te kan tel. Indien daar leerders in die klas is wat 'n ander taal magtig is, gee vir hulle die geleentheid om in hul eie taal te tel.

Dit is konsolidering en vaslegging van bewerkings. Gee aandag aan probleem areas. Leerders sal moontlik ‘n ekstra vel papier nodig hê waarop hulle die bewerkings kan doen.

Die berekening van breuke van getalle mag dalk vir sommige leerders probleme veroorsaak. Moedig hulle aan om te probeer en ten minste net die maklikstes te doen.

Die 8x en ÷ word saam met agstes gedoen, alhoewel dit nie 'n vereiste is dat hulle dit moet ken nie.

Vermenigvuldiging word met hergroepering van honderde en ook tiene gedoen.

Hierdie aktiwiteit is om die leerders se kennis van getalle en hul redenasievermoëns te toets.

Deling met hergroepering van die tiene en ook 'n res is 'n bewerking wat vele konkrete werk vereis. Hulle moet kan vertel hoe hulle dink en wat hulle doen, voordat hulle die geskrewe werk kan doen. Gee baie soortgelyke werk.

Moedig die leerders aan om hulle bewerkings te toets.

Hierdie aktiwiteit kan nie op 1 dag afgehandel word nie Dit kan saam met Tegnologie gedoen word. Indien daar nie genoeg tyd beskikbaar is nie, kan die leerders in groepe van 5 gedeel word sodat elke leerder dan slegs 1 vorm voltooi in watter geval die groep dan 'n gesamentlike bewertjie sal moet maak en hulle alle kennis met mekaar moet deel. Indien die leerders dit moeilik vind om die keël en die silinder se rondings in te vou en vas te plak, kan hulle dit aan die buitekant vasplak of die rondings afsny.

Die vorms moet verkieslik op manilla gedupliseer word, maar indien dit nie beskikbaar is nie, gebruik gewone papier.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Tale, bewerkings en tyd [LU 1.2, LU 1.4, LU 1.8, LU 1.9, LU 1.10, LU 2.2, LU 4.1, LU 4.2]

Bonnie en Tommie het baie Engelssprekende maats en wil graag leer om in Engels te tel. Kom ons help hulle.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
  • Spokie, die hanswors, het ballonne uitgedeel. Hier is hy met Bonnie s'n.
Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)
  • Doen al die bewerkings wat op die ballonne is. Skryf dan die antwoorde in op die ballonne in Spokie se linkerhand. Kleur elke ballon liggies in soos jy die bewerkings voltooi. Verdubbel die antwoorde op die ballonne.
  • Help vir Bonnie en Tommie om hierdie horlosies reg te stel. Die horlosies het tyd verloor en is nou 1 uur en 10 minute agter.
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

  • Figure 4
    Figure 4 (graphics4.png)
    Hierdie horlosies het tyd gewen en is 15 minute voor.

  • Hier is Spokie met Tommie se ballonne.

Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)

Doen al die bewerkings wat op die ballonne is. Skryf weer die antwoorde op die ballonne in Spokie se linkerhand. Kleur elke ballon liggies in soos jy die bewerkings voltooi. Halveer al die ander antwoorde, behalwe dié op H, want daar het jy die hele lyntjie nodig om die antwoord te skryf.

  • Figure 6
    Figure 6 (graphics6.png)
    Bereken:
  • Deel hierdie 2 vorms in 8 gelyke dele (agstes). Elke deel is .
Figure 7
Figure 7 (graphics7.png)

  • Gebruik jou veelvoudekaart van Module 2 en oefen om aan en terug te tel in 8's tot by die 10de veelvoud.

Jy sal sien dat jy alreeds meer as die helfte van die veelvoude ken:

Figure 8
Figure 8 (graphics8.png)
  • Voltooi die reekse en sê wat jy gedoen het:
Figure 9
Figure 9 (graphics9.png)
  • Trek 'n kring om al die ewe getalle en 'n blokkie om die onewe getalle:

1229 1006 1040 1445 1238 1441

1544 1500 1337 1002 1223 1335

  • Rangskik die ewe getalle van klein na groot:
  • Rangskik die onewe getalle van groot na klein:
Figure 10
Figure 10 (graphics10.png)
  • Skryf dieselfde getalle se getalname:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Hier is Spokie nou met Terrie se ballonne.

Figure 11
Figure 11 (graphics11.png)

  • Doen die bewerkings wat op die ballonne is. Skryf die antwoorde in op die ballonne in Spokie se linkerhand. Kleur elke ballon liggies in soos jy die bewerkings voltooi. Maak nou elke antwoord 12 meer.

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder getalname van 1 tot minstens 10 ken in die moedertaal (indien dit nie die onderrigtaal is nie) en in een ander plaaslike taal;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 getallelyne;

1.10.4 afronding in tiene.

Leeruitkomste 2:Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse tot minstens 1 000 kopieer en uitbrei;

Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder analoog- en digitale tyd in ure, halfure, kwartiere en minute lees;

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos wat berekeninge met en herleiding doen.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks