Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 3
Dit sal heelwaarskynlik net leerders van die eerste groep wees wat tot hierdie module vorder. Moet egter nie leerders wat dit wil doen, ontmoedig nie. Al kan hulle slegs enkele van die take doen, moet hulle toegelaat word om te probeer. Dit moet versigtig hanteer word sodat ander leerders nie ontmoedig word of hulle minderwaardig teenoor die ander leerders of die vak Wiskunde, voel nie.
Heelwat gevorderde en verrykkings werk word gedoen en die opvoeder moet vertroud wees met elke werkvel voordat dit van die leerders verwag kan word om dit te doen.
In Module 8 word getalbegrip uitgebrei tot 2000. Alle bewerkings word hersien en vasgelê. Heelwat verrykingswerk en uitdagings kom in die module voor, en moet slegs met leerders wat dit kan hanteer en wat 'n uitdaging geniet, gedoen word . Dit moet versigtig gekies en hanteer word sodat ander leerders nie ontmoedig word of hulle minderwaardig teenoor ander leerders en die vak Wiskunde voel nie.
'n Deeglike bespreking en verduideliking van die kaart op bl. 3 en die afstandstabel opbl. 4, behoort al die leerders in staat stel om die werkvelle te kan voltooi.
Getalbegrip word uitgebrei tot 2000.
Dit is konsolidering van die bewerkings soos in die vorige modules. Dit is 'n geleentheid om probleem areas te identifiseer.
Hierdie is om vas te stel tot hoe 'n mate die leerder se logiese denke ontwikkel is en ook om die basiese werk te toets en vas te lê.
Die lees van tyd op digitale horlosies, behoort slegs met die leerders wat die lees van tyd op gewone horlosies baasgeraak het, gedoen te word. Baie praktiese werk met die lees van tyd op die gewone horlosie en die oorstemmende tyd op die digitale horlosie moet gedoen word voordat die leerders die werkvelle aanpak.
Gee die leerders die geleentheid om sonder enige hulp die probleme aan te pak, want weereens kan dit 'n baie goeie aanduiding wees van die leerder se vordering.
Wys voorbeelde en bespreek etniese patrone met die leerders. Moedig hulle aan om ook voorbeelde te bring en dit aan die klas te vertoon.
Gebruik dit vir assessering.
Hierdie is verrykingswerk en die opvoeder moet voor die tyd hierdie werk bestudeer en besluit watter van die werkvelle gedoen gaan word en met watter leerders.
Al die leerders wat gevorder het tot Module 8, behoort die werkvelle met gemak te kan voltooi.
Doen dit eers prakties in die klaskamer en gee verskeie leerders die kaans om te vertel wat hulle voor hulle sien as hulle agter iemand anders stap. Laat 3 leerders langs mekaar staan en laat die ander leerders voor hulle staan. Laat nou die leerders om die 3 loop wat in die ry staan en hulle van agter bekyk sodat hulle self kan ontdek dat die volgorde van links na regs nou omgekeerd is.
Hier behoort nie veel verduideliking nodig te wees nie, aangesien hulle feitlik die soortgelyke gedoen het toe hulle die afstandstabel gebruik het.
Ek vertrou dat u die modules saam met die leerders nuttig gevind het.
Bonnie en Tommie wil graag hulle getalle tot by 2 000 ken voordat hulle volgende jaar na Graad 4 gaan.
| Afstand | Verdubbel | 100 km minder | Rond af tot naaste 10 |
| 1 510 | 1 520 | 1 530 | 1 540 | 1 550 | 1 560 | 1 600 | |||
| 1 610 | 1 700 | ||||||||
| 1 720 | 1 790 | ||||||||
| 1 830 | 1 900 | ||||||||
| 1 950 | |||||||||
| 100 | 200 | 300 | 900 | ||||||
| 1 400 | 1 800 |
![]() |
1 690: _______________________________________________________________
1 804: _______________________________________________________________
1 999: _______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
![]() |
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
1 693 1 695 ______ ______ ______ ______ ______ ______
1 780 1 784 ______ ______ ______ ______ ______ ______
1 865 1 875 ______ ______ ______ ______ ______ ______
![]() |
Hier is van die klere wat Bonnie en Tommie gaan saamneem see toe.
![]() |
![]() |
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Hulle skool begin om aguur. Hoeveel tyd het hulle tot hulle beskikking om klaar te maak en betyds by die skool te wees?
Hulle het ______________________________
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel in:
1.1.1 die intervalle aangedui vir graad 2 met toenemende getalomvang;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ken, lees en skryf getalsimbole en -name van 1 tot minstens 1 000;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk getalle;
Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder die plekwaarde van syfers in heelgetalle tot minstens 3-syfergetalle herken;
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels, insluitend herleiding tussen rand en sent;
Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering behels en verduidelik die antwoorde, wat sowel eenheidsbreuke as nie-eenheidsbreuke kan insluit (bv. ¼, ¾);
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.10.1 opbou en afbreek van getalle;
1.10.2 verdubbeling en halvering;
1.10.3 getallelyne;
1.10.4 afronding in tiene.
Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos wat berekeninge met en herleiding behels.