Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Massa en hoogte

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseMaths display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. R-3)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Wiskunde Graad 3"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Massa en hoogte

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

WISKUNDE

Bonnie en Tommie gaan see toe

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Dit sal heelwaarskynlik net leerders van die eerste groep wees wat tot hierdie module vorder. Moet egter nie leerders wat dit wil doen, ontmoedig nie. Al kan hulle slegs enkele van die take doen, moet hulle toegelaat word om te probeer. Dit moet versigtig hanteer word sodat ander leerders nie ontmoedig word of hulle minderwaardig teenoor die ander leerders of die vak Wiskunde, voel nie.

  • Getalbegrip tot 2 000
  • Bewerkings: Konsolidering en vaslegging van al die bewerkings in die vorige modules.

Heelwat gevorderde en verrykkings werk word gedoen en die opvoeder moet vertroud wees met elke werkvel voordat dit van die leerders verwag kan word om dit te doen.

In Module 8 word getalbegrip uitgebrei tot 2000. Alle bewerkings word hersien en vasgelê. Heelwat verrykingswerk en uitdagings kom in die module voor, en moet slegs met leerders wat dit kan hanteer en wat 'n uitdaging geniet, gedoen word . Dit moet versigtig gekies en hanteer word sodat ander leerders nie ontmoedig word of hulle minderwaardig teenoor ander leerders en die vak Wiskunde voel nie.

'n Deeglike bespreking en verduideliking van die kaart op bl. 3 en die afstandstabel opbl. 4, behoort al die leerders in staat stel om die werkvelle te kan voltooi.

Getalbegrip word uitgebrei tot 2000.

Dit is konsolidering van die bewerkings soos in die vorige modules. Dit is 'n geleentheid om probleem areas te identifiseer.

Hierdie is om vas te stel tot hoe 'n mate die leerder se logiese denke ontwikkel is en ook om die basiese werk te toets en vas te lê.

Die lees van tyd op digitale horlosies, behoort slegs met die leerders wat die lees van tyd op gewone horlosies baasgeraak het, gedoen te word. Baie praktiese werk met die lees van tyd op die gewone horlosie en die oorstemmende tyd op die digitale horlosie moet gedoen word voordat die leerders die werkvelle aanpak.

Gee die leerders die geleentheid om sonder enige hulp die probleme aan te pak, want weereens kan dit 'n baie goeie aanduiding wees van die leerder se vordering.

Wys voorbeelde en bespreek etniese patrone met die leerders. Moedig hulle aan om ook voorbeelde te bring en dit aan die klas te vertoon.

Gebruik dit vir assessering.

Hierdie is verrykingswerk en die opvoeder moet voor die tyd hierdie werk bestudeer en besluit watter van die werkvelle gedoen gaan word en met watter leerders.

Al die leerders wat gevorder het tot Module 8, behoort die werkvelle met gemak te kan voltooi.

Doen dit eers prakties in die klaskamer en gee verskeie leerders die kaans om te vertel wat hulle voor hulle sien as hulle agter iemand anders stap. Laat 3 leerders langs mekaar staan en laat die ander leerders voor hulle staan. Laat nou die leerders om die 3 loop wat in die ry staan en hulle van agter bekyk sodat hulle self kan ontdek dat die volgorde van links na regs nou omgekeerd is.

Hier behoort nie veel verduideliking nodig te wees nie, aangesien hulle feitlik die soortgelyke gedoen het toe hulle die afstandstabel gebruik het.

Ek vertrou dat u die modules saam met die leerders nuttig gevind het.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Massa en hoogte [LU 1.8, LU 1.9, LU 2.5]

Hier is Bonnie en Tommie se sandtoring. Die massa van elke koppie sand is 200 g en die hoogte van elkeen is 6 cm.

  • Voltooi:
Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
  • Hoeveel koppies sand het hulle gebruik om die toring te bou? _____________
  • Wat is die totale massa van die toring? _________ g = ____________ kg
  • Hoeveel koppies sand is nodig om 'n toring met 'n massa van 3 kg te bou?

_____________________________________________________________________

  • Wat is die totale hoogte van die toring? __________ cm = ____________ m
  • Hoeveel koppies sand is nodig om 'n toring wat 1,02 m hoog is te bou?

_____________________________________________________________________

  • Hoe dink jy, het 'n koppie droë of 'n koppie nat sand die grootste massa en hoekom sê jy so?
  • Voltooi die seesterre:

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

  • Teken minstens 2 seesterre en versier hulle met etniese patrone. Onthou al 5 arms van 'n seester lyk presies dieselfde.
  • Voltooi:
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)
  • Bonnie het 93 skulpe opgetel en wil ewe veel in 4 emmertjies gooi. Hoeveel kan sy in elke emmertjie gooi en hoeveel gaan oorbly?

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Leeruitkomste 2:Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder meetkundige patrone identifiseer, beskryf en kopieer in natuurlike en kulturele voorwerpe uit verskillende kulture en tye.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks