Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 2
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
![]() |
Jy benodig ‘n houtblok, ‘n groot klip, ‘n skoen, ‘n boek en ‘n kosblik.
Groep 1:
Vergelyk die massa van die vyf voorwerpe deur te skat.
Rangskik hulle van die ligste tot die swaarste.
Groep 2:
Vergelyk hulle massa. Gebruik ‘n balans.
Rangskik hulle van die ligste tot die swaarste.
Groep 3:
Vergelyk hulle massa deur te skat.
Rangskik hulle van die swaarste tot die ligste.
Groep 4:
Vergelyk hulle massa. Gebruik ‘n balans.
Rangskik hulle van die swaarste tot die ligste.
| LU 4.6 |
4 ____ ; 7 ____ ; 9 ____ ; 8 ____ ; 6 ____
| LU 1.10 |
| 1 | 5 | ||||||||
| 20 | |||||||||
| 22 | |||||||||
| 38 | |||||||||
| 50 |
- Tel tot by 20 en terug tot by 0.
- Tel tot by 30 en terug tot by 0.
- Tel tot by 40 en terug tot by 0.
- Tel tot by 50 en terug tot by 0.
![]() |
| LU 1.1 | LU 1.3 | LU 2.2 |
![]() |
| LU 1.10 | LU 2.2 |
Henry het __________________________________________ lopies behaal.
Skryf die getalsin: 8 + ___________________________________________
Hulle het ____________________________________________ punte behaal.
Skryf die getalsin: ______________________________________________________
Sy het ___________________________________________ potte tennis gespeel.
Skryf die getalsin: ______________________________________________________
Pat se span het _____________________________________________ doele behaal.
Die “B”-span het ___________________________________________ doele behaal.
Skryf die getalsin: ______________________________________________________
| LU 1.9 |
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 100 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole ken en lees van 1 tot minstens 200 en skryf getalname van 1 tot minstens 100;
Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;
Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:
1.10.1 opbou en afbreek van getalle;
1.10.2 verdubbeling en halvering;
1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);
1.10.4 getallelyne;
Leeruitkomste 2:Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige getalreekse kopieer en uitbrei tot minstens 200.
Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaardmate.