Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Meetaktiwiteite

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseMaths display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Mathematics (Gr. R-3)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Wiskunde Graad 2"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseMaths" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Meetaktiwiteite

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

WISKUNDE

Wiskunde in die wêreld rondom ons

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas: Herfs.
  • ‘n Gesonde Omgewing: Tekens van Herfs.
  • Die module begin met ‘n grafiek van die verjaarsdae van hulle vriende.
  • Getalbegrip en telaktiwiteite word uitgebrei tot 120, met klem op telpatrone.
  • Halvering en verdubbeling in die getalgebied 1 tot 50.
  • Inkopie-aktiwiteite sluit in woordsomme, rigtingaanwysings na winkels en die selektering van die korrekte muntstukke.
  • Leerders voltooi ‘n inkopie-grafiek.
  • Samestellings van 10, 11, 12, 13, 14 en 15 word bekend gestel en met ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vasgelê.
  • Meetaktiwiteite versterk die woordeskat van ‘n “klein massa” en ‘n “groot massa”, gram en kilogram.
  • ‘n Resep vir muffins word ingesluit en die leerders kry praktiese ervaring van meting (Tegnologie).
  • Deur gebruik te maak van patrone op hutte, ontwerp die leerders hulle eie patrone om sodoende hulle sensitiwiteit vir ander kulture te bevorder.
  • ‘n Geheue-speletjie is ingesluit om leerders te help om getalsinne te bemeester.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Meetaktiwiteite [LU 1.2, LU 1.4, LU 1.7, LU 1.8 LU 1.10, LU 1.11, LU 2.2, LU 4.6, LU 4.7]

  • Wat vertel die balans jou omtrent die massa van my speelgoed?
Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
  • Bespreek hul massa met ‘n maat.
  • Voltooi die lyste om te sê watter speelgoed het ‘n _______________________

Groot massa

____________________________________

____________________________________

Klein massa

____________________________________

____________________________________

Dieselfde massa

____________________________________

____________________________________

  • Voltooi:

Die kat se massa is dieselfde as

__________________________________ klippe s’n.

Die massa van die hasie is dieselfde as _________________________ klippe s’n.

Table 1
LU 4.6  
  • Vergelyk die massa van jou potloodsakkie met jou maat se potloodsakkie se massa. Gebruik die balans.
  • Vertel vir mekaar wat jul gevolgtrekkings was.
  • Kies blokkies of klippe of skulpe en kyk hoeveel daarvan dieselfde massa as jou potloodsakkie het.
  • Voltooi:

My potloodsakkie het dieselfde massa as ____________________________________

(blokkies, klippe, skulpe).

  • Vind nou uit omtrent dié op die balans en voltooi die sinne.

1. Hoeveel skulpe het dieselfde massa as my potlood ?.

Skryf: My potlood het __________________________________________________

2. Hoeveel blokkies het dieselfde massa as my kosblik?

Skryf: My kosblik het __________________________________________________

Table 2
LU 4.6  
  • Henry, Mike en Tom draf elke oggend om fiks te bly.
  • Voltooi die kilometers op die baan.
  • Begin by 93.
Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)
  • Maandag het hulle by 120 begin en by 93 geëindig. Tel terug.
  • Vul die ontbrekende getalle in:

100 . . . . . . . 102, 99 . . . . . . 101, 103 . . . . . . 105,

96 . . . . . . . . . 98, 111 . . . . . . . . . 113, 110 . . . . . . . . . 112.

  • Henry het by 93 begin en 10 km later gerus. Hy was by _____________ km.
  • Mike het 6 km verder gerus. Hy was by _____________ km.
  • Tom het tussen 110 en 112 km gerus. Hy was by _____________ km.
Table 3
LU 1.2   LU 1.4   LU 2.2  
  • Pat het ‘n groot handvol boontjies geneem. Sally ook.
  • Raai hoeveel elk gehad het. Pat_________ Sally_____________
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

Groepeer hulle in 10’e.

  • Tel Pat se boontjies ________________________ boontjies.
  • Tel Sally se boontjies _______________________ boontjies.
  • Het jy te veel, te min of net reg geraai?

Ek __________________________________________________________________

Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)
  • Groepeer hulle in 10’e.
  • Tel hulle. Daar is __________________________ stoele.
Table 4
LU 1.1   LU 1.8  
  • Rangskik die stoele in die saal in groepe van 10 en ene.
Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)
Table 5
LU 1.10  

1. 24 kinders het kom oefen. Mnr. King wou 8 kinders in ‘n span hê.

Hoeveel spanne het hy gemaak?

Gebruik tellers of teken.

Mnr. King het ________________________________ spanne gemaak.

2. Mamma het R30 in haar beursie. Sy verdeel dit gelykop tussen Des, Liz en Mo. Hoeveel sal elkeen kry?

Vertel vir jou maat hoe jy uitgevind het hoeveel elkeen kry ___________________

3. Tom, Sisulu en Henry het elkeen 3 knope verloor terwyl hulle aan-aan gespeel het. Hoeveel knope het hulle altesaam verloor?

Skryf ‘n getallesin. _____________________________________________________

Table 6
LU 1.7   LU 1.10   LU 1.11  
  • Bestudeer ‘n katalogus, ‘n tydskrif of ‘n koerant en kry produkte wat per gram of kilogram verkoop word. Knip hulle uit en plak. Kontroleer elkeen se prys en bespreek dit met ‘n klasmaat.
Table 7
LU 4.7  

Mamma maak muffins vir Millie

Miskien sal jy en jou onderwyser ook graag muffins wil maak.

  • Probeer hierdie resep. Dit maak 12 muffins.
  • Jy benodig:

500g koekmeelblom

2,5g sout

1 eier

50g margarien

20g bakpoeier

25g suiker

225ml melk

  • Jy benodig ook:

‘n mengbak

‘n lepel

gesmeerde muffinpannetjies

  • Metode:

1. Klits die eier en meng dit met die melk.

2. Sif al die droë bestanddele saam.

3. Voeg die eiermengsel daarby en meng goed.

4. Smelt die margarien en voeg dit by die mengsel.

5. Meet lepelsvol van die mengsel en skep dit in die gesmeerde muffinpannetjie.

6. Bak vir 15 tot 20 minute teen 200°C in ‘n oond.

Smeer ‘n bietjie margarien daarop en bedien. Geniet dit.

  • Vergelyk dié resep met die een wat jou ma gewoonlik gebruik.
Table 8
LU 4.7  

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende getalle orden, beskryf en vergelyk;

Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering behels, en verduidelik die antwoorde wat eenheidsbreuke kan insluit (bv. ¼);

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne;

Assesseringstandaard 1.11: Dit is duidelik wanneer die leerder eie oplossings vir probleme verduidelik.

Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe volgens nie-standaardmate skat, meet, vergelyk en orden;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder met standaardmates kennis maak.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks