INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
Kies vr- of pr-
![]() |
| LU 3.4.3 |
![]() |
| LU 1.4 | LU 2.2 | LU 2.4.3 | LU 3.2.1 |
![]() |
1. Twee kom voor ...................................................................................................
2. Kom ons gaan ‘n entjie .......................................................................................
3. Pappa sny die ......................................................................................................
4. Sy .......................................................................................... die lemoensap uit.
5. Mammie dra ‘n mooi .................................................................................... rok.
6. Gooi die skil in die ..............................................................................................
7. Hulle .................................................................................................. om en om.
8. Die man spit met ‘n .............................................................................................
| LU 3.4.2 |
Bennie:
Ek lê in my bed.
Ek luister na die reën daar buite.
Ek hoor hoe spat die druppels
teen die ruite.
Ek hoor hoe suis die wind
deur die blare en die takke.
Ek hoor hoe breek die branders
op die nat, wit sand.
Ek sien die blitse daar ver.
Ek weet die boere is bly oor
die reën.
Ek weet die damme gaan
weer water kry.
Ek weet die plante en bome
het die reën nodig.
Maar –
Môre verjaar ek. Ek wil hê
die son moet warm skyn.
Ek wil swem in die see.
Ek wil partytjie hou.
Ek wil alles doen wat
Pappa vir ons beplan het.
Daar steek die maan nou sy kop uit.
Die mooi, ronde, geel ma-a-a-a-a-an!
Gaap! Gaap!
Nou gaan ek slaap! Goeienag!
| LU 3.3.1 | LU 3.3.3 |
1. Wie is die karakters in die storie van
Bennie se manewales?
..........................................................................................................................................

2. Wat beteken: Dit reën katte en honde?

3. Bennie wil nie hê dit moet môre reën nie, want . . . . . .
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 4. Waarom is die boere bly dat dit reën?
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 3.2.1 |
![]() |
| LU 4.1 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder luister na raaisels en grappies,dit geniet en gepas daarop reageer.
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
2.4.3 idees voorstel en daarop uitbrei;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf: