INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Thandi skryf ‘n storie oor die films wat by die skool vertoon is, naamlik “Slinkse planne”.
Die drie boewe – Jakkals, Muishond en Slang beland in die moeilikheid en word deur Koning Leeu gestraf.
Interessante besprekings oor hongersnood, diefstal, geweld, straf, betogings vloei hieruit.
Leerders lees en ontleed raaisels en neem deel aan telefoongesprekke.
fl-, fr-, spr-, str- en die eindklanke -ts, -mp, -nk, en -ks word behandel. Leerders voltooi ‘n werkvel met woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word.
: |
|
|
||
: |
|
|
||
: |
|
|
|
|
: |
|
|||
: |
|
|
|
|
Saggies en versigtig sluip Jakkals en Muishond agter Slang aan. Hy lei hulle na ‘n oop stuk grond op die rand van die bos. ‘n Mens kan sien iemand het daar rond gegrawe.
“Hier!” sê Slang. “Hier lê soveel lekker geurige skilpadeiers begrawe in die sand, julle sal nooit weer honger ly nie. Dit is die plek waar al die skilpaaie hulle eiers lê.”
Jakkals en Muishond begin dadelik die skilpadeiers oopgrawe en gou is hulle hongerpyne weg.
Maar op daardie oomblik staan die hele skilpadfamilie voor Koning Leeu se troon. Hulle kla kliphard omdat IETS hulle eiers opvreet.
![]() |
| LU 1.3 | LU 3.2 | LU 3.5 |
![]() |
1. Pa draai die ......................................................................................... al stywer.
2. Ouma .....................................................................................................‘n brief.
3. Hy ...................................... soos hy ...................................................................
4. My ma is nie vet nie, sy is ..................................................................................
5. Miems moes die vloer skoon ..............................................................................
| LU 3.4 | LU 4.6 | LU 6.1 |
Koning Leeu is baie kwaad.
Die ander diere is baie kwaad.
Die voëls is baie kwaad.
“Wat gaan van ons word as ons eiers nie eers meer veilig is nie,” kla almal gelyk.
Koning Leeu beveel al die diere om voor hom te verskyn. Hulle kan sien hoe kwaad hy is. Hy vertel vir hulle wat gebeur het. Almal is verslae! Wie is so gemeen om dit te doen, wonder hulle almal.
Jakkals, Muishond en Slang hou hulle dom en maak of hulle net so verbaas is.
Koning Leeu sê die skuldiges moet vorentoe kom, maar niemand roer nie. Met ‘n harde gebrul beveel hy vir Jakkals, Muishond en Slang om voor hom te verskyn.
“Dis nie my skuld nie!” sê Jakkals.
“Dis nie my skuld nie!” sê Muishond.
“Dis nie my skuld nie!” sê Slang.
“Nee,” brul Koning Leeu. “Ek wonder waarom julle al drie sulke geel bekke het. Ek gaan julle swaar straf.”
| LU 3.5 |
Daar is te min gras en groen blare vir die planteters
in die bos.
Die grootwild beskerm hulle kleintjies al beter en nou
kry die vleiseters nie genoeg kos nie.
Ons MOET ‘N PLAN BEDINK!
Kom Dinsdagoggend om 10:00 by die rivier bymekaar.
Die diere van die bos gaan ‘n betoging hou teen die
tekort aan voedsel.
Die betogers sal Koning Leeu versoek om stappe te doen.
WEES DAAR1 KOM ALMAL!
1. Wat dink julle het die tekort aan voedsel veroorsaak? (Dink aan vloede, droogtes, rampe).
..........................................................................................................................................
2. Wie woon almal in die bos? Skryf neer:

..................................................................................................................................
| LU 1.2 | LU 2.4 | LU 3.1 | LU 4.4 |
3. Bespreek watter diere in die bos is, planteters (herbivore) en watter is vleiseters (karnivore).
..........................................................................................................................................
4. Watter oplossings sal Koning Leeu vir die planteters hê? Skryf neer.
a) ......................................................................................................................................
b) ......................................................................................................................................
c) ......................................................................................................................................
d) ......................................................................................................................................
5. Watter oplossings sal Koning Leeu vir die vleiseters hê? Skryf neer.
a) ......................................................................................................................................
b) ......................................................................................................................................
c) ......................................................................................................................................
d) ......................................................................................................................................
6. Is dit reg dat diere hulle kleintjies teen roofdiere beskerm? Gee redes. Skryf.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
7. Dink julle die diere-betoging sal suksesvol wees? Gee redes.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 2.4 | LU 2.5 | LU 5.2 | LU 5.3 |
.....................................and
.....................................ong
.....................................eng
.....................................ing
.....................................onk
.....................................
.....................................
.....................................
.....................................
| LU 3.4 | LU 4.6 | LU 6.1 |
![]() |
| LU 4.1 |
Elke maand moes een van die skelms beurte neem om vir die skilpaaie vars blare en water aan te dra. Die skilpaaie was bly dat Koning Leeu so gou die skuldiges betrap het. Hulle was ook bly dat Jakkals, Muishond en Slang vir hulle moes sorg.
“Kyk hoe sleep ou Jakkals se stert”, sê Oupa Skilpad. “Hy is seker moeg van al die waterbakke wat hy moet vol maak.
“Ja, en môre is dit weer Muishond se beurt”, sê Klein Skilpad en lag lekker in sy mou.
“Het julle al gesien Slang het al sy vetjies verloor van die harde werk. Dit sal hom ‘n les leer om nie met sy slinkse planne en skelm maats ons kosbare eiers te eet nie”, sê Oupa Skilpad. Hy stap stadig na die hoop heerlike varsgeplukte blare en begin smaaklik daaraan knibbel.
| LU 3.2 |
1. Waarvoor word advertensies gebruik?
2. Wie lees die advertensies?
3. Wat is die kenmerke van ‘n goeie advertensie?
4. Ontwerp jou eie advertensie om leerders aan te moedig om onbederfbare voedselsoorte (pakkies rys, suiker, meel, jellie, blikkieskos, ens.) bymekaar te maak vir die arm gemeenskappe wat ‘n voedseltekort ondervind.
5. Bespreek die aangeleentheid met Juffrou. Miskien sal julle klas (of skool) so ‘n projek wil aanpak.
6. Teken jou advertensie hier.
7. Wys dit vir die klas en vra hulle om kommentaar te lewer.
| LU 2.4 | LU 2.5 | LU 3.1 | LU 4.4 |
![]() |
| LU 4.1 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en, indien gepas, kommentaar te lewer op dit wat gehoor is;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder maniere voorstel om probleme op te los.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder visuele en prenteleidrade lees om betekenis te skep:
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde herken en skep:
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder eie en ander se skryfstukke bespreek;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir verskillende doeleindes skryf:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband met woorde te bring.