GELETTERDHEID
‘n Leerprogram vir Graad R
Module 1
FYN KOÖRDINASIE
OPVOEDERS AFDELING
Memorandum
![]() |
VIR DIE OPVOEDER
Hierdie program se aktiwiteite is ontwerp in ooreenstemming met die vereistes van uitkomsgebaseerde onderwys. Dit voorsien dus aan leerders geleenthede om hulle volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle aktiewe, verantwoordelike, vervulde burgers kan word in ‘n demokratiese, nie-rassistiese en gelyke gemeenskap. Graad R vorm die brug tussen die leerder se voorskoolse ervarings en die formele skoolstelsel. Graad R-opvoeders benut leeruitkomste en die gepaardgaande assesseringstandaarde om in hulle leerders se besondere behoeftes te voorsien. Aan die hand daarvan beplan hulle dan leergeleenthede en –aktiwiteite waardeur die leerders hierdie uitkomste bereik.
Die aktiwiteite in hierdie program is
Die program is verdeel in vyf modules. Die tempo waarteen die leerders die eerste vier modules voltooi, word deur die opvoeder bepaal. Die vyfde module is ‘n verrykingsmodule wat na goeddunke deur die opvoeder benut kan word, maar is nie geskik vir alle leerders nie. Elke module sluit alle areas van ontwikkeling in en toon ‘n toenemende moeilikheidsgraad (dus, van maklik na moeilik).
Op elke werkblad word die leerarea in die blokkie linksbo aangedui, terwyl die voorvereistes vir dink en leer in die regterkantse blokkie aangedui word. Onderaan die werksblad is spesifieke vrae vir oorbrugging en assessering.
Die assesseringstandaarde wat betrekking het op die leerinhoud van elke module, word saam met die betrokke leeruitkomste in die moduleraamwerk van elke module aangedui, asook aan die begin van elke leereenheid. Sodoende kan nie net die opvoeder nie, maar ook die leerder en sy / haar ouerskennis neem volgens watter standaarde die leerder deurlopend geassesseer word. Elke aktiwiteit en opdrag in ‘n leereenheid kan geassesseer word. Die gemiddelde punt van die aktiwiteite wat betrekking het op elke leeruitkomste, word dan aangedui in die assesseringsruit wat die leerder se bekwaamheidsprofiel aandui aan die einde van elke leereenheid.
Assessering word volgens ‘n 4-puntskaal gedoen, naamlik
1: voldoen nie aan die vereistes nie;
2: voldoen gedeeltelik aan die vereistes;
3: voldoen aan die vereistes;
4: oorskry die vereistes.
Bo-aan elke werkblad is ‘n assesseringsblokkie wat die leerarea aandui, asook die leeruitkomste (sien voorbeeld bo-aan die volgende bladsy). Dit beteken dat die aktiwiteit na aanleiding van die betrokke leeruitkoms geassesseer moet word. Die opvoeder assesseer die leerder se respons en merk dit op die 4-puntskaal af.
Voorbeeld
Gesyferdheid: LU 1
Aan die einde van elke module is ‘n assesseringsblad waarop ‘n assesseringsruit vir elk van die 3 leerareas verskyn, naamlik Geletterdheid, Wiskunde en Lewensvaardighede. Die opvoeder neem die resultate in die voorafgaande assesseringsblokkies in ag en poog dus om die leerder se gemiddelde prestasie oor die langer tydperk aan te dui op die assesseringsruit. Op hierdie wyse word verseker dat die opvoeder se assessering verantwoordbaar is.
![]() |
BASIESE KOMPONENTE VAN
ONTWIKKELING EN ALGEMENE
AKTIWITEITE WAT ONTWIKKELING
STIMULEER
Integrasie vind plaas eers wanneer bogenoemde basiese komponente van ontwikkeling geïntegreerd saamwerk.
Die handpalm vorm die basis vir die hand. Die skets
daarvan hierbo Is ‘n voorstelling van die basiese
komponente van ontwikkeling. Dit is belangrik, aangesien
dit inligting verskaf oor die leerder se ontwikkeling.
![]() |
Sensories-motoriese ontwikkeling:
Het die leerder sy motoriese mylpale op die verwagte
ouderdom bereik?
Is daar enige ontwikkelingsagterstande?
Fisiese en sosiale faktore
Het die leerder enige fisiese gebreke wat hom strem, byvoorbeeld doofheid?
Het die leerder enige sosiale ontwikkelingsagterstande, byvoorbeeld deprivasie of verskille ten opsigte van agtergrond?
![]() |
Die kind se motoriese ontwikkeling help hom om ‘n gesonde en gebalanseerde leefwyse te handhaaf. ‘n Agterstand in motoriese ontwikkeling kan lei tot moegheid, wat verder mag aanleiding gee tot rusteloosheid, afleibaarheid, swak konsentrasie en koördinasie-probleme. Sy houding op die mat of by sy lessenaar mag ook swak wees.
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Swak motoriese beplanning kan swak werkspoed en lompheid tot gevolg hê en kan daartoe lei dat die leerder langer neem om nuwe vaardighede aan te leer.
Verbale taalontwikkeling begin op ‘n vroeë ouderdom, voor lees en skryf. Die jong kind dink in taal en druk sy gedagtes in taal uit. Dit is belangrik in sosiale verhoudings, sowel as in akademiese prestasies en maak ook deel uit van kognitiewe ontwikkeling.
Voorbeelde van aktiwiteite:
Graad R-leerders moet effektief kan kommunikeer deur taal, kuns, beweging, musiek en dramatisering van fantasie-ervarings.
![]() |
Graad R-leerders moet ‘n duidelike gedragskode aangeleer word en het geleenthede nodig om suiwer waardes en houdings en ‘n sterk morele kode te ontwikkel om verhoudings in die gesin, familie en gemeenskap te bevorder. Hulle het ‘n verskeidenheid sosiale ervarings en geleenthede nodig om te leer om effektief in groepe saam te werk.
Leerders wat emosioneel en sosiaal nog onryp is, vind dit moeilik om in die klassituasie aan te pas en aktief deel te neem. Hulle sukkel om hulle emosies te hanteer, is dikwels bakleierig, onwillig om nuwe dinge aan te pak en in groepe te werk, en onttrek soms. Om selfvertroue te ontwikkel en effektief te kan leer, het hulle ‘n veilige, leerdergesentreerde en stimulerende omgewing nodig waar hulle uitgedaag word om te leer.
Voorbeelde van aktiwiteite:
![]() |
(Kognitiewe vaardighede is denkvaardighede wat ‘n mens help om doeltreffend te leer).
Probleemoplossingsvaardighede
Lei die kind om probleme te identifiseer en ‘n oplossing daarvoor te vind deur kreatiewe en kritiese denke. Graad R-opvoeders bied uitdagings aan hulle leerders om hulle te motiveer om hulle volle potensiaal te bereik sodat hulle in kritiese en kreatiewe denkers en probleemoplossers kan ontwikkel.
Die stimulasie van visuele en ouditiewe perseptuele vaardighede is belangrik by die voorskoolse kind omdat hierdie vaardighede voorvereistes is vir effektiewe leer.
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeeld van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Leerders met visuele perseptuele agterstande ondervind probleme in alle aspekte van leer (bv. lees, skryf, Wiskunde), aangesien bogenoemde aspekte die grondslag vorm vir skolastiese vaardighede.
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
Leerders ruil dikwels hulle hande om omdat hulle nie die middellyn van die liggaam kan kruis nie. Probleme met middellynkruising lei tot gedurige herposisionering van die liggaam, wat weer konsentrasie en werkspoed nadelig beïnvloed en ook tot moegheid lei.
![]() |
Voorbeelde van aktiwiteite:
Voorbeelde van aktiwiteite:
![]() |
Leerders wys dat hulle dit wat hulle geleer het, in verskillende situasies in die samelewing kan toepas. Help met uitdagings wat die lewe bied sodat hulle ‘n aktiewe en produktiewe rol in die samelewing kan speel. Deur die bespreking van situasies word probleemoplossingsvaardighede, logiese denke en redenering, asook kritiese en kreatiewe denke ontwikkel.
Voorbeelde van aktiwiteite:
Skep situasies waar hulle hulle volle potensiaal en vaardighede kan ontwikkel om ‘n bydrae in die samelewing te maak, bv. “noodsituasies”, klasbesprekings en dramatiserings
Geleenthede vir entrepreneurskap, bv. die maak van kaartjies vir verkope.
‘n Voorbeeld van ‘n elementêre (opsionele) verslag oor die leerder se vordering in die eerste kwartaal word ingesluit, indien die opvoeder dit wenslik ag om aan die ouers verslag te doen.
| MODULERAAMWERK | |
| LEERUITKOMSTE | ASSESSERINGSTANDAARDE |
| GESYFERDHEID(LU 1)GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPEDie leerder kan getalle en hulle verwantskappe herken, beskryf en voorstel en kan in die oplossing van probleme met bekwaamheid en selfvertroue tel, skat, bereken en kontroleer.(LU 2)PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRADie leerder kan patrone en verwantskappe herken, beskryf en voorstel en probleme oplos deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.(LU 5)DATA-HANTERINGDie leerder kan data versamel, opsom, vertoon en krities ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om waarskynlikheid te interpreteer en te bepaal.GELETTERDHEID(LU 1)LUISTERDie leerder kan luister om inligting te verkry en vir genot en kan gepas en krities op ‘n wye reeks situasies reageer.(LU 2)PRAATDie leerder kan met vertroue effektief in die gesproke taal in ‘n wye reeks situasies kommunikeer.(LU 3)LEES EN KYKDie leerder kan lees en kyk vir inligting en genot en krities reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste.(LU4)SKRYFDie leerder kan verskillende soorte feitelike of verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes skryf.(LU 5)DINK EN REDENEERDie leerder kan taal gebruik om te dink en te redeneer en kan toegang verkry tot inligting, dit prosesseer en gebruik om te leer. | Dit word bewys as die leerders:1.2 getalname in bekende kontekste sê en gebruik;1.3 die getalname en –simbole vir 1 – 10 ken;1.4 versamelings voorwerpe orden en vergelyk en die woorde ‘meer’, ‘minder’ en ‘gelyk aan’ gebruik.Dit word bewys as die leerders:
|
| LEWENSVAARDIGHEDE(LU 2)SOSIALE ONTWIKKELINGDie leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot grondwetlike regte en verantwoordelikhede toon, asook begrip van diverse kulture en godsdienste.(LU 3)PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder kan verworwe lewensvaardighede aanwend om persoonlike potensiaal te verwesenlik en te verbeter ten einde effektief te reageer op die uitdagings in hulle wêreld. | Dit word bewys as die leerders:5.2 taal gebruik om te dink en te redeneer:
|
![]() |
Voorgrond / Agtergrond
Hand-oog Koördinasie
![]() |
Aktiwiteit : Soek nog voorbeelde van sirkels, driehoeke en reghoeke in die klas.
| Geletterdheid LU : 3.1 |
Ouditiewe Diskriminasie
Fyn Koördinasie
![]() |
Aktiwiteit : Soek nog voorbeelde in die klas wat met ‘n t begin.
| Geletterdheid LU : 1.4 |
Fyn koördinasie
Letterformasie
![]() |
| Geletterdheid LU : 4.1 |
LetterformasieFyn Koördinasie
Fyn koördinasie
![]() |
| Geletterdheid LU : 4.1 |
Voorgrond / Agtergrond
Hand-oog Koördinasie
![]() |
Bespreking: Voertuie wat gebruik maak van ‘n spoor of kabel, bv. treine, trems en kabelkarretjies.
| Geletterdheid LU : 3.1 |
Ouditiewe Diskriminasie
Fyn Koördinasie
![]() |
Aktiwiteit : Soek nog voorbeelde in die klas wat met ‘n g begin.
| Geletterdheid LU : 1.4 |
Fyn koördinasie
Letterformasie
![]() |
| Geletterdheid LU : 4.1 |
Voorgrond / Agtergrond
Vormkonstantheid
| k | h | t | g |
| swkhktgkmnkr | whtmhmhntrhs | gtmtntghtstr | kvgrmgmggntg |
| Geletterdheid LU : 3.1 |
Logiese Denke
![]() |
| Geletterdheid LU : 5.2 |
Visuele Geheue
![]() |
| Geletterdheid LU : 3.1 |