Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Gr. R Module 3 Lewensvaardighede - 01

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

Gr. R Module 3 Lewensvaardighede - 01

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

LEWENSVAARDIGHEDE

‘n Leerprogram vir Graad R

Module 3

LOGIESE DENKE EN REDENASIE

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

VIR DIE OPVOEDER

  1. RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN DIE PROGRAM

Hierdie program se aktiwiteite is ontwerp in ooreenstemming met die vereistes van uitkomsgebaseerde onderwys. Dit voorsien dus aan leerders geleenthede om hulle volle potensiaal te ontwikkel sodat hulle aktiewe, verantwoordelike, vervulde burgers kan word in ‘n demokratiese, nie-rassistiese en gelyke gemeenskap. Graad R vorm die brug tussen die leerder se voorskoolse ervarings en die formele skoolstelsel. Graad R-opvoeders benut leeruitkomste en die gepaardgaande assesseringstandaarde om in hulle leerders se besondere behoeftes te voorsien. Aan die hand daarvan beplan hulle dan leergeleenthede en –aktiwiteite waardeur die leerders hierdie uitkomste bereik.

Die aktiwiteite in hierdie program is

  • algemene aktiwiteite wat gerig is op die stimulasie van die basiese komponente van ontwikkeling; dit is die voorvereistes vir dink en leer;
  • spesifieke aktiwiteite wat toegepas word op die onderskeie leerareas (Geletterdheid, Wiskunde, Lewensvaardighede).

Die program is verdeel in vyf modules. Die tempo waarteen die leerders die eerste vier modules voltooi, word deur die opvoeder bepaal. Die vyfde module is ‘n verrykingsmodule wat na goeddunke deur die opvoeder benut kan word, maar is nie geskik vir alle leerders nie. Elke module sluit alle areas van ontwikkeling in en toon ‘n toenemende moeilikheidsgraad (dus, van maklik na moeilik).

Op elke werkblad word die leerarea in die blokkie linksbo aangedui, terwyl die voorvereistes vir dink en leer in die regterkantse blokkie aangedui word. Onderaan die werksblad is spesifieke vrae vir oorbrugging en assessering.

  1. ASSESSERING

Die assesseringstandaarde wat betrekking het op die leerinhoud van elke module, word saam met die betrokke leeruitkomste in die moduleraamwerk van elke module aangedui, asook aan die begin van elke leereenheid. Sodoende kan nie net die opvoeder nie, maar ook die leerder en sy / haar ouerskennis neem volgens watter standaarde die leerder deurlopend geassesseer word. Elke aktiwiteit en opdrag in ‘n leereenheid kan geassesseer word. Die gemiddelde punt van die aktiwiteite wat betrekking het op elke leeruitkomste, word dan aangedui in die assesseringsruit wat die leerder se bekwaamheidsprofiel aandui aan die einde van elke leereenheid.

Assessering word volgens ‘n 4-puntskaal gedoen, naamlik

1: voldoen nie aan die vereistes nie;

2: voldoen gedeeltelik aan die vereistes;

3: voldoen aan die vereistes;

4: oorskry die vereistes.

Bo-aan elke werkblad is ‘n assesseringsblokkie wat die leerarea aandui, asook die leeruitkomste (sien voorbeeld bo-aan die volgende bladsy). Dit beteken dat die aktiwiteit na aanleiding van die betrokke leeruitkoms geassesseer moet word. Die opvoeder assesseer die leerder se respons en merk dit op die 4-puntskaal af.

Voorbeeld

Gesyferdheid: LU 1

Aan die einde van elke module is ‘n assesseringsblad waarop ‘n assesseringsruit vir elk van die 3 leerareas verskyn, naamlik Geletterdheid, Wiskunde en Lewensvaardighede. Die opvoeder neem die resultate in die voorafgaande assesseringsblokkies in ag en poog dus om die leerder se gemiddelde prestasie oor die langer tydperk aan te dui op die assesseringsruit. Op hierdie wyse word verseker dat die opvoeder se assessering verantwoordbaar is.

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)
  1. VOORVEREISTES VIR DINK EN LEER

BASIESE KOMPONENTE VAN

ONTWIKKELING EN ALGEMENE

AKTIWITEITE WAT ONTWIKKELING

STIMULEER

Integrasie vind plaas eers wanneer bogenoemde basiese komponente van ontwikkeling geïntegreerd saamwerk.

Die handpalm vorm die basis vir die hand. Die skets

daarvan hierbo Is ‘n voorstelling van die basiese

komponente van ontwikkeling. Dit is belangrik, aangesien

dit inligting verskaf oor die leerder se ontwikkeling.

Figuur 3
Figuur 3 (graphics3.png)

Sensories-motoriese ontwikkeling:

Het die leerder sy motoriese mylpale op die verwagte

ouderdom bereik?

Is daar enige ontwikkelingsagterstande?

Fisiese en sosiale faktore

Het die leerder enige fisiese gebreke wat hom strem, byvoorbeeld doofheid?

Het die leerder enige sosiale ontwikkelingsagterstande, byvoorbeeld deprivasie of verskille ten opsigte van agtergrond?

  • MOTORIESE ONTWIKKELING
Figuur 4
Figuur 4 (graphics4.png)

Die kind se motoriese ontwikkeling help hom om ‘n gesonde en gebalanseerde leefwyse te handhaaf. ‘n Agterstand in motoriese ontwikkeling kan lei tot moegheid, wat verder mag aanleiding gee tot rusteloosheid, afleibaarheid, swak konsentrasie en koördinasie-probleme. Sy houding op die mat of by sy lessenaar mag ook swak wees.

  • GROOT MOTORIESE VAARDIGHEDE (samewerking van groot spiere in die liggaam)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Klim-en-klouteraktiwiteite
  • Springaktiwiteite (balspele en touspring)
  • Balanseeraktiwiteite (huppel, eenbeenstaan, eenbeentjiespring, loop op ‘n lyn)
  • FYN MOTORIESE VAARDIGHEDE (samewerking van die klein spiere in die liggaam)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Frommel van papier
  • Skêrknipaktiwiteite en inkleur
  • Inryg van krale / wasgoedpennetjies vasknyp
  • Kleispel / veters bind
  • MOTORIESE BEPLANNING (dit is die sistematiese uitvoering van nie-gewoontevormende verbale opdragte of take).

Swak motoriese beplanning kan swak werkspoed en lompheid tot gevolg hê en kan daartoe lei dat die leerder langer neem om nuwe vaardighede aan te leer.

  • SPRAAK- EN TAALONTWIKKELING

Verbale taalontwikkeling begin op ‘n vroeë ouderdom, voor lees en skryf. Die jong kind dink in taal en druk sy gedagtes in taal uit. Dit is belangrik in sosiale verhoudings, sowel as in akademiese prestasies en maak ook deel uit van kognitiewe ontwikkeling.

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Oorvertel van stories / eie ondervindings
  • Ontwikkeling van ‘n woordeskat met behulp van uitstappies, gevolg deur toepaslike klasbesprekings
  • Bespreking van wêreldgebeure
  • Liedjies en rympies
  • Die korrekte gebruik van verbale vermoë in verskillende situasies, bv. om ‘n telefoon korrek te beantwoord of ‘n boodskap noukeurig oor te dra.

Graad R-leerders moet effektief kan kommunikeer deur taal, kuns, beweging, musiek en dramatisering van fantasie-ervarings.

  • EMOSIONELE EN SOSIALE ONTWIKKELING
Figuur 5
Figuur 5 (graphics5.png)

Graad R-leerders moet ‘n duidelike gedragskode aangeleer word en het geleenthede nodig om suiwer waardes en houdings en ‘n sterk morele kode te ontwikkel om verhoudings in die gesin, familie en gemeenskap te bevorder. Hulle het ‘n verskeidenheid sosiale ervarings en geleenthede nodig om te leer om effektief in groepe saam te werk.

Leerders wat emosioneel en sosiaal nog onryp is, vind dit moeilik om in die klassituasie aan te pas en aktief deel te neem. Hulle sukkel om hulle emosies te hanteer, is dikwels bakleierig, onwillig om nuwe dinge aan te pak en in groepe te werk, en onttrek soms. Om selfvertroue te ontwikkel en effektief te kan leer, het hulle ‘n veilige, leerdergesentreerde en stimulerende omgewing nodig waar hulle uitgedaag word om te leer.

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Wees ‘n voorbeeld vir die kind deur te wys dat jy ander se gevoelens, geloof en kultuur respekteer.
  • Beklemtoon die kind se positiewe eienskappe en help hom om agressie en negatiewe gevoelens te verwerk en selfvertroue te ontwikkel.
  • Dus: laat die kind besef dat, hoewel jy sy verkeerde optrede / gedrag nie aanvaar nie, jy hom nog steeds as mens aanvaar.
  • Moedig groepspel en deelname daaraan aan.

  • KOGNITIEWE ONTWIKKELING - probleemoplossingsvaardighede
Figuur 6
Figuur 6 (graphics6.png)

(Kognitiewe vaardighede is denkvaardighede wat ‘n mens help om doeltreffend te leer).

Probleemoplossingsvaardighede

Lei die kind om probleme te identifiseer en ‘n oplossing daarvoor te vind deur kreatiewe en kritiese denke. Graad R-opvoeders bied uitdagings aan hulle leerders om hulle te motiveer om hulle volle potensiaal te bereik sodat hulle in kritiese en kreatiewe denkers en probleemoplossers kan ontwikkel.

  • PERSEPTUELE ONTWIKKELING (persepsie is die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die sintuie na die brein gestuur word).

Die stimulasie van visuele en ouditiewe perseptuele vaardighede is belangrik by die voorskoolse kind omdat hierdie vaardighede voorvereistes is vir effektiewe leer.

  • VISUELE PERSEPSIE (die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die oë na die brein gestuur word)
  • Liggaamsbeeld (die bewustheid en die ervaring wat ‘n mens van sy eie liggaam het)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Instruksies, bv. raak met jou hand aan jou knie, ens.
  • Identifiseer liggaamsdele aan ‘n pop
  • Trek hande af op papier en knip dit uit
  • Legkaarte van liggaam (kinders kan self een maak deur ‘n prent uit te knip)
  • Visuele diskriminasie (die vermoë om ooreenkomste en verskille waar te neem)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Ou tydskrif – kind moet bv. al die s’e en r’e omkring
  • Bingo / Lotto speletjies (soek sy maat)
  • Visuele geheue (die vermoë om stimuli, deur die oë waargeneem, te kan onthou)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Plaas ongeveer 6 voorwerpe op ‘n skinkbord – kind kyk ongeveer 3 sekondes – bedek – kind moet opnoem wat hy gesien het / neem 1 voorwerp weg – kind moet sê wat verwyder is
  • Flits prent – kind moet vertel wat hy gesien het
  • Audibloks – visuele kaarte
  • Visuele vormkonstantheid (die vermoë om die konstantheid van vorms waar te neem, ongeag hul grootte, kleur, oriëntasie in die ruimte, ens.)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Vormspeletjies, bv. vormbord / lotto
  • Uitsoek van dieselfde vorms en benoeming daarvan
  • Assosiasie van vorms met voorwerpe, bv.  (horlosie);  vuurhoutjiedosie
  • Posisie in die ruimte (die persepsie van die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Rigtingspeletjies, bv. wie staan voor / agter / links / regs van jou?
  • Na-pak van patrone met blokkies of pennetjies
  • Voorgrond-/agtergrondpersepsie (die vermoë om op relevante visuele inligting te fokus en dit van ander minder belangrike inligting te onderskei)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Soek spesifieke voorwerpe in ‘n besige prent
  • Soek spesifieke voorwerpe in die omgewing, bv. palmboom
  • Omlyn voorwerpe wat mekaar oorvleuel
  • Legkaarte
  • Visuele sluiting (die vermoë om inligting aan te vul en te voltooi wanneer sekere gedeeltes ontbreek)

Voorbeeld van aktiwiteite:

  • Kind moet onvoltooide tekening voltooi
  • Visuele analise en sintese (die vermoë om ‘n prent of voorwerp as ‘n geheel waar te neem, dit op te breek in dele en weer sinvol saam te voeg)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Legkaarte
  • Dot-to-dot (na-teken van kolpatroon)
  • Na-pak van patrone (boublokke)

Leerders met visuele perseptuele agterstande ondervind probleme in alle aspekte van leer (bv. lees, skryf, Wiskunde), aangesien bogenoemde aspekte die grondslag vorm vir skolastiese vaardighede.

  • OUDITIEWE PERSEPSIE (die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van inligting wat vanaf die ore na die brein gestuur word)
  • Ouditiewe geheue (die vermoë om stimuli, deur die ore waargeneem, te kan onthou)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Gee verskillende opdragte, bv. raak met jou hand aan jou kop en spring tweekeer in die lug, ens.
  • Lees kort storie en vra vrae wat kind moet beantwoord
  • Oorvertel van stories in eie woorde
  • Pak gekleurde blokkies in volgorde n.a.v. verbale instruksies
  • Aanleer van rympies en liedjies
  • Sê ‘n nommer of letters en laat die kind dit herhaal
  • Ouditiewe diskriminasie (die vermoë om ooreenkomste en verskille in klanke te hoor)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Klap of tik ‘n ritmiese patroon en kind moet dit naboots, bv. lank-kort-kort-lank
  • Laat kind verskillende geluide identifiseer m.b.v. ‘n bandopname van geluide
  • Vra kind met watter klank sy naam begin
  • Sê eenvoudige woord, bv. son. Vra watter klank het hy eerste / laaste / in die middel gehoor
  • Vra kind wat hy kan sien wat bv. met ‘n s-klank begin
  • Speel “telefoontjie” : kinders sit in ‘n ry, die eerste een fluister ‘n woord in sy maatjie se oor; dit word op fluistertoon van die een na die ander aangestuur. Die laaste een sê hardop wat hy gehoor het.
  • Ouditiewe analise en sintese (die vermoë om woorde in klanke op te breek en weer saam te voeg)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Klank ‘n woord, bv. k-a-t; die kind moet sê wat hy gehoor het
  • Sê ‘n woord, bv. son; die kind moet die woord klank.
  • Klap die woord of jou naam ritmies
  • DOMINANSIE (die voorkeur wat ‘n persoon aan die gebruik van een bepaalde voet / oog / hand / oor gee. Dit is ‘n rypwordingsproses wat op ongeveer 6-jarige ouderdom voltooi word).

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Moedig die kind aan om sy dominante hand as die leidende hand in aktiwiteite te gebruik
  • Moedig oorkruisoefeninge aan, bv. raak met regterelmboog aan linkerknie, en andersom. Doen dit ritmies saam met musiek.
  • Speel rigtingspeletjies.

Leerders ruil dikwels hulle hande om omdat hulle nie die middellyn van die liggaam kan kruis nie. Probleme met middellynkruising lei tot gedurige herposisionering van die liggaam, wat weer konsentrasie en werkspoed nadelig beïnvloed en ook tot moegheid lei.

  1. SPESIFIEKE TOEPASSING IN LEERAREAS

  • Geletterdheid
Figuur 7
Figuur 7 (graphics7.png)

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Dramatisering van stories / daaglikse aktiwiteite
  • Vertel eenvoudige stories m.b.v. prentjies
  • Kinders moet prente van storie in die korrekte volgorde pak en die storie na aanleiding daarvan vertel
  • Fynkoördinasie-aktiwiteite (sien paragraaf 3.1.2)
  • Wiskunde

Voorbeelde van aktiwiteite:

  • Telaktiwiteite
  • Herken, beskryf en weergee van syfers 1 tot 9
  • Vergelyking en rangskikking van getalle
  • Gebruik van terme soos meer, minder, ligter, swaarder, korter en langer
  • Probleemoplossing, bv. meer / minder / ewe veel
  • Maak ‘n getal 1 meer, bv. 6 7
  • Aantel, bv. eerste kind tel tot 3; tweede kind tel verder tot 6; ens.
  • Sorteer voorwerpe volgens verskillende eienskappe (bv. al die rooies).
  • Lewensvaardigheid
Figuur 8
Figuur 8 (graphics8.png)

Leerders wys dat hulle dit wat hulle geleer het, in verskillende situasies in die samelewing kan toepas. Help met uitdagings wat die lewe bied sodat hulle ‘n aktiewe en produktiewe rol in die samelewing kan speel. Deur die bespreking van situasies word probleemoplossingsvaardighede, logiese denke en redenering, asook kritiese en kreatiewe denke ontwikkel.

Voorbeelde van aktiwiteite:

Skep situasies waar hulle hulle volle potensiaal en vaardighede kan ontwikkel om ‘n bydrae in die samelewing te maak, bv. “noodsituasies”, klasbesprekings en dramatiserings

Geleenthede vir entrepreneurskap, bv. die maak van kaartjies vir verkope.

  1. EERSTE KWARTAAL RAPPORT

‘n Voorbeeld van ‘n elementêre (opsionele) verslag oor die leerder se vordering in die eerste kwartaal word ingesluit, indien die opvoeder dit wenslik ag om aan die ouers verslag te doen.

Tabel 1
MODULERAAMWERK
LEERUITKOMSTE ASSESSERINGSTANDAARDE
GESYFERDHEID(LU 1)GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPEDie leerder kan getalle en hulle verwantskappe herken, beskryf en voorstel en kan in die oplossing van probleme met bekwaamheid en selfvertroue tel, skat, bereken en kontroleer.(LU 2)PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRADie leerder kan patrone en verwantskappe herken, beskryf en voorstel en probleme oplos deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.(LU 5)DATA-HANTERINGDie leerder kan data versamel, opsom, vertoon en krities ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om waarskynlikheid te interpreteer en te bepaal.GELETTERDHEID(LU 1)LUISTERDie leerder kan luister om inligting te verkry en vir genot en kan gepas en krities op ‘n wye reeks situasies reageer.(LU 2)PRAATDie leerder kan met vertroue effektief in die gesproke taal in ‘n wye reeks situasies kommunikeer.(LU 3)LEES EN KYKDie leerder kan lees en kyk vir inligting en genot en krities reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste.(LU4)SKRYFDie leerder kan verskillende soorte feitelike of verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes skryf.(LU 5)DINK EN REDENEERDie leerder kan taal gebruik om te dink en te redeneer en kan toegang verkry tot inligting, dit prosesseer en gebruik om te leer. Dit word bewys as die leerders:1.2 getalname in bekende kontekste sê en gebruik;1.3 die getalname en –simbole vir 1 – 10 ken;1.4 versamelings voorwerpe orden en vergelyk en die woorde ‘meer’, ‘minder’ en ‘gelyk aan’ gebruik.Dit word bewys as die leerders:
  • Fisiese voorwerpe en tekeninge gebruik
om eenvoudige patrone af te teken en uit te brei (bv. deur die gebruik van kleur en vorm).Dit word bewys as die leerders:5.2 fisiese voorwerpe volgens een kenmerk (eienskap) sorteer (bv. rooi vorms).Dit word bewys as die leerders:1.1 aandagtig luister na vrae, instruksies en aankondigings, en gepas reageer;1.4 klankbewustheid ontwikkel:
  • herken dat woorde uit klanke bestaan;
  • onderskei tussen verskillende klanke, veral aan die begin en einde van woorde;
  • mondelinge sinne in afsonderlike woorde verdeel (eers eenlettergrepige woorde gebruik);
  • sommige rymwoorde in algemene rympies en liedjies herken, soos “Wielie Wielie Walie, die aap sit op die balie ...”.
Dit word bewys as die leerders:2.5 vrae stel wanneer hy/sy nie verstaan nie of verdere inligting benodig en duidelik reageer op vrae wat aan hom/haar gestel word;2.8 eie stories vertel en ander se stories in eie woorde oorvertel.Dit word bewys as die leerders:3.1 visuele leidrade gebruik om betekenis teskep:
  • prente en foto’s noukeurig bekyk en ondersoek om algemene voorwerpe en ervaringe te herken;
  • ‘n prent of figuur in die agtergrond identifiseer;
  • prente en woorde bymekaar pas;
  • illustrasies gebruik om eenvoudige onderskrifte in storieboeke te verstaan;
3.5 begin om klankbewustheid te ontwikkel:
  • beginkonsonante en kort vokale herken;
  • sommige alfabetletters, soos die letter waarmee sy/haar naam begin, herken en benoem;
  • sommige rymwoorde in algemene rympies en liedjies herken;
  • begin om alfabetletters in verskeie kontekste te herken en benoem (veral letters uit bekende handelsname en tydskrif- en koerantname).
Dit word bewys as die leerders:4.1 eksperimenteer met skryf:tekeninge skep en gebruik om ‘n boodskap oor te dra en as ‘n vertrekpunt om te skryf;
  • letters op verskeie maniere vorm (bv. deur hulle liggame te gebruik om die vorms te wys, in die sand te skryf);
  • verstaan dat skryf en teken verskillend is;
  • “skryf” en ander vra om die betekenis van dit wat “geskryf” is, te gee;
  • oor eie tekeninge en “skryfwerk” gesels;
  • “skryf” vir ‘n doel rolspeel (bv. telefoonboodskap, inkopielys);
  • bekende letters en simbole (of benaderings daarvan) gebruik om geskrewe taal voor te stel, veral letters in eie naam en syfers in eie ouderdom;
  • sy/haar eie vormende skryfwerk “lees” wanneer gevra word om dit te doen;
  • in hulle eie skryfpogings ‘n groeiende bewustheid van rigting toon (bv. begin van links na regs, bo na onder);
  • geskrewe teks uit die omgewing naboots (soos etikette op op huishoudelike items, advertensies);
  • pogings aanwend om bekende skryfvorme soos lyste, boodskappe of briewe te skryf deur letters wat hy/sy ken, te gebruik;
  • skryfinstrumente soos kryte en potlode hanteer.
LEWENSVAARDIGHEDE(LU 2)SOSIALE ONTWIKKELINGDie leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot grondwetlike regte en verantwoordelikhede toon, asook begrip van diverse kulture en godsdienste.(LU 3)PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder kan verworwe lewensvaardighede aanwend om persoonlike potensiaal te verwesenlik en te verbeter ten einde effektief te reageer op die uitdagings in hulle wêreld. Dit word bewys as die leerders:5.2 taal gebruik om te dink en te redeneer:
  • ooreenkomste en verskille identifiseer en beskryf;
  • dinge wat saam hoort bymekaar pas en dinge wat verskillend is, vergelyk;
  • dinge klassifiseer (soos Sit alle speelgoed in houer, boeke op rak, kryt in blik);
  • dele van ‘n geheel identifiseer.
5.3 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae vra en verduidelikings soek (bv. hoekom, wat, wie, hoe, waar, wanneer).
  • verduidelikings gee en oplossings aanbied;
  • woordraaisels oplos en voltooi.
Dit word bewys as die leerders:1.2 beskryf watter stappe geneem kan word om persoonlike higiëne te verseker;1.4 veiligheid tuis en by die skool verduidelik.Dit word bewys as die leerders:3.1 sy eie naam en adres sê.
Figuur 9
Figuur 9 (graphics9.png)

Ouditiewe

Geheue

  • Wie is ek?

Teken jouself

Tabel 2
Vingerafdruk (duim)
 

Die kinders moet mondelings die volgende aanleer.

  • Naam en van
  • Adres en telefoon nr.

Ouderdom en geboortedatum

Tabel 3
Lewensvaardigheid LU : 3.1
 

Logiese Denke en Redenasie

Kreatiewe Denke

DIE KOMBUIS

Die belang van veiligheid en gesondheid in die gesin.

Geslote vrae: (het slegs een korrekte antwoord)

  1. Hoeveel mense sit om die tafel?
  2. Wie is die oudste en wie is die jongste? Hoe weet jy dit?
  3. Watter vertrek is dit in die huis?
  4. Watter seisoen van die jaar is dit en hoe weet jy dit?
  5. Hoe weet jy die ketel kook?
  6. Kyk goed na die prentjie en omkring en benoem al die gevare.

Oop-einde vrae: (meer as een antwoord kan korrek wees)

  1. Wat is ‘n familie of gesin?
  2. Hoe kan die gevare in die kombuis voorkom word?
  3. Hoe verskil jou kombuis tuis van die een in die prentjie?
  4. Die mense in die prentjie eet pap en brood vir ontbyt – wat eet jy vir ontbyt?
  5. Het jy enige takies in die kombuis, byvoorbeeld tafeldek?
  6. Hoekom is dit belangrik om jou hande voor ete te was?
  7. Hoekom is dit belangrik dat kos skoon moet wees?
  8. Hoe kan julle jul kombuis tuis veiliger maak?

Oorbrugging: (Toepassing van dit wat jy geleer het na ander situasies, byvoorbeeld tuis of elders in die samelewing).

  1. Watter ander plekke in die omgewing of samelewing moet veiliger gemaak word? (bv. winkels)Hoe dink jy dit kan gedoen word?

Bespreking:

Bespreek die noodmaatreëls indien ‘n kind:

  • huishoudelike middels sou drink
  • brandwonde sou opdoen

Aktiwiteit:

Maak ‘n plakkaat van gesonde en ongesonde kos – verskaf redes.

Tabel 4
Lewensvaardigheid LU : 1.4
 

Logiese Denke en Redenasie

Kreatiewe Denke

Figuur 10
Figuur 10 (.png)

Figuur 11
Figuur 11 (graphics10.png)

Tabel 5
Lewensvaardigheid LU : 1.4
 

Logiese denke en redenasie

Getalbegrip

DIE BADKAMER

Persoonlike versorging, higiëne en veiligheid.

Geslote Vrae:

  1. Watter vertrek is dit in die huis?
  2. Hoeveel krane is daar in die badkamer?
  3. Watter gevaarlike situasies kan jy sien? Kleur dit in.

Oop-einde Vrae:

  1. Wat kan gebeur met die dogtertjie op die stoel?
  2. Wat kan met die brandende kers gebeur?
  3. Wat kan gebeur as iemand op die seep trap?
  4. Is dit nodig om die bad so vol water te tap?
  5. Hoekom is dit noodsaaklik om gereeld te bad, hare te was en tande te borsel?
  6. Hoe verskil jou badkamer tuis van die een in die prentjie?
  7. Watter gevare is daar in jou badkamer tuis en wat kan jy doen om dit meer veilig te maak?
  8. Hoe kan julle water bespaar in die badkamer?

Oorbrugging:

Waar elders tuis of op ander plekke kan water bespaar word en hoe?

Aktiwiteit:

Demonstreer die regte manier om tande te borsel.

Gebruik ‘n pop om te demonstreer hoe hare gewas behoort te word of was een van die leerders se hare.

Bespreking:

Bespreek verskillende soorte toilette en die higiëniese gebruik daarvan, asook die noodsaaklikheid om jou hande te was na die gebruik van die toilet.

Tabel 6
Lewensvaardigheid LU : 1.2
 

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks