Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Die Periodieke Tabel 1

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

Affiliated with (What does "Affiliated with" mean?)

This content is either by members of the organizations listed or about topics related to the organizations listed. Click each link to see a list of all content affiliated with the organization.
  • NamWetKlub

    This module is included inLens: Namakwaland Wetenskap Klub's Lens
    By: Namakwaland Wetenskap Klub

    Click the "NamWetKlub" link to see all content affiliated with them.

Also in these lenses

  • GETSenPhaseNS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Die Periodieke Tabel 1

Module by: Namakwaland Wetenskap Klub. E-mail the author

Summary: Inleiding en geskiedenis tot die Periodieke Tabel

DIE PERIODIEKE TABEL

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)
Raai, Raai, Riepa!

Ek is die Facebook van Chemie, ek word besing in ‘n gewilde liedjie van die vyftigerjare en word beskou as die tydlose ikoon van enige klaskamer waarin die Fisiese Wetenskappe onderrig word.

Reg geraai – ek is Die Periodieke Tabel van Elemente!

Facebook ?

Skep ‘n profiel van jou:

  • naam, identiteit
  • eienskappe
  • hoe jy fisies lyk – foto’s
  • watter soort mens jy is – tipes van geaardhede
  • waarvan jy van hou om in betrokke te raak/ te doen
  • wie is jou familie – watter gene-struktuur het ons in gemeen
  • wie jou vriende is – met wie jy graag assosieer

Let Wel:

Facebook word nie “opgeswot” nie – jy sal nie al die inligting wat op jou vriend se blog verskyn, memoriseer om hom beter te leer ken nie. Jy sal liewer die blog gebruik/leer interpreteeer om hom te probeer verstaan en te voorspel hoe hy moontlik sal reageer as jy met hom in kommunikasie tree.

Jou vriend se Facebook-profiel verteenwoordig hom – die persoon as geheel – ondeelbaar. Jou vriend se hand op ‘n foto, verteenwoordig nie die mens met wie jy wil kommunikeer nie – die liggaam as geheel verteenwoordig daardie spesifieke mens – dus ‘n ondeelbare entiteit.

DUS:

Die Periodieke Tabel van Elemente is ‘n baie spesiale opsomming van al die elemente waarvan ons op aarde weet. Hierdie elemente word as atome van daardie element aangetref – iets wat onverdeelbaar is as jy sy identiteit wil behou.

Elkeen van die elemente het ‘n baie spesiale plek op die Periodieke Tabel – en hierdie spesiale posisie van ‘n bepaalde element gee leidrade aan jou van wat jy van die bepaalde element kan verwag. Die Periodieke Tabel word dus NOOIT gememoriseer nie, maar word as ‘n hulpbron in Chemie gebruik om bepaalde eienskappe en gedragspatrone van elemente te voorspel.

OPSOMMEND: Die Periodieke Tabel van Elemente (PT) skep ‘n profiel van elk van die elemente:

  • Naam, identiteit van ‘n element word gegee.
  • Eienskappe kan afgelei word.
  • Fisiese voorkoms/ fisiese fase waarin element normaalweg voorkom, word gegee.
  • Metaal of nie-metaal?
  • Gee duidelikheid oor die elektronstruktuur van die element.
  • Gee leidrade oor die tipes van chemiese reaksies waaraan die element sal deelneem.
  • Gee leidrade oor met watter ander elemente daar moontlik reaksies sal plaasvind.

Die Lied ?

“The Elements” (1959) is geskryf deur Tom Lehrer op die wysie van “The Major General’s Song” uit “The Pirates of Penzance” deur Gilbert en Sullivan. Die lirieke bestaan bloot uit die name van die chemiese elemente wat op daardie stadium bekend was. (Sien aanhangsel)

n Ikoon?

Deur die jare die belangrikste plakkaat teen die muur van enige klaskamer waarin die Fisiese Wetenskappe onderrig word. Die grootste van hierdie tabelle (11m x 20m) in die wêreld, is in 1998 by die Science Museum in Virginia VSA, opgehang (Guiness Book of Records).

Waar kom ek vandaan? (Die Geskiedenis van die PT)

Teen ongeveer 1850 (ongeveer 200jr nadat Jan Van Riebeeck in die Kaap geland het!) was Chemie – dis nou die mens se pogings om die materie waaruit ons en alles rondom ons bestaan, te verstaan), ‘n regte deurmekaarspul – net soos ‘n student se kamer… allles daar word ondersoek en dan net iewers neergeplaas – geen ordentlike ordening om alles sinvol “weg te pak” nie.

Die rede was dat die persone (vroeë chemici) wie die materie rondom hulle ondersoek het, eintlik net as individue gewerk het. Elkeen het sy eie waarnemings gemaak – sommige groot deurbrake – maar daar was nog geen algemene “taal” in die vak, waarin hul uiteindelike resultate beskryf kon word nie. Hulle het ‘n wye verskeidenheid van simbole as afkortings gebruik  vir, baie keer, dieselfde element/stof. Hierdie name is sommer net “opgemaak” soos wat hulle ondersoeke resultate gelewer het. Baie van hierdie simbole was soms sommer sketsies/tekeninge. Tot in 1869, toe ‘n effe “weird” professor van die Universiteit van St Peterburg in Rusland, Dmitri Ivanovich Mendeleyev, die name bietjie begin uitsorteer het.

In die Fisiese Wetenskappe word alle feite/resultate altyd eerbaar en regverdig behandel, dus moet ons ook weet dat Mendeleyev nie werklik al die werk(navorsing) alleen en vanaf die begin gedoen het nie. Daar was ook ander chemici betrokke wie in hulle werk, sekere van die eienskappe wat Mendeleyev uiteindelik gebruik het om die eerste Periodieke Tabel op te stel, waargeneem en aangeteken het. Hy was dus net die persoon wie bevoorreg was om die finale deurbraak te maak en die “patroon” van doe PT waar te neem en te dokumenteer – en daarvoor word hy tot vandag toe nog erken.

Interessant om te weet dat Mendeleyev nie ‘n bevooregte kind was nie. Hy is gebore en het skoolgegaan in die ver en bitter koue Siberië. Toe hy ‘n klein seuntjie was, het sy pa, wie die skoolhoof van die dorpie was, blind geword. Sy ma moes toe uitspring en begin werk om die gesin te versorg. Sy was ‘n sterk vrou en het hard gewerk. So het sy toe later die bestuurderes van ‘n glasfabriek geword – iets wat nogal vreemd was vir die vroue van daardie tyd. Alles het toe vir ‘n rukkie goedgegaan totdat die fabriek in 1848 afgebrand het. Skielik was die familie brandarm. Sy ma was egter beslis van plan om, kom wat wil, hierdie jongste seun van die gesin ‘n behoorlike opvoeding te gee. Sy het dus 4 000 myl na St Petersburg geryloop en vir die jong Dmitri daar in ‘n kollege gaan inskryf!

Die werk van die chemici voor Mendeleyev, het die bekende elemente van daardie tyd op twee verskillende maniere gerangskik:

  • Volgens hul atoomgewigte (dws volgens die aantal protone plus die aantal neutrone) wat in die kern van elk van die atome van die bepaalde element voorkom. OF
  • Volgens die algemene eienskappe wat die element besit. Bv was die element ‘n metal/nie-metaal; was die element ‘n gas of nie?

Mendeleyev se deurbraak was dat hy ontdek het hoe ‘n enkele Periodieke Tabel van die elemente opgestel kon word, waarin beide die twee vorige metodes sou kon inpas!

Daar word beweer dat Mendeleyev sy deurbraak gemaak het omdat hy die metode van die kaartspel “solitaire/patience” as inspirasie vir sy ondersoek gebruik het. In hierdie spel word die kaarte beide horisontaal (volgens “suit”) en vertikaal (volgens nommer) gerangskik.

Hy het waargeneem dat die chemiese eienskappe van die elemente hulself periodies/elke 8ste keer, herhaal en het dus die elemente waarmee hy gewerk het , in groepe van 7 geplaas. Daarom is hierdie sisteem die Periodieke Tabel genoem.

Hierdeur is die studieveld van Chemie binne ‘n aanvaarbare raamwerk geplaas. Vele inligting was op daardie stadium egter nog nie bekend nie. Byvoorbeeld: waterstof (die mees algemene element op aarde, is eers 30jr later ontdek. Helium (die tweede mees algemene element op aarde) is eers in 1895 ontdek. Trouens, ongeveer 60 verdere elemente sou eers ontdek word nadat Mendeleyev sy Periodieke Tabel bekendgestel het. Die ongelooflike interessantheid is egter dat hierdie “nuwe” elemente ook hul plekke in die Periodieke Tabel kon inneem – met slegs enkele aanpassings gebaseer op “nuwe” kennis van hul atoomstruktuur wat mettertyd beskikbaar geword het. (Selfs vandag nog, weet chemici dat sekere elemente wel nog geskep gaan word, want hul plek is reeds op die PT gereserveer – daarom 117 blokkies )

Watter een eerste was – die hoender of die eier? – is debatteerbaar. Is die PT aangepas weens die uitbreiding van die atoommodel (golfmeganiese model) of is die ontwikkeling van die golfmeganiese model van die atoom die resultaat van ondersoek nadat al hierdie nuwe elemente ontdek is? Dink ook aan al die “ekstra” elemente wat mensgemaak is…

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks