PLIGTE VAN DIE ONDERWYSER
LABORATORIUMORGANISASIE
- Beheer oor alle apparaat en chemikalieë wat in die klaskamer is.
- Veilige berging van apparaat en chemikalieë.
- Sluit van klaskamer pouses en na skool.
- Veilige wegdoen van ongewenste en ou voorraad.
- Die opstel van eenvoudige maar duidelike reëls van wat van die leerders verwag word in die wetenskap klaskamer. (Sien aangehegte skedule)
HANTERING VAN CHEMIKALIEë
- Beskou alle chemikalieë as gevaarlik .
- Moet nooit aan chemikalieë proe nie.
- Moet nooit chemikalieë met die kaal hand hanteer nie.
- Moenie onnodig aan chemikalieë ruik nie.
- Maak seker dat die alkali-metale (in olie) en fosfor (in water) korrek gestoor word.
- Moenie ‘n groter hoeveelheid van chemikalieë gebruik as wat nodig is nie.
- Wanneer verdunde suuroplossings gemaak word, moet die suur altyd stadig by die water gevoeg word terwyl versigtig geroer word.
- Moenie chemikalieë in spuitbottels berg nie – kan maklik “uitspuit” indien nie korrek gehanteer word nie.
- Dra ‘n veiligheidsbril as “onveilige” demonstrasies gedoen word. Plaas ‘n veiligheidskerm tussen die leerders en die demonstrasie.
- Moet nooit bokant oogvlak met sure of alkalieë werk nie.
NOODMAATREELS WANNEER ‘N ONGELUK MET CHEMIKALIEË GEBEUR
- Chemikalieë in oog of op vel: was met oormaat lopende water en kry dadelik mediese hulp.
- Chemikalieë in mond: spoel mond behoorlik met ‘n oormaat lopende water en kry mediese hulp.
- Chemikalieë ingesluk: laat persoon baie water drink en kry hom/haar onmiddelik by ‘n dokter.
- Indien ‘n vel fosfor gebrand is: hou geaffekteerde dele in ‘n koper(II)sulfaatoplossing.
- Moet NOOIT indien ‘n persoon of ‘n suurof ‘n alkali ingekry het, dit probeer neutraliseer deur ‘n alkali of suur te laat sluk nie.
HANTERING VAN GLASWARE
- Maak seker jy ken die regte tegniek om glasbuise te sny…(skerp vyl en ‘n lap).
- Moet nooit bottels aan hul nekke optel nie.
- Gooi gebarste glasapparaat dadelik weg – in ‘n afsonderlike vullisblik.
- Versigtig met warm glashouers – gebruik tange.
- Gebruik veiligheidsbril en veiligheidskerm wanneer met plofbare mengsels gewerk word.
- Moenie glashouers op die grond plaas of op plekke waar dit maklik afgestamp kan word nie.
- Dra glasbuise altyd vertikaal en klem apparaat vIn geval van snywonde moet bloeding gestop word en kry dan mediese hulp.
BRANDGEVAAR
- Voorkom oop vlamme en vonke naby ontvlambare stowwe bv koolstofbisulfied, eter, alkohol, asetoon, ens.
- Moenie sterk oksideermiddels (bv kaliumpermanganaat) in ‘n vullisblik plaas waar genoeg warmte kan ontwikkel om ontbranding te veroorsaak nie. Verwyder afvalstowwe dadelik uit die klaskamer.
- Gaan gastoevoerpype gereeld na. Maak seker dat alle gaskrane in die vertrek toe is voordat u die hooftoevoer aandraai. Maak seker dat leerders ‘n Bunsenvlam kan hanteer.
- Maak seker dat daar nie lugvloeiing in die klaskamer is wat vlamme kan doodwaai nie.
- Moenie ontvlambare vloeistowwe in plastiekhouers berg nie – statiese elektrisiteit wat op houers versamel, kan vonke veroorsaak.
- Moenie sterk oksideermiddels en sterk reduseermiddels langs mekaar berg nie. Berg Mg, K en Na weg van water af.
- Moenie meer chemikalieë as wat nodig is in verbrandings- en ontploffings-eksperimente gebruik nie.
- Hanteer wit fosfor met groot sorg, sny altyd onder water.
- Wees versigtig met fynverdeelde metale, koolstof, likopodiumpoeier, ens. Hul kan tot sg stofontploffings lei.
- Broom moet altyd met plastiek- of rubber handskoene hanteer word.
- Moenie ontvlambare stowwe (veral oplosmiddels) in die riool gooi nie, gebruik ‘n spesiale houer hiervoor.
- Voorkom loshangende hare en klere naby oop vlamme.
- Moenie nie-Pyrex apparaat verhit nie.
- BEHANDEL BRANDWONDE MET YS OF KOUE WATER (nie met olie, salf of botter nie!). Plaas dan ‘n droë, steriele verband liggies op die wond. Kry mediese hulp.
DIE AANSKAF VAN CHEMIKALIEË EN APPARAAT
Apteke en Winkels:
- waterstofperoksied
- HTH (swembadchloor)
- koeksoda
- oksaalsuur
- tafelsout en growwe sout
- gedistilleerde water
- Scrubbs Ammonia
- brandspiritus
- polistireen houers
- hars
- Jik (vir chloor)
- wassoda
- bytsoda
- staalwol (ystervylsels)
- asyn
- wynsteensuur
- asetoon
- glasvesel
Huis
- los teels/bordjies
- skerp messie
- vuurhoutjies
- skêr
- skerp vyltjie – om glasbuise mee te sny
- lappe
- leë 2l Coca Cola bottels
- huishoudelike skoonmaakmiddels
Apparaat
Rutland Industries
PO Box 27036
Benrose
Johanesburg
2011 (Tel. 011-6183646; Fax. 011-6149810)
Somerset Educational (Pty) Ltd.
PO Box 281
Somerset East
5850 (Tolvrye nommer: 0800424470)
Ortec?
Buurskole?








