STAP 1
Skryf die chemiese reaksie wat plaasvind in woorde.
REAKTANT A reageer met REAKTANT B en vorm PRODUK C
Waterstof (gas) reageer met Suurstof (gas) en vorm Water
STAP 2
Skryf die simbole wat betrokke is neer (gebruik die PT)
STAP 3
Speldie naam van elke stof korrek in terme van die reëls soos deur die valensies voorgeskryf. (Gebruik PT). Onthou van diatomiese gasse.
STAP 4
Moet nou geensins in die verdere stappe aan hierdie spelling van die name raak nie! (As jou naam nie reggespel is nie, is dit nie werklik jy nie….)
Omdat ons nie massa kan “skep” nie, moet die aantal atome aan die LK van die vergelyking ALTYD gelyk wees aan die aantal atome aan die RK voordat die vergelyking gebalanseer kan wees.
Dus: slegs deur die aantal molekules wat betrokke is te verander, kan ons gelyke aantal atome by die reaktante en produkte vind. Dit word gedoen deur die syfer VOORAAN die molekule te verander.
DUS:
Dus: gebalanseerd !
Dit beteken in woorde:
2 molekules waterstofgas reageer met 1 molekule suurstofgas en vorm 2 molekules water. VERHOUDINGS!!
TEKEN DIAGRAMME OM DIE BETEKENIS VAN DIE VERHOUDINGS TE BEKLEMTOON.
BOU KLEIMODELLE OM ‘N KONKRETE BEGRIP VIR DIE BEHOUD VAN MASSA (tel van atome) TE OEFEN.








