MATERIE: Die elemente van die PT plus die produkte wat gevorm word as hulle met mekaar reageer/verbind om nuwe stowwe te vorm.
MATERIALE: Die elemente en die produkte wat gevorm word, word deur ons gebruik – spesifieke elemente word gebruik, gesuiwer, gemyn, ens. en ander elemente word weer gebruik om materiale te ontwerp en produseer omdat ons dit op aarde benodig.
CHEMIE IS DUS ‘N AKTIEWE VAK WAARIN ABSTRAKTE KONSEPTE NAGEVORS WORD OM PROSESSE TE LAAT GEBEUR TOT NUT VAN DIE MENSDOM.
- Wanneer prosesse (reaksies) gebeur, benodig ons ‘n gemeenskaplike taal om dit neer te skryf sodat as ons ‘n volgende keer weer die proses/reaksie bestudeer of benodig, ons almal weet waarvan ons praat.
- ‘n Taal benodig ‘n alfabet. (DIE SIMBOLE VAN DIE ELEMENTE)
- ‘n Alfabet gee ons die geleentheid om woorde in die taal te kan skryf / korrek te spel. (DIE KORREKTE FORMULES VAN VERBINDINGS / NAME VAN MOLEKULES)
- Woorde kan gebruik word om sinne te skryf. (VERGELYKINGS vir reaksies)
- Eksakte sinne word in Chemie benodig omdat chemiese reaksies baie soos” resepte” werk – spesifieke hoeveelhede en VERHOUDINGS is nodig om die proses te laat slaag. (GEBALANSEERDE VERGELYKINGS vir chemiese reaksies)








