Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Leer Beter Dink Module 1

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

Leer Beter Dink Module 1

Module by: Erenst van Niekerk. E-mail the author

Summary: Dit is belangrik dat ons almal kan praat, lees, skryf en somme maak. Kan ons egter leer om beter te dink? Het ons in ons opleiding genoeg aandag gegee om goed te kan dink? Modules 1 tot 3 poog om jou denkvermoë te verbeter. Werk dit deur en jy sal verbaas wees hoe jou denkvermoë kan verbeter. - Hierdie Module se formaat is verbeter in Module 1 Leer Beter Dink (m36376)

Module 1 – Deel 1

KAN JY BETER LEER DINK?

Ten einde sinvol te kan lewe in ons huidige samelewing moet elkeen die volgende basiese vaardighede besit, en dit is om te kan Praat, Lees, Skryf en Somme maak. Die doeltreffende benutting van die vier elemente behels egter die kuns om Krities te kan Dink. Tydens ons opgroei en opvoedings fases leer en verbeter ons die basiese vaardighede.

Die vraag is leer ons ook om beter te kan dink, aangesien dit die belangrikste aspek is om die kennis

wat ons opgedoen het ten beste te kan toepas.

Die algemene antwoord sal seker wees natuurlik leer ons dit tydens ons opgroei proses sowel as in die formele opleidings programme waarvan Skool- en Tersiêre opleiding seker die belangrikste is. Kritiese Denke is bietjie abstrak en in die volgende hoofstuk sal ons aandag gee aan die definisie daarvan en wat dit behels. Die vraag wat jy jouself moet afvra is, was daar genoeg aandag gegee aan hierdie basiese proses of kan ek leer om beter te dink. Die program is geskoei op skrywers oor die Denkproses wat glo dat elkeen sy denkvermoë kan verbeter. Veral de Bono is baie krities oor die logiese denkproses en propageer al vanaf die laat sestiger jare dat ander denkwyses behalwe die logiese denkwyse gebruik moet word om ons samelewing meer sinvol verder te ontwikkel.

Indien jy positief voel dat jy jou denkvermoë kan verbeter is jy die aangewese kandidaat vir die modules. As jy egter skepties twyfel hieroor bestudeer asseblief module 1 aandagtig en as jy dan nie oortuig is dat jou denkvermoë verbeter kan word nie mors jy jou tyd om die daaropvolgende modules verder te volg en kan jy jou tyd sinvoller aan iets anders spandeer.

Voorbeelde van Kritiese Denkvermoë verbetering :

1.1 ‘n Skaakspeler wat begin skaak speel verbeter soos sy kundigheid en ondervinding van

die spel toeneem. Dus met tyd leer hy beter dink.

1.2 Die elemente van Bestuur bestaan uit Mense, Kapitaal, Toerusting, Grondstowwe en

Inligting. Hierdie vyf elemente moet doeltreffend bestuur word om ‘n sukses van ‘n

Besigheid te maak. Net soos jy kan leer om beter te Bestuur moet jy oortuig wees dat jy

die basiese elemente doeltreffender kan aanwend indien jy beter kan dink.

1.3 Indien jy kennis dra van basiese denkfoute sal jy hulle makliker raaksien en hulle

uitskakel. Jy moet dus noodwendig jou denkvermoë verbeter.

1.4 Indien jy na jou opleiding van die verlede kyk. Hoeveel aandag en tyd word geskenk aan

feitelike kennis en hoeveel aan die basiese meganisme(s) om hierdie kennis tot jou

voordeel aan te wend? Jy sal moet saamstem dat die balans oorwegend by die opdoen

van feitelike kennis lê.

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

Fig - 1 Plato Fig - 2 Aristoteles

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.jpg)

1.5 Die logiese denkproses is al duisende jare oud. Sokrates, Plato en Aristoteles word

geag die vaders van logiese denke te wees. Watter ander denkprosesse bestaan daar. Die

Oosterse nasies lê meer klem op wysheid.

Die tegnologie het oor die laaste eeu dramaties ontwikkel. Dit het lankal tyd geword dat

ons kyk na hoe doeltreffend ons denkprosesse is.

Edward de Bono se idees hieroor is vanaf die laat sestiger jare bekend en sy kritiese

evaluering laat mens besef dat daar baie plek vir verbetering is. Hy is die skepper van die

term Laterale denke en hoe baie hoor ons nie huidig die frase nie. Ander skrywers

hieroor soos Roger von Oech en John Chaffee se gedagtes maak ook ‘n deel uit van die

modules.

As ek beter dink wat baat dit my?

In die alledaagse kan dinge beter en sinvoller gedoen word soos:

- Beplanning en uitvoering van familie sake.

- Beplanning van ‘n vakansie wat ‘n aangenamer tyd tot gevolg het.

- Die maak van kos.

- Die opvoeding van jou kinders

- Insiggewender standpunte oor die politiek en sinvoller meedoen daaraan.

- Beter beplanning en uitvoering van jou finansiële sake

- Sinvoller oplossing van probleme.

- Verbetering van jou selfvertroue wat lei tot ‘n beter selfbeeld van jouself.

Uit ‘n holistiese oogpunt lei verbeterde denkwyses tot die volgende:

- sinvoller kritiese denke

- verbetering van kreatiwiteit

- verbeterde probleem oplossing

- verbeterde gevalle analisering

- sinvoller kommunikasie

- verbeterde waardestelsel

- verryking van verhoudings

Werks aktiwiteite voor Deel 1.

1. My definisie van dink is:.................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

2. Wie is volgens jou ‘n goeie denker:..................................................................................

..........................................................................................................................................

3. Wat sien jy is die verskillende denkpatrone tussen:

3.1 Mans en vrouens:.........................................................................................................

......................................................................................................................................

......................................................................................................................................

3.2 Ouer en jonger mense:..................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

3.3 Westerse en Oosterse Kulture:.......................................................................................

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

4.Wat beskou jy as jou huidige sterk en swakpunte in jou denkwyse:.....................................

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

.................................................................................................................................................

.................................................................................................................................................

.................................................................................................................................................

..................................................................................................................................................

Module 1 - Deel 2

Die Denkproses

Wat sou ‘n sinvolle definisie wees van Dink?

Hier volg ‘n aantal.

  • Die verstand gebruik of laat werk om ‘n gedagte te vorm.
  • Die sinvolle toepassing van kennis om die lewenskwaliteit van jou/jou gesin/samelewing te verbeter.
  • Die proses om jou verstand te gebruik om ‘n probleem op te los of om tot ‘n gevolgtrekking te kom oor ‘n spesifieke onderwerp.
  • Die analisering van beskikbare inligting om ‘n oplossing te vind.
  • Die doelbewuste toepassing van kundigheid vir ‘n sekere doel.

Die doel kan wees:

- om te verstaan

- om 'n besluit te kan neem.

- om te beplan

- om ‘n probleem op te los

- om ‘n uitspraak oor iets te lewer

- om ‘n nuwe ontwerp te doen

Die huidige tradisionele logiese denkwyse het sy ontstaan gehad duisende jare gelede en persone soos Sokrates, Plato en Aristotle, wat in Athene tussen 400-300 v.C. gelewe het word beskou as die vaders van die logika.

Die denkwyse is sterk gegrond op:

  • analise
  • logiese besluitneming (J/N, √/Χ)
  • beredenering
  • kritiek lewering

en het sterk geleen op die verlede, ondervinding en ‘n stadig veranderende wêreld. Die klem het dus swaar geleun op terugvoering en absolute feite en uitsprake. (Ja/Nee, /X) Fout oplossing bring jou slegs by hoe die sisteem beplan was om te werk en die element van verbetering lê in die doeltreffende werking van die beplande sisteem. Ontwikkeling van beplande elemente bly in baie gevalle ondergeskik aan probleem oplossing.

Die uitskakeling van foute van ‘n gemiddelde speler maak van hom ‘n beter speler maar nie noodwendig ‘n goeie speler nie. Hy moet sy bestaande aktiwiteite probeer verbeter i.e. sy vaart, balvaardigheid, reaksies, samespel en keuses van opsies.

Huidige denkpatrone het al baie ontwikkel, maar gee ons genoeg aandag hieraan? Die ou patrone is nog basiese hoekstene in ons samelewing i.e.

  • analisering in die regstelsel, natuurwetenskappe, finansies e.a.
  • logiese besluitneming is baie prominent in die regstelsel (J/N) en in die natuurwetenskappe.

Die harde logika moet meer en meer plek maak vir ‘n sagter logika aangesien baie uitsette nie noodwendig ‘n Ja/Nee of 100%/0% is nie. Voorbeelde hiervan is:

  • Rekenaar proses modelle maak al meer van ‘Fuzzy logic’ gebruik.
  • Grens kondisies tussen departemente raak al hoe onduideliker.
  • Aandelebeurs se bewegings is nie net gegrond op finansiële en politieke insette nie maar persepsies speel ook ‘n rol.
  • ‘n Span wen nie slegs omdat hy goeie individuele spelers het nie, want samespel en besluitneming op die veld kan ‘n groot invloed hê.

Beplanning en Spanwerk.

Figuur 3
Figuur 3 (graphics3.jpg)

de Bono se beredenering oor ‘Rock logic’ teenoor ‘Water logic’ is hier in die kol. Die dae van klip logika is in baie gevalle getel omrede sake, invloede van verskeie kante het, en dit is in baie gevalle nie so duidelik wat die invloed van een spesifieke element is nie. Dus speel persepsies en ‘fuzzy logic’ al hoe groter rol.

Huidige denkpatrone het al ver gevorder in die ontwikkeling van die logiese denkwyses en die volgende hedendaagse denk elemente kry baie meer aandag.

  • Kennis word al meer geneem van persone en groepe se persepsies/menings wat nie noodwendig gegrond is op harde logika nie. Dink maar veral aan die politiek, ekonomiese besluite, opvoeding van kinders ens.
  • ‘Fuzzy logic’ word al meer gebruik veral in rekenaar beheer sisteme wat prosesse beheer en selfs sekere wasmasjiene gebruik die logika.
  • Vorentoe voer-sisteme vind hulle plek al meer in die samelewing wat proaktief poog om moontlike afwykings te ondervang in teenstelling met terugvoer-sisteme wat eers wag vir ‘n afwyking en dit dan wil regstel. In proses beheer het dit alreeds wye toepassings en in die normale samelewing is goeie voorbeelde hiervan inenting teen siektes, brandvoorkoming, weervoorspellings, gesondheidsorg programme wat basiese faktore soos goeie eetgewoontes en ‘n gesonde lewenstyl aanmoedig.
  • Indien grondoorsake nie aangespreek kan word nie of die meganismes is nog nie bekend nie, word ander meganismes gebruik om stelsels doeltreffender te laat werk Neem bv. die behandeling van verkoues en griep, die behandeling van kanker of ‘n dikte beheer sisteem by die vervaardiging van strook staal of papier
  • Nuwe ontwerpe word gemaak om swak punte te verbeter asook om goeie werkende sisteme verder te verbeter deur gebruik te maak van nuwe tegnologie. As voorbeelde is beheerstelsels baie vinniger, baie stelsels is intyds, dink hier aan die bespreking van ‘n vliegtuigkaartjie, ‘n bankstaat by enige plek in die land. Huidig is daar ook ‘n entstof teen bek-en klouseer, waar dit 20 jaar gelede nie die geval was nie. Nuwe materiale en toerusting help om sisteme verder te verbeter. Dink maar aan die hedendaagse trapfiets in vergelyking met ‘n fiets 30 jaar gelede en gaan kyk die verskeidenheid van materiale wat nou in so ‘n fiets gebruik word. Die internet is ook ‘n goeie voorbeeld van nuwe ontwikkeling wat intydse inligting tot die gewone mens se beskikking stel en waarvan die voordele baie besing word.

Analisering van die Logiese Denkproses.

Watter leemtes is daar in die logiese denkwyse?

Die basiese foute wat enige normale persoon kan maak word hier behandel en as ‘n persoon voortdurend bewus is hiervan sal hy noodwendig dit in ag neem en in die toekoms minder sulke foute maak. Om minder denkfoute te maak laat ‘n persoon noodwendig beter dink, maar verbeterde denke moet in ‘n baie wyer verband gesien word. As verdere analoog word die voorbeeld gebruik van onkruid in ‘n mielieland of groentetuin. Deur die onkruid (denkfoute) uit te skakel sal daar noodwendig ‘n beter opbrengs wees. Daar moet egter verder gegaan word en seker gemaak word dat die beste saad gebruik word, genoeg water, goeie bemesting, sonskyn en die beste plante stand om optimum opbrengs te verseker.

Verder aan in die program sal daar aandag aan die ander faktore gegee word om jou denkvermoë te verbeter.

2.1 Eensydige Direkte oorsaak Gevolgfout-EDG

‘n Logiese gevestigde patroon in jou gedagtes lei tot ‘n gevolgtrekking wat nie die afwykende implikasies raaksien nie.

  • ‘n Donkerkleurige vloeistof in ‘n Coke bottel laat jou vinnig tot die gevolgtrekking kom dat dit Coke is, wat soms ‘n verkeerde afleiding is en al tot ongelukke gelei het.
  • Die invoer van Cotshiniel om sekere onkruid vetplante te beheer was op die oog af ‘n goeie besluit. Hoe die cotshiniel beheer gaan word en die invloed daarvan op turksvye was nie so goed deurdink nie en die beheer daarvan is nou ‘n probleem.
  • Pille wat soos suiglekkers lyk word baie maklik aangesien as lekkergoed nieteenstaande dit in die medisyne kassie is.

Die invloed van ‘n verandering op ander faktore moet begryp word of moet deeglik in ag geneem word. Dit is een van die hoof redes waaroor daar in baie gevalle so weerstand teen verandering of teen nuwe ontwerpe is. Uit dure ondervinding het mense al hulle koppe gestamp, want met die implementering van die verandering was die implikasies daarvan op ander faktore nie duidelik nie, met die gevolg dat, met die beste bedoelings, die verandering uiteindelik meer negatiewe as positiewe resultate opgelewer het.

2.1.2 Regstelling van die tipe Fout

Persoonlike regstelling van die fout vind gewoonlik eers plaas nadat die fout ontdek is wat beteken, dit is ‘n terugvoer sisteem. Om dit ‘n vorentoe voer sisteem te maak moet die persoon bedag wees op so ‘n tipe fout en na meer detail kyk en seker maak hy neem al die faktore in ag. ‘n Ander persoon sien so ‘n fout soms makliker raak omrede sy dink patrone verskil van die eerste persoon en uit sy ondervindings veld neem hy moontlik ander faktore in ag. Indien hy sekere verskille uitwys en die eerste persoon neem kennis daarvan sal die eerste persoon sy denkfout dadelik regstel. Vír hierdie rede skakel groepe die tipe fout makliker uit.

2.2 Die Verhouding Balans Fout (VBF)

In hierdie geval is die logika korrek maar die omvang daarvan is nie in die regte verhouding nie.

  • Pa het vis gevang so ons het genoeg om te eet vir die volgende week.
  • Die motor se topsnelheid is 180 km/uur so op hierdie pad kan ek maar 180km/uur ry.
  • Die aanleg is gebou om ‘n verskeidenheid produkte te kan produseer, maar die deurset van die aanleg kan baie verander indien slegs sekere van die produkte geproduseer word.

Persone maak minder verhoudings foute indien hy kennis dra van die onderwerp.

Vir nuwe ontwerpe of idees kan kennis natuurlik ook beperkend wees, aangesien ‘n persoon wat kundig is oor ‘n onderwerp beperkende faktore kan identifiseer wat oorkom kan word deur ander metodes toe te pas of deur gebruik te maak van nuwe beheer/ontwerpe.

2.2.1 Regstelling van die Tipe fout.

In gevalle kan deur middel van inligting en berekeninge aangedui word dat die logika

korrek is, maar dat die omvang daarvan nie in verhouding is nie. Indien pa wel ‘n vis gevang het maar sy massa is maar 400gm kan dit maklik aanvaar word dat dit maar in een persoon se maaltyd sal voorsien. Die hoender eier argument is in baie gevalle toepaslik. Die eier kan daar wees, maar dat is nie te sê dit is deur ‘n hoender gelê nie. Veral as dit ‘n volstruis eier is.

Meeste van hierdie foute het nie eksakte inligting beskikbaar nie en dit kan moeilik wees om die fout reg te stel. As voorbeelde, die stelling dat al die geweld op televisie die geweld in ons samelewing aanhelp kan nie so maklik bevestig of weerlê word nie.

2.3 Die Identifikasie fout. (IF)

In hierdie geval pas die fout in ‘n patroon in wat jy volgens jou oordeel al gehad het, terwyl dit glad nie die geval is nie.

  • ‘n Persoon stap voor jou in die straat en jy herken hom dadelik aan die profiel van sy gesig en sy haarstyl. Indien jy na ander aspekte opgelet het sou jy gesien het hy dra ‘n horlosie aan sy regterhand terwyl die persoon wat jy ken nie linkshandig is nie. Omrede jy met die eerste oogopslag besluit het dit is die persoon wat jy ken, let jy nie op die ander kleiner verskille nie en maak dus ‘n foutiewe afleiding.
  • Die simptome van ‘n probleem lyk soos iets wat jy voorheen teengekom het terwyl dit glad nie die geval is nie bv. by ‘n vorige geleentheid het jou motor warm geword en uiteindelik moes die boonste pakstuk vervang word omdat hy gelek het. By ‘n volgende geval wil jy weer aanvaar dit is die oorsaak terwyl daar heelwat ander redes kan wees dat die motor warm word.

2.3.1 Regstelling van die tipe fout.

Indien iemand of jyself aspekte raaksien wat nie stryk met jou afleiding nie kan jy vinnig jou fout regstel. Uit die nuwe inligting sal jyself jou logiese afleidings verander. In ander gevalle, veral as die persoon die afleidings nodig het om sy wyer argumente te versterk sal hy sy afleidings nie so maklik verander nie bv. indien ‘n persoon die standpunt huldig dat immigrante ‘n negatiewe invloed het op ons samelewing en daar word uitgewys dat hulle kundigheid inbring wat ons baie nodig het sal hy nie noodwendig van standpunt verander nie.

2.4 Die Arrogante, moet wees fout. (AF)

Hierdie tipe foute is toekoms foute. Dit laat nie plek vir verbetering toe nie. Dit huldig die volgende standpunt. Die huidige beplanning/metode is oor ‘n tydperk ontwikkel en werk baie goed, so daar word daarby volstaan en verdere ontwikkeling word nie toegelaat nie.

  • Dit laat nuwe insette, prosesse en materiale buite rekening.
  • As iets goed werk moet nie daaraan torring nie.

Die rasionaal vir die standpunt is voor die hand liggend, maar op die langtermyn plaas

dit ‘n beperking op ontwikkeling. Uit dure ondervinding het persone geleer dat met nuwe dinge, heelwat faktore se implikasies nie sinvol voorsien word nie met die gevolg dat met sulke nuwe idees daar groot menslike, finansiële en ander implikasies is waarvoor iemand moet pa-staan. Natuurlik is daar voordele indien so ‘n nuwe ontwerp die beplande resultate tot gevolg het.

2.4.1 Die Regstelling van die tipe fout.

Dit is moeilik om hierdie tipe fout reg te stel aangesien die ander persoon in baie gevalle goeie redes het waaroor hy so ‘n standpunt huldig. So ‘n persoon is ook gewoonlik in ‘n uitvoerende posisie en hy dra die finansiële en sosiale verantwoordelikheid. Die beste is om seker te maak dat so ‘n persoon die potensiële moontlikhede insien van so ‘n fout. Jyself kan in so ‘n posisie wees en dan sal jy die voor- en nadele van moontlike veranderinge moet opweeg. In bedrywe is dit in baie gevalle so dat die tyd vir moontlike veranderinge ook ‘n belangrike faktor is.

2.5 Die Selektiewe fout (SF)

Met die gegewe aannames is dit die logiese uitsette, of in die spesifieke periode is dit die inset parameters wat dan logies tot die resultate lei. Die tydperk en die insette kan dus lei tot verskillende uitsette en ‘n persoon moet kennis daarvan neem of groot logiese denkfoute kan gemaak word.

  • Doelbewuste keuses van tyds periodes deur beleggingsinstansies om sekere beleggings /aandele goed te laat lyk.
  • Aannames van vooruitskattings modelle vir die ekonomie, weervoorspellings, prosesbeheer doeleindes ens. wat alhoewel logies, dramatiese uitset verskille te weeg kan bring.

Aangesien vorentoe-voer sisteme groot voordele inhou, omrede dit afwykings probeer verhoed, word dit almeer gebruik, maar hulle is krities afhanklik van aannames wat kan verander en tydsperiodes.’n Goeie voorbeeld is huidige weervoorspellings wat al meer betroubaar weerpatrone vir die toekoms voorspel.

2.5.1 Die Regstelling van die tipe fout.

Die regstelling van die tipe foute is eerstens om die persoon te oortuig dat of die aannames moontlik hersien moet word, of die tyds periodes nie sinvol is nie. Indien daarmee eenstemmigheid bereik word volg die her-evaluering/berekening van die model, wat dan die logiese uitsette sal lewer.

Indien die persoon egter doelbewus sekere aannames of tyds periodes gekies het om ‘n sekere uitset te kry sal hy natuurlik nie die aannames/tyds periodes wil verander nie vir rasionele redes of moontlik nie duidelike gronde nie.

2.6 Die Behoeftes en redes om Reg te wees.

Die behoefte om reg te wees is belangrik aangesien dit vir jou selfvertroue gee, en ook die nodige insig om te verstaan wat rondom jou aangaan. Verder gee dit ook aan jou die die nodige selfvertroue om korrek te reageer op aspekte/sake in die toekoms.

Die behoefte om reg te wees hou direk verband met jou ego en is gebaseer op:

  • Die behoefte om die onbekende te verstaan vir jou eie veiligheid
  • Die sterk klem wat tydens jou hele opvoeding geplaas word om reg te wees.

Om reg te wees is ‘n gevoel.

  • Indien jy fietsry en jy trap vinnig om sê 5 uur tuis te wees en jy bereik jou doel, was jy reg.
  • Indien jy dink jou vrou sal by jou kom witvoetjie soek na ‘n struweling en sy doen dit, was jy reg
  • Indien jy aandele koop omrede jy dink die mark gaan sterk groei en dit gebeur, was jy reg
  • Indien ‘n geluid jou in die nag wakker maak en jy dink dit is ‘n muis en dit is wel so, was jy reg.
  • Om tot ‘n spesifieke gevolgtrekking te kom voor dit getoets is , en dit word wel getoets en die uitkoms was soos jy dit voorsien het, was jy reg.

‘n Persoon gebruik een of meer van bogenoemde ‘regte gevoelens’ om aksie te neem of om sy gevoel aan ‘n ander persoon oor te dra of af te dwing.

2.7 Emosionele korrektheid (EK)-rosyntjie koek.

Indien jy ‘n berig oor politieke partye lees, vind jy beredenering wat ‘n spesifieke standpunt verduidelik en/of ondersteun. ‘n Berig van ‘n ander politieke party noem weer aspekte waaroor daardie party se beleid reg is. Hoe besluit jy watter standpunt is korrek?

Hierdie denkwyse is soos ‘n rosyntjiekoek. Die rosyne is die pitkos met die res van die koek wat hulle aanmekaar bind. Die pitkos bestaan uit selfstandige naamwoorde wat deur mense aanvaar word soos:

-eerlikheid

-regverdigheid

-menslikheid

-verantwoordelikheid

-tradisie

en die beredenering beweeg van die een gedagte na die ander. Die mens se reaksie op die verskillende sake is emosioneel en uiteindelik besluit jy met jou gevoel wat reg is. Die proses kan natuurlik ook negatiewe emosionele reaksies by jou opwek en soms doen die skrywes dit doelbewus en word negatiewe selfstandige naamwoorde gebruik soos:

-oneerlik

-onregverdig

-swak

Ongelukkig hang emosionele korrektheid in baie gevalle van jou ‘gut feeling’ af terwyl hierdie korrektheid ‘n groot rol in jou lewe speel. Dink maar aan:

-politieke besluite

-verhoudings met ander mense

-godsdienstige besluite

Beperkings van emosionele korrektheid:

-die tydskaal kan baie kortsigtig wees, i.e. ‘n jong mens mag voel dit is die beste om

die skool te verlaat en sy jong lewe te geniet en die potensiele voordele op die

agtergrond skuif van verder te studeer met ‘n latere beter lewenskwaliteit.

-hierdie korrektheid van jou is nie noodwendig in lyn met ander se emosionele

korrektheid nie en dit is moeilik/onmoontlik om hierdie korrektheid op ander af

te dwing.

2.8 Logiese korrektheid (Legkaart)

‘n Persoon is onder verdenking vir ‘n aanranding. In die begin het die speurder nie duidelike feite oor die saak nie. Indien die persoon se verklaring teenstrydighede t.o.v. sy bewegings gedurende die aanrandings periode bevat, dui dit aan dat sy verklaring nie heeltemal korrek is nie. Aan die ander kant indien sy verklaring logies inpas word dit as korrek aanvaar. Dit kan egter nog steeds ‘n denkbeeldige verklaring wees. Indien die verklaring presies ooreenstem met ander inligting dan weet die speurder die uiteindelike prentjie sal korrek wees. Indien elke stap dus korrek is moet die hele prentjie korrek wees

Die sterk klem op korrektheid van passing logika kan daartoe lei dat die korrektheid van vorm hoër aangeslaan word as die korrektheid van inhoud.

Voorbeelde hiervan:

  • Verskeie godsdienstige groepe het logiese konsekwente idees oor waaroor die lewe gaan.
  • Astrologie is ‘n logiese prent vir groepe oor die sterrekunde.

Die legkaart het in baie gevalle basiese fokus punte. Die leemte is egter ‘The goodness of fit does nothing at all to validate the basic idee’ bv.

  • Freud se postulaat -seks is die primêre aktiveerder van menslike gedrag.
  • Die Westerse kultuur stel die self - eie ek - as ‘n fokus punt in die sisteem wat dan fokus op vergoeding/straf, eerlikheid, motivering e.s.m.
  • Oosterse kulture fokus meer op die natuur en die mens is ‘n onderafdeling daarvan.

Logiese korrektheid kan daartoe lei dat die spesifieke deeltjies pas wat ‘n prentjie tot gevolg het maar dit sê nie noodwendig dat dit die korrekte prentjie is nie.

Leemtes van Logiese Korrektheid

Logiese korrektheid is die bakermat van ons samelewing maar het leemtes waarvan ons moet kennis neem.

  • Logiese korrektheid is gebaseer op hoe idees inmekaar skakel en nie noodwendig of die basiese idee korrek is nie. As tipiese voorbeeld word die bloed aflaat stelsel gebruik. Omrede daar geglo was dat siektes veroorsaak word deur te veel bloed in die liggaam het dit gelei tot fyn metodes oor hoe dit gedoen moet word tot so mate dat Abraham Lincoln moontlik oorlede is letterlik omdat hulle eenvoudig te veel bloed van hom afgetap het.
  • Nieteenstaande hoe akkuraat die samevoegings van die onderliggende idees, hulle is slegs ondersteunend tot die basiese idee en die idee is moontlik gegrond op emosionele korrektheid.
  • Politieke argumente is gewoonlik logiese argumente wat logies saamgevoeg word met basiese idees wat onder verdenking kan wees.
  • Logiese korrektheid gee aanleiding tot arrogansie en die geloof dat dit ‘n absolute korrektheid is wat oorgedra kan word van een sisteem na ‘n ander.
  • Om reg te wees by elke stap is essensieel vir die tipe korrektheid. Dit bring noodwendig mee dat kreatiwiteit onderdruk word wat moontlik aanleiding kan gee tot iets totaal anders of nuut.

2.9 Unieke Korrektheid (UK) –Village Venus

Indien jy in ‘n afgelee dorpie bly en jy is nie bekend met die buite wêreld nie is die mooiste meisie in jou gedagtes die mooiste meisie in die dorp,die Village Venus effek. Die rede hiervoor is dat sy die mooiste is in jou gedagte raamwerk.

Die wetenskap is ook hierop gebaseer. Indien ‘n wetenskaplike ‘n nuwe verklaring kry wat sy beskikbare data nie so goed verklaar as sy vorige verklaring nie gaan hy dit verwerp en sy vorige verklaring as die beste verklaring behou. Hy oortuig homself dat die korrektheid voortspruit uit die wyse wat dit die feite verklaar, terwyl die korrektheid voortvloei uit die uniekheid van die verduideliking. Indien daar twee verklarings is wat die feite ewe volledig verklaar sal die wetenskaplike nie tevrede wees nie en voortgaan met eksperimente en poog om te bepaal watter een is die korrekte verduideliking.

Die onvermoë om ‘n alternatiewe verklaring te gee of te vind bevestig nie noodwendig dat die huidige bestaande verklaring die korrekte verklaring is nie. Die natuurwetenskappe aanvaar dit so maar nie noodwendig in die algemene lewe nie.

In die natuurwetenskappe kan in baie gevalle maklik eksperimente gedoen word om ‘n teorie te bevestig. In die sagter wetenskappe soos die filosofie, politiek, en finansies is dit in baie gevalle moeiliker en daar word staatgemaak op waarnemings.

Die volgende voorbeeld is baie tipies.

Snaakse ronde gesteentes was op ‘n plek in Mexiko gekry en ‘n afleiding is gemaak dat dit deur ‘n ou kultuur vervaardig was vir gebruik tydens sekere rituele en vir eers was dit so aanvaar. ‘n Geoloog het egter die gesteentes gesien en geweet dit moes gevorm gewees het tydens vulkaniese uitbarstings. Van die tipe gesteentes is ook later in lawa aangetref. Die teorie was dus meer aanvaarbaar as die vorige.

Dit is belangrik om daarop te let dat indien ‘n persoon ‘n teorie voorstel sy ego ook ‘n groot rol speel. So ‘n persoon kan ander teorie verwerp om sy posisie/ego te verdedig.

Unfortunately you can never be aware of what you are not aware’

Leemtes van Unieke Korrektheid

  • Wees bedag op gevalle waar ‘n tentatiewe verduideliking aanvaar word by gebrek aan ‘ n beter een en wat later as ‘n dogmatiese teorie gebruik word, veral as die teorie oorgedra is na opvolgers wat nie die nodige agtergrond daarvan het nie.
  • Indien ‘n persoon voel hy is reg omrede die teorie die spesifieke situasie baie goed verklaar sal hy alternatiewe verduidelikinge verwerp
  • Die gevoel dat daar slegs een ware verduideliking kan wees kan lei tot die verwerping van alternatiewe idees.

2.10 Herkende Korrektheid (HK) –masels

‘n Persoon het ‘n hoë koors, voel olik en het ‘n vel uitslag. ‘n Dokter kyk na die persoon en diagnoseer masels op grond van erkende simptome van die siekte. Hierna kan hy ook voorspel hoe die siekte gaan verloop en wat se behandeling is nodig. Om by so ‘n besluit uit te kom moet daar ‘n aantal bevestigde simptome wees soos hierbo genoem en moontlik ook ander inligting soos bloed/urine toetse om honderd persent seker te maak. Sodra jy die tipe korrektheid ervaar kan jy in baie gevalle regstellend optree en die uitkoms is bekend. Dit is egter so dat verskeie siektes sekere gemeenskaplike faktore kan hê, en om ‘n identifikasie fout te verhoed moet na sekere unieke faktore gekyk word om onderskeid te kan tref.

Leemtes van Herkende Korrektheid.

  • Om honderd persent korrektheid te verseker neem soms lank en die tydsfaktor is in baie gevalle krities
  • Indien iemand seker is hy is reg soek hy nie verder nie en kan dus‘n identifikasie fout maak
  • Selfs as ‘n persoon reg is met die aantal faktore kan verdere faktore se bevestiging lei tot ‘n effens gewysigde diagnose
  • Daar moet seker gemaak word dat jou diagnose se definisie dieselfde betekenis vir ander persone het ie. kommunis, sosialis, sosiaal demokraat ea.

Werkstuk voor Deel 2

2.1 In watter areas in jou lewe kan meer kritiese denke vir jou voordele inhou?

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

2.2 Is jy ‘n groot voorstander van logiese denke? Gee redes vir jou antwoord.

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

2.3 Wat verstaan jy onder Laterale Denke?

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………….

2.4 Wat verstaan jy onder Parallelle Denke?

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

2.5 Wat is volgens jou die tipiese denkfoute wat jy maak?

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

2.6 Wanneer laas het jy erken dat jy ‘n denkfout gemaak het, en wat was volgens jou die rede

vir die fout? ………………………………………………………………...… ………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

2.7 Wat is volgens jou die swakpunte van logiese denke ?

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………

Bronne gebruik

1. Van die skrywer Edward de Bono:

I am Right You are Wrong

Practical Thinking

Teach Yourself to Think

Six Thinking Hats

Parallel Thinking

2. Van die skrywer Roger von Oech

A Whack on the Side of the Head

A Kick in the Seat of the Pants

3. Van die skrywer John Chaffee

The Thinker’s Way

4. Die Internet en Wikipedia

5. Van Erenst van Niekerk

Persoonlike ondervindings en dokumentasie.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks