Ten einde sinvol te kan lewe in ons huidige samelewing moet elkeen die volgende basiese vaardighede besit, en dit is om te kan Praat, Lees, Skryf en Somme maak. Die doeltreffende benutting van die vier elemente behels egter die kuns om Krities te kan Dink. Tydens ons opgroei en opvoedings fases leer en verbeter ons die basiese vaardighede. Die vraag is leer ons ook om beter te kan dink, aangesien dit die belangrikste aspek is om die kennis wat ons opgedoen het ten beste te kan toepas.
Die algemene antwoord sal seker wees natuurlik leer ons dit tydens ons opgroei proses sowel as in die formele opleidings programme waarvan Skool- en Tersiêre opleiding seker die belangrikste is. Kritiese Denke is bietjie abstrak en in die volgende hoofstuk sal ons aandag gee aan die definisie daarvan en wat dit behels. Die vraag wat jy jouself moet afvra is, was daar genoeg aandag gegee aan hierdie basiese proses of kan ek leer om beter te dink. Die program is geskoei op skrywers oor die Denkproses wat glo dat elkeen sy denkvermoë kan verbeter. Veral de Bono is baie krities oor die logiese denkproses en propageer al vanaf die laat sestiger jare dat ander denkwyses behalwe die logiese denkwyse gebruik moet word om ons samelewing meer sinvol verder te ontwikkel.
Indien jy positief voel dat jy jou denkvermoë kan verbeter is jy die aangewese kandidaat vir die modules. As jy egter skepties twyfel hieroor bestudeer asseblief module 1 aandagtig en as jy dan nie oortuig is dat jou denkvermoë verbeter kan word nie mors jy jou tyd om die daaropvolgende modules verder te volg en kan jy jou tyd sinvoller aan iets anders spandeer.








