Irrasionale getalle is getalle wat nie as 'n breuk met 'n heeltallige teller en noemer geskryf kan word nie. Dit beteken dat enige getal wat nóg 'n eindige nóg 'n herhalende desimale getal is, irrasionaal is. Voorbeelde van irrasionale getalle is:
2
,
3
,
4
3
,
π
,
1
+
5
2
≈
1
,
618
033
989
2
,
3
,
4
3
,
π
,
1
+
5
2
≈
1
,
618
033
989
(1)Wanneer irrasionale getalle in desimaalnotasie geskryf word, het hulle 'n oneindige aantal desimale syfers wat nooit herhaal nie.
As jy gevra word om uit te werk of 'n getal rasionaal of irrasionaal is, skryf eers die getal in desimaalnotasie. As die desimaal eindig, is die getal rasionaal. As dit vir ewig aanhou, soek vir 'n herhalende syferpatroon. As daar geen patroon is nie, is die getal irrasionaal.
As jy 'n irrasionale getal in desimaalnotasie skryf, kan jy (as jy baie tyd en papier het!) aanhou skryf vir baie, baie syfers. Dit is egter ongeriefliek en 'n mens rond gewoonlik af.
Watter van die volgende getalle is irrasionaal?
Onthou: 'n Rasionale getal is 'n breuk met 'n heeltallige teller en noemer. Eindige en herhalende desimale getalle is rasionaal.
-
π
=
3
,
14159265358979323846264338327950288419716939937510
...
π
=
3
,
14159265358979323846264338327950288419716939937510
...
- 1,4
-
1
,
618
033
989
...
1
,
618
033
989
...
- 100