Die kinetiese teorie van materie help om te verduidelik hoekom materie in verskillende fases (d.w.s. vaste stowwe, vloeistowwe en gasse) voorkom, en hoe materie van een fase na 'n ander kan verander. Die kinetiese teorie van materie kan ons ook help om ander eienskappe van materie te verstaan. Dit is belangrik om te besef dat wat hier beskryf word slegs 'n teorie is. Dit kan nie sonder twyfel bewys word nie, maar die feit dat die teorie ons help om waarnemings in faseverandering te verduidelik, beteken dat dit waarskynlik meer as slegs 'n teorie is.
Die kinetiese teorie van materie sê onder andere:
- Materie bestaan uit deeltjies
wat heeltyd beweeg.
- Alle deeltjies het energie, maar die hoeveelheid energie hang daarvan af of die stof 'n vaste stof, 'n vloeistof of 'n gas is. Die deeltjies in 'n vaste stof het die minste energie en gasdeeltjies het die meeste energie.
- Die temperatuur van 'n stof word bepaal deur die gemiddelde kinetiese energie van die deeltjies.
- Die deeltjies kan 'n faseverandering
ondergaan as die energie van die deeltjies verander word.
- Daar is spasies
tussen die deeltjies van materie.
- Daar is aantrekkende kragte tussen die deeltjies, en hierdie kragte word groter soos die deeltjies nader aanmekaar beweeg. Hierdie aantrekkende kragte kan óf intramolekulêre kragte (as die deeltjies atome is) óf intermolekulêre kragte (as die deeltjies molekules is) wees. Wanneer die deeltjies baie naby aan mekaar kom, begin afstotende kragte op die deeltjies inwerk.
tabel 1 som die eienskappe van die deeltjies in die verskillende fases van materie op.
Tabel 1: Tabel wat die eienskappe van fases van materie opsom
|
Eienskap van materie
|
Vaste stof
|
Vloeistof
|
Gas
|
| Deeltjies |
Atome of molekules |
Atome of molekules |
Atome of molekules |
| Energie en beweging van deeltjies |
Lae energie - deeltjies vibreer rondom 'n vaste punt |
Deeltjies het minder energie as in die gasfase |
Deeltjies het baie energie en beweeg heeltyd |
| Spasies tussen deeltjies |
Baie min spasie tussen deeltjies |
Kleiner spasies as in gasse maarSmaller spaces than in gases, but groter spasies as in vaste stowwe |
Groot spasies as gevolg van baie energie |
| Antrekkende kragte tussen deeltjies |
Baie groot kragte. Vaste stowwe het 'n vaste volume |
Groter kragte as in die gasfase. Vloeistowwe kan geskink word |
Swak kragte as gevolg van die groot afstand tussen deeltjies |
| Veranderinge in fase |
Vaste stowwe word vloeistowwe as die temperatuur verhoog word. Sommige vaste stowwe word gasse as die temperatuur verhoog word. |
Vloeistowwe word gasse as die temperatuur verhoog word. Vloeistowwe word vaste stowwe as die temperatuur verlaag word. |
Gasse word vloeistowwe as die temperatuur verlaag word. Sommige gasse word vaste stowwe as die temperatuur verlaag word. |
Die volgende voorlegging is 'n kort opsomming van die fases van materie. Probeer om die korrekte antwoorde in die spasies in te vul.
Kom ons kyk na die drie fases van water as 'n voorbeeld: ys (vaste stof), water (vloeistof) en waterdamp (gas). In die onderstaande figuur 3 word die molekules in die vaste stof-fase deur enkele sfere voorgestel, maar die molekules sal in werklikheid soos die in die vloeistof- en gasfase lyk. Die molekules van 'n vaste stof word partykeer as enkele sfere voorgestel om die klein spasies tussen die deeltjies meer duidelik te maak.
As ons na water as 'n voorbeeld kyk vind ons dat die watermolekules in die vaste stof-fase baie min energie het en nie van mekaar af kan wegbeweeg nie. Die molekules word naby mekaar gehou in 'n herhalende patroon wat 'n kristalrooster genoem word. As die ys verhit word, word die energie van die molekules meer. Dit beteken dat van die watermolekules die intermolekulêre kragte wat hulle bymekaar hou kan oorkom, en die molekules beweeg verder van mekaar af om water in vloeistoffase te vorm. Water kan dus vloei omdat die molekules meer vryheid het om te beweeg as toe hulle in die kristalrooster was. As die molekules verder verhit word, sal die water 'n faseverandering na waterdamp, die gasfase, ondergaan. Gasdeeltjies het baie energie en beweeg maklik ver van mekaar. Dit is hoekom dit moeilik is om 'n gas in 'n spesifieke ruimte vas te vang! Die aantrekkende kragte tussen die deeltjies is baie swak. figuur 4 wys die faseveranderinge wat materie kan ondergaan, en die name vir elk van hierdie veranderinge.