Wiskundige fokusareas bestaan bitter selde as 'n entiteit. Daar is dikwels, net soos in die geval van waarskynlikheid, interaksie tussen die onderskeie fokusareas. 'n Basiese begrip van waarskynlikheid is noodsaaklik vir die verstaan van eenvoudige statistiek. Verder is waarskynlikheid grotendeels abstrak sonder statistiek wat dit prakties toepas.
Die waarskynlikheidsteorie behels die voorspelling van die uitkomste van statistiek. 'n Eenvoudige voorbeeld van 'n alledaagse uitkoms is die gooi van 'n muntstuk. Daar is 'n halwe kans dat dit met sy kop na bo land en 'n halwe kans om met sy stert na bo te land. 'n Verdere voorbeeld is 'n dobbelsteen wat die getalle 1,2,3,4,5 of 6 kan produseer.
Normaalweg behoort 'n onsydige muntstuk se totale aantal "kop" uitkomste die
U is heel moontlik al aan die idee blootgestel dat verskillende situasies verskillende waarskynlikhede het om te gebeur. Soos in die twee voorbeelde hierbo kan daar dikwels 'n spesifieke aantal uitkomste aan 'n spesifieke situasie gekoppel word. Oor die algemeen kan ons alledaagse gebeurtenisse as volg geklassifiseer:
- sekerheid dat dit gaan gebeur; of
- sekerheid dat dit nie gaan gebeur nie; of
- onseker.
Hierdie hoofstuk bou op vorige kennis en verduidelik hoe om die waarskynlikheid van verskillende situasies te bereken. Dit verduidelik verder hoe waarskynlikheid gebruik word om 'n relatiewe sekerheid aan verskillende situasies toe te ken en alledaagse waarskynlikhede, byvoorbeeld: 'Die MIV-toets is 85% betroubaar' te interpreteer.











