Ons kan die prys van 'n geldeenheid in terme van enige ander geldeenheid uitdruk, by voorbeeld, ons kan die Japanese jen uitdruk in terme van die Indiese rupee. Die VSA dollar (USD), Britse pond (GBP) en die Euro (EUR) is die mees algemene mark standaarde. Jy sal oplet dat die finansiële nuus verslag doen van die Suid-Afrikaanse wisselkoers in terme van hierdie drie groot geldeenhede.
Tabel 1: Afkortings en simbole vir 'n paar algemene geldeenhede.
|
Geldeenheid
|
Afkorting
|
Simbool
|
| Suid-Afrikaanse Rand |
ZAR |
R |
| VSA Dollar |
USD |
$ |
| Britse Pond Sterling |
GBP |
£ |
Dus die Suid-Afrikaanse Rand, aangedui deur ZAR, kan op 'n sekere dag aangegee word as as 6,07040 ZAR per USD (i.e. $1,00 kos R6,07040), of 12,2374 ZAR per GBP. Dus as ek $1 000 wil spandeer tydens 'n vakansie in die VSA, sal dit my R6 070,40 kos; en as ek £1 000 wil hê vir 'n naweek in London, sal dit my R12 237,40 kos.
Dit lyk vanselfsprekend, maar kon ons kyk hoe hierdie getalle bereken is:
Die koers word gegee as ZAR per USD, of ZAR/USD sodat $1,00 'n bedrag van R6,0704 kan koop. Dus, ons moet met 1 000 vermenigvuldig om die aantal Rand per $1 000 te bepaal.
Wiskundig beskou,
$
1
,
00
=
R
6
,
0740
∴
1
000
×
$
1
,
00
=
1
000
×
R
6
,
0740
=
R
6
074
,
00
$
1
,
00
=
R
6
,
0740
∴
1
000
×
$
1
,
00
=
1
000
×
R
6
,
0740
=
R
6
074
,
00
(1)soos verwag is.
Gestel jy het R10 000 gespaar as sakgeld vir dieselfde vakansie en jy wil dit gebruik om VSA dollars (USD) te koop? Hoeveel USD kan jy hiervoor kry? Die koers is in ZAR/USD maar ons wil weet hoeveel USD ons kan kry vir ons Suid-Afrikaanse rand (ZAR). Dit is maklik. Ons weet hoeveel $1,00 kos in terme van Rand.
$
1
,
00
=
R
6
,
0740
∴
$
1
,
00
6
,
0740
=
R
6
,
0740
6
,
0740
$
1
,
00
6
,
0740
=
R
1
,
00
R
1
,
00
=
$
1
,
00
6
,
0740
=
$
0
,
164636
$
1
,
00
=
R
6
,
0740
∴
$
1
,
00
6
,
0740
=
R
6
,
0740
6
,
0740
$
1
,
00
6
,
0740
=
R
1
,
00
R
1
,
00
=
$
1
,
00
6
,
0740
=
$
0
,
164636
(2)Soos ons kan sien, is die finale antwoord die omgekeerde van die ZAR/USD koers. Dus, vir R10 000 sal ons kry:
R
1
,
00
=
$
1
,
00
6
,
0740
∴
10
000
×
R
1
,
00
=
10
000
×
$
1
,
00
6
,
0740
=
$
1
646
,
36
R
1
,
00
=
$
1
,
00
6
,
0740
∴
10
000
×
R
1
,
00
=
10
000
×
$
1
,
00
6
,
0740
=
$
1
646
,
36
(3)Ons kan ons antwoord as volg kontroleer:
$
1
,
00
=
R
6
,
0740
∴
1
646
,
36
×
$
1
,
00
=
1
646
,
36
×
R
6
,
0740
=
R
10
000
,
00
$
1
,
00
=
R
6
,
0740
∴
1
646
,
36
×
$
1
,
00
=
1
646
,
36
×
R
6
,
0740
=
R
10
000
,
00
(4)Ons het dus twee verskillende maniere om dieselfde wisselkoers uit te druk: Rand per Dollar (ZAR/USD) en Dollar per Rand (USD/ZAR). Albei wisselkoerse beteken dieselfde en druk die waarde van een geldeenheid uit in terme van 'n ander geldeenheid. Jy kan maklik van die een na die ander een werk - hulle is omgekeerdes van mekaar.
Aaangesien die Suid-AFrikaanse rand ons binnelandse (of tuis) geldeenheid is, noem ons die ZAR/USD koers 'n “direkte" koers, en ons noem die USD/ZAR koers 'n “indirekte" koers.
In die algemeen kan gesê word: 'n direkte koers is 'n wisselkoers waar die eenheid van die binnelandse geldeenheid uitgedruk word per eenheid van die buitelandse geldeenheid, i.e. , Binnelandse Geldeenheid Buitelandse Geldeenheid Binnelandse Geldeenheid Buitelandse Geldeenheid
Die Rand wisselkoerse wat ons in die media sien, word gewoonlik uitgedruk as direkte koerse, by voorbeeld jy sal sien:
Tabel 2: Voorbeelde van wisselkoerse
|
Geldeenheid Afkorting
|
Wisselkoers
|
| 1 USD |
R6,9556 |
| 1 GBP |
R13,6628 |
| 1 EUR |
R9,1954 |
Die wisselkoers is die prys van elkeen van die Buitelandse Geldeenhede (USD, GBP en EUR) in terme van ons binnelandse geldeenheid, Rand.
'n Indirekte wisselkoers is 'n wisselkoers waar die eenheid van die buitelandse geldeenheid uitgedruk word in terme van eenhede van die binnelandse geldeenheid, i.e. Buitelandse Geldeenheid Binnelandse Geldeenheid Buitelandse Geldeenheid Binnelandse Geldeenheid .
Die omskrywing van wisselkoerse as direk of indirek hang af van watter geldeenheid die binnelandse geldeenheid is. Die binnelandse geldeenheid vir 'n Amerikaanse belegger sal Dollars (USD) wees - wat vir die Suid-Afrikaanse belegger 'n buitelandse geldeenheid is. Dus direktekoerse, vanuit die oogpunt van die Amerikaanse belegger (USD/ZAR), is dieselfde as die indirekte koers uit die oogpunt van die Suid-Afrikaanse belegger.
Aangesien wisselkoerse eintlik die prys van geld is, beteken 'n verandering in wisselkoers dat die prys of die waarde van die geldeenheid verander het. Die prys van petrol verander gedurig, so ook die prys van goud en geldeenhede se prys beweeg ook gedurig op en af.
Wat beteken dit as die Rand wisselkoers verander van bv R6,71 per USD na R6,50 per USD? Wel,dit beteken dat $1 nou slegs R6,50 sal kos in plaas van R6,71. Die Dollar is nou goedkoper om te koop, en ons kan sê die Dollar het depresieer (of verswak) teenoor die Rand. Of ons kan sê dat die Rand appresieer (of verstewig) het teenoor die Dollar.
Gestel ons kyk na indirekte wisselkoerse en die wisselkoers verander van $0,149 per ZAR (=16,7116,71) na $0,1538 per ZAR (=16,5016,50).
Nou kan ons sien dat die R1,00 wat aan die begin $0,149 gekos het, aan die einde $0,1538 kos. Die Rand het duurder geword (in terme van Dollar), en weer kan ons sê dat die Rand appresieer het.
Ons sal tot dieselfde gevolgtrekking kom, ongeag watter wisselkoers gebruik word.
In die algemeen,
- Direkte wisselkoerse: die binnelandse geldeenheid sal appresieer (depresieer) as die wisselkoers daal (styg)
- Indirekte wisselkoerse: die binnelandse geldeenheid sal appresieeer depresieer) as die wisselkoers styg (daal)
Soos met alles in hierdie hoofstuk is dit belangrik om nie hierdie formules te probeer memoriseer nie - dit gaan net lei tot verwarring. Dink oor wat jy het en wat jy wil hê - en dit behoort heel duidelik te wees hoe om die regte antwoord te kry.
Bespreek in groepe van 5:
- Wat moet ons weet van wisselkoerse?
- Wat gebeur as een land se geldeenheid drasties in waarde verminder teenoor 'n ander land se geldeenheid?
- Wanneer sal jy wisselkoerse gebruik?